Sentrachem Ltd v Prinsloo

JurisdictionSouth Africa
JudgeEksteen AR, E M Grosskopf AR, Nienaber AR, Olivier AR, Zulman AR
Judgment Date22 November 1996
Citation1997 (2) SA 1 (A)
Docket Number105/95
Hearing Date02 September 1996
CounselP P Delport (bygestaan deur JJ Goodey) namens die appellant B Pretorius (bygestaan deur JG Naude) namens die respondent
CourtAppellate Division

Eksteen AR:

Hierdie geding gaan oor aalwurms, dopluise en gif in mnr Prinsloo se A sitrusboorde in Levubu. Die sitrus-aalwurm (oftewel Tylenchulus semipenetrans) is 'n mikroskopiese organisme wat die wortels van sitrusbome binnedring en vernietig. Dit veroorsaak in die eerste plek verstopping in die wortels wat die opname van kalium verhoed en tweedens werk die openinge in die wortels wat deur die wurms B veroorsaak word, wortelvrot in die hand. Die gevolg hiervan is dat die boom geleidelik agteruitgaan tot so 'n mate dat dit 'n winsgewende oes onmoontlik maak.

Die sitrus rooidopluis (Aonidiella aurantii) is nog 'n plaag wat die lewe van 'n sitrusboer versuur. Dit is 'n klein insek wat hom op die sitrusblare, stingels en vrug self C vestig en dit parasiteer. As hulle toegelaat word om te gedy kan hulle veroorsaak dat van die blare en takke terugsterf; dat die blare en selfs die vrugte van die boom afval; en in ieder geval dat die vrugte so beskadig word dat hulle onaanvaarbaar is vir die uitvoermark. Die wyfie dopluis lê eiers en wanneer hulle uitbroei skuil die kleintjies vir 'n rukkie onder haar dop voordat hulle uitkruip om hulle weg deur die wêreld te vind. D Hierdie 'kruipertjies' kruip 'n betreklike kort afstand van hul ma af en vestig hulself dan op 'n vrug of op 'n blaar. Daar gaan hulle deur verskillende stadia van ontwikkeling totdat hulle volwassenheid bereik en die hele kringloop weer van voor begin.

Rooidopluise kan bestry word deur die bome gereeld met 'n verskeidenheid van E gifstowwe te bespuit. Dit is egter tydrowend en duur en nie altyd effektief nie omdat dopluise immuun raak teen sommige gifstowwe. Sitrusboere verkies dus om oor te gaan na 'n biologiese bestryding van die plaag. Daar bestaan 'n paar predatore wat op die dopluis teer, maar die effektiefste biologiese beheer is deur middel van 'n wespetjie met die naam Aphytis Africanus. Dit is 'n inheemse insek wat die dopluis parasiteer F deur sy eiers in die dopluis te lê, en wanneer hulle uitbroei, vreet die kleintjies die dopluis op. Wanneer aphytes eenmaal in 'n boord gevestig is, beheer dit die dopluis plaag heel effektief, maar as dit blyk dat die dopluis te vinnig begin aanteel vir die aantal aphytes, dan gryp die boer in met die spuit van 'n aphytis-vriendelike middel G -dws 'n middel wat, hoewel dit dopluis nie so effektief bestry soos ander middels nie, nogtans nie die aphytes sal doodmaak of verdryf nie. Hierdie vorm van beheer is dan nie meer suiwer biologies nie en staan bekend as 'geïntegreerde biologiese beheer'.

Vir 'n boer om oor te skakel van suiwer chemiese beheer na 'n biologiese of 'n geïntegreerde biologiese beheer, neem uiteraard tyd en is betreklik duur. Die boer H moet ophou spuit sodat die predatore en die aphytes hulle in die boord kan vestig. Die oes word gevolglik aan die toenemende dopluis plaag blootgestel totdat die aphytes in genoegsame getalle in die boord kan kom, met 'n gevolglike vermindering en beskadiging van die oes. Die respondent het in 1984 tot geïntegreerde biologiese I beheer oorgegaan en aphytes was van toe af behoorlik in sy boorde gevestig. Hulle het die dopluis effektief beheer.

Die gif in hierdie geding ter sprake is AC 92-100. Gedurende 1989 het mnre Mark Rea en Hennie le Roux 'n gesprek met respondent se seun ('Prinsloo jnr') gehad waarin hulle hom vertel het van appellant se voorneme om hierdie gifstof vir die bestryding van aalwurms op die mark J

Eksteen AR

te bring. Rea was voorheen as nematoloog (dws aalwurmdeskundige) by die A Sitrusbeurs in diens gewees, maar in 1989 was hy 'n tegniese adviseur by die appellant. Le Roux was destyds ook 'n nematoloog. Hy was in diens van die Sitrusbeurs as senior navorsingspatoloog. Dié twee het vir Prinsloo jnr vertel dat hierdie middel, wat toe 'Counter' geheet het, doeltreffend by mielies en ander graangewasse aangewend is, dat die appellant heelwat werk aan die middel gedoen B het, en van voorneme was om dit ook vir gebruik in die sitrusbedryf te laat registreer en vry te stel. Rea het aangebied om as 'n guns 'n paar sakke Counter aan Prinsloo jnr te gee sodat hy dit kon 'beproef'. Respondent het 30 boorde op sy plaas en hierdie proef toediening is in die lente (September-Oktober 1989) in slegs een van hierdie C boorde gedoen, met oënskynlike goeie gevolge. Vroeg in 1990 is Counter geregistreer vir gebruik in die sitrusbedryf onder die naam AC 92-100. Om hierdie middel aan boere bekend te stel het appellant vroeg in Augustus 1990 'n loodsingseminaar aangebied op 'n oord bekend as 'Die Eiland'. Prinsloo jnr is soontoe genooi en het dit bygewoon. Rea en Le Roux was albei sprekers by hierdie geleentheid, asook appellant se produksiebestuurder, mnr H G van der Westhuizen. D Die middel was op hierdie stadium geregistreer met 'n etiket wat die toediening van 40 gram per vierkante meter jaarliks in die lente, nadat die lemoen-oes afgehaal is, voorskryf. By die seminaar, egter, het Le Roux daarop gewys dat die populasie-pieke onder aalwurms saamval met die drie wortelstuwings van die sitrusbome, nl in die E lente, in die somer, en in die herfs. Hy was dus 'n voorstander van 'n sogenaamde 'split-toediening', maw 20 gram in September, en 20 gram in Desember, of, nog beter 20 gram in September, 10 gram in Desember en 20 gram in die herfs. Rea het dit beaam. Beide hy en Van der Westhuizen het verduidelik dat die middel nie goed oplos in water nie en dus moeilik opneembaar is deur die boom, met die gevolg dat daar F geen residu in die vrugte gelaat word nie. Rea het vir Prinsloo jnr vertel dat hulle proewe met AC 92-100 op 'n groot sitrusplaas gedoen het. Daar sou hulle toedienings in September, Desember en in die herfs gedoen het en geen residu in die vrugte gekry nie. Die aalwurmtellings sou tot zero gedaal het.

Kort na hierdie loodsingseminaar op 'Die Eiland' het Rea saam met ander G verteenwoordigers van die appellant die respondent op sy plaas besoek om hom oor te haal om 'n besending van die AC 92-100 te koop. Rea het weer uitgewei oor die doeltreffendheid van die middel en die split-toediening ten tyde van elk van die drie wortelstuwings sterk aanbeveel as die enigste effektiewe manier om die opeenvolgende generasies van aalwurms uit te wis. Hy het dit aan respondent duidelik gestel dat die H toebestaande etiket slegs een toediening in die lente voorgeskryf het, maar dat dit in die proses was om verander te word en dat 'n tweede etiket binne afsienbare tyd geregistreer sou word om die drieledige split-toediening voor te skryf. Respondent is uitdruklik aangesê om nie die voorskrifte op die bestaande etiket te volg nie maar om I die split-toediening toe te pas in die lente, die somer en die herfs. Dit is gemene saak dat Rea en die ander verteenwoordigers van die appellant daarvan bewus was dat die respondent geïntegreerde biologiese beheer deur middel van aphytis in sy boorde toegepas het, en dat daar geen waarskuwing aan hom gerig was om enigsins versigtig te wees met die J

Eksteen AR

toediening van die gif wat dit betref nie. Dit is duidelik uit al die getuienis dat nóg die A respondent nóg Rea, Le Roux, Van der Westhuizen, of enige ander verteenwoordiger van die appellant vir 'n enkele oomblik gedink het dat die gebruik van AC 92-100 die aphytes enigsins nadelig kon raak. So 'n oorweging het nooit eers by hulle opgekom nie.

Op sterkte van hierdie samesprekings het respondent 'n bestelling van die AC 92-100 B by appellant geplaas en dit op al sy boorde, behalwe drie, gebruik. Die eerste toediening het in September 1990 onder die wakende oog van Rea self geskied. 'n Tweede toediening het in November-Desember gevolg en 'n derde in Februarie-Maart.

Teen die middel van Februarie en vroeg in Maart het die voorkoms van dopluise in die C boorde kommerwekkende afmetings begin aanneem en dit het duidelik geword dat daar nie meer aphytes was om hulle te bestry nie. Robert Muthuthuli, respondent se voorman op die plaas, was van mening dat die AC 92-100 die aphytes doodgemaak D of verdryf het. Prinsloo jnr het skepties gestaan teenoor hierdie vermoede. Respondent het vir Rea geskakel en hom gevra of die gif dalk die aphytes kon doodgemaak of verdryf het. Rea het hom onomwonde verseker dat dit nie moontlik was nie. In die lig hiervan het die respondent gemeen dat die aphytes dalk tog later na die boorde sou kom. Om enigsins die aanwas van die dopluise te stuit, het hy besluit om in te gryp met 'n bespuiting van 'n aphytis-vriendelike middel met die naam E 'Applaud'. Hy het reeds vantevore hierdie middel gebruik. Hierdie middel maak nie die volwasse dopluis dood nie maar tas slegs die onvolwasse stadia aan. Dit het ook nie 'n baie lang nawerking nie en verjaag nie aphytes nie. Dit het spoedig geblyk dat die aphytes nie terugkeer nie en die dopluis plaag het in felheid voortgewoed. Na raadpleging met 'n deskundige, Dr Kamburov, het respondent ten einde raad 'n meer F verwoestende gif, Lannate, gemeng met Bladbuff, gespuit. Dit het sowel die dopluis as enige ander insekte in die boord doodgemaak. Groot skade aan die oes was egter toe alreeds veroorsaak. Teen hierdie tyd het respondent alle hoop laat vaar dat die aphytes ooit sou terugkeer. Hy het uiteindelik ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit die AC 92-100 was wat die aphytes gedood of verdryf het. Hy getuig dat na elke G toediening van hierdie gif daar 'n skerp onaangenaame geur in die boorde was en hy het tot die slotsom geraak dat dit hierdie dampe was wat die aphytes verjaag het. Hy was hierin gesterk deur die oorweging dat die toediening van AC 92-100 die enigste afwyking was gedurende daardie oes-seisoen vergeleke met die gebruike van vorige jare en verder dat die drie boorde waar hy nie AC 92-100 toegedien het nie, 'n H normale oes gelewer het. Desondanks het Rea en die ander verteenwoordigers van appellant...

To continue reading

Request your trial
89 practice notes
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...attorney and client costs, there are considered decisions to the contrary in other Divisions. Moreover in Sentrachem Ltd v C Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A) and Cape Pacific Ltd v Lubner Controlling Investments (Pty) Ltd and Others 1995 (4) SA 790 (A) the Supreme Court of Appeal appears to have ......
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Another; Gumede and Others v Attorney-General, Transvaal 1995 (1) SA 608 (T) op/at 618G - H C Sentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A) op/at 21E - 24D Shifren and Others v SA Sentrale Koöp Graanmaatskappy Bpk 1964 (2) SA 343 (O) op/at 346C Shifren and Others v Suid-Afrikaa......
  • Harvey v Umhlatuze Municipality and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the cases cited at fn 12. [120] Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (3) SA 204 (A) (1997 (4) BCLR 531; [1997] 2 All SA 1) at 231 – 232. [121] Administrator, Transvaal, and Others v Zenzile and Others 1991 (1) SA 21 (A) ((1991) 12 ILJ 259) at 37C – F; Logbro P......
  • Jacobs and Others v Baumann NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dictum at 677 appliedSchlesinger v Commissioner for Inland Revenue 1964 (3) SA 389 (A): dictumat 396G appliedSentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): dictum at 15H–16C appliedSouth African Motor Industry Employers’ Association v South African Bank ofAthens Ltd 1980 (3) SA 91 (A): dictum......
  • Request a trial to view additional results
87 cases
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...attorney and client costs, there are considered decisions to the contrary in other Divisions. Moreover in Sentrachem Ltd v C Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A) and Cape Pacific Ltd v Lubner Controlling Investments (Pty) Ltd and Others 1995 (4) SA 790 (A) the Supreme Court of Appeal appears to have ......
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Another; Gumede and Others v Attorney-General, Transvaal 1995 (1) SA 608 (T) op/at 618G - H C Sentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A) op/at 21E - 24D Shifren and Others v SA Sentrale Koöp Graanmaatskappy Bpk 1964 (2) SA 343 (O) op/at 346C Shifren and Others v Suid-Afrikaa......
  • Harvey v Umhlatuze Municipality and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and the cases cited at fn 12. [120] Du Preez and Another v Truth and Reconciliation Commission 1997 (3) SA 204 (A) (1997 (4) BCLR 531; [1997] 2 All SA 1) at 231 – 232. [121] Administrator, Transvaal, and Others v Zenzile and Others 1991 (1) SA 21 (A) ((1991) 12 ILJ 259) at 37C – F; Logbro P......
  • Jacobs and Others v Baumann NO and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dictum at 677 appliedSchlesinger v Commissioner for Inland Revenue 1964 (3) SA 389 (A): dictumat 396G appliedSentrachem Ltd v Prinsloo 1997 (2) SA 1 (A): dictum at 15H–16C appliedSouth African Motor Industry Employers’ Association v South African Bank ofAthens Ltd 1980 (3) SA 91 (A): dictum......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT