S v Depana

JurisdictionSouth Africa
JudgeLe Grange R
Judgment Date28 February 2009
Docket NumberSS 41/2008
CourtCape Provincial Division
Hearing Date28 February 2009
Citation2009 JDR 0238 (C)

Le Grange R:

Die beskuldigde, luidens die klagstaat, staan tereg op 'n aanklagte van moord. Volgens die Akte van Beskuldiging word dit beweer dat 30 Julie 2006 te of naby Cloetestraat. Laingville, St Helenabaai, wederregtelik en opsetlik ene Christoffel Jacobus le Roux gedood het deur hom met 'n mes te steek. Die bepaling van die Strafregwysigingswet. Wet 105 van 1997 (ook bekend as die Minimum Vonnis Wet) is ook van toepasing.

2009 JDR 0238 p2

Le Grange R

Die beskuldigde het onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking verskaf nie. Adv De Beer het namens die beskuldigde verskyn en adv Vakele namens die staat.

Die staat het nege getuies geroep en by afsluiting van die staatsaak het die beskuldigde by monde van adv De Beer 'n aansoek ingevolge die bepalings van artikel 174 van die Strafproseswet, 51 van 1977, vir sy ontslag geloods. Die staatsaanklaer het hierdie aansoek teengestaan.

Die toets vir ontslag ingevolge die bepalings van hierdie artikel was al in verskeie regsliteratuur en besliste sake bespreek. In hierdie verband sien HIEMSTRA, SUID-AFRIKAANSE STRAFPROSES, 6de Uitgawe op 450 en verder asook die regspraak daarin aangehaal. Artikel 174 bepaal dat, indien by afsluiting van die staatsaak die Hof van oordeel is dat daar geen getuienis is dat die beskuldigde die misdaad, waarvan hy aangekla is of 'n ander misdaad waaraan hy skuldig bevind sou kon word, gepleeg het nie, 'n uitspraak van onskuldig kan lewer. Die begrip "geen getuienis" is in hierdie verband uitgelê as synde geen getuienis waarop 'n redelike man die beskuldigde sou kon skuldig bevind nie. In hierdie verband sien SHEIN 1925 AD 6 en veral op 9.

2009 JDR 0238 p3

Le Grange R

Die geloofwaardigheid van die getuienis by die ontslag stadium is nie 'n wesenlike faktor nie, behalwe as die getuienis so swak of ongeloofbaar is dat geen redelike persoon dit kan aanvaar nie. (Sien S V MTHETWA 1983 (4) SA 262 (K).)

Dit is ook beslis in S v LUBAXA 2001 (4) SASV 1251 (HHA) op 1256] dat waar daar 'n enkele beskuldigde is en by die afsluiting van die staatsaak geen moontlikheid is van 'n skuldigbevinding tensy die beskuldigde self inkriminerend sou getuig nie, is die versuim om te slaan 'n verbreking van 'n beskuldigde se reg tot 'n billike verhoor.

Dit as rigsnoere, is dit belangrik om die getuienis van die staat te evalueer. Dit is gemeensaak dat die polisie op die aand van die voorval op twee geleenthede by die huis van Xolani Mnxakhwe was. Op die eerste geleentheid het die polisie hom versoek om die geraas van die musiek by sy woning te verminder, aangesien daar 'n klagte gekom het van rusverstoring. 'n Onderonsie het ontstaan waarna die polisie die toneel verlaat het.

Na 'n kort rukkie het die polisie teruggekeer met versterkings. Dit is by...

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT