S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeMt Steyn R en Flemming Wn R
Judgment Date09 June 1977
Citation1977 (3) SA 978 (O)
Hearing Date23 May 1977
CourtOrange Free State Provincial Division

M.T. Steyn, R.:

Die appellante het in 'n landdroshof tereggestaan op sewe aanklagte dat hulle ter oortreding van A art. 53 (1) van die Wet op Nywerheidsversoening, 28 van 1956, gedurende Oktober 1975 versuim het om te voldoen aan besondere bepalings van sekere Nywerheidsraadooreenkomste wat na bewering op hulle van toepassing is. Al drie appellante het onskuldig gepleit, maar is desnieteenstaande skuldig bevind op al sewe aanklagte en gewaarsku en ontslaan. Hulle kom nou teen al daardie skuldigbevindings in hoër beroep.

In die klagstaat is beweer dat die eerste appellant 'n B regspersoon is wat handel dryf te Bruwerstraat 11, Bethlehem, en verteenwoordig is in die verrigtinge deur tweede appellant as bestuurder daarvan en dat die tweede en derde appellante direkteure of dienaars daarvan is. Dit is dus na my mening duidelik dat die Staat cerste appellant as 'n maatskappy aanspreek en tweede en derde appellante as direkteure of C dienaars van daardie maatskappy.

Luidens die kiagstaat het klagte 1 tot 4 betrekking op 'n ooreenkoms afgekondig op 21 Junie 1974 in Goewermentskennisgewing R1055 en daardeur in werking gestel op 1 Julie 1974 vir die tydperk eindigende op 30 Junie 1976; en klagte nr. 5, 6 en 7 op soortgelyke ooreenkomste onderskeidelik D afgekondig in Goewermentskennisgewings, R1182 van 20 Junie 1975, R1060 van 21 Junie 1974 en R674 van 18 April 1974. Al die gemelde ooreenkomste was van krag gedurende Oktober 1975.

Die skuldigbevindings word onder andere aangeveg omdat die Staat na bewering versuim het om te bewys dat die eerste appellant 'n regspersoon is en dat die ander twee appellante òf E direkteure òf dienaars daarvan is. Dit klink miskien vreemd dat daar namens 'n beskuldigde ten behoewe van wie 'n pleit van onskuldig aangebied is, beweer word dat daar nie bewys is dat dit bestaan nie. Maar, aangesien die bestaan van eerste appellant in die onderhawige saak as maatskappy en dus as regspersoon, 'n wesenlike feit is en die skuld van die F mede-beskuldigdes van die bewys daarvan afhang, is 'n pleit van onskuldig, waardeur alle wesenlike feite in geding geplaas word, na my mening die aangewese manier waarop daardie aspek te berde gebring kan en moet word. Omdat dit 'n feitelike vraag is kan dit nie deur middel van eksepsie of op 'n ander manier voor pleit opgelos word nie, moet die Staat dus getuienis ter bewyse daarvan tydens die verhoor aanbied en moet die verhoorhof G uiteindelik daaroor uitsluitsel gee. Derhalwe moet daardie vraag nou in behandeling geneem word.

Die landdros meen in sy redes, en die Staat, by monde van mnr. Nel, betoog, dat die appellante nooit betwis het dat appellant nr. 1 'n maatskappy is nie, dat hulle dit in elk geval deur hul gedrag tydens die verhoor erken het en dat die Staat H daarbenewens inderdaad bewys het dat appellant nr. 1 te alle relevante tye 'n maatskappy was en dat appellante 2 en 3 direkteure daarvan was.

Geen getuienis is namens of deur die appellante tydens die verhoor afgelênie en namens die Staat het slegs die Streeksekretaris van die Nasionale Motornywerheid, O.V.S., 'n sekere mnr. Van Vuuren, getuig. Hy het ten aansien van hierdie aspek die volgende gesê:

"Beskuldigde nr. 1 is 'n regspersoon wat sorteer onder die motornywerheid. Beskuldigdes nrs. 2 en 3 is direkteure van die maatskappy."

Hierdie bewering is nie deur die appellante formeel erken nie, maar is ook

MT Steyn R

nie uitdruklik deur hulle bestry nie en geen vrae is daaromtrent tydens kruisverhoor aan Van Vuuren gestel nie. Op die oog af skyn sy bewering 'n feitestelling te wees wat prima facie bewys is van die beweerde aard van eerste appellant asook van die hoedanighede van die ander twee appellante. Vgl. R. v. A Mantell, 1959 (1) SA 771 (K) op bl. 775H - 776C; Goosen v Stevenson, 1932 T.P.D. 223 op bl. 228; Alli v De Lira, 1973 (4) SA 635 (T) op bl. 637H - 638E.

Maar, so betoog mnr. Cillié wat namens appellants opgetree het, daardie getuienis is ontoelaatbaar omdat dit klaarblyklik op hoorsê gegewens gegrond is en nie op enige eie kennis van die B getuie nie. Hy het voorts betoog dat, volgens die algemene praktyk van ons Howe, die inlywing en dus ook die bestaan en regspersoonlikheid van 'n maatskappy asook die direkteurskappe daarvan, bewys word deur middel van 'n beëigde verklaring deur die Registrateur van Maatskappye ingehandig ingevolge art. 239 (3) van die Strafkode, gelees met arts. 9, 63, 64 en 217 van die Maatskappyewet, 61 van 1973. Daarbenewens, sê mnr. Cillié, C is Van Vuuren se getuienis strydig met die sogenaamde beste getuienisreël, want die inlywingsertifikaat gegee deur die Registrateur van Maatskappye ingevolge art. 64 van die Wet, of die oorspronklike registrasiedokumente van die maatskappy, of die Registrateur se beëdigde verklaring daaromtrent verstrek D ingevolge die Strafkode, die beste getuienis van die bestaan van 'n maatskappy is, volgens die reëls van die gemene reg of die bepalings van gemelde statute.

Wat die beweerde praktyk van ons Howe betref, strook my eie herinnerings en ondervinding met mnr. Cillié se bewering. Of dit egter 'n algemene praktyk is wat reeds so gevestig is dat E geen afwyking daarvan geduld behoort te word nie, weet ek nie. Daar is geen bewys gelewer dat dit wel die geval is nie en mnr. Cillié kan myns insiens derhalwe nie daarop gelyk gegee word nie, want alhoewel dit na my mening die aangewese manier is om daardie feite te bewys, volg dit nie dat dit al manier van bewyslewering daarvan is nie.

Met uitsondering van dokumente geld die sogenaamde "beste F getuienisreël" nie meer vandag in ons bewyslewering nie en word swakker getuienis toegelaat nieteenstaande die bestaan van sterker, beskikbare maar onvoorgelegde bewysmiddele.

"Weaker evidence is not excluded by the availability of uncalled stronger evidence, except in the case of documents, G when the original must be produced or its absence properly explained."

Per SCHREINER, A.R., in Vulcan Rubber Works (Pty.) Ltd. v S.A.R. & H., 1958 (3) SA 285 (AD) op bl. 296E. Kyk ook na...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • S v Mukwevho
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SACR 605 (T) ([2000] 2 All SA 391): applied S v Oberholzer 1971 (4) SA 602 (A): applied S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O): S v Qumbella 1966 (4) SA 356 (A): applied S v Tshwape and Another 1964 (4) SA 327 (C): considered H Singh v Govender Brothers Constructio......
  • Matinese v MEC of The Executive Council of the Department of Welfare, Eastern Cape Division
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 28 October 2004
    ...been passed and to what extent they may have been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (0) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify......
  • Matinise v The Member of The Executive Council of The Department of Welfare, Eastern Cape Province
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 10 February 2005
    ...been passed and to what extent they may have been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify......
  • S v Koekemoer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie sal hierdie Hof op appèl nie die betrokke Staatskoerant probeer naspoor nie; sien S v D Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O) op 984E - H. Tweedens, het mnr Cillié betoog dat daar nie bewys is dat die woord "Bantoewoonbuurt" 'n "lokasie, Bantoedorp of Bantoetehuis......
4 cases
  • S v Mukwevho
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SACR 605 (T) ([2000] 2 All SA 391): applied S v Oberholzer 1971 (4) SA 602 (A): applied S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O): S v Qumbella 1966 (4) SA 356 (A): applied S v Tshwape and Another 1964 (4) SA 327 (C): considered H Singh v Govender Brothers Constructio......
  • Matinese v MEC of The Executive Council of the Department of Welfare, Eastern Cape Division
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 28 October 2004
    ...been passed and to what extent they may have been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (0) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify......
  • Matinise v The Member of The Executive Council of The Department of Welfare, Eastern Cape Province
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 10 February 2005
    ...been passed and to what extent they may have been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify......
  • S v Koekemoer
    • South Africa
    • Invalid date
    ...nie sal hierdie Hof op appèl nie die betrokke Staatskoerant probeer naspoor nie; sien S v D Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (O) op 984E - H. Tweedens, het mnr Cillié betoog dat daar nie bewys is dat die woord "Bantoewoonbuurt" 'n "lokasie, Bantoedorp of Bantoetehuis......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT