S v De Bruin

JudgeTrengove R en Vermooten Wn R
Judgment Date25 March 1975
Citation1975 (3) SA 56 (T)
Hearing Date05 February 1975
CourtTransvaal Provincial Division

S v De Bruin
1975 (3) SA 56 (T)

1975 (3) SA p56


Citation

1975 (3) SA 56 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Trengove R en Vermooten Wn R

Heard

February 5, 1975

Judgment

March 25, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Staat — Statuut nie op Staat bindend nie — Nietemin bindend op Staatsamptenare in die uitvoering van hulle pligte behalwe as hulle B spesifiek of deur implikasie deur die Staat gemagtig is om nie daaraan te voldoen nie — Strafreg — Verkeersoortredinge — Spoedgrens oorskry in oortreding van regulasies kragtens art. 2 (a) en (b) van Wet 89 van 1970 uitgevaardig — Sodanige regulasies, alhoewel nie bindend op die Staat nie, gewoneweg bindend op Staatsamptenare — Staatsamptenaar nie in staat C om sy pligte behoorlik na te kom as hy daaraan voldoen nie — Staatsamptenaar in omstandighede deur implikasie gemagtig om nie daaraan te voldoen nie.

Headnote : Kopnota

Alhoewel dit nie die bedoeling van die Wetgewer was dat regulasies wat kragtens artikel 2 (b) en (c) van Wet 89 van 1970 uitgevaardig word die Staat sal bind nie, is hulle nietemin bindend op Staatsamptenaar in die uitvoering van hulle pligte behalwe as hulle spesifiek of deur implikasie deur die D Staat gemagtig is om nie daaraan te voldoen nie.

Appellant, 'n Staatsamptenaar, het in die uitvoering van sy pligte die snelheidsgrens van 60 km oorskry en is skuldigbevind aan oortreding van die regulasies kragtens artikels 2 (a) en (b) van Wet 89 van 1970 uitgevaardig. In hoër beroep,

Beslis, dat in die omstandighede appellant redelik besluit het dat ten einde sy ampspligte teenoor die Staat behoorlik na te E kom, hy hom nie aan die spoedbeperkings kon hou nie.

Beslis, gevolglik, gesien die omstandighede waarin hy homself bevind het, dat hy, by implikasie, die bevoegdheid gehad het om so 'n besluit te neem en dienooreenkomstig te handel, en dus nie ten tye van die voorval aan die regulasies onderhewig was nie. F

Flynote : Sleutelwoorde

State — Act not binding on State — Nevertheless binding on civil servants in execution of their duties unless specifically or by necessary implication authorised by the State not to comply therewith — Criminal law — Traffic offences — Speeding in contravention of regulations promulgated under sec. 2 (a) and (b) of Act 89 of 1970 — Such regulations, though not binding on State, normally binding on civil servants — Civil servant unable to carry out duties properly if he G complied — Civil servant in circumstances impliedly authorised not to comply.

Headnote : Kopnota

Although it was not the intention of the Legislature that regulations proclaimed under section 2 (a) and (b) of Act 89 of 1970 should bind the State, they are nevertheless binding on civil servants in the execution of their duties except if they have specifically or by implication been authorised by the H State not to comply therewith.

Appellant, a civil servant, had, in the execution of his duties, exceeded the speed limit of 60 km/h and had been convicted of contravening the regulations proclaimed under section 2 (a) and (b) of Act 89 of 1970. In an appeal,

Held, that in the circumstances appellant had reasonably decided that, in order to carry out his official duties for the State properly, he could not keep to the speed limits.

Held, accordingly, regard being had to the position in which he found himself, that, by necessary implication, he had authority to make such a decision and to act on it, and that he was, therefore, not subject to the regulations at the time of the incident.

1975 (3) SA p57

Case Information

Appèl teen 'n skuldigbevinding in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

E. H. Stafford, namens die appellant.

E. Marais, namens die Staat.

Cur adv vult. A

Postea (Maart 25).

Judgment

Trengove, R.:

Die appellant, 'n Staatsamptenaar, is in 'n spoedlokval gevang en hy is in die landdroshof te Pretoria B aangekla van oortreding van die regulasies met betrekking tot die gebruik van motorvoertuigbrandstof wat ingevolge die bepalings van die Wet op die Verkryging van Landsvoorrade, 89 van 1970, uitgevaardig is. Die vraag waaroor hierdie Hof uitsluitsel moet gee is of die betrokke regulasies op Staatsamptenare in die uitvoering van hulle pligte van toepassing is, al dan nie.

Die appellant is aangekla van oortreding van art. 17 van Wet 89 C van 1970, saamgelees met regs. 1 en 4 (a) van Prok. R. 149, gepubliseer in Staatskoerant 4151 van 25 Januarie 1974 en verder saamgelees met arts. 2 (b), 2 (c) en 10 (a) van voormelde Wet. Die Staat het beweer dat die appellant op 23 April 1974, te Hamiltonstraat, Pretoria, wederregtelik petrol, dieselolie of gas in 'n motorvoertuig, met registrasienommer D G.G. 12848, gebruik het om die genoemde voertuig op voormelde pad teen 'n snelheid van 78,37 kn/h aan te dryf, terwyl die voorgeskrewe maksimum snelheidsgrens op daardie pad slegs 60 km/h was. Die appellant het onskuldig gepleit. Hy het erken dat hy by die geleentheidteen 'n spoed van 78,37 km/h gery het, maar hy het aangevoer dat Staatsamptenare in die uitvoering van E hul pligte nie aan die bepalings van voormelde Wet en regulasies gebonde is nie en dat hy gevolglik nie wederregtelik gehandel het nie. Die landdros het hierdie verweer verwerp. Die appellant is skuldig bevind en tot 'n boete van R90 of 60 dae gevangenisstraf gevonnis. Die appèl is teen beide die skuldigbevinding en die vonnis gerig.

Die feite van hierdie saak is nie in geskil nie en kan soos F volg saamgevant word. Die appellant is 'n Staatsamptenaar. Hy is verbonde aan die Departement van Justisie waar hy by die afdeling van die Staatsprokureur te Pretoria blykbaar 'n ingeskrewe klerk is. Die appellant het destyds in hierdie hoedanigheid 'n siviele geding namens die Staat hanteer. Die geding het voortgespruit uit 'n motorbotsing by Kameeldrif in G die omgewing van Pretoria. Die saak sou op 24 April 1974 in die landdroshof te Pretoria verhoor word en die voorval by die spoedlokval het die vorige dag, naamlik op 23 April 1974, plaasgevind. Die appellant was juis ten tye van die voorval inderhaas op pad na Kameeldrif met 'n Staatsvoertuig om daar by die toneel van die motorbotsing 'n inspeksie in loco, ter voorbereiding vir die verhoor, by te woon. Die appellant sou H sekere ander persone, wat ook by die saak betrokke was, op 'n vasgestelde tyd by die inspeksie ter plaatse ontmoet. Hy sou aanvanklik met die polisie daarheen gegaan het maar, as gevolg van een of ander misverstand, het hulle nie opgedaag nie en hy was toe ter elfder ure genoodsaak om op sy eie met 'n Staatsvoertuig tery. Die gevolg hiervan was dat appellant reeds laat vir sy afspraak was toe hy van sy kantoor vertrek het. Hy kon nie op daardie stadium met die ander persone in aanraking kom nie omdat hulle reeds na die inspeksie op weg was en, weens die verhoor die volgende dag, kon die ondersoek ter plaatse in elk geval nie

1975 (3) SA p58

Trengrove R

uitgestel word nie. Die appellant het hom dus na die toneel van die botsing gehaas omdat hy weens hierdie onvermydelike omstandighede reeds laat was vir sy afspraak en hy bekommerd was dat die ander persone miskien nie vir hom by dieplek van die A inspeksie sou wag nie. Dit was in die omstandighede dat hy toe, terwyl hy met Hamiltonstraat langs gery het, die maksimum snelheidsgrens van 60 km oorskry het en in die spoedlokval voorgekeer is.

Die Staat moes natuurlik, onder andere, bewys dat die appellant wederregtelikgehandel het. Objektief beskou was sy optrede B prima facie wederregtelik en die vraag wat dus ondersoek moet word is of die omstandighede hierbo uiteengesit die appellant se gedrag regverdig. Die eerste geskilpunt in die verband is of die Staat gebonde is aan bepalings van die betrokke regulasies. Die landdros het in 'n weloorweë uitspraak tot die slotsom gekom dat die Wet en regulasies wel die Staat, C en dus ook die appellant as dienaar van die Staat, bind maar mnr. Stafford het in hierdie Hof namens die appellant betoog dat die landdros in dié opsig gefouteer het.

Volgens ons reg is daar 'n algemene vermoede by wetsuitleg dat die Wetgewer homself nie bind nie tensy die teendeel duidelik blyk. Die uitgangspunt van onsreg is dus dat die Staat nie deur Wette van die Parlement gebonde is nie, hoealgemeen en D omvattend hul bewoording ookal mag wees, tensy die teenoorgestelde bedoeling blyk uit 'n uitdruklike bepaling, duidelike wetsduiding, die aard van die Wet, omringende omstandighede of ander toelaatbare aanwysings. (Steyn, Die Uitleg van Wette, 4de uitg., bl. 73). Die twee sleutelvonnisse in ons regspraak oor hierdie onderwerp is Union Government v. E Tonkin, 1918 A.A. 533, en Evans v Schoeman, N.O., 1949 (1) SA 571 (AA).

In Union Government v Tonkin, supra, stel INNES, H.R., die reël vir ons reg op bl. 541 soos volg:

"Upon a consideration of these and other expressions of opinion by Judges of high authority, I think we may well adopt the rule as formulated by Lord ALVERSTONE, namely, that the intention that the Crown should be bound, or has agreed to be bound, must F clearly appear, either from the language used or from the nature of the enactment and in applying the rule, while starting with a presumption in favour of the Crown, we are not, in ascertaining the intention of the Legislature, restricted to the language of the enactment but may look at the surrounding circumstances, and may consider its objects, its mischiefs and its consequences."

Met "the Crown" word in die verband eenvoudig bedoel "die Staat". En, in Evans v Schoeman, N.O., supra, het CENTLIVRES, G A.R., met verwysing na gewysdes soos Union Government v Tonkin, supra op bl. 577, die beginsel

"that the Crown is not bound by a statute unless the statute expressly binds the Crown, or unless the Crown is bound by necessary implication"

herbevestig. Hy het ook met goedkeuring verwys na die beslissing in Province of Bombay v...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • A Comparative Analysis of Common-Law Presumptions of Statutory Interpretation
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...842 but was overtu rned in Administ rator, Cape v Raats Röntgen & Verm eulen (Pty) Ltd 1992 1 SA 245 (A).93 Devenish (2009) Obit er 26; 1975 3 SA 56 (T).94 Devenish (2009) Obite r 66.95 Director of Publ ic Prosecution s, Western Cape v Prins 2012 3 Al l SA 138 (WCC) para 51.96 Mercedes Ben ......
  • Nasopie (Edms) Bpk en Andere v Minister van Justisie en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Uitleg van Wette 4de uitg te 77 - 80, 82; Union Government v Tonkin 1918 AD 533; Evans v Schoeman NO 1949 (1) SA 571 (A); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T). In Union Government v Tonkin (supra te 541) sê INNES G "... the intention that the Crown should be bound, or has agreed to be bound, mus......
  • Raats RöNtgen and Vermeulen (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1954 (1) SA 185 (SWA); Raad van Beheer oor die Vee- en Vleisnywerhede v Minister van Gesondheid 1961 (4) SA 352 (T); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T); Nasopie (Edms) Bpk en Andere v D Minister van Justisie en Andere 1979 (3) SA 1228 (NC) and Boardman v Minister van Finansies en 'n Ander 1984......
  • Raats RöNtgen and Vermeulen (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Others
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 29 Octubre 1990
    ...1954 (1) SA 185 (SWA); Raad van Beheer oor die Vee- en Vleisnywerhede v Minister van Gesondheid 1961 (4) SA 352 (T); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T); Nasopie (Edms) Bpk en Andere v D Minister van Justisie en Andere 1979 (3) SA 1228 (NC) and Boardman v Minister van Finansies en 'n Ander 1984......
  • Request a trial to view additional results
5 cases
  • Nasopie (Edms) Bpk en Andere v Minister van Justisie en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Uitleg van Wette 4de uitg te 77 - 80, 82; Union Government v Tonkin 1918 AD 533; Evans v Schoeman NO 1949 (1) SA 571 (A); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T). In Union Government v Tonkin (supra te 541) sê INNES G "... the intention that the Crown should be bound, or has agreed to be bound, mus......
  • Raats RöNtgen and Vermeulen (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1954 (1) SA 185 (SWA); Raad van Beheer oor die Vee- en Vleisnywerhede v Minister van Gesondheid 1961 (4) SA 352 (T); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T); Nasopie (Edms) Bpk en Andere v D Minister van Justisie en Andere 1979 (3) SA 1228 (NC) and Boardman v Minister van Finansies en 'n Ander 1984......
  • Raats RöNtgen and Vermeulen (Pty) Ltd v Administrator, Cape, and Others
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 29 Octubre 1990
    ...1954 (1) SA 185 (SWA); Raad van Beheer oor die Vee- en Vleisnywerhede v Minister van Gesondheid 1961 (4) SA 352 (T); S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T); Nasopie (Edms) Bpk en Andere v D Minister van Justisie en Andere 1979 (3) SA 1228 (NC) and Boardman v Minister van Finansies en 'n Ander 1984......
  • Boardman v Minister van Finansies en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...43; Evans v Schoeman NO 1949 (1) SA 571 (A) en Steyn (op cit op 74); S v Mafora and Others 1970 (3) SA 190 (T) E op 191E; S v De Bruin 1975 (3) SA 56 (T) op Soos Steyn (op cit ) tereg aandui, blyk dit uit die Evans v Schoeman NO- saak dat die volgende aangeneem kan word as aanduidings teen ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • A Comparative Analysis of Common-Law Presumptions of Statutory Interpretation
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...842 but was overtu rned in Administ rator, Cape v Raats Röntgen & Verm eulen (Pty) Ltd 1992 1 SA 245 (A).93 Devenish (2009) Obit er 26; 1975 3 SA 56 (T).94 Devenish (2009) Obite r 66.95 Director of Publ ic Prosecution s, Western Cape v Prins 2012 3 Al l SA 138 (WCC) para 51.96 Mercedes Ben ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT