S v Koekemoer

JurisdictionSouth Africa

S v Koekemoer
1978 (2) SA 405 (O)

1978 (2) SA p405


Citation

1978 (2) SA 405 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Brink R en Viljoen Wn R

Heard

November 7, 1977

Judgment

December 15, 1977

Flynote : Sleutelwoorde

Bantoe — Bantoe (Stadsgebiede) Konsolidasiewet 25 van 1945 — Binnegaan van 'n Bantoewoongebied in oortreding van art 9 (9) (b) van Wet — Bewering en getuienis dat appellant 'n "Bantoewoonbuurt" binnegegaan het — "Bantoevoongebied" in Wet omskryf — Kan nie sonder meer dieselfde betekenis aan "Bantoewoonbuurt" en "Bantoewoongebied" in so 'n vervolging gee nie — Geen getuienis dat woonbuurt vir gebruik van Bantoes bepaal en afgesonder is nie — Hof kan ook nie geregtelike kennis neem van die feit dat die gebied so bepaal en afgesonder is nie.

Strafproses — Getuienis — Geregtelike kennis — Hof kan nie geregtelike kennis neem van die feit dat 'n gebied bepaal en afgesonder is waar sodanige bepaling en afsondering die misdryf skep wat die Staat moet bewys nie.

Headnote : Kopnota

Appellant is deur 'n landdros skuldig bevind op 'n klag dat hy art 9 (9) (b) gelees met art 44 van die Bantoe (Stadsgebiede) Konsolidasiewet 25 van 1945 oortree het deurdat hy, 'n Blanke, "'n Bantoewoonbuurt binnegegaan" het sonder 'n permit. Die enkele Staatsgetuie het getuig dat "genoemde Bantoewoonbuurt (Brightside) is binne die voorgeskrewe gebied van Ladybrand geleë". Die Staatskoerant waarvolgens Brightside ooreenkomstig art 2 (1) van die Wet vir die gebruik van Bantoes bepaal en afgesonder is, is egter nie by die verhoor ingehandig nie. In hoër beroep het appellant betoog dat dit nie bewys is dat Brightside "Bantoewoonbuurt" 'n "lokasie, Bantoedorp of Bantoetehuis" was soos na verwys in art 9 (9) (b) van die Wet nie. Namens die Staat is aangevoer dat "Bantoewoonbuurt" sinoniem was met "Bantoewoongebied" wat in art 1 van die Wet omskryf is as "lokasie, Bantoedorp of Bantoetehuis" en dat die hof geregtelike kennis kon neem van die feit dat Brightside 'n "lokasie, Bantoedorp..." was aangesien die landdros so bekend was met sy eie dorp se lokasie genaamd Brightside.

Beslis, dat daar nie aan die woord "Bantoewoonbuurt", vir doeleindes van 'n vervolging onder art 9 (9) (b), sonder meer dieselfde betekenis verleen kon word as aan die woord "Bantoewoongebied" soos in die Wet omskryf nie.

Beslis, verder, dat die enkele Staatsgetuie nie gesê het dat die woonbuurt een was wat vir die gebruik van Bantoes bepaal en afgesonder was nie: 'n "voorgeskrewe gebied" het, volgens definisie in die Wet, 'n heel ander betekenis gehad en was nie een waarin Blankes nie kon kom nie.

Beslis, verder, dat daar nie geregtelike kennis geneem kon word van die feit dat 'n gebied bepaal en afgesonder was soos deur die betrokke Wet bedoel in omstandighede waar juis sodanige bepaling en afsondering die misdryf geskep het wat die Staat dit ten doel gestel het om te bewys. Appèl gehandhaaf.

Flynote : Sleutelwoorde

Bantu — Bantu (Urban Areas) Consolidation Act 25 of 19451 — Entering a Bantu residential area in contravention of s 9 (9) (b) of Act — Allegation and evidence that appellant had entered a "Bantu residential quarter" — "Bantu residential area" defined in Act — The same meaning cannot, without more, be given to "Bantu residential quarter" and "Bantu residential area" in such a prosecution — No evidence that residential quarter had been defined and set apart for the use of Bantus — Court cannot also take judicial notice of the fact that the area had been so defined and set apart.

Criminal procedure — Evidence — Judicial notice — Court cannot take judicial notice of the fact that an area has been defined and set apart where such definition and setting apart creates the offence...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Matinese v MEC of The Executive Council of the Department of Welfare, Eastern Cape Division
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 28 October 2004
    ...been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (0) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify the regulations was overcome during the cour......
  • S v Doud
    • South Africa
    • Invalid date
    ...51 van 1977. Gesegde hof word gelas om art 112 (1) (b) van die Strafproseswet 1977 na te kom en, afhangend van die beskuldigde se 1978 (2) SA p405 Flemming houding tydens die betrokke ondervraging, die saak op die wyse wat dan gepas mag blyk, te laat voortgaan vir verhoor daarvan. A DE WET ......
2 cases
  • Matinese v MEC of The Executive Council of the Department of Welfare, Eastern Cape Division
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 28 October 2004
    ...been repealed by other regulations - compare S v Omega Bearing Works (Edms) Bpk en Andere 1977 (3) SA 978 (0) at 984, S v Koekemoer 1978 (2) SA 405 (O) at 407 and LexisNexis Law of Evidence at In the present case, the failure to properly identify the regulations was overcome during the cour......
  • S v Doud
    • South Africa
    • Invalid date
    ...51 van 1977. Gesegde hof word gelas om art 112 (1) (b) van die Strafproseswet 1977 na te kom en, afhangend van die beskuldigde se 1978 (2) SA p405 Flemming houding tydens die betrokke ondervraging, die saak op die wyse wat dan gepas mag blyk, te laat voortgaan vir verhoor daarvan. A DE WET ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT