S v Goliath

JurisdictionSouth Africa
JudgeOgilvie Thompson HR, Rumpff AR, Wessels AR, Jansen AR en Trollip AR
Judgment Date20 March 1972
Citation1972 (3) SA 1 (A)
Hearing Date24 September 1971
CourtAppellate Division

Rumpff, A.R.:

In die Provinsiale Afdeling Kaap Die Goeie Hoop het twee persone, beskuldigde 1 en beskuldigde 2, tereggestaan op 'n aanklag van F moord. Beskuldigde 1 is skuldig bevind aan moord en hoewel bevind is dat drank sy geestesvermoëns in 'n mindere mate aangetas het en dat daar derhalwe versagtende omstandighede is wat 'klein van omvang' is, is hy ter dood veroordeel. Beskuldigde 2 is onskuldig bevind op grond daarvan dat hy onder dwang van beskuldigde 1 gehandel het. Hy is tans G respondent in hierdie Hof maar ons is namens die Staat meegedeel dat ongeag die uitslag van hierdie saak, geen verdere stappe teen hom beoog word nie.

Volgens die bevinding van die Verhoorregter het die twee beskuldigdes en twee vroue op 'n aand in Knysna saam gestap en die oorledene teengekom. Beskuldigde 1 het die oorledene gelas om te staan en het hom om 'n H sigaret versoek. Oorledene het gesê dat hy nie sigarette het nie en daarop het beskuldigde 1 aan oorledene beveel om aan hom geld te gee. Toe oorledene sê dat hy nie geld het nie, het beskuldigde 1 aan oorledene gesê dat hy hom gaan dood steek en hom met 'n mes in die borsgedeelte, die bo-maag, gesteek. Nadat hy die een messteek toegedien het, het hy aan beskuldigde 2 gesê om die oorledene vas te hou. Beskuldigde 2 was bang en wou dit nie doen nie maar beskuldigde 1 het aan hom gesê dat as hy nie oorledene sou vashou nie hy beskuldigde 2

Rumpff AR

ook sou doodsteek. Hy het ook die vroue bedreig en gesê dat as hulle weghardloop, hy hulle sou steek. Beskuldigde 2 het daarop die oorledene se arms van agter vasgehou en beskuldigde 1 het 'n aantal messteke aan A die oorledene toegedien. Daar was altesame dertien messteke, twee in die bo-maag, vyf in die nek en ses in die rug. Die oorledene het inmekaar gesak en beskuldigde 1 en beskuldigde 2 het hom vir ongeveer 'n halfmyl langs 'n voetpad gedra en gedeeltelik in 'n stroompie water in bosse neergelê. Beskuldigde 1 het aan beskuldigde 2 gesê om die oorledene se skoene uit te trek maar beskuldigde 2 was onwillig, waarop B hy weer deur beskuldigde 1 gedreig is. Beskuldigde 1 het daarop die oorledene se klere uitgetrek en onder sy kop gesit nadat hy sy sakke deursoek het om te sien of die oorledene nie geld of sigarette gehad het nie. Beskuldigde 1 het nog 'n rukkie by die oorledene gebly terwyl beskuldigde 2 en die vroue weggestap het. Dit is bevind dat die oorledene gesterf het as gevolg van skok en bloedverlies deur die C messteke veroorsaak, waarvan sommige tot in die longe gedring het en waarvan een die keelslagaar deurgesny het. Die Verhoorhof het bevind dat beskuldigde 2 'n medepligtige tot die handelinge van beskuldigde 1 was maar dat hy onder dwang en vrees vir sy eie lewe gehandel het. In die uitspraak van die Verhoorhof word na verskillende uitsprake verwys, o.a. D na R. v Mneke, 1961 (2) SA 240 (N), waar Regter HENOCHSBERG op bl. 243 sê:

'In the light of these authorities, it is my view that the law does not countenance a plea of compulsion in a case of murder.'

Ook is verwys na R. v Hercules, 1954 (3) SA 826 (AD), en teen die einde van die uitspraak word gesê:

'In R. v Werner, 1947 (2) SA 828 (AA), sê die geleerde E Hoofregter WATERMEYER op bl. 837:

'I shall not attempt to define the limits within which the plea of compulsion or necessity will exclude criminal conduct. It is enough to say that I am inclined to the view that the killing of an innocent person is never legally justifiable by compulsion or necessity. But even if it be legally justifiable, the fear of punishment or reprisal which existed in the mind of the accused in this case, was not a justification.'

F Met eerbied kom hierdie stelling my as obiter voor want die geleerde Regter het dit nie nodig gevind om die spesifieke beperkings van die verweer van dwang te omskryf nie. Ek is, met respek, nie tevrede dat wat die geleerde HOOFREGTER in Werner se saak gesê het beteken dat hy noodwendig van mening is dat dwang nooit in 'n geval van moord 'n verweer kan wees nie. Ondersteuning vir my sienswyse word gevind in die saak van R. v Hercules, supra, waar die Vol Bank van die Appèlhof, ná die beslissing in Werner se saak, bevind het dat dwang korrektelik moord G na strafbare manslag kan verminder. Ek is, met respek, dit ook nie eens met Regter HENOCHSBERG in Mneke se saak nie en ek kom tot die gevolgtrekking dat in gepaste omstandighede dwang, ook in 'n geval van moord, 'n verweer kan uitmaak, of kan dien as regverdigingsgrond. De Wet en Swanepoel in hulle werk Die Suid-Afrikaanse Strafreg, 2de uitg., op bl. 80 sê:

'Waar die handeling deur noodtoestand geregverdig is, handel die dader nie wederregtelik nie.'

H En ofskoon hulle in 'n vorige passasie twyfel uitspreek of die beginsels toepaslik is by 'n geval van moord, as 'n mens logies redeneer op hulle stelling wat ek aangehaal het, dan kom dit my voor asof die korrekte gevolgtrekking is dat dwang tog 'n grond is waarop 'n handeling wat normaalweg strafbaar is, in gepaste omstandighede en ook by moord geregverdig kan word.'

Dan word in die uitspraak gemeld dat die Hof bevind dat wat beskuldigde 2 betref daar 'feite aanwesig is wat die verweer van dwang of nood kan uitmaak' en daar word ten slotte soos volg beslis:

'Wat betref die pertinente vereistes is die eerste vraag of die gevaar wat gedreig is in ooreenstemming is of gelykstaande is aan dit wat nr. 2 gedwing is

Rumpff AR

om te doen. Op hierdie punt is die antwoord sonder twyfel dat waar 'n man gedreig word deur die dood en dit ernstig blyk te wees, en hy dan help om 'n ander persoon om die lewe te bring, die twee euwels gelyk teen mekaar opweeg. Die tweede vereiste is dat hy gedreig moet wees deur dreigemente van die dood of ernstige liggaamlike leed. Ek hoef nie te sê dat aan hierdie vereiste voldoen is nie. In die derde plek moet daar te alle tye by sy verbinding met die misdaad die vrees aanwesig wees en A moet dit steeds vir hom sodanig beïnvloed het dat hy in onmiddellike gevaar verkeer het. Op hierdie vereiste is die antwoord ook weer dat dit aanwesig was. En die vierde vraag is of hy bloot meegewerk het vir so lank as wat nodig was. Die getuienis is dat selfs op die laaste stadium waar die oorledene se liggaam al versteek was en toe hy aangesê is om die skoene uit te trek daar weer die dreigement was. Die vroumense en beskuldigde nr. 2 is ook deur beskuldigde nr. 1 aangesê om niks van die voorval te vertel nie, anders maak hy hulle dood. Die saak eindig nie B daar nie want in die Hof het die beskuldigde nr. 2 gesê hy is nog steeds bang vir beskuldigde nr. 1 as hy uit die Hof uitkom ofskoon hy nie binne-in die Hof vir hom bevrees is nie. Dat beskuldigde nr. 1 'n man is wat sy dreigemente kon en sou uitvoer en dat beskuldigde nr. 2 dit geweet het, ly geen twyfel nie.

In al die omstandighede is die bevinding van hierdie Hof dus dat wat beskuldigde nr. 2 betref hy gehandel het onder dwang en dat hy onskuldig C is aan die misdaad van moord wat teen hom ingebring is.'

Daarna is op versoek van die aanklaer sekere regsvrae luidens art. 366 van Wet 56 van 1955 vir oorweging deur hierdie Hof voorbehou wat deur die Verhoorregter soos volg opgestel is:

'1.

Whether the trial Court correctly came to the conclusion

(a)

D that the circumstances of the present case were such as to constitute the defence of compulsion in law; and/or

(b)

that in the circumstances of the present case the compulsion was such as to justify the acts of the accused.

2.

Whether the special defence of compulsion can ever in law constitute a complete defence to a charge of murder so as to entitle an accused to an acquittal.'

E Die regsvrae is aan hierdie Hof voorgelê tesame met die oorkonde van die saak en die advokate van beide partye het aan die Hof meegedeel dat die uitdrukking 'the circumstances of the present case' 'n verwysing is na die feite wat in die uitspraak as bewese bevind is. Hierdie wyse van F voorlegging van feite is onbevredigend en moet afgekeur word.

Onder art. 366 van die Strafproseswet het sowel 'n beskuldigde as die Staat die reg om 'n regsvraag te laat voorbehou. Sedert die bepalings van Wet 37 van 1948 en die latere Wet 56 van 1955 het 'n beskuldigde die reg van volle appèl gekry as gevolg waarvan alle geskilpunte by wyse van G appèl voor hierdie Hof gelê kan word. Die voorbehoud van 'n regsvraag na 1948 het dus prakties alleen dan nodig geword wanneer 'n Hof mero motu ' n regsvraag wil laat beslis of wanneer die enigste punt deur 'n beskuldigde ter sprake gebring, 'n regspunt is waarvan die wesenlike aard gerieflikheidshalwe deur die voorbehoud van so 'n vraag aangetoon kan word, kyk R. v Nzimande, 1957 (3) SA 772 (AA) op bl. 774. Die H Staat het egter geen volle reg van appèl nie en wanneer die Staat 'n regsvraag laat voorbehou wat steun op die bestaan van bepaalde feite, is dit nodig vir die Staat om daardie feite behoorlik en volledig in die oorkonde te laat opstel as deel van die uiteensetting van die regsvraag. By 'n verhoor kan dit bv. gebeur dat die Verhoorregter in sy uitspraak 'n aantal feite noem wat hy as bewese beskou en wat hy op daardie stadium as voldoende deurslaggewend beskou. Daar mag egter ook feite wees wat hy as bewese beskou of onbetwiste feite

Rumpff AR

wat hy nie in sy uitspraak noem nie maar wat tog, in die kader van die saak as geheel, relevant mag wees ten opsigte van die regsvraag wat voorbehou word. In die onderhawige saak is die oorkonde aan ons voorgelê A en daaruit blyk 'n voorbeeld wat aandui hoe die uitdrukking 'the circumstances of the present case', gekwalifiseer deur die mondelinge aanduiding van die advokate dat daardie uitdrukking beteken die feite wat as bewese bevind is, nie 'n volledige uiteensetting van die relevante feite is nie. Volgens die oorkonde is daar getuienis wat moontlik as onbetwis beskou kan word aangaande die respektiewe B ouderdomme van beskuldigde 1 en beskuldigde 2. In die...

To continue reading

Request your trial
73 practice notes
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Wyk G 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; S v Seekoei 1982 (3) SA 97 (A) at 101C-D; R v Nda......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister H van Justisie: In re S v Wyk 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; S v Seekoei 1982 (3) SA 97 (A) at 101C-D; R v Nda......
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2) SA 568 (A) op 573B - D; R v Patel 1959 (3) SA 121 (A) op 123; S v Nyokong and Another 1975 (3) SA 792 (O) op G 794E; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) op 25B - C; S v Botes en 'n Ander 1966 (3) SA 606 (D) op 611C - D; S v Pretorius 1975 (2) SA 85 (SWA) op 88, 89; S v Molefe 1940 AD 202, 204......
  • 2011 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...210-212S v Gcoba 2011 (2) SACR 231 (KZP) ........................................................... 416S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) ...................................................................... 362S v Gora 2010 (1) SACR 159 (WCC) ........................................................
  • Request a trial to view additional results
54 cases
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Wyk G 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; S v Seekoei 1982 (3) SA 97 (A) at 101C-D; R v Nda......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...case an accused is guilty of an offence or entitled to rely on a defence. S v Nkwenja 1985 (2) SA 560 (A) at 566A-567A; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) at 9B-E; Ex parte Die Minister H van Justisie: In re S v Wyk 1967 (1) SA 488 (A) at 491G-H; S v Seekoei 1982 (3) SA 97 (A) at 101C-D; R v Nda......
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(2) SA 568 (A) op 573B - D; R v Patel 1959 (3) SA 121 (A) op 123; S v Nyokong and Another 1975 (3) SA 792 (O) op G 794E; S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) op 25B - C; S v Botes en 'n Ander 1966 (3) SA 606 (D) op 611C - D; S v Pretorius 1975 (2) SA 85 (SWA) op 88, 89; S v Molefe 1940 AD 202, 204......
  • S v Engelbrecht
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Studies Intervening as Amicus Curiae) 2004 (2) SACR 391 (W): referred to S v Ferreira 2004 (2) SACR 454 (SCA): referred to S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A): considered S v Motleleni 1976 (1) SA 403 (A): considered S v Ngomane 1979 (3) SA 859 (A): considered E S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A): con......
  • Request a trial to view additional results
19 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...210-212S v Gcoba 2011 (2) SACR 231 (KZP) ........................................................... 416S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) ...................................................................... 362S v Gora 2010 (1) SACR 159 (WCC) ........................................................
  • 2014 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...37S v Giannoulis 1975 (4) SA 867 (A) .................................................... 240S v Goliath 1972 (3) SA 1 A) ............................................................... 266 © Juta and Company (Pty) Ltd S v Govazela 1987 (4) SA 297 (O) .............................................
  • 2010 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...173S v Glegg 1973 (1) SA 34 (A) ....................................................................... 130S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) ...................................................................... 270S v Green, (unrep. CC39/02 (DCLD) 2002) ..............................................
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...116S v Gaba 1981 (3) SA 745 (O) .............................................................. 2S v Goliath 1972 (3) SA 1 (A) ............................................................... 2-9S v Greeff 1970 (4) SA 704 (O) ............................................................ 237S v......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT