Schutte v Schutte

JurisdictionSouth Africa

Schutte v Schutte
1986 (1) SA 872 (A)

1986 (1) SA p872

Citation

1986 (1) SA 872 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Jansen AR, Joubert AR, Van Heerden AR, Hefer AR en Cillié Wn AR

Heard

August 29, 1985

Judgment

November 29, 1985

Flynote : Sleutelwoorde I

Man en vrou — Egskeiding — Onderhoud vir eggenote — Skikkingsooreenkoms waarin voorsiening gemaak is vir betaling van bepaalde bedrag onderhoud aan vrou onderworpe aan bepaling dat "gemelde onderhoud is nie aan verhoging of verlaging J onderworpe nie" — Versoek om ooreenkoms 'n bevel van die Hof te maak kragtens art 7 van Wet op

1986 (1) SA p873

Egskeiding 70 van 1979 — Sodanige bepaling in A skikkingsooreenkoms wat albei partye bind nie nietig nie — Quaere: Of 'n eensydige afstanddoening geldig is.

Man en vrou — Egskeiding — Onderhoud vir eggenote — Onderhoudsbevel kan nie ingevolge art 7 van die Wet na ontbinding van 'n huwelik verleen word nie — Omdat slegs'n B onderhoudsbevel volgens art 8 (1) ingetrek, gewysig of opgeskort kan word, kan art 8 (1) nie toegepas word indien daar by ontbinding van die huwelik nie 'n onderhoudsbevel verleen is nie.

Headnote : Kopnota

'n Bepaling in 'n skikkingsooreenkoms aangegaan deur'n man en C vrou as partye in 'n egskeidingsaksie waarvolgens die een party onderneem om onderhoud in 'n bepaalde bedrag aan die ander party te betaal, welke verpligting onderworpe is aan die bepaling, onder andere, dat "gemelde onderhoud is nie aan verhoging of verlaging onderworpe nie", is nie nietig nie, en so 'n skikkingsooreenkoms kan dus op versoek van die partye 'n bevel van die Hof kragtens art 7 van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 gemaak word. Dit dien daarop gelet te word dat 'n D afstanddoeningsbepaling soos hierbo uiteengesit albei partye bind in die sin dat die ooreengekome onderhoud "nie aan verhoging of verlaging" onderworpe is nie.

Quaere: Of 'n eensydige afstanddoening, soos bv wanneer slegs die vrou se bevoegdheid om na egskeiding verhoogde onderhoud aan te vra, uitgesluit word, geldig is?

'n Onderhoudsbevel kan nie ingevolge art 7 van die Wet op E Egskeiding 1979 na ontbinding van die huwelik verleen word nie. Hierdie konsekwensie is van kardinale belang omdat slegs 'n onderhoudsbevel volgens art 8 (1) van die Wet ingetrek, gewysig of opgeskort kan word. Indien daar dus nie by ontbinding van die huwelik 'n onderhoudsbevel verleen is nie, kan art 8 (1) nie toegepas word nie. Bepaaldelik is 'n Hof nie bevoeg om 'n onderneming betreffende die betaling van onderhoud, ten aansien waarvan geen bevel gemaak is nie, te F wysig nie.

Die bevel verleen in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Schutte v Schutte gewysig.

Flynote : Sleutelwoorde

Husband and wife — Divorce — Maintenance for spouse — Consent paper wherein provision is made for the payment to wife of a specified amount as maintenance subject to the provision G that "such maintenance is not subject to any increase or reduction" — Request that consent paper be made an order of Court in terms of s 7 of the Divorce Act 70 of 1979 — Such provision in consent paper binding both parties not void — Quaere: Whether a unilateral renunciation is valid.

Husband and wife — Divorce — Maintenance for spouse — Maintenance order cannot in terms of s 7 of the Act be granted after the dissolution of a marriage — As only a maintenance order can be rescinded, varied or suspended in terms of s 8 H (1), s 8 (1) cannot be applied if, on dissolution of the marriage, a maintenance order is not granted.

Headnote : Kopnota

A provision in a consent paper concluded by a husband and wife as parties in a divorce action in terms of which the one party undertakes to pay maintenance to the other party in a specified I amount, which obligation is made subject to the provision, inter alia, that "such maintenance is not subject to any increase or reduction", is not void, and such a consent paper can, therefore, at the request of the parties, be made an order of Court in terms of s 7 of the Divorce Act 70 of 1979. It should be noted that a renunciation provision as set out above binds both parties in the sense that the agreed maintenance "is not subject to any increase or reduction".

Quaere: Whether a unilateral renunciation, such as, for example, when only the wife's right to seek increased J maintenance after divorce is excluded, is valid?

1986 (1) SA p874

A A maintenance order cannot, in terms of s 7 of the Divorce Act 1979, be granted after the dissolution of the marriage. This consequence is of cardinal importance because only a maintenance order can, in terms of s 8 (1) of the Act, be rescinded, varied or suspended. If, therefore, a maintenance order was not granted on the dissolution of the marriage, s 8 (1) cannot be applied. In particular a Court is not empowered to vary an undertaking concerning the payment of maintenance in respect of which no order has been made.

B The order granted in the Transvaal Provincial Division in Schutte v Schutte varied.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in the Transvaalse Provinsiale Afdeling (VAN DIJKHORST R). Die feite blyk uit die uitspraak C van VAN HEERDEN AR. E L Goldstein SC (bygestaan deur A F Arnoldi) namens die appellant: Die vraag wat ontstaan vir beslissing deur hierdie Hof is of klousule 2.1 van die ooreenkoms, tot Hofbevel, wat bepaal dat die respondente se onderhoud nie aan verhoging of verlaging onderhewig is nie, verklaar behoort te word. Ten einde hierdie vraag te beantwoord D is dit nodig om ons gemenereg en statutêre reg aangaande onderhoud na te gaan asook om die vraag of klousule 2.1 voormeld teen die openbare beleid of die boni mores is, te beantwoord. Volgens die gemenereg was die vrou by egskeiding nie op die betaling van onderhoud deur haar man geregtig nie al was sy die onskuldige party. Schultz v Schultz 1928 OPD 155; Hodd v Hodd; D'Aubrey v D'Aubrey 1942 NPD 198; Harrison v E Harrison 1952 (3) SA 636; Sadie v Sadie; Waldman v Waldman 1953 (4) SA op 40G; Fluxman v Fluxman 1958 (4) SA op 412H; Bloom v Bloom 1961 (3) SA op 826G; Strauss v Strauss and Another 1962 (3) SA op 641D; Vale v Vale 1966 (1) SA op 543; S v Loubser 1969 (2) SA op 656F - G; Copelowitz v Copelowitz and F Others NO 1969 (4) SA op 67B; Strauss v Strauss 1974 (3) SA op 93H; Portinho v Portinho 1981 (2) SA op 596A; contra egter die minderheidsuitspraak van Van Schalkwyk v Van Schalkwyk 1947 (4) SA 86. In sekere Afdelings was die Howe bereid om 'n ooreenkoms aangaande onderhoud 'n bevel van die Hof te maak. Strauss v Strauss 1974 (3) SA op 93 in fin -94. Soms is daar vereis dat G die ooreenkoms deel vorm van 'n skikking van vermoënsregtelike eise. Harrison se saak supra op 638E - F; Sadie se saak supra; Copelowitz se saak supra op 67C; Strauss v Strauss 1974 (3) SA op 94A; S v Loubser 1969 (2) SA op 656H. In Sadie se saak supra het ROPER R op 43F - H die mening uitgespreek dat ooreenkomste H om onderhoud na egskeiding te betaal wat op blote sentiment of liberaliteit gebaseer is en wat nie die resultaat is van kompromie van geldelike eise nie, die neiging sou hê om te lei tot die ontbinding van huwelike en derhalwe teen die openbare beleid is. Indien die partye by egskeiding sou ooreenkom dat onderhoud betaal sou word, was die Hof nie by magte om so 'n I ooreenkoms te wysig nie, tensy die ooreenkoms anders sou bepaal. José v José 1939 TPD op 427; Fluxman se saak supra op 412 in fin; Hankin v Hankin 1931 WLD 265; vgl Strauss v Strauss 1974 (3) SA op 94 in fin -95.

Die Wetgewer het in art 10 van Wet 37 van 1953 die gemeneregtelike posisie voormeld ingrypend verander. Artikel 10 het nie'n reg ten gunste van die onskuldige eggenote op onderhoud geskep nie maar het die Hof die diskresie verleen om J sodanige onderhoud toe te staan, welke diskresie nie te geredelik uitgeoefen moes word nie. Van Wyk v Van Wyk 1954

1986 (1) SA p875

(4) SA 594; Grgin v Grgin 1960 (1) SA op 828C - F; Swart v A Swart 1960 (4) SA op 623G - H. Klaarblyklik was die doel van art 10 die volgende: om te bepaal dat onskuldige eggenote op onderhoud geregtig sou wees indien die Hof dit sou goedvind om onderhoud toe te staan en dat, indien partye sou ooreenkom dat onderhoud betaal sou word, die Hof by magte sou wees om 'n bevel tot dien effekte uit te reik; daarbenewens sou die Hof B sodanige bevel kon wysig indien goeie rede aangevoer sou word. Vgl Copelowitz se saak supra op 71A - B; Grgin se saak supra op 827C - D. Artikel 10 voormeld is herroep deur art 18 van die Wet op Egskeiding 70 van 1979. Hierdie Wet is van toepassing op die huidige probleem. Artikels 7 en 8 van C laasgenoemde Wet is van toepassing in hierdie saak. Vir doeleindes van die huidige probleem, is daar geen noemenswaardige verskil tussen die 1979 en 1953 Wette nie, behalwe vir die verskil waarna later verwys sal word.

In Kuhn v Karp 1948 (4) SA 825 het WILLIAMSON WN R (soos hy toe was) op 840 verwys na sekere beginsels van toepassing by D beoordeling van die vraag of 'n kontrak teen die openbare beleid sou wees aldan nie. Ons doen aan die hand dat hierdie beginsels soos volg saamgevat kan word: (1) Alhoewel die reëls deur presedent neergelê telkens aangepas moet word om by nuwe omstandighede aan te pas is 'n Hof nie by magte "... 'to invent a new head of public policy'... " nie. (2) Selfs indien 'n kontrak "... 'is one which prima facie falls under E one of the recognised heads of public policy, it will not be held illegal unless its harmful qualities are indisputable'... ". (3) "... 'the doctrine should only be invoked in clear cases in which the harm to the public is substantially incontestable and does not depend upon the idiosyncratic inferences of a few judicial minds. I think that this should be F regarded as the true guide. In popular language... the contract should be given the benefit of the doubt'... ".(4) "... 'if there is one thing which more than another public...

To continue reading

Request your trial
27 practice notes
  • Purnell v Purnell
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 323 (R) at 325; Jodaiken v Jodaiken 1978 (1) SA 784 (W); Havenga v Havenga 1988 (2) SA 438 (T) at 444E, 445C-E; Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) H ; Rubenstein v Rubenstein 1975 (3) SA 957 (W); Tyhopho v Santam Insurance Co Ltd 1984 (2) SA 73 (T); Levin v Levin 1984 (2) SA 298 (C) a......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trust en Assuransiemaatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) op 471E-H, 472F en H Schultz v Schultz 1928 OPD 155 Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) op 880G-881A Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Bezuidenhout 1987 (2) SA 361 (A) op 367C-D Strauss v Strauss 197 4 (3) SA 79 (A) op 93H T......
  • Public Policy in Family Contracts, Part I: Agreements about Spousal Maintenance
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , January 2021
    • 26 January 2021
    ...ation S ee Excell v Douglas 1924 CPD 472; Gammon v McCl ure 1925 CPD 137; Oelofse v Grundling 1952 1 SA 400 (C)46 Schutte v Sch utte 1986 1 SA 872 (A) 881D; Botha v Botha 2009 3 SA 89 (W) paras 29, 30384 STELL LR 2020 3 © Juta and Company (Pty) Surviving Spous es Act 27 of 1990 (“MSSA”) or ......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: dictum at 423 applied Schultz v Schultz 1928 OPD 155: referred to Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): applied J 2013 (6) SA p30 A Schwartz v Schwartz 1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smit......
  • Request a trial to view additional results
26 cases

  • ST v CT
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 1 (A) ([1988] ZASCA 94): dictum at 8C applied Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: referred to D Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): referred Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred to Van Zyl NO v Kiln Non-Marine Syndicate No 510 of Lloyds of London 2003 (2) SA 44......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Public Policy in Family Contracts, Part I: Agreements about Spousal Maintenance
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , January 2021
    • 26 January 2021
    ...ation S ee Excell v Douglas 1924 CPD 472; Gammon v McCl ure 1925 CPD 137; Oelofse v Grundling 1952 1 SA 400 (C)46 Schutte v Sch utte 1986 1 SA 872 (A) 881D; Botha v Botha 2009 3 SA 89 (W) paras 29, 30384 STELL LR 2020 3 © Juta and Company (Pty) Surviving Spous es Act 27 of 1990 (“MSSA”) or ......
28 provisions
  • Purnell v Purnell
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 323 (R) at 325; Jodaiken v Jodaiken 1978 (1) SA 784 (W); Havenga v Havenga 1988 (2) SA 438 (T) at 444E, 445C-E; Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) H ; Rubenstein v Rubenstein 1975 (3) SA 957 (W); Tyhopho v Santam Insurance Co Ltd 1984 (2) SA 73 (T); Levin v Levin 1984 (2) SA 298 (C) a......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trust en Assuransiemaatskappy Bpk v Fondo 1960 (2) SA 467 (A) op 471E-H, 472F en H Schultz v Schultz 1928 OPD 155 Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A) op 880G-881A Senator Versekeringsmaatskappy Bpk v Bezuidenhout 1987 (2) SA 361 (A) op 367C-D Strauss v Strauss 197 4 (3) SA 79 (A) op 93H T......
  • Public Policy in Family Contracts, Part I: Agreements about Spousal Maintenance
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , January 2021
    • 26 January 2021
    ...ation S ee Excell v Douglas 1924 CPD 472; Gammon v McCl ure 1925 CPD 137; Oelofse v Grundling 1952 1 SA 400 (C)46 Schutte v Sch utte 1986 1 SA 872 (A) 881D; Botha v Botha 2009 3 SA 89 (W) paras 29, 30384 STELL LR 2020 3 © Juta and Company (Pty) Surviving Spous es Act 27 of 1990 (“MSSA”) or ......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: dictum at 423 applied Schultz v Schultz 1928 OPD 155: referred to Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): applied J 2013 (6) SA p30 A Schwartz v Schwartz 1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smit......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT