S v Theron

JurisdictionSouth Africa

S v Theron
1984 (2) SA 868 (A)

1984 (2) SA p868


Citation

1984 (2) SA 868 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rabie HR, Joubert AR, Cillié AR, Smuts Wn AR en Grosskopf Wn AR

Heard

February 16, 1984

Judgment

March 22, 1984

Flynote : Sleutelwoorde C

Strafreg — Moord — Versagtende omstandighede — Wet 51 van 1977 art 277 (2) — Bewyslas op beskuldigde om bestaan van versagtende om standighede te bewys — Twee fases van verhoor (wat betrekking het op die bewys van (i) moord en (ii) versagtende onstandighede) is duidelik onderskeibaar van mekaar — Geensins onlogies dat bewyslas in een ondersoek op die Staat rus en in die ander op die beskuldigde.

Headnote : Kopnota

Waar 'n beskuldigde aan moord skuldig bevind is, rus die bewyslas op hom om te bewys dat daar versagtende omstandighede soos bedoel in art 277 (2) van die Strafproseswet 51 van 1977 was. Dit is nie heeltemal juis om te sê dat in 'n verhoor wat in twee fases geskied, daar net een ondersoek en net een bevinding is nie. Die twee fases behandel twee geskilpunte wat duidelik van mekaar te onderskei is: die een het betrekking op die vraag of die misdaad moord bewys is, dws die "juridiese skuld" van die beskuldigde, en die tweede het betrekking op die vraag of daar versagtende omstandighede by die pleeg van die misdaad was, dws die omstandighede wat op die morele skuld of verwytbaarheid van die beskuldigde betrekking het. Dit mag wel wees dat dieselfde faktore by die ondersoek na albei geskilpunte ter sprake kom maar dit beteken nie dat daar in die twee fases 'n ondersoek na dieselfde vraag is nie en dit is derhalwe geensins onlogies dat die bewyslas in die geval van die een geskilpunt op die Staat rus en in die geval van die ander geskilpunt op die beskuldigde nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Murder — Extenuating circumstances — Act 51 of 1977 s 277 (2) — Onus on accused to show existence of extenuating circumstances — The two phases of the trial (concerning the proof of (i) murder and (ii) extenuating cirumstances) are clearly distinguishable from each other — Not illogical that onus in one enquiry on the State and in the other on the accused.

Headnote : Kopnota

Where an accused has been convicted of murder the onus rests on him to prove that there were extenuating circumstances as intended in s 277 (2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. It is not completely correct to say that in a trial which is held in two phases there is only one investigation and one finding. The two phases are clearly distinguishable from each other; the one is concerned with the question of whether the crime of murder has been committed, ie the juridical guilt of the accused, and the other is concerned with the question of whether there were extenuating circumstances in the commission of the crime, ie the circumstances which affect the moral guilt of the accused. It may well be that the same factors arise in both enquiries but this does not mean that both enquiries

1984 (2) SA p869

are concerned with the same question and it is accordingly not at all illogical that the onus in the one enquiry should be on the State and in the case of the other on the accused.

Case Information

Appèl teen vonnis by 'n skuldigbevinding aan moord in die Noord-Kaapse Afdeling (ERASMUS WN RP en assessore). Die feite A blyk uit die uitspraak van RABIE HR.

W E Cooper SC namens die appellant: Geen bewyslas (onus probandi) het op appellant gerus om versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys nie. Artikel 277 (2) van die Strafproseswet 51 van 1977. Ten opsigte van art 277 (2) B is dit duidelik dat: (a) die Wetgewer versagtende omstandighede nie omskryf het nie; en (b) die Wetgewer hom nie uitgelaat het oor 'n bewyslas nie. Dit word allerweë aanvaar dat die begrip "versagtende omstandighede" in verband staan met die morele verwytbaarheid (moral blameworthiness) van die C beskuldigde. R v Biyana 1938 EDL op 311; R v Fundakubi and Others 1948 (3) SA op 815; S v Babada 1964 (1) SA op 27G; S v Van der Berg 1968 (3) SA op 252; S v De Bruyn en 'n Ander 1968 (4) SA op 512F; S v Mongesi en Andere 1981 (3) SA op 207. Uit die gewysdes blyk dat die versagtende omstandighede deel is van die res gestae en dat "die faktore wat inderdaad deur die Howe as versagtende omstandighede aanvaar word... presies D dieselfde faktore is wat ook inaggeneem word by die bepaling van juridiese skuld". S v Petrus 1969 (4) SA op 91 - 2; S v Whitehead 1970 (4) SA op 433D - E. Loubser "Versagtende Omstandighede by Moord: Die Gradering van Skuld" (1977) THRHR op 336. Waar dolus directus bewys is, kom die aanvaarding van E versagtende omstandighede neer op 'n bevinding van verminderde toerekeningsvatbaarheid. Loubser (op cit op 337). Waar die beskuldigde dolus eventualis gehad het, kan dit 'n bevinding van versagtende omstandighede regverdig. S v Mini 1963 (3) SA 192; S v Arnold 1965 (2) SA op 219E; R v Mharadzo 1966 (2) SA op 703C; S v Manyathi 1967 (1) SA op 438H; S v Sigwahla 1967 (4) SA 571E - H; S v Sebeko 1968 (1) SA op 497E; S v Mohlobane F 1969 (1) SA op 568E. In R v Lembete 1947 (2) SA 603 (A) was die beredenering van die Hof dat die Verhoorhof nie geregtig is om versagtende omstandighede te vind nie bloot omdat die Staat versuim om die afwesigheid daarvan te bewys. Lembete se saak is verkeerd beslis. Lembete se saak is beslis sonder dat die Hof G aandag geskenk het aan die juridiese inhoud van versagtende omstandighede. Aandag moet nou geskenk word aan die prosedure wat gevolg word met die ondersoek na die aanwesigheid. In 1954 is beslis dat ten tye van 'n skuldigbevinding aan moord die Verhoorhof moes besluit of versagtende omstandighede aanwesig was al dan nie. R v Malopi 1954 (1) SA 390. In 1966 is beslis H dat dit reëlmatig is vir die Verhoorhof om 'n moordsaak in twee fases te laat verhoor. S v Shabalala 1966 (2) SA 297. In weerwil van die prosesregtelike digotomie. is daar in werklikheid alleenlik "one overall proceeding and a single,

1984 (2) SA p870

albeit composite, verdict of guilty of murder with or without extenuating circumstances, as the case may be" wanneer die beskuldigde aan moord skuldig bevind word. S v Mavhungu 1981 A (1) SA op 65E - F. Die ondersoek na die best aan van versagtende omstandighede is "'n integrerende deel van die verhoor" van 'n beskuldigde. S v Shoba 1982 (1) SA op 39C; S v Felix en 'n Ander 1980 (4) SA op 609A - C. Die bevinding aangaande die aanwesigheid van vers agtende omstandighede vorm deel van die skuldigbevinding. By 'n skuldigbevinding van moord B sonder versagtende omstandighede vorm die afwesigheid van versagtende omstandighede dus ook deel van die skuldigbevinding. Op grond van algemene beginsels dus behoort die bewyslas (onus) om die afwesigheid van versagtende omstandighede daar te stel op die Staat te rus net soos in die geval van dronkenskap en provokasie. S v Chretien 1981 (1) SA C 1097; S v Mokonto 1971 (2) SA 319. Om die bewyslas in verband met 'n geskilpunt eers op die Staat te plaas en daarna op die beskuldigde lei klaarblyklik tot 'n onlogiese situasie. R v Pethla 1956 (4) SA op 608G. Indien die bewyslas deurgaans op die Staat rus, ontstaan hierdie en soortgelyke probleme nie. Artikel 277 (2) is nie 'n duidelik en ondubbelsinnige statutêre bepaling nie. Derhalwe moet dit vertolk word aan die hand van D die algemene beginsels van wetsuitleg. In Lembete se saak het die Hof van die uitgangspunt uitgegaan dat die toepaslike bepalings ingevoer is "to mitigate the rigour of the law". Lembete se saak supra op 609. Sodoende het die Hof die bepaling restriktief vertolk. Dié benadering was nie geregverdig nie. Die Hof het voorts beslis dat of die bewyslas op 'n beskuldigde rus "depends on the interpretation to be given to the language E of the section". Die Hof het bygevoeg "light might also be thrown on the question by application of the general principles in regard to the incidence of the onus ". Met die vertolking van dié bepaling het die Hof verkeerdelik van die standpunt uitgegaan dat "the language used points clearly... to the F view that the onus rests on the accused and not on the Crown". Die woorde "waar die Hof van oordeel is" beteken eenvoudig dat daar 'n verpligting op 'n Verhoorhof rus om 'n bevinding te maak aangaande die aan- of afwesigheid van versagtende omstandighede ten tye van die pleging van die misdaad. Die woorde op sigself is geen aanduiding dat daar 'n bewyslas op 'n G beskuldigde rus om die aanwesigheid van versagtende omstandighede ten tye van die misdaad daar te stel nie. Aangesien die bevinding in verband met die versagtende omstandighede deel is van die ondersoek na die beskuldigde se skuld en die bewyslas op die Staat rus om die beskuldigde se skuld te bewys, is dit onlogies en kunsmatig om terselfdertyd 'n bewyslas op 'n beskuldigde te plaas oor 'n aangeleentheid H wat 'n integrale deel vorm en onskeibaar is van sy skuld. In die verband is die benadering van die Howe in vroeëre sake insiggewend. R v Lloyd 1941 CPD 162; R v Molehane 1942 GWL 64; R v Cameron 1943 NPD 344. Die algemene "rule that the onus rests on the party who asserts the affirmative" is in Lembete se saak verkeerdelik aangewend. Ten tye van Lembete se saak het die skuldbegrip nog nie ten volle in die Suid-Afrikaanse regsisteem deur die Howe erkenning geniet nie. Dronkenskap is beskou as 'n verweer ("defence") en daar

1984 (2) SA p871

is beslis dat die bewyslas op die beskuldigde gerus het om die verweer op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys. R v Kaukakani 1947 (2) SA 807. Provokasie is beskou as 'n verweer ("defence") en 'n suiwer objektiewe toets is toegepas. R v Attwood 1946 AD 331. In sekere sake is aanvaar dat waar die A handeling van 'n beskuldigde in stryd was met 'n wetsvoorskrif 'n ontkenning van die aanwesigheid van skuld 'n vorm van verweer was ten opsigte waarvan die bewyslas op die beskuldigde gerus het. R v H...

To continue reading

Request your trial
35 practice notes
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 194C; S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A); R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) op 717 - 18; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); Teresia van Kus v S 1966 (1) PH H40 (SWA); S v Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A) op 252F - G; S v Victor 1970 (1) SA 427 (A) op 429C; S ......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Khoza en Andere 1984 (1) SA 57 (A) at 59E - 60A; S v Smith and Others 1984 (1) SA 583 (A) at 593E - F and 592H - 593C; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A) at 880H; S v Ngoma 1984 (3) SA 666 (A) at 673H - I; S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A) at 36D - H, 38B - F, 39E - H, J 37A - C and 41C - H; S......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 331 (A) op 334; R v Gani 1957 (2) SA 212 (A) op 220; S v Badai 1964 (1) SA 26 (A); R v Lembete 1947 (2) SA 603 (A); S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); S G v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 175; R v Mlambo 1960 (2) SA 55 (W); S v Fick 1970 (4) SA 510 (N); S v Harris 1965 (2) SA 3......
  • S v Morris en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1981 (3) SA 172 (A); S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) op 585G - 589H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) op 769B - E; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); S v Mkize 1979 (1) SA 461 (A) F ; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) op 27H; S v Letsolo 1970 (3) SA 476 (A); S v Harris 1965 (2) SA 340 (A)......
  • Request a trial to view additional results
35 cases
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 194C; S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A); R v Taylor 1949 (4) SA 702 (A) op 717 - 18; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); Teresia van Kus v S 1966 (1) PH H40 (SWA); S v Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A) op 252F - G; S v Victor 1970 (1) SA 427 (A) op 429C; S ......
  • S v Mbatha en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Khoza en Andere 1984 (1) SA 57 (A) at 59E - 60A; S v Smith and Others 1984 (1) SA 583 (A) at 593E - F and 592H - 593C; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A) at 880H; S v Ngoma 1984 (3) SA 666 (A) at 673H - I; S v Magwaza 1985 (3) SA 29 (A) at 36D - H, 38B - F, 39E - H, J 37A - C and 41C - H; S......
  • S v Munonjo en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 331 (A) op 334; R v Gani 1957 (2) SA 212 (A) op 220; S v Badai 1964 (1) SA 26 (A); R v Lembete 1947 (2) SA 603 (A); S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); S G v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 175; R v Mlambo 1960 (2) SA 55 (W); S v Fick 1970 (4) SA 510 (N); S v Harris 1965 (2) SA 3......
  • S v Morris en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1981 (3) SA 172 (A); S v Snyman 1968 (2) SA 582 (A) op 585G - 589H; S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) op 769B - E; S v Theron 1984 (2) SA 868 (A); S v Mkize 1979 (1) SA 461 (A) F ; S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) op 27H; S v Letsolo 1970 (3) SA 476 (A); S v Harris 1965 (2) SA 340 (A)......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT