Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1969 (1) SA 260 (A)

Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk en 'n Ander
1969 (1) SA 260 (A)

1969 (1) SA p260


Citation

1969 (1) SA 260 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Steyn HR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR, Botha AR en Wessels AR

Heard

November 8, 1968

Judgment

November 28, 1968

Flynote : Sleutelwoorde D

Grond — Hereregte — Betaling van — Betaalbare vergoeding van eiendom as billike waarde aanvaar — Hereregte daarop betaal — Waarde op hoër bedrag later deur Sekretaris van Binnelandse Inkomste vasgestel — Geregtig om hereregte op hoër bedrag te vorder — Nie geregtig op betaling van verdere seëlregte nie — Wet 40 van 1949, art. 5 (6) en (7).

Headnote : Kopnota

Nadat die Sekretaris van Binnelandse Inkomste of sy gedelegeerde die vergoeding wat vir 'n betrokke verkoopte eiendom betaalbaar was, as die billike waarde daarvan aanvaar het en hereregte daarop bereken en ingevorder het, is hy geregtig om ingevolge artikel 5 (6) en (7) van Wet 40 van 1949 die billike waarde van die eiendom op 'n hoër bedrag vas te stel en hereregte daarop te bereken en te vorder. In so 'n geval, waar die betaalbare vergoeding sowel as die waarde van die betrokke eiendom meer as R7,000 is, kan hy nie seëlregte op die hoër bedrag eis nie aangesien die Wetgewer nie bepaal het op watter bedrag die seëlregte bereken moet word nie waar die vergoeding en die waarde verskil (WESSELS, A.R., het afgewyk).

Die beslissing in die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk. en 'n Ander, 1968 (4) SA 350, gedeeltelik omvergewerp en gedeeltelik gehandhaaf.

Flynote : Sleutelwoorde

Land — Transfer duty — Payment of — Consideration payable for property accepted as reasonable value — Transfer duty paid thereon — Increased value subsequently placed thereon by Secretary for Inland Revenue — Entitled to claim transfer duty on increased amount — Not entitled to payment of further stamp duty — Act 40 of 1949, sec. 5 (6) and (7).

Headnote : Kopnota

After the Secretary for Inland Revenue, or his delegate has accepted that the consideration payable for a particular property sold was the reasonable value thereof and had collected the transfer duty calculated thereon, he is entitled under section 5 (6) and (7) of Act 40 of 1949, to determine the reasonable value of the property at a higher figure and claim transfer duty calculated thereon. In such a case, where the consideration payable as well as the value of the property concerned exceeds R7,000, he cannot claim stamp duty on the increased amount since the Legislature has not defined on what amount the stamp duty must be calculated where there is a difference between the consideration and the value. (WESSELS, J.A., dissented).

1969 (1) SA p261

The decision in the Griqualand West Local Division in Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Eiendoms) Bpk. en 'n Ander, 1968 (4) SA 350, partly reversed and partly confirmed. A

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling (JACOBS, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van BOTHA, A.R.

N. W. Zietsman, namens die appellant: Unless the Act in question provides differently, mistakes made by officials cannot absolve the taxpayer from the payment of tax due by him. See Irvin & Johnson v C.I.R., 1946 AD at p. 486. There is no indication that a decision once B made by the Secretary for Inland Revenue (or by his representative) shall be final and binding. This distinguishes the present case from Miller v C.I.R., 1952 (1) SA 474. See also Irvin & Johnson v C.I.R., supra at p. 494. There is also, in the present Act, no time limit within which the powers under sec. 5 (6) of Act 40 of 1949 must be exercised. C Errors made by officials are not binding, but can be corrected. Sec. 13 (1) specifically provides that an additional duty can be claimed even after registration of transfer has taken place in the Deeds Registry. Under sec. 5 (6) if the Secretary is of opinion that the consideration payable is less than the fair market value of the property, he can determine the fair value of the property, and the duty must then be D calculated on such determined value. The actual calculation of the duty payable is a simple arithmetical calculation (sec. 2) so the only problem is to fix the value of the property. It follows that, if registration of transfer has taken place, the Receiver of Revenue must have accepted a certain figure as being the sum upon which the duty must be calculated, and the duty calculated on this sum must already have E been paid and accepted by the Receiver of Revenue. This being a taxing Act no presumptions or principles of equity apply, and the sole question is whether or not the particular case comes within the letter of the law. See C.I.R v George Forest Timber Co. Ltd., 1924 AD at pp. 531, 532; C.I.R v Simpson, 1949 (4) SA at p. 695. It would be contrary to F the normal rule in matters of this kind to hold that the Secretary was bound by erroneous decisions made by him or by his representative. Irvin & Johnson v C.I.R., supra; Steenkamp v Union Government, 1947 (1) SA at p. 459.

H. J. O. van Heerden, namens die respondente: Volgens art. 5 (6) van die G Wet kan die appellant egter, indien hy van oordeel is dat die vergoeding (koopprys) minder as die billike waarde van die eiendom is, die billike waarde betaal, en dan is hereregte betaalbaar op die koopprys of die vasgestelde waarde, na gelang van welke bedrag die grootste is. Dit volg dus: (a) dat die appellant in eerste instansie 'n oordeel moet vorm; (b) dat selfs indien hy van oordeel is dat die H koopprys minder is as die billike waarde, hy geen vasstelling hoef te maak nie; (c) dat indien hy 'n vasstelling maak wat gelyk is aan of meer is as die koopprys, hereregte op die vasgestelde waarde betaalbaar is. Ingevolge art. 10 kan die appellant òf persoonlik òf deur 'n verteenwoordiger sy bevoegdhede en verpligtinge verrig en uitvoer. Die appellant

1969 (1) SA p262

A se houding is blykbaar dat, indien hy (hetsy persoonlik, hetsy deur 'n verteenwoordiger) geen vasstelling gemaak het nie omdat hy nie genoemde oordeel gevorm het nie, of indien hy 'n vasstelling gemaak het wat minder as of gelyk aan die koopprys was, hy te eniger tyd later (en op B meerdere geleenthede) wel 'n vasstelling ingevolge art. 5 (6) kan maak van 'n bedrag hoër as die koopprys, en dat addisionele hereregte en seëlregte dan gevorder kan word. Die respondente se houding is dat, indien aan die appellant die geleentheid gegun is om die genoemde oordeel te vorm, en dat indien hy dan geen vasstelling (of in elk geval nie 'n hoër een as die koopprys) maak nie, die bepalings van die Wet C meebring dat hereregte op die koopprys betaalbaar is, en dat 'n latere vasstelling derhalwe kragteloos is. Vanuit 'n ander oogpunt gesien, verleen die Wet aan die appellant 'n diskresie om 'n vasstelling te maak. Indien hy sou besluit om nie sy diskresie uit te oefen nie en sy besluit sou bekendmaak, of indien hy wel sy diskresie sou uitoefen maar die vasgestelde bedrag dan minder as die koopprys sou wees, is die D appellant functus officio en kan hy nie 'n verdere vasstelling maak nie. Mining Commissioner of Johannesburg v Getz, 1915 T.P.D. 323; Rajee v Zeerust Town Council, 1938 T.P.D. 283; Thompson & Maharaj & Sons v Chief Constable, Durban, 1965 (4) SA te bl. 667. Die appellant se houding gee bowendien aanleiding tot absurde resultate. Ingevolge art. 18 van die Wet is 'n vasstelling ooreenkomstig art. 5 (6) onderhewig aan E appèl. Indien die Hof van appèl dan 'n vasstelling maak wat verskil van dié van die appellant word die Hof se vasstelling geag dié van die appellant te wees. Die appellant se houding bring egter noodwendig mee dat, nieteenstaande die vasstelling van die Hof, hy op 'n latere tydstip weereens 'n vasstelling ingevolge art. 5 (6) kan maak, wat weereens onderhewig aan appèl sal wees, en wat aldus tot 'n bose kringloop F aanleiding kan gee. Die appellant beroep hom op die reël dat, indien volgens fiskale wetgewing, 'n bedrag betaalbaar is, 'n fout van 'n amptenaar nie die belastingpligtige van sy verpligting bevry nie. Die respondente betwyfel nie die geldigheid van die reël nie, maar wel die toepaslikheid daarvan in die onderhawige geval. Indien die Wet bloot G bepaal het dat in alle gevalle hereregte op die werklike waarde van die eiendom betaalbaar is, en indien die Ontvanger in 1964 inderdaad 'n fout begaan het sou die appellant wel tans addisionele hereregte kon vorder. Die posisie is egter dat, ingevolge die Wet, hereregte in die onderhawige geval betaalbaar was op die koopprys, tensy 'n hoër vasstelling gemaak is. Aangesien sodanige vasstelling nie gemaak is nie, H kan dus nie gesê word dat hereregte wat betaalbaar was, nie betaal is nie, en dat die belastingpligtige derhalwe nie sy verpligting nagekom het nie. Indien 'n persoon ingevolge 'n statutêre bepaling 'n beslissing mag gee ten opsigte van 'n aangeleentheid waarby slegs hy en 'n ander persoon betrokke is, is dit slegs logies en billik dat eersgenoemde sy beslissing ten gunste van laasgenoemde mag wysig. Miller v Commissioner for Inland Revenue (S.W.A.), 1952 (1) SA te bl. 481 - 2. Aangenome dat in die Irvin & Johnson-saak, 1946 AD 483, die obiter dictum dat die Kommissaris wel sy beslissing kon wysig nie in stryd was met die mening uitgespreek in die Delfos-saak nie, was die inslag van die relevante wetgewing heeltemal verskillend

1969 (1) SA p263

van dié van dié Hereregtewet. Art. 13 van die Hereregtewet baat die appellant geensins nie. Sien Commissioner for Inland Revenue v Delfos, 1933 AD te bl. 252. Die kopstuk in Visser Ltd v Commissioner for Inland Revenue, 1963 (3) SA 281, is misleidend. Wet 59 van 1962 is A deur Wet 77 van 1968 vervang maar die tersaaklike bepalings van beide Wette is identies...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Rosen v Ekon
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (3) SA 623 (A): considered J 2001 (1) SA p202 Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms) Bpk en 'n Ander 1969 (1) SA 260 (A): applied A Soffiantini v Mould 1956 (4) SA 150 (E): Trichardt v Muller 1915 TPD 175: referred to Truth Verification Testing Centre v PSE......
  • Rosen v Ekon
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • April 17, 2000
    ...the correct duty. This is what A happened in Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms) Bpk en 'n Ander 1969 (1) SA 260 (A). I shall incorporate my accepted proposal in the order. I am nevertheless satisfied that, unless the Commissioner determines that the responde......
  • Connan v Sekretaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others, 1964 (1) SA 584 (T) te bl. 589A - C.; Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms.) Bpk. en 'n Ander, 1969 (1) SA 260 (AA) te bl. Dit is duidelik dat die billike waarde van die eiendom bepaal moet word E soos op datum van die skenkings - en ruiltransaksies hie......
  • S v Papu
    • South Africa
    • Invalid date
    ...lawful order against the appellant which he had to comply with from a duly appointed officer in terms of the governing statute. For that 1969 (1) SA p260 Jennett reason (and we confine ourselves to that reason only) the conviction cannot stand. It is therefore set aside, as also the sentenc......
4 cases
  • Rosen v Ekon
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (3) SA 623 (A): considered J 2001 (1) SA p202 Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms) Bpk en 'n Ander 1969 (1) SA 260 (A): applied A Soffiantini v Mould 1956 (4) SA 150 (E): Trichardt v Muller 1915 TPD 175: referred to Truth Verification Testing Centre v PSE......
  • Rosen v Ekon
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • April 17, 2000
    ...the correct duty. This is what A happened in Sekretaris vir Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms) Bpk en 'n Ander 1969 (1) SA 260 (A). I shall incorporate my accepted proposal in the order. I am nevertheless satisfied that, unless the Commissioner determines that the responde......
  • Connan v Sekretaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others, 1964 (1) SA 584 (T) te bl. 589A - C.; Sekretaris van Binnelandse Inkomste v Florisfontein Boerdery (Edms.) Bpk. en 'n Ander, 1969 (1) SA 260 (AA) te bl. Dit is duidelik dat die billike waarde van die eiendom bepaal moet word E soos op datum van die skenkings - en ruiltransaksies hie......
  • S v Papu
    • South Africa
    • Invalid date
    ...lawful order against the appellant which he had to comply with from a duly appointed officer in terms of the governing statute. For that 1969 (1) SA p260 Jennett reason (and we confine ourselves to that reason only) the conviction cannot stand. It is therefore set aside, as also the sentenc......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT