Slot : Hoofstuk 7

DOI10.10520/EJC74069
AuthorJ.J. Henning
Published date01 January 2007
Pages180-182
Date01 January 2007
HOOFSTUK 7
SLOT
In die taakstelling is ten doel gestel om die trefpunt te identifiseer
waar die privilegia militum die eerste keer blywend die vorm aanneem
van ’n moratorium in regstegniese sin. Dit veral aangesien dit blyk
dat die identifisering van vroeëre regsfigure as moratoria nie die vuur-
proef van wetenskaplike ontleding kan deurstaan nie en merendeels
veel eerder ’n algehele kwytskelding of aflating daarstel, as ’n blote
skuld- of betalingstilstand of ’n prosesregtelike verademing.
’n Duidelike voorbeeld van so ’n regshistories onbetwiste trefpunt word
deur die Romeins-Hollandse reg verskaf. Dit is naamlik die agtereen-
volgende voorskrifte in die Edik van Karel V van 20 Oktober 1547,
artikel 12 van die Placcaet Raeckende alle Leger-Personen van 7
Mei 1630 en die plakkaat van die State-Generaal van 8 Desember
1665 wat ’n opskorting van sekere regsprosesse teen soldate gereël het.
Alhoewel daar gewag gemaak is van vroeëre voorbeelde van so
’n trefpunt in die Oud-Franse reg, is en word die spesifieke Franse
tegniek om individuele moratoria aan krygsliede te verleen nie in die
Romeins-Hollandse of die Suid-Afrikaanse reg aangewend of nagevolg
nie.Ook die Duitse gebruik om eerder restitutio in integrum met
retrospektiewe werking toe te staan as ’n pro-aktiewe algemene
moratorium, het nie aftrek gekry nie. Trouens, ’n aanmerklike aantal
standpuntinnames deur Franse juriste oor die nie-navolging van
Romeinsregtelike privilegia het nie byval onder tydgenootlike Romeins-
Hollandse skrywers gevind nie.Dit skep die indruk dat die Neder landse
krygsman ten aansien van sivielregtelike beskerming beter daaraan
toe was as sy Franse eweknie.Groenewegen se minagtende eva-
luering en lae dunk van die karakter en moraliteit van die tipiese
krygsliede van sy tyd doen nie noodwendig aan hierdie gevolgtrek-
king afbreuk nie.Dit mag egter deels verklaar waarom die Neder-
landse soldaat nie so besonder geprivilegeerd was as sy Romeinse
voorganger nie. So ’n gevolgtrekking veronderstel egter ’n direkte
verwantskap tussen status en aansien aan die een kant en juridiese
bevoorrregting aan die ander kant.
Die kritieke trefpunt tussen moratorium en privilegie, wat in die
studie ten doel gestel is, is duidelik hoofstuk 5 geïdentifiseer.
Artikel 10 van die Wet voor de Krijgsdienst der Z A Republiek 2 van
1883 asook die tersaaklike bepalings van De Krijgs- en Komman-
dowet 10 van 1899 van die Oranje-Vrystaat en die Wet voor den
Krijgsdienst in de Z-A Republiek 1898 herinner tot ’n gewisse mate
aan die voorskrifte van die Edik van Karel V van 20 Oktober 1547,
die plakkaat van die Prins van Oranje van 7 Mei 1630, die plakkaat
180

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT