S v Burger

JurisdictionSouth Africa

S v Burger
1975 (2) SA 601 (C)

1975 (2) SA p601

Citation

1975 (2) SA 601 (C)

Court

Kaapse Provinsiale Afdeling

Judge

Van Zijl R, Baker R en Burger R

Heard

August 26, 1974

Judgment

December 30, 1974

Flynote : Sleutelwoorde

Strafreg — Dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg — Poging tot — Wat uitmaak — Kan in baie maniere gepleeg word — Kind omgery deur beskuldigde — Beskuldigde het valse verklaring aan polisie afgelê — Beskuldigde het verklaar dat sy kar kort tevore gesteel is — Bedoeling om polisie van sy spoor af te bring — Vonnis — Strafproses — Vonnis — Aantal klagtes van dieselfde aard — Benadering deur hof.

Headnote : Kopnota

Appellant is skuldig bevind aan 'n poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Die wese van die klagte was dat hy 'n valse verklaring aan die polisie afgelê het. Uit die getuienis het dit geblyk dat om 11.20 nm. op 'n sekere aand hy 'n seuntjie omgery het. Daarna het hy 'n valse verklaring gemaak dat sy kar ongeveer 11 nm. op daardie aand gesteel is. Dus was dit 'n geval van fabrisering van 'n belangrike stuk informasie, buite 'n hof, voor enige hofverrigtinge begin het, en selfs voor 'n klagte van strafbare manslag teen hom gelê is. In hoër beroep is aangevoer dat die appellant nie daardie misdaad gepleeg het nie.

Beslis, dat die verloop van die gereg in baie maniere verydel kon word en dat 'n valse verklaring aan die polisie, bevattende bewerings wat bedoel is om hulle van die spoor van die ware misdadiger af te bring, maar een daarvan is (BURGER, R., afwykend).

Die reg in verband met hierdie en soortgelyke misdade breedvoerig bespreek.

Een vonnis t. o. v 'n aantal klagtes kan opgelê word nie slegs as hulle van dieselfde aard is nie maar ook as hulle bowendien feitlik aan mekaar skakel; maar dit is in beginsel verkieslik om elke klagte, wat strafoplegging betref, afsonderlik te behandel.

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal law — Defeating or obstructing the course of justice — Attempt to — What constitutes — Can be committed in many ways — Child run over by accused — Accused making a false statement to the police — Accused stating that his car had been stolen shortly before — Intention to lead the police off his track — Sentence — Criminal procedure — Sentence — Several charges of same nature — Approach by court.

Headnote : Kopnota

Appellant was convicted of an attempt to defeat or obstruct the course of justice. The substance of the charge was that he had made a false statement to the police. From the evidence it appeared that at 11.20 p. m. on a certain evening he had run over a child. Subsequently he made a false statement that his car had been stolen on that evening at about 11 p. m. It was thus a case of fabricating an important piece of information, outside a court, and before any court proceedings had commenced, and even before a charge of culpable homicide had been laid against him. In an appeal it was contended that the appellant had not committed that offence.

Held, that the course of justice could be defeated in many ways and that a false statement to the police containing allegations intended to lead them off the track of the true offender was but one of them (BURGER, J., dissenting).

The law in connection with this and such like offences fully discussed.

1975 (2) SA p602

One sentence in respect of a number of charges can be imposed not only if they are of the same nature but, furthermore, if they are in point of fact closely linked with each other; but it is preferable in principle, as far as imposing sentence is concerned, to deal with each charge separately. A

Case Information

Appèl teen skuldigbevindinge in 'n streekhof. Feite wat nie van belang is nie is weggelaat.

D. van Reenen, as amicus curiae, namens die appellant.

C. F. du Plessis, namens die Staat.

Cur adv vult.

Postea (Desember 30).

Judgment

Baker, R.:

Die appellant in hierdie saak, 'n gewese polisieman, het tereg gestaan voor die streekhof van die Kaap gehou te C Parow op 28 Maart van hierdie jaar, op ses klagtes, t. w. eerstens strafbare manslag en, in die alternatief, oortreding van art. 138 van Ord. 21 van 1966 (K), d. w. s. nalatige of roekelose bestuur. Tweedens, 'n poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Derdens, 'n oortreding van art. 135 (1) (b) van bedoelde Ordonnansie (versuim om die aard van beserings vas te stel). Vierdens, D oortreding van art. 135 (1) (c) van bedoelde Ordonnansie (versuim om hulp te verleen aan beseerde). Vyfdens, oortreding van art. 135 (1) (d) van die bedoelde Ordonnansie (versuim om aard van skade vas te stel). Sesdens, oortreding van art. 135 (1) (f) van bedoelde Ordonnansie (versuim om ongeluk aan polisie te rapporteer).

Die appellant is skuldig bevind op klagtes 1, 2 en 6, d. w. s. E aan strafbare manslag, aan poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg, en oortreding van art. 135 (1) (f) van Ord. 21 van 1966 (versuim om ongeluk aan polisie te rapporteer). Die klagtes is saamgevat vir doeleindes van vonnis en hy is gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf. Sy bestuurderslisensie is geëndosseer.

F Hy kom nou in hoër beroep voor hierdie Hof teen beide die meriete en die vonnis, op sewe gronde van appèl waarna ek later sal verwys. Ek haal nou die klagstate aan met betrekking tot klagtes 1, 2 en 6.

Klagte 1 lui dat die beskuldigde skuldig is aan die misdaad van strafbare manslag, andersins dat hy skuldig is aan die misdryf van oortreding van art. 135 (1) van Ord. 21 van 1966, deurdat G hy op 27 Oktober 1972 en te of naby Wingfield Boulevard in die distrik van Goodwood vir 'n seuntjie, Michael Cameron O'Brien, gedood het en in die alternatief dat hy op genoemde datum en plek 'n voertuig, t. w. 'n Chevrolet motorkar, op 'n publieke pad, d. w. s. Wingfield Boulevard, roekeloos of nalatig bestuur het.

Klagte 2 lui dat hy skuldig is aan die misdaad van poging tot H dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg deurdat hy op 27 Oktober die bestuurder was van gemelde Chevrolet en ongeveer 11 nm. op Wingfield Boulevard in 'n botsing met 'n ander voertuig betrokke was en dat kort na hierdie botsing hy van die ongelukstoneel weggegaan het sonder om sy identiteit te openbaar en dat hy toe op 28 Oktober 1972 na die

1975 (2) SA p603

Baker R

polisie op Goodwood gegaan het en aldaar 'n verklaring afgelê het dat sy kar op 27 Oktober 1972 naby die Vasco Hotel sonder sy toestemming verwyder was, en nademaal hy bewus was dat hyself die motor tydens die ongeluk bestuur het, en dat sy motor nie deur enige ander persone geneem was soos hy aan die A polisie rapporteer het nie, hy op of omtrent 28 Oktober wederregtelik en onwettiglik en met die opset om die verloop van die gereg te dwarsboom gepoog het om die verloop van die gereg te dwarsboom of te belemmer.

Klagte 6 lui dat die beskuldigde skuldig is aan 'n oortreding van art. 135 (1) (f) van die Ordonnansie deurdat op of omtrent B 27 Oktober 1972 en op Wingfield Boulevard, 'n openbare pad in die distrik van die Kaap, hy, synde die bestuurder van gemelde Chevrolet wat betrokke was of bygedra het tot 'n ongeluk waarin 'n ander persoon gedood of beseer was, wederregtelik en onwettiglik versuim het om sodra dit redelik prakties was en in elk geval binne 24 - uur na die ongeluk gebeur het, die ongeluk aan 'n polisiebeampte by 'n C polisiekantoor of by 'n kantoor deur 'n bevoegde gesag vir gebruik deur 'n verkeersbeampte afgesonder, te rapporteer en die inligting te verstrek soos in art. 135 (1) (e) van genoemde Ordonnansie bepaal word.

In verband met klagte 1 is die volgende erkennings deur die beskuldigde gedoen (ek mag terloops sê dat hy onverteenwoordig was tydens die verhoor en namens homself opgetree het):

(i)

D dat die identiteit van die oorledene erken is as Michael Cameron O'Brien;

(ii)

dat die oorledene oorlede is as gevolg van ruptuur van die lewer weens beserings opgedoen in 'n botsing op 27 Oktober 1972 op 'n openbare pad soos in die aanklag uiteengesit;

(iii)

E dat die oorledene geen verdere beserings en letsels opgedoen het vanaf die tyd van botsing totdat 'n regsgeneeskundige ondersoek, 'n lykskouing, op sy liggaam uitgevoer is nie;

(iv)

dat die bevinding van die regsgeneeskundige ondersoek betreffende oorledene as korrek erken word en dat daar F toegestem word tot die inhandiging van die verslag oor 'n regsgeneeskundigde lykskouing as bewysstuk "B";

(v)

dat geen lid van die mediese, verpleging, hospitaal, ambulans of S. A. Polisie personeel verantewoordelik gehou kan word of bygedra het tot die dood van die oorledene nie.

G Wat betref bewysstuk "B", die verslag van die patoloog wat die nadoodse ondersoek op die seuntjie uitgevoer het, blyk dit dat die kind oorlede is as gevolg van 'n ruptuur van die lewer met bloeding binne-in die peritonale holte (buikholte). Daar is etlike kneusings en skaafwonde oor die kind se liggaam maar die is nie van belang vir huidige doeleindes nie en ek gaan nie daarop in nie.

H Ek handel nou met die getuienis met betrekking tot klagte 1.

[Die geleerde Regter het daardie getuienis ontleed, die skuldigbevinding bevestig en soos volg voortgegaan].

Ek kom nou by die betoog i. v m. die tweede klagte. Mnr. Van Reenen het die submissie gemaak dat die appellant se beweegrede vir die aflê van die valse verklaring (dat sy motor gesteel is) was om die polisie van sy spoor af te bring en "uitstel van die dag van afrekening" te kry. Dit is betoog dat appellant nie gedink het dat hy die gevolge van sy optrede (die

1975 (2) SA p604

Baker R

strafbare manslag klagte) sou ontduik nie, maar slegs gehoop het om afrekening vir 'n tydlank uit te stel. As dit so is, het mnr. Van Reenen gesê, dan is appellant skuldig aan 'n poging tot "vertraging". Maar die verweer is skok; en die bewyslas is A op appellant om te bewys dat hy onwetend...

To continue reading

Request your trial
23 practice notes
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...75S v Brown 2015 (1) SACR 211 (SCA) .................................................. 350S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ........................................................... 247S v Cedars 2010 (1) SACR 75 (GNP) ................................................... 204-5S v Cekiso 1990 ......
  • S v Pakane and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1948 (4) SA 686 (A): referred toS v Abrahams 2002 (1) SACR 116 (SCA): referred toS v Botha 2006 (2) SACR 110 (SCA): comparedS v Burger 1975 (2) SA 601 (C): referred toS v De Oliveira 1993 (2) SACR 59 (A): referred toSvE1979 (3) SA 973 (A): referred toS v Fatyi 2001 (1) SACR 485 (SCA): refer......
  • Strafverydeling en Diepliggende Konflikdilemmas: Opmerkinge oor die Menslikheidsbegrensing van die Strafreg
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...v Zackon 1919 AD 175 182-183; S v Mdakani 1964 3 SA 311 (T) 318.111R v Fourie 1937 AD 31; R v Bekker 1956 2 SA 279 (A).112S v Burger 1975 2 SA 601 (C) 616-617; S v Bazzard 1992 1 SACR 302 (NK) 306; Snyman 1978 SALJ458; Hunt & Milton Criminal Law 111.113Hunt & Milton Criminal Law 120-124.114......
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...244; 247; 255S v Brumpton 1976 (3) SA 236 (T) ....................................................... 237S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ............................................................ 86; 360S v Burgers 1976 (4) SA 578 (O) .............................................................
  • Request a trial to view additional results
17 cases

  • S v Tshoba en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die regspleging of 'n poging daartoe, en dat sodanige B misdryf dikwels die bestanddele van bedrog behels (vgl bv S v Burger 1975 (2) SA 601 (K) op 610E - H; S v Sauerman 1978 (1) SA 1073 (N) op 1078A en E; en in die algemeen, S v Mene and Another 1988 (3) SA 641 (A)). Maar dit is nie d......
  • Ramsay v Minister van Polisie en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...moet word. Tydens 'n konsultasie sou 'n kwaadwillige persoon klaarblyklik die misdaad van regverydeling kon pleeg. Sien S v Burger G 1975 (2) SA 601; R v Bekker 1956 (2) SA te 282C - D; Burchell en Hunt SA Criminal Law and Procedure band 2 te 152; De Wet en Swanepoel SA Strafreg 2de uitg te......
  • S v Mshumpa and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...2005 (6) SA 215 (SCA): referred to S v Bierman 2002 (2) SACR 219 (CC) (2002 (5) SA 243; 2002 (10) BCLR F 1078): referred to S v Burger 1975 (2) SA 601 (C): referred S v Colt and Others 1992 (2) SACR 120 (E): distinguished S v Daniels 1963 (4) SA 623 (E): referred to S v Hlapezula and Others......
  • Request a trial to view additional results
6 books & journal articles
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...75S v Brown 2015 (1) SACR 211 (SCA) .................................................. 350S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ........................................................... 247S v Cedars 2010 (1) SACR 75 (GNP) ................................................... 204-5S v Cekiso 1990 ......
  • Strafverydeling en Diepliggende Konflikdilemmas: Opmerkinge oor die Menslikheidsbegrensing van die Strafreg
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...v Zackon 1919 AD 175 182-183; S v Mdakani 1964 3 SA 311 (T) 318.111R v Fourie 1937 AD 31; R v Bekker 1956 2 SA 279 (A).112S v Burger 1975 2 SA 601 (C) 616-617; S v Bazzard 1992 1 SACR 302 (NK) 306; Snyman 1978 SALJ458; Hunt & Milton Criminal Law 111.113Hunt & Milton Criminal Law 120-124.114......
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...244; 247; 255S v Brumpton 1976 (3) SA 236 (T) ....................................................... 237S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ............................................................ 86; 360S v Burgers 1976 (4) SA 578 (O) .............................................................
  • A note on the introduction of the nullum crimen, nulla poena sine lege or principle of legality in the South African asset forfeiture jurisprudence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 24 Mayo 2019
    ...of Public Pr osecutions: Asset Forfeiture Un it (AFU), Port Elizabeth and At torney of the High Court of South Africa.1 S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) at para [616].247(2016) 29 SACJ 247© Juta and Company (Pty) for both criminal 2 and civil3 forfeiture reg imes. The proceedings for both reg......
  • Request a trial to view additional results
23 provisions
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...75S v Brown 2015 (1) SACR 211 (SCA) .................................................. 350S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ........................................................... 247S v Cedars 2010 (1) SACR 75 (GNP) ................................................... 204-5S v Cekiso 1990 ......
  • S v Pakane and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1948 (4) SA 686 (A): referred toS v Abrahams 2002 (1) SACR 116 (SCA): referred toS v Botha 2006 (2) SACR 110 (SCA): comparedS v Burger 1975 (2) SA 601 (C): referred toS v De Oliveira 1993 (2) SACR 59 (A): referred toSvE1979 (3) SA 973 (A): referred toS v Fatyi 2001 (1) SACR 485 (SCA): refer......
  • Strafverydeling en Diepliggende Konflikdilemmas: Opmerkinge oor die Menslikheidsbegrensing van die Strafreg
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...v Zackon 1919 AD 175 182-183; S v Mdakani 1964 3 SA 311 (T) 318.111R v Fourie 1937 AD 31; R v Bekker 1956 2 SA 279 (A).112S v Burger 1975 2 SA 601 (C) 616-617; S v Bazzard 1992 1 SACR 302 (NK) 306; Snyman 1978 SALJ458; Hunt & Milton Criminal Law 111.113Hunt & Milton Criminal Law 120-124.114......
  • 2007 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...244; 247; 255S v Brumpton 1976 (3) SA 236 (T) ....................................................... 237S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) ............................................................ 86; 360S v Burgers 1976 (4) SA 578 (O) .............................................................
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT