S v Huyser

JurisdictionSouth Africa
JudgeHofmeyr R en Jacobs R
Judgment Date04 March 1968
Citation1968 (3) SA 490 (GW)
Hearing Date04 March 1968
CourtGriqualand-West Local Division

H Jacobs, R.:

Die appellant, 'n landboubeampte in voltydse diens van die Departement van Bantoe-administrasie en - ontwikkeling, het in die landdroshof op Vryburg tereggestaan op 'n aanklag van oortreding van art. 10 gelees met arts. 13 (2) (a), 84 en 85 van Ord. 26 van 1965. Die bewerings was dat hy op die 20ste April 1967 in die Tay Bantoereservaat gewone wild gejag het sonder dat hy in besit was van die nodige lisensie of permit. Daar was ook 'n tweede aanklag van oortreding van art. 15

Jacobs R

(1) van die gemelde Ordonnansie deurdat appellant na bewering in die voormelde reservaat springbokke gejag het sonder dat hy in besit was van 'n skriftelike toestemming van die eienaar van die betrokke grond, A naamlik die Departement van Bantoe-administrasie en - ontwikkeling. Appellant het op albei aanklagtes onskuldig gepleit maar hy is op beide skuldig bevind. Op die eerste aanklag is hy gevonnis tot 'n boete van R50 of 25 dae gevangenisstraf en op die tweede aanklag tot 'n boete van R30 of 15 dae gevangenisstraf. Albei vonnisse is opgeskort vir 'n tydperk van drie jaar op sekere voorwaardes. Die appellant kom nou in B hoër beroep teen sy skuldigbevinding op albei aanklagtes.

Dit was gemene saak dat appellant drie springbokke in die Tay Bantoereservaat geskiet het. Die omstandighede waaronder dit plaasgevind het was, volgens appellant, soos volg. Hy was op die betrokke dag op inspeksiediens in die reservaat en het op 'n trop springbokke afgekom C waaronder daar 'n gekweste bok was. 'n End van die trop af het nog 'n gekweste bok gestaan. Hy het dadelik huistoe gery en sy geweer gaan haal en is terug na die veld waar hy die bokke gesien het. Terwyl hy op die eerste gekweste bok aanlê, het 'n tweede bok dwars agter die gekweste een gestaan en toe hy skiet het albei bokke geval. Die tweede bok het D later geblyk 'n gesonde een te gewees het wat met dieselfde koeël as die gekweste een getref is. Daarna het appellant die ander gekweste bok ook doodgeskiet. Hy het die drie bokke opgelaai en na sy huis geneem waar hy hulle laat afslag het en 'n gedeelte van die vleis vir homself geneem het terwyl hy die res tussen Bantoe-werknemers van die Departement uitgedeel het. Die koppe, pootjies en binnegoed het hy gaan E begrawe. Volgens appellant het hy die bokke geskiet omdat 'hulle lyding gehad het' en ook omdat, as hulle in die veld sou gevrek het, soos hy verwag het sou gebeur, die Bantoes van die reservaat se beeste dalk die bene kon gevreet het wat dan gallamsiekte by die beeste kon veroorsaak het. Die gesonde bok, sê appellant, het hy per ongeluk raakgeskiet. F Appellant beweer ook dat, toe hy sy geweer gaan haal het, hy die polisiestasie wat naby sy huis is getelefoneer het om van die gekweste bokke te rapporteer maar daar was geen antwoord nie. Die volgende dag is hy self na die polisiestasie maar die twee blanke lede van die mag was albei weg.

Daar was in die getuienis wat namens die Staat voorgelê is steun vir appellant se getuienis dat twee van die bokke wat hy geskiet het G gekweste bokke was en die landdros het blykbaar ook aanvaar dat appellant met die polisie in verbinding probeer tree het voor en nadat hy die bokke geskiet het soos...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • S v De Bruin
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 25 March 1975
    ...as plofstofdeskundige van die Weermag, die andersins verbode handeling te verrig. Daar is dan nog die saak van S. v Huyser, 1968 (3) SA 490 (GW) G . Die appellant was 'n landboubeampte in voltydse diens van die Departement van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling. Hy was aangekla van oortr......
  • S v De Bruin
    • South Africa
    • Invalid date

2 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT