South West African Peoples Democratic United Front en 'n Ander v Administrateur-Generaal, Suidwes-Afrika, en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeJansen AR, Corbett AR, Miller AR, Hoexter Wn AR en Van Heerden Wn AR
Judgment Date30 September 1982
Citation1983 (1) SA 411 (A)
Hearing Date18 March 1982
CourtAppellate Division

Jansen AR:

Hierdie appèl gaan oor die geldigheid van die G verkiesing in Suidwes-Afrika van die 40 lede van die Wetgewende Vergadering van die Damaras, gehou ingevolge die Partylysverkiesingsproklamasie AG 54 van 5 September 1980, hierna "Prok 54" genoem. Die stemming het op 11,12 en 13 November 1980 plaasgevind en die uitslag is kort daarna deur die hoofverkiesingsbeampte aangekondig (ingevolge art 34 (1) H (b) van Prok 54). Drie partye het aan die verkiesing deelgeneem: die "Damara Raad", die "Damara Uitvoerende Komitee" en die "South West African People's Democratic United Front". Volgens die stelsel van proporsionele verteenwoordiging wat Prok 54 ten grondslag lê, het die hoofverkiesingsbeampte na die stemming aangekondig dat die Damara Raad 23 setels, die South West African People's Democratic United Front 16 setels en die Damara Uitvoerende Komitee een setel verower het. Die identiteit van elke party se verkose lede is bepaal volgens die volgorde van die lys van 40

Jansen AR

kandidate van elk van hierdie organisasies wat na aanleiding van art 7 (1) (b) gepubliseer was in die Buitengewone Offisiële Koerant van 28 Oktober 1980. Die beëdiging van die verkose lede sou op 27 November 1980 te Khorixas geskied.

A As gevolg van feite wat op 14 November 1980 tot die kennis van die vise-president (J M Hariseb) van die South West African People's Democratic United Front gekom het, het hierdie organisasie gemeen dat 'n onreëlmatigheid met die publikasie van die lys van kandidate van die Damara Raad geskied het. Gevolglik het dié organisasie dringend by die Suidwes-Afrika B Afdeling aansoek gedoen dat oa die beëdiging van die lede wat verkose verklaar was, belet word en dat die hele verkiesing ongeldig verklaar word. J M Hariseb het as tweede applikant opgetree. Hy was ook een van die 16 lede van dié organisasie wat verkose verklaar was en hy het met die goedkeuring van die ander 15 lede opgetree. As respondente is gesiteer: die ander C twee organisasies wat aan die verkiesing deelgeneem het, nl die Damara Raad en die Damara Uitvoerende Komitee; die 23 lede van die Damara Raad wat verkose verklaar was (waaronder Justus Garoëb); die enkele lid (K H Conradie) van die Damara Uitvoerende Komitee wat verkose verklaar was; die Administrateur-generaal vir die Gebied Suidwes-Afrika; die D hoofverkiesingsbeampte (P J Keyser), die persoon voor wie die verkose verklaarde lede die ampseed sou moes aflê (F P J Visagie) en C L Hohne, die landdros te Usakos wat as voorsitter opgetree het tydens die sitting (ingevolge art 6 van Prok 54) van die sg registrasiehof te Khorixas op 29 September 1980. Die Suidwes-Afrika Afdeling (per STRYDOM R) het 'n bevel nisi met E 'n tussentydse interdik teen die voorgenome beëdiging verleen. Op die (uitgestelde) keerdatum het die Hof die bevel nisi en tussentydse interdik opgehef en die aansoek afgewys; die kwessie van koste het die Hof laat oorstaan. 'n Verslag van die verrigtinge op beide geleenthede is te vinde te 1981 (2) SA 570 (SWA). By 'n latere geleentheid het die Hof gelas dat die eerste respondent (die Administrateur-generaal) die koste van F die applikante sowel as die van die derde en sewende respondente (die Damara Raad en Justus Garoëb) betaal. Met verlof van die Hof a quo kom die applikante in hoër beroep slegs teen die afwysing van hul aansoek; by wyse van teenappèl veg die Administrateur-generaal die kostebevel aan.

G Om die appellante se kontensie te begryp, is dit nodig om kortliks na die bepalings van Prok 54 te verwys (die tersaaklike artikels word ten volle in die uitspraak van die Hof a quo aangehaal). 'n Verkiesing word deur die Administrateur-generaal by wyse van 'n "verkiesings-proklamasie" uitgeskryf (art 3 (1)). Daarin bepaal H hy die dae waarop die stemming sal plaasvind en ook

"'n dag en 'n plek... waarop 'n registrasiehof sitting sal hou om die registrasiestukke te ontvang van enige politieke organisasie wat deur middel van 'n lys van kandidate aan die verkiesing... wil deelneem...".

(Artikel 3 (1) (a).) Dit is duidelik dat die verrigtinge in 'n registrasiehofgeskied tydens 'n "openbare hofsitting" (art 6 (2)) en dat dit daarop gemik is om die partye wat aan die verkiesing wil deelneem te "registreer". 'n Politieke organisasie wat aan die verkiesing wil

Jansen AR

deelneem, moet aan die voorsitter van die registrasiehof sekere gegewens skriftelik voorlê (art 4 (1), gelees met art 6 (1)), waaronder "die lys van kandidate van die politieke organisasie" in rangorde van voorkeur (art 5 (3) gelees met art 34 (1) (b)). A Die lys moet aan sekere vereistes voldoen (art 5), waaronder dat

"elke kandidaat moet 'n bevoegde persoon wees met betrekking tot die wetgewende owerheid waarvoor hy 'n kandidaat is"

en

"die identitietsnommer van elke kandidaat moet na sy naam op die lys aangegee word".

Die verdere verloop van die verrigtinge blyk uit die volgende bepalings: B

"6 (6)

Die voorsitter moet registrasiestukke wat aan hom voorgelê is en wat na sy oordeel nie aan die bepalings van art 4 voldoen nie en nie binne die tyd deur hom bepaal, reggestel is nie, in die ope hof verwerp, en die politieke organisasie wat die aldus verworpe registrasiestukke voorgelê het, word nie beskou as vir C die doeleindes van hierdie proklamasie registreer te wees nie.

(7)

Die voorsitter kondig die naam van elke politieke organisasie wat te eniger tyd, hetsy voor of gedurende die sitting van die registrasiehof, vir die verkiesing geregistreer het en die name van sy kandidate in die ope hof aan.

(8)

Behoudens die bepalings van subarts (10) en (11), D eindig die sitting van die registrasiehof na die aankondiging in subart (7) beoog.

(9)

Na die einde van die sitting van die registrasiehof is geen politieke organisasie geregtig, en word geen politieke organisasie toegelaat, om te registreer of sy registrasie terug te trek nie."

"So gou doenlik" na die einde van die sitting van die registrasiehof moet die hoofverkiesingsbeampte 'n kennisgewing in die Offisiële Koerant publiseer (art 7 (1)) waarin:

"(a)

E verklaar word dat die geregistreerde partye wie se name daarin aangegee word, die politieke organisasies is wat na behore vir die verkiesing ten opsigte van die betrokke wetgewende...

To continue reading

Request your trial
13 practice notes
  • Cabinet for the Territory of South West Africa v Chikane and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 535 (A) at 539E - F; Schermbrucker v Klindt NO 1965 (4) SA 606 (A); SWAPDUF v E Administrateur Generaal Suidwes-Afrika en Andere 1983 (1) SA 411 (A); Nkwinti v Commissioner of Police and Others 1986 (2) SA 421 (E) at 425D - I; Dempsey v Minister of Law and Order and Others 1986 (4) SA 53......
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 186 (D); South West African H People's Democratic United Front en 'n Ander v Administrateur-generaal, Suidwes-Afrika, en Andere 1983 (1) SA 411 (A); Anisminic Ltd v Foreign Compensation Commission [1969] 2 AC 147; Benning v Union Government 1914 AD 180 op 185; S v Ramgobin and Others......
  • Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fani and Others v Minister of Law and Order and Others; State President and Others v Bill
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Defence and Police and Another 1980 (3) SA 535 (Tk) at 553 - 4; SWAPDUF en 'n Ander v Administrateur-Generaal, SWA, en Andere 1983 (1) SA 411 (A) at E 429C - H, 432G - H; Minister of Law and Order and Others v Hurley and Another (supra at pp 39 - 53); Eshugbai Eleko v Government of Niger......
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 13 September 1988

  • Request a trial to view additional results
13 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT