S v Khoza en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeHoexter AR, Van Heerden AR, Smalberger AR, Nienaber AR en Preiss Wn AR
Judgment Date26 November 1990
Citation1991 (1) SA 793 (A)
Hearing Date09 November 1990
CourtAppellate Division

Smalberger AR:

Die aanloop tot die onderhawige appèl is kortliks soos volg. Die vier respondente het voor J J Strydom R en twee assessore in die Noordelike Rondgang Plaaslike Afdeling te Phalaborwa tereggestaan op 'n aanklag van moord. Dit is hulle ten laste gelê dat hulle op 10 Junie I 1985 te Lulekane wederregtelik en opsetlik vir ene Ollisa Khumalo ('die oorledene') gedood het. Die respondente is voorheen in die streekhof te Gazankulu, voortspruitend uit dieselfde gebeure wat tot die oorledene se dood aanleiding gegee het, aan openbare geweld skuldig bevind ('die vorige verhoor'). Hulle is elk tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis. J Appèl is na die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangeteken teen hulle

Smalberger AR

A skuldigbevindings sowel as hulle vonnisse. Die appèl teen hulle skuldigbevindings is van die hand gewys; dié teen hulle vonnisse het geslaag in soverre die vonnisse gedeeltelik opgeskort is. Voor J J Strydom R het die respondente 'n pleit van autrefois convict geopper kragtens die bepalings van art 106(1)(c) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Wet'). Die pleit is deur die geleerde Verhoorregter afgewys. Hy het egter die saak van die rol geskrap aangesien hy aanvaar het dat B hy in die uitoefening van sy diskresie so 'n bevel kon maak. Die Verhoorregter se uitspraak is gerapporteer - kyk S v Khoza en Andere 1989 (3) SA 60 (T). (In die uitspraak word daar by geleentheid verkeerdelik verwys na 'n pleit van autrefois acquit - die pleit was inderdaad een van autrefois convict.)

In sy uitspraak (op 62F - 63F) verwys die Verhoorregter na die C getuienis wat by die vorige verhoor gelewer is met betrekking tot die respondente se betrokkenheid by die aanval op die oorledene tydens die oproer wat tot hulle skuldigbevinding aan openbare geweld aanleiding gegee het. Hy maak melding daarvan (op 64I) dat

'(i)n die onderhawige saak is dit gemeensaak dat die oorledene gedood is D tydens die oproer. Dit is ook gemeensaak dat die aanranding op die oorledene en haar verbranding betekenis en gewig gedra het in die uitspraak van die streekhof (by die vorige verhoor).'

Nadat hy, met verwysing na die toets neergelê in S v Ndou and Others 1971 (1) SA 668 (A) op 680, die respondente se pleite van autrefois convict afgewys het (op 64C - D), skenk die Verhoorregter oorweging (op E 64E) aan wat hy as 'n praktyksreël bestempel, 'naamlik howe is ongeneë om deel te hê aan 'n stuksgewyse verhoor op bekende feite'. Mettertyd kom hy tot die gevolgtrekking (op 66G - H):

'(D)ie Hof behoort hom nie te leen vir 'n stuksgewyse beregting wat klaarblyklik tot benadeling van beskuldigdes in die uitoefening van F hulle regte kan lei nie. Na my mening behoort ek in hierdie geval my diskresie teen die Staat uit te oefen en hierdie saak word van die rol geskrap.'

Onmiddellik daarna besluit die Verhoorregter soos volg (op 66H - I):

'In hierdie saak meen ek dat die regspleging bevorder sal word as ek 'n regsvraag meru moto (sic) reserveer vir beslissing deur die Appèlhof in Bloemfontein. Die beslissing waartoe ek vanmôre gekom het is res nova G in die een opsig en in die ander opsig het ek teen die beskuldigdes besluit wat die verweer van autrefois convict geopper het. Beide behoort deur die Appèlhof in Bloemfontein besleg te word.'

Dit is hierdie sogenaamde 'regsvraag' wat aanleiding gegee het tot die appèl wat voor ons dien.

H Artikel 319(1) van die Wet lui soos volg:

'(1) Indien 'n regsvraag by die verhoor van iemand in 'n hoër Hof weens 'n misdryf ontstaan, kan daardie Hof uit eie...

To continue reading

Request your trial
27 practice notes
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of fact.' Section 319 does not permit of the reservation of a question which in reality is a question of fact (see S v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A) at 797B; cf Attorney-General, Transvaal v Kader 1991 (4) SA 727 (A) at 739D-740J); and the first matter to be decided is whether or not ......
  • S v Basson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2005 (1) SACR 215 (CC) (2005 (4) SA 581; 2005 (5) BCLR423): referred toS v Khala 1995 (1) SACR 246 (A): referred toS v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A): referred toS v Kidson 1999 (1) SACR 338 (W): referred toS v Kruger en Andere 1989 (1) SA 785 (A): referred toS v Makhutla en ’n Ander 1......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...539 (A) te 544E-545A; S E v Petro Louise Enterprises (Pty) Ltd and Others 1978 (1) SA 271 (T) te 279B-G en 280B-H; S v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A) te 797B-E. Die Verhoorregter in die Hof a quo het in iedere geval 'n diskresie gehad by die oorweging van die vraag of die beweerde regs......
  • S v Basson
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA 581 (CC) (2005 (1) SACR 215; 2005 (5) BCLR 423): referred to S v Khala 1995 (1) SACR 246 (A): referred to S v Khoza en Andere 1991 (1) SA 793 (A): referred to E S v Kidson 1999 (1) SACR 338 (W): referred to S v Kruger en Andere 1989 (1) SA 785 (A): referred to S v Makhutla en 'n Ande......
  • Request a trial to view additional results
27 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT