S v Mafungo

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Vos Hugo R en van Rhyn R
Judgment Date30 October 1968
Citation1969 (2) SA 667 (GW)
Hearing Date17 October 1968
CourtGriqualand-West Local Division

F De Vos Hugo, R.:

Ek stem saam met my Kollega se uitspraak en die redes wat hy daarvoor aangee, maar ek wil graag 'n kort oorweging noem wat myns insiens deurslaggewend is. As die besonderheid naamlik, verhindering om 'n dagvaring uit te reik, uit die klagstaat geskrap

van Rhyn R

word dan kom die aanklag neer op 'n aanklag van oortreding van art. 162 (1) van Ord. 21 van 1966 sonder meer. Dit is myns insiens 'n misdaad van wyer omvang as die een waarvan die beskuldigde aangekla is en gevolglik A kan art. 204 van die Strafproseswet nie van toepassing wees nie omdat hierdie artikel alleen die skuldigbevinding van 'n mindere misdaad wat binne die bestek van 'n groter misdaad val toelaat, en nie omgekeerd nie.

Judgment

van Rhyn, R.:

B In hierdie aangeleentheid versoek mnr. Rossouw, namens die Staat, verlof om in hoër beroep te gaan teen die handhawing van die appèl ten gunste van die appellant.

Ten einde te kan slaag in die aansoek moet die applikant, voordat verlof aan hom toegestaan word om na die Appèlhof te appelleer, hierdie Hof oortuig dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat die appèl sal slaag C op 'n regsvraag en dat die aangeleentheid vir die Staat, of die Staat en die beskuldigde van substansiële belang is. (Attorney-General, Transvaal v Nokwe and Others, 1962 (3) SA 803 (T) op bl. 807).

Gerieflikheidshalwe sal na die respondent in hierdie aansoek verwys word as die appellant.

Die appellant se appèl het geslaag voor hierdie Hof teen sy D skuldigbevinding in die landdroshof aan 'n klag wat soos later volg gelees het, en waarop hy skuldig bevind is soos aangekla sonder dat enige wysiging van die klagstaat te enige tyd aangevra is.

Die aanklag het soos volg gelees naamlik dat appellant:

'.. . skuldig is aan oortreding van art. 162 (1) gelees met art. 134 E van Ord. 21 van 1966 . . . deurdat . . . die beskuldigde . . . onwettiglik 'n polisiebeampte gehinder of belemmer het in die uitoefening van sy pligte deur 'n verkeersbeampte te verhinder om 'n dagvaarding uit te reik'.

Op appèl het hierdie Hof bevind dat die Staat gebonde was aan die besonderheid deur hom verstrek in die klagstaat naamlik, dat die verhindering van die verkeersbeampte in die uitoefening van sy pligte F bestaan het uit 'n plig om 'n dagvaarding uit te reik. Die Staat het nie bewys dat die verkeersbeampte 'n behoorlike gemagtigde vredesbeampte was met magtiging om dagvaardings uit te reik nie. By gebreke aan 'n bewese magtiging was daar ook 'n gebrek aan 'n bewese 'plig' en bygevolg het die Staat nie daarin geslaag om te bewys dat appellant die G verkeersbeampte verhinder het om die 'plig' uit te voer naamlik om 'n dagvaarding uit te reik nie. Op hierdie grond is die appèl gehandhaaf.

Met betrekking tot die beweerde verhindering om 'n dagvaarding uit te reik, en ten aansien van mnr. Rossouw se betoog dat die skuldigbevinding nie ter syde gestel behoort te word nie, het die Hof tot die gevolgtrekking geraak wat ek aanhaal:

H 'Die Staat het dus op hierdie besondere plig staatgemaak en is die Staat, waar hy so 'n besonderheid verstrek, daaraan gebonde.'

Een van mnr. Rossouw se alternatiewe argumente op appèl was dat, op die getuienis af, was dit duidelik dat sou die besonderheid, naamlik die verhindering van die 'plig' om die dagvaarding uit te reik, uit die klagstaat weggelaat gewees het, daar voldoende getuienis was om die appellant skuldig te bevind daaraan dat hy die verkeersbeampte in die uitvoering van sy plig(te) 'verhinder' het.

van Rhyn R

In hierdie verband het mnr. Rossouw staatgemaak op art. 205 (1) van die Strafkode, Wet 55 van 1956, en die gewysde R v de Beer, 1949 (3) SA 740 (AA).

Met verwysing na voormelde artikel en beslissing het mnr. Rossouw betoog:

'Die Hof is nie deur die besonderhede wat die Staat verskaf, gebonde A nie. Dit word betoog dat die appellant aan die aanklag hom ten laste gelê, skuldig is en dat die skuldigbevinding op die eerste aanklag gehandhaaf behoort te word.'

In sy 'kennisgewing van mosie' waarin verlof gevra word om na die Appèlhof in hoër beroep te gaan, voer mnr. Rossouw, as eerste grond, B aan dat die Hof op appèl nie in sy uitspraak oorweeg het nie

'dat die appellant . . . skuldig bevind kan word op die aanklag in die klagstaat uiteengesit, mits die besonderheid wat die Staat gestipuleer het, buite rekening gelaat word . . .'.

Waar die Hof op appèl tot die gevolgtrekking geraak het dat die Staat gebonde is aan die besonderheid verstrek in die klagstaat, volg dit dat C die Hof nie mnr. Rossouw se betoog dat die besonderheid weggelaat kan word aanvaar het nie.

Verder in sy 'kennisgewing van mosie' beweer mnr. Rossouw dat, indien die argument wel oorweeg is, is daar

'in elk geval 'n redelike vooruitsig dat die Hof van appèl 'n ander sienswyse oor die saak mag nahou'.

D Met die beredenering van die...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • S v Mashoai
    • South Africa
    • Invalid date
    ...which it is sought to convict him if reliance is to be placed on the provisions of sec. 204 of Act 56 of 1955." Sien ook S. v Mafungo, 1969 (2) SA 667 (GW). D Een van die belangrikste oorwegings aangaande die toepassing van art. 204 is dié van moontlike benadeling van die betrokke beskuldig......
1 cases
  • S v Mashoai
    • South Africa
    • Invalid date
    ...which it is sought to convict him if reliance is to be placed on the provisions of sec. 204 of Act 56 of 1955." Sien ook S. v Mafungo, 1969 (2) SA 667 (GW). D Een van die belangrikste oorwegings aangaande die toepassing van art. 204 is dié van moontlike benadeling van die betrokke beskuldig......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT