Schoultz v Voorsitter, Personeel-Advieskomitee van die Munisipale Raad van George, en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeBaker R
Judgment Date14 January 1983
Citation1983 (4) SA 689 (C)
Hearing Date26 November 1982
CourtCape Provincial Division

Baker R:

Hierdie aangeleentheid is 'n hersiening van 'n besluit geneem deur die munisipale raad van George waarvolgens applikant 'n sekere straf opgelê is vanweë sekere beweerde wangedrag.

Die bewering teen hom is die volgende: Applikant is 'n verkeers-konstabel in diens van die munisipaliteit van George. A Gedurende Maart 1981 was hy 'n verkeersbeampte, graad I, in die verkeersafdeling van die munisipale diens. 'n Sekere mnr Hart, 'n werknemer van die Distillers Drankmaatskappy, het beweer dat op 23 Maart 1981 terwyl hy in sy privaatvoertuig gery het, hy deur applikant voorgekeer is en daarvan beskuldig is dat hy teen 96,7 km/h gery het in 'n gebied waar die B spoedbeperking 60 km/h was. Applikant het hom meegedeel dat die boete R130 sou wees. Mnr Hart het geantwoord dat hy in die drank en nie in die bank werk nie. Toe sê applikant aan hom dat hy die boete na R90 sou verminder; mnr Hart het gesê dis baie gaaf van applikant. Laasgenoemde sê toe dat as mnr hart hom drank wou gee moet hy dit by sy huis aflewer; en het sy huisadres aan mnr Hart gegee, wat Hart toe agterop sy C sigaretdosie geskrywe het. Hart is toe reguit na die munisipale owerhede om die insident te rapporteer.

Applikant word van wangedrag aangekla; en ek kan terloops meld dat as die poging om drank uit mnr Hart te kry waar is kan dit tot applikant se summiere ontslag lei (kyk art 70 (1) (a) van D die Munisipale Ordonnansie 20 van 1974).

Op 17 Augustus 1981 (dws vyf maande na die beweerde poging tot korrupsie) word applikant voor 'n komitee gedaag om 'n ondersoek by te woon. Die komitee heet die "personeel-advieskomitee" en bestaan uit drie lede van die munisipale raad en drie lede vanuit die geledere van die munisipale werknemers benoem. Dit is 'n komitee wie se lede vir E 'n jaar benoem word. Die instelling vind plaas ingevolge para 2 van die "diensvoorwaardes" wat op munisipale werknemers van toepassing is. Hierdie paragraaf lui soos volg:

"Personeel-Advieskomitee

2 (1)

Vir die doel van oorlegpleging tussen die raad en sy werknemers betreffende alle sake wat die werknemers raak, word daar 'n gesamentlike komitee ingestel, genoem die 'personeel-advieskomitee'. Die F personeel-advieskomitee bestaan uit drie lede van die raad wat saam met drie sekundi jaarliks deur die raad benoem word wanneer sy vaste komitees benoem word of anders onmiddellik nadat die personeel-advieskomitee ingestel is, en drie lede van die werknemers saam met drie sekundi wat binne veertien dae daarna deur die werknemers gekies word. Die lede van sodanige G personeel-advieskomitee tree jaarliks af maar kan weer benoem word."

Die personeel-advieskomitee is ingevolge art 69 (1) van die Ordonnansie aangewys om die ondersoek in te stel, welke subartikel soos volg lees:

"69 (1)

Enige ondersoek na 'n aanklag van wangedrag teen 'n werknemer van 'n raad kan ingestel word òf deur die raad òf deur 'n persoon of persone òf in die algemeen H òf spesiaal deur hom aangewys, en sodanige persoon of persone moet sy of hul verslag en aanbevelings in elke geval aan die raad voorlê."

Die lede van die komitee gedurende die betrokke periode was raadslede Gericke (voorsitter), Heunis (burgemeester) en Van Rensburg, tesame met die genomineerde werknemers mnre Basson, Marais en Westraad.

Die "aanklaer" was die stadsklerk, mnr Lückhoff, en applikant is

Baker R

deur 'n lid van die werknemersvereniging, ene mnr Du Preez, verdedig.

Die ondersoek het om 2.15 nm begin en die klagte word gestel en 'n pleit van onskuldig aangeteken. Mnr Hart het sy hoofgetuienis afgelê en word daarna deur mnr Du Preez onder A kruisverhoor geneem. In die loop van die kruisverhoor word dit aan die dag gebring dat Du Preez die vorige aand vir Hart besoek het om die besonderhede van die beweerde wangedrag in te win. Die voorsitter, mnr Gericke, was hieroor so ontsteld dat hy hom onverwyld aan die verrigtinge onttrek het, en die ondersoek het met 'n "hof" van slegs vyf lede voortgegaan. Nadat Hart "bevredigende getuienis" afgelê het word hy verskoon B (die woord "bevredigende" verskyn aan die end van bl 2 van die notule van die komiteevergadering, bl 42 van die Hoflêer).

Applikant het die aanklag ontken; sy storie is vir huidige doeleindes nie ter sake nie. Wat wel ter sake is is dat op 'n vraag (nie genotuleer nie) van die aanklaer hy ontken het dat C daar ooit voorheen klagtes van wangedrag teen hom aanhangig gemaak is - aldus die notule. Die aanklaer het toe die applikant se persoonlike lêer uitgehaal en getoon dat in 1977 applikant skriftelik deur die stadsklerk gewaarsku en berispe is insake klagtes van wangedrag.

Hy is, na betoë deur beide "advokate", skuldig bevind en sy emolumente word ingevolge art 71 (d) van die Ordonnansie en D para 12 (11) van die diensvoorwaardes verminder en hyself tot verkeersbeampte graad II verlaag. Die presiese vonnis lui soos volg:

"dat ingevolge art 12 (11) van die diensvoorwaardes hy afgegradeer word vanaf sy huidige kerf R8 652 tot verkeersbeampte graad II en op die R7 428 kerf van die salarisskaal R6 564 X 288 - R7 716 per jaar met effek vanaf 1 Augustus 1981 geplaas word".

Dáár staan geen melding van art 71 (d) nie, maar daardie E artikel is die magtigende voorskrif.

Op 3 September 1981 word die vonnis per brief formeel bevestig.

Op 28 Januarie 1982 rig 'n prokureur, mnr Ferreira, vertoë aan die stadsklerk ivm die feit dat sedert Augustus 1981 applikant gemiddeld R100 per maand as gevolg van die vonnis verbeur het; F en dat, afgesien van 'n vrou en twee kinders, daar ook sy skoonmoeder en haar moeder van hom afhanklik is. Dit word gevra dat hy so spoedig moontlik tot sy vorige status hergradeer word.

Die stadsraad hou toe 'n vergadering gedurende Maart 1982, en besluit om applikant se salaris terug te plaas in die kerf waar dit voor die vonnis was. Vanaf 1 Maart ontvang hy sy vorige G emolumente en is bevorder tot sy vorige rang, graad I.

Op 10 Mei 1982 dien applikant 'n kennisgewing van mosie in, waarin die volgende regshulp aangevra word, naamlik 'n bevel:

"(a)

vir die hersiening en regstelling of tersydestelling van die personeel-advieskomitee se skuldigbevinding en strafoplegging wat te George op 17 Augustus 1981 gegee H is, toe die gemelde personeel-advieskomitee applikant skuldig bevind het aan wangedrag en gestraf het met effek dat applikant afgegradeer word vanaf verkeersbeampte graad I tot verkeersbeampte graad II en dat sy salariskerf van R8 652 verminder word na 'n kerf van R7 428 van die salarisskaal R6 564 X 288 - R7 716 per jaar met effek vanaf 1 Augustus 1981, welke verhoor en strafoplegging onderhewig was aan die bepalings van applikant se diensvoorwaardes met die munisipale raad van George;

Baker R

(b)

vir die hersiening en regstelling of tersydestelling van die besluit (indien enige) van die munisipale raad van George en/of die besluit of aanbeveling (indien enige) van die raadskomitee vir geldsake en personeel van die munisipale raad van George, waardeur getrag is om A eersgenoemde skuldigbevinding en strafoplegging te bekragtig en/of te implementeer;

(c)

vir verdere of alternatiewe regshulp;

(d)

wat die respondente gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal".

Sekere dokumente en inligting word ook gevra, maar ek handel nie daarmee nie; hierdie dokumente ens is nou deel van die B stukke voor die Hof en ek verwys hierna na dié wat relevant is.

Tydens die verhoor van hierdie aansoek het mev Theron namens applikant opgetree en mnr Griessel namens respondente. Mev Theron se betoogpunte en mnr Griessel se antwoorde daarop word nou seriatim behandel. Alvorens ek by die verskeie gronde van hersiening kom is daar egter twee aangeleenthede waarmee ek C moet handel, en dié is die kwessie of applikant 'n onredelike tyd getalm het vóór hy hierdie aansoek geloods het, en die verdere kwessie of daar sekere feitegeskille is wat dit moeilik of onmoontlik maak om die aansoek slegs op die stukke te besleg.

Applikant se vertraging en afstanddoening van regte: D

In sy argument het mnr Griessel gesubmitteer dat applikant hom aan 'n onredelike getalm skuldig gemaak het, en daarby sy reg om aansoek te doen verbeur het. Ek het reeds gesê dat applikant se "vertraging" in die onderhawige geval vanaf 17 Augustus 1981 tot 10 Mei 1982 geduur het, dws ongeveer nege maande. Daarteen moet mens in ag neem dat die stadsraad vanaf 23 Maart tot 17 E Augustus 1981 geneem het om applikant te verhoor, dws bykans vyf maande. Die betoog namens respondent was dat waar 'n Hof, soos in die onderhawige geval, gevra word om die handelinge van 'n ondergeskikte liggaam te hersien en tersyde te stel, en waar daar geen tydsbepaling vir die instelling van F hersieningsverrigtinge neergelê is nie, moet die hersieningsverrigtinge binne 'n redelike tyd ingestel word (Wolgroeiers Afslaers (Edms) Bpk v Munisipaliteit van Kaapstad 1978 (1) SA 13 (A) op 39A - C). Respondente beweer dat applikant nie hierdie verrigtinge binne 'n redelike tyd ingestel het nie en derhalwe moet daar oor die volgende beslis word:

(a)

of hierdie verrigtinge eers na verloop van 'n redelike G tyd ingestel is; en

(b)

indien wel, of die onredelike vertraging oor die hoof gesien behoort te word. (Wolgroeiers -saak op 39C - D per MILLER AR.)

Dit is betoog dat indien dit bevind word dat daar 'n onredelike vertraging met die instelling van hierdie verrigtinge was, dan behoort die aansoek van die hand gewys te word, bloot om H hierdie rede, tensy daar omstandighede en faktore is wat die Hof noop om die onredelike vertraging oor die hoof te sien. Die grondoorsaak vir hierdie reël is dat dit wenslik en in die belang van die regspleging en in die openbare belang is dat finaliteit in verband met geregtelike en administratiewe beslissings binne 'n redelike tyd bereik word (Wolgroeiers -saak op 41B - F en 42A - B). Die vraag of daar 'n onredelike vertraging was met die...

To continue reading

Request your trial
28 practice notes
28 cases
28 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT