Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk, en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeJacobs R
Judgment Date21 June 1968
Citation1968 (4) SA 350 (GW)
Hearing Date24 May 1968
CourtGriqualand-West Local Division

F Jacobs, R.:

Die applikant beweer in sy aansoek dat op 14 April 1964 tweede respondent die plaas Florisfontein in die distrik Herbert aan eerste respondent verkoop het vir 'n bedrag van R35,930. Op 17 April 1964 het eerste respondent 'n bedrag van R1,337.20 aan hereregte betaal by die Ontvanger van Inkomste te Douglas en daarna, met registrasie van die eiendom by die Akteskantoor te Kimberley, is 'n bedrag van R237.05 gehef en betaal ten opsigte van seëlregte op die transportakte. Beide G die hereregte en seëlregte is bereken op die bedrag van R35,930 welke bedrag die Ontvanger van Inkomste te Douglas 'handelende in sy hoedanigheid as behoorlik gemagtigde agent vir applikant' bona fide aanvaar het as die billike waarde van die betrokke eiendom. Die applikant beweer dan voorts dat gedurende of omtrent Oktober 1966 hy H vasgestel het dat die billike waarde van die eiendom ten tye van die kooptransaksie in werklikheid R55,340 was en dat hy toe 'n herberekening van die

Jacobs R

hereregte en seëlregte wat betaalbaar was gemaak het en vasgestel het dat die volgende addisionele bedrae betaalbaar is:


(a)

Addisionele hereregte

R776.40

(b)

Rente op bogemelde bedrag tot 1 Mei 1967

R148.28

(c)

Addisionele seëlregte

R145.50


A Die applikant beweer dat hy die bedrae onder (a) en (b) hierbo van eerste respondent en die bedrag onder (c) van tweede respondent ge-eis het maar dat beide geweier het om te betaal aangesien hulle beweer het, dat waar applikant, deur sy gevolmagtigde agent, reeds die werklike koopprys as

'die billike waarde van die eiendom aanvaar het, en daarop ageer het, hy B nie later sy beslissing mag verander en addisionele hereregte en seëlregte mag eis nie'.

In die huidige aansoek eis applikant dus nou betaling van bogemelde bedrae plus verdere rente op die bedrag in (a) genoem teen 71/2 persent per jaar vanaf 1 Mei 1967 tot datum van betaling.

C Die twee respondente het 'n kennisgewing ingevolge Hofreël 6 (5) (d) (iii) ingelewer ten effekte dat hulle die aansoek slegs op 'n regspunt wil bestry. Die regspunt waarop hulle die aansoek wou bestry en in werklikheid bestry het was slegs 'n herbevestiging van hulle vorige houding soos in die vorige paragraaf uiteengesit en die vraag voor my is dus slegs of onder die omstandighede van die saak applikant regtens D geregtig was om 'n hoër waarde as die koopprys op die eiendom te plaas en addisionele hereregte en seëlregte bereken op sodanige hoër bedrag te vorder.

Dat applikant onder sekere omstandighede die reg het om self 'n billike waarde op eiendom te plaas en te eis dat hereregte op sodanige waarde E betaal moet word ly geen twyfel nie. Art. 5 (b) van die Wet op Hereregte, 40 van 1949, lui soos volg:

'Indien die Sekretaris van oordeel is dat die betaalbare vergoeding of die verklaarde waarde minder dan die billike waarde van die betrokke eiendom is, kan hy die billike waarde van daardie eiendom bepaal, en daarop word die betaalbare hereregte ten opsigte van die verkryging van daardie eiendom ooreenkomstig die aldus bepaalde billike waarde of die betaalbare vergoeding of die verklaarde waarde na gelang van watter bedrag die grootste is, bereken.'

F Nou moet ek dadelik sê dat die laaste gedeelte van die artikel waar verwys word na die bedrag wat 'die grootste is' op die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Hamman v Moolman
    • South Africa
    • Invalid date
    ...reasonable qualifying fees of the witness Hurly.' STEYN, C.J., OGILVIE THOMPSON, J.A., POTGIETER, J.A., and BEKKER, A.J.A., concurred. 1968 (4) SA p350 Wessels Appellant's Attorneys: Findlay & Tait, Cape Town; Fred S. Webber & Son, Bloemfontein. Respondent's Attorneys: D. P. de Klerk & Van ......
  • Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in the Griqualand West Local Division in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk. en 'n Ander, 1968 (4) SA 350, partly reversed and partly confirmed. A Case Appèl teen 'n beslissing in die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling (JACOBS, R.). Die feite blyk ui......
2 cases
  • Hamman v Moolman
    • South Africa
    • Invalid date
    ...reasonable qualifying fees of the witness Hurly.' STEYN, C.J., OGILVIE THOMPSON, J.A., POTGIETER, J.A., and BEKKER, A.J.A., concurred. 1968 (4) SA p350 Wessels Appellant's Attorneys: Findlay & Tait, Cape Town; Fred S. Webber & Son, Bloemfontein. Respondent's Attorneys: D. P. de Klerk & Van ......
  • Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...in the Griqualand West Local Division in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk. en 'n Ander, 1968 (4) SA 350, partly reversed and partly confirmed. A Case Appèl teen 'n beslissing in die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling (JACOBS, R.). Die feite blyk ui......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT