S v Mashoai

JurisdictionSouth Africa
Citation1975 (3) SA 117 (O)

S v Mashoai
1975 (3) SA 117 (O)

1975 (3) SA p117


Citation

1975 (3) SA 117 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Klopper Wn RP en MT Steyn R

Heard

December 2, 1974

Judgment

February 6, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Veediefstal — "Vee" in Wet 57 van 1959 — Wat uitmaak — Art. 2 van die Wet — Vleis en binnegoed van 'n skaap is nie "vee" nie as dit nie van karkas verwyder is nie — Appellant onskuldig aan 'n oortreding van art. 2 — Skuldig egter aan 'n oortreding van art. 36 van Wet 62 van 1955 — Wanneer bevoeg ingevolge art. 204 van Wet 56 van 1955.

Headnote : Kopnota

Die woord "vee" in artikel 2 van die Veediefstalwet, 57 van 1959, behoort dieselfde betekenis te dra as wat dit in artikel 1 dra, d.w.s., die omskrywing moet slegs aan die diefstal van 'n deel van 'n karkas toegepas word wanneer dit van die karkas alleen verwyder is. As daarna met sulke deel gehandel word danis dit nie "vee" nie. Die onwettige verwydering van 'n deel van 'n karkas vandie karkas self moet dan as veediefstal beskou word maar enige volgende diefstal van die deel moet dan slegs as diefstal beskou word.

S. v Nsindeni and Others, 1974 (2) SA 48 (N), goedgekeur en toegepas.

Vleis en die binnegoed van 'n skaap is in die besit van die appellante bevind. Op 'n aanklag aan die oortreding van artikel 2 van die Wet op Veediefstal, 57 van 1959, het die Staat bewys dat 'n redelike verdenking by die twee polisiekonstabels, wat die saak ondersoek het, bestaan het dat die vleis en binnegoedgesteel is. Haar rekenskap van die besit van die vleis en die binnegoed is verwerp. Sy is skuldig bevind. In hoër beroep,

Beslis, dat die vleis en binnegoed nie "vee" of "produkte" ingevolge artikel 2 van die Wet is nie.

Beslis, egter, aangesien die misdaad wat die appellant ten laste gelê is ten volle in die klagstaat uiteengesit is dat, ingevolge artikel 204 van Wet 56 van 1955, die appellante skuldig is aan 'n oortreding van artikel 36 van Wet 62 van 1955, soos gewysig.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Stock theft — "Stock" in Act 57 of 1959 — What constitutes — Sec. 2 of the Act — Meat and entrails of a sheep not "stock" if not removed from the carcase — Appellant acquitted of a contravention of sec. 2 — Guilty however of a contravention of sec. 36 of Act 62 of 1955 — When competent under sec. 204 of Act 56 of 1955.

Headnote : Kopnota

The word "stock" in section 2 of the Stock Theft Act, 57 of 1959, should be given the same meaning as that which it bears in section 1, i.e., the definition should only apply to the theft of a portion of a carcase when it is removed from the carcase itself. If such portion is subsequently dealt with then it would no longer fall under the definition of "stock". The unlawful removal of aportion of a carcase from the carcase itself would then constitute stock theft but any subsequent theft of that portion would simply be theft.

S. v Nsindeni and Others, 1974 (2) SA 48 (N), approved and applied.

1975 (3) SA p118

Meat and the entrails of a sheep were found in the appellant's possession. On a charge of contravening section 2 of the Stock Theft Act, 57 of 1959, the State proved that a reasonable suspicion had existed in the minds of the two police constables who were investigating the matter that the meat and the entrails had been stolen. The account given by the appellant was rejected. She was convicted. In an appeal,

Held, that the meat and the entrails were not "stock" or "products" in terms of section 2 of the Act.

Held, however, as the offence with which the appellant had been charged had been set out fully in the charge sheet that she was guilty in terms of section 204 of Act 56 of 1955, of contravening section 36 of Act 62 of 1955, as amended.

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n landdroshof. Feite wat nie van belangis nie is weggelaat.

A. D. Botha, namens die appellante, op versoek van die Hof.

M. G. Erasmus, namens die Staat. C

Cur adv vult.

Postea (Februarie 6). D

Judgment

M.T. Steyn, R.:

Twee Bantoe vroue, te wete die appellante en ene Agnes Ratlou, het op 24 Junie 1974 in 'n landdroshof tereggestaan op 'n aanklag dat hulle art. 2 van die Wet op Veediefstal, 57 van 1959, oortree het deurdat hulle op of omtrent 22 Mei 1974 in die Philippolis Lokasie

"wederregtelik en onwettiglik in besit van vee of produkte, te wete gedeeltes van 'n skaapkarkas, gevind was ten aansien E waarvan daar redelike verdenking bestaan dat dit gesteel is en nie in staat is om voldoende rekenskap van sodanige besit te gee nie".

Hulle het albei onskuldig gepleit en na afloop van die Staat se saak is Agnes Ratlou onskuldig bevind en ontslaan. Appellante het self getuig maar is skuldig bevind aan die aanklag haar ten F laste gelê en is gevonnis tot 'n boete van R100 of 90 dae gevangenisstraf. Sy het die boete betaal maar kom in hoër beroep teen die skuldigbevinding en vonnis. Appellante is Agnes Ratlou se moeder. Laasgenoemde was beskuldigde nr. 1 en appellante was beskuldigde nr. 2.

Die gebeure wat die aanklag teen en skuldigbevinding van appellante tot gevolg gehad het is kortliks soos volg: 'n G sekere mnr. Fanie Jacobs van die plaas "Otterspoort" in die Philippolis distrik het 'n kamp gehuur wat deel van die Philippolis dorpsgronde uitmaak en net langs die plaaslike Bantoe dorp geleëis, en het dit gedurende Mei 1974 deur sekere van sy skape laat bewei onder toesig van sy skaapwagter, Frans Rakotsoana. Dié het op 20 Mei

1975 (3) SA p119

MT Steyn R

1974 die gemelde skape getel en het een vermis. Die volgende dag het hy die skape weer getel en ontdek toe 'n opgerolde skaapvel, bew. 1, versteek onder 'n besembos. Die vel was met rooi verf gemerk op 'n soortgelyke wyse as dié waarmee mnr. A Jacobs se siek skape destyds gemerk was. Die skaapwagter het nie die vel hanteer nie maar het sy vonds dadelik by die polisie aangemeld. Bantoekonstabels Seun Namba en Gladstone Afrika van die SA Polisie te Philippolis is aangesê om die aangeleentheid te ondersoek en hulle het dit onverwyld gedoen. Om ongeveer 2 nm. op dieselfde dag het hulle die vel gekry op die plek waar die skaapwagter dit ontdek het. Die vel was na hulle mening ongeveer 2 - 3 dae tevore afgeslag en is gevind B by 'n met droë bloed en pensmis bedekte slagplek. Ongeveer drie treë van die vel af het hulle 'n vaste-lem groentemessie, bew. 4, op die grond gevind. As gevolg van sekere inligting is hulle toe na die huis van appellante se dogter, beskuldigde nr. 1, met die polisie vangwa. Op daardie tydstip was 'n Staatsgetuie by name van Evodia Mokhosoa, ook bekend as C Mangaka, by beskuldigde nr. 1 aan huis. Toe die vangwa voor beskuldigde 1 se huis stilhou sê sy vir Evodia aan om sekere vleis wat in 'n plastiese sak, bew. 3, was, na appellante se huis te neem in 'n emmer. Evodia het dit gedoen en het die vleis, wat nog in bew. 3 was, in appellante se afwesigheid agter 'n meelsak in appellante se kamer weggesteek. Evodia het toe met die leë emmer na beskuldigde nr. 1 se huis teruggekeer.

Geen vleis is deur die polisie by die huis van beskuldigde nr. D 1 gevind nie en hulle het slegs 'n bloedbevlekte streepsak agter haar kombuisdeur aangetref met klein stukkies droë vet daarop wat die voorkoms van skaapniervet had. Die polisie was op daardie tydstip klaarblyklik onbewus van die vertrek van Evodia met die vleis.

Nadat die polisie a.g.v. sekere mededelings deur beskuldigde E nr. 1 aan hulle gemaak, by 'n plaas "Savannah" ongeveer 12 - 13 myl van Philippolis af ondersoek gaan instel het en aldaar 'n Bantoeman, Fanie Maqhubu, gespreek het, is beskuldigde nr. 1 aangehou. Op die volgende dag, 22 Mei 1974, om ongeveer 12.30 nm., het die Polisie konstabels by appellante se huis aangekom F en vir haar en haar man, tuis gevind. Sy was verskrik maar nugter en by haar volle verstand. As gevolg van inligting wat hy ontvang het het Konst. Seun Namba toe aan appellante die aard van sy ondersoek meegedeel, haar volgens die Regtersreëls gewaarsku en haar gevra waar die vleis is wat Mangaka die vorige dag in 'n dopemmer daarheen gebring het. Appellante het G ontken dat daar enige vleis in die huis is. Konst. Seun Namba het haar toe meegedeel dat hy die huis gaan deursoek en as hy wel vleis daar kry sal appellante 'n oortreding begaan as sy nie 'n bevredigende verduideliking aangaande sulke vleis gee nie. Tydens hierdie gesprek was appellante onrustig en ongemaklik en het sy telkens na haar man gekyk om vas te stel wat sy reaksie op haar mededelings aan die polisie was.

Nadat Konst. Namba aan haar gesê het dat hy die huis gaan H deursoek, het sy haar na haar man gewend en aan hom gesê dat sy die vleis nou gaan uithaal. Hy het geantwoord dat sy die vleis maar moet gaan uithaal voordat sy in die moeilikheid kom. Daarop het sy die twee konstabels versoek om haar na haar slaapkamer te vergesel en die drie van hulle is toe soontoe. In 'n hoek van die slaapkamer het 'n streepsak vol mieliemeel gestaan met nog 'n streepsak, ongeveer 'n kwart tot half vol mieliemeel, bo-op dit gepak. Appellante het volgens die konstabels se getuienis sonder aarseling reguit na die sakke gegaan, die boonste sak afgetel en die onderste sak, wat toegewerk

1975 (3) SA p120

MT Steyn R

was, losgetorring. Sy het toe mieliemeel uit die vol sak in die ander een met 'n skottel begin oorskep. Nadat sy ongeveer 'n kwart daarvan aldus uitgeskep het het sy haar arm elmboog-diep daarin gesteek en iets daar probeer uittrek maar sonder welslae.

A Op versoek van sy kollega het konst. Namba toe self in die sak rond gevoel en die plastiese sak bew. 3 daarin gekry onder die mieliemeel begrawe. Hy het die plastiese sak onder die mieliemeel uitgetrek en dit oopgemaak. Daarin is stukke bloederige skaapvleis en binnegoed gevind te wete: 'n stuk binnevet, stukke derm en 'n stuk van die pens, 'n stuk nek, B kruis en stert, 'n stuk van die rugstring en 'n niertjie. Hierdie...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Edmeades, De Kock & Orffer v Die Meester
    • South Africa
    • Invalid date
    ...aanstelling van die applikant firma as "beredderaars" van die testateur se boedel geen regseffek nie en is die gewraakte woorde 1975 (3) SA p117 MT Steyn juridies van geen betekenis nie. Hulle moet derhalwe as pro non scripto beskou word en het geen betrekking op applikant se reg tot die vo......
1 cases
  • Edmeades, De Kock & Orffer v Die Meester
    • South Africa
    • Invalid date
    ...aanstelling van die applikant firma as "beredderaars" van die testateur se boedel geen regseffek nie en is die gewraakte woorde 1975 (3) SA p117 MT Steyn juridies van geen betekenis nie. Hulle moet derhalwe as pro non scripto beskou word en het geen betrekking op applikant se reg tot die vo......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT