Samevatting van bevindinge. Hoofstuk 8

Pages231-239
DOI10.10520/EJC73622
AuthorJ.G. Van der Merwe
Date01 January 2000
Published date01 January 2000
HOOFSTUK 8
SAMEVATTING VAN BEVINDINGE
8.1 Inleiding
Die doel met hierdie studie is om die eienskappe van ’n effektiewe
ouditkomitee vas te stel en om die invloed van die ouditkomitee op
die ouditproses van die eksterne ouditeur te evalueer. Daar is
deur middel van ’n literatuurstudie, wat die bestudering van hand-
boeke, tydskrifartikels, ongepubliseerde proefskrifte, wetgewing,
algemeen aanvaarde ouditstandaarde van professionele liggame
en ander publikasies behels, gepoog om die problematiek rondom
bogenoemde studiedoelwitte aan te dui en te bespreek.
8.2 Gevolgtrekking aangaande die ouditkomitee se invloed
op die ouditproses
Die belangrikste bevindinge van hierdie studie is die volgende:
(a) Die ouditkomitee kán ’n sinvolle, konstruktiewe en ekonomies
regverdigbare invloed uitoefen op die ouditproses van die
eksterne ouditeur. Hierdie stelling word gegrond op die invloed
wat die ouditkomitee op elke stadium van die ouditproses kan
uitoefen, soos dit in die studie geïdentifiseer is (en waarvan ’n
opsomming in afdeling 8.4 weergegee word), asook op die
voordele wat hierdie invloed van die ouditkomitee inhou (soos
in afdeling 8.5 hierna weergegee).
(b) Die doeltreffendheid waarmee die ouditkomitee sy funksie
tydens die ouditproses vervul, sal afhang van die mate waarin
sekere eienskappe vir die effektiewe funksionering van die
ouditkomitee aanwesig is. Die bevindinge met betrekking tot
hierdie eienskappe van ’n effektiewe ouditkomitee word in
afdeling 8.3 bespreek.
(c) As gevolg van die verskeidenheid pligte en uitgebreide ver-
antwoordelikhede wat aan die ouditkomitee toegewys kan
word, ontstaan die gevaar dat hierdie lading te swaar word; dit
kan veroorsaak dat die doeltreffendheid van die ouditkomitee
drasties verminder of dat persone huiwerig of onwillig mag
wees om weens die hoë risiko in die komitee te dien.
In hierdie studie is daar hoofsaaklik op die ouditkomitee se
oorsigfunksie met betrekking tot die eksterne ouditproses
gefokus, en is daar aangetoon dat verskeie pligte in dié ver-
band aan die ouditkomitee toegewys kan word. Indien daar in
gedagte gehou word dat hierdie komitee ook by ander sake
231

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT