S v Bernardus

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Rumpff AR, Holmes AR, Wessels AR en Potgieter Wn AR
Judgment Date20 May 1965
Citation1965 (3) SA 287 (A)
Hearing Date29 March 1965
CourtAppellate Division

H Steyn, H.R.:

Die appellant het in die Hof a quo op 'n aanklag van moord tereggestaan. Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar op voorwaarde dat hy gedurende daardie tydperk nie 'n misdaad pleeg waarvan geweld 'n bestanddeel is nie en waarvoor 'n vonnis van gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete opgelê kan word, en ook tot ses houe met die rottang. Die Staat het beweer dat die appellant die oorledene met 'n kierie doodgegooi het. Die appellant het dit nie betwis

Steyn HR

dat hy die kierie met noodlottige gevolge gegooi het nie. Sy verweer was dat hy nie, toe hy die gedoen het, redelikerwyse kon voorsien dat dit die oorledene dodelik sou tref nie, dat daar daarom geen culpa aan sy A kant was nie en dat hy bygevolg nie aan strafwaardige manslag skuldig is nie. Die Verhoorhof het bevind dat die gooi van die kierie 'n onregmatige aanranding was wat die dood veroorsaak het, en dat die appellant bygevolg wel skuldig is, afgesien daarvan of hy die gevolg kon voorsien het al dan nie. Die volgende regsvraag is voorbehou:

'Of iemand skuldig is aan die misdaad van strafbare manslag indien B hy 'n ander wederregtelik aanrand en sodoende sy dood veroorsaak, maar onder omstandighede waarin hy nie redelikerwyse die dood kon voorsien het nie.'

Die bekende leerstuk van versari in re illicita word deur hierdie vraag in die midde gestel. By 'n vorige geleentheid, in S v van der Mescht, C 1962 (1) SA 521 (A.A.), het hierdie Hof hom oor daardie leerstuk uitgespreek, en dit verwerp. In daardie geval het dit egter gegaan oor 'n ander soort onwettige daad, nl. die ongemagtigde smelt van goudbevattende stof, wat doodsgevolge gehad het, en nie oor 'n aanranding met noodlottige gevolge nie, en die meerderheid van die Hof het hulle daarvan weerhou om 'n mening uit te spreek oor die vraag of D die verwerping van die versari-leer ook moet geld wat so 'n aanranding betref. Daardie vraag moet nou beantwoord word.

'n Bevestigende antwoord sou sy regverdiging daarin moet vind dat noodlottige aanrandings op 'n besondere voet staan, wat die instandhouding van hierdie leerstuk ten opsigte van sulke aanrandings vereis, ten spyte daarvan dat dit nie geld nie vir ander gevalle van E wederregtelike optrede wat die dood teweegbring.

In S v van der Mescht, supra op bl. 534, is bevind dat hoewel daar by ons gemeenregtelike skrywers steun vir 'n versari-leer te vind is, so 'n leer geensins algemeen aanvaar was nie, en dat sommige wat dit wel F aanvaar het, dit gedoen het met 'n belangrike voorbehoud ten aansien van die aard van die res illicita, nl. dat dit meesal tot die gevolg lei of waarskynlik daartoe kan lei. Wat wederregtelik noodlottige aanrandings betref, kan ek by ons skrywers geen besondere grondslag vind wat sulke aanrandings op 'n eie voet stel vir differensiërende G benadering nie. Hulle behandel wat ons moord en strafbare manslag sou noem onder die enkele hoof 'doodslag' of 'misdaad teen die lewe'. Wat die objektiewe bestanddele van wederregtelikheid en kousaliteit betref, is daar geen verskil tussen die twee misdade nie, en hul het toe blykbaar nog nie tot afsonderlike misdade ontwikkel nie. By die bestraffing van doodslag is egter 'n verskil getrek tussen doodslag met opset en doodslag deur nalatigheid of versuim gepleeg.

H Damhouder, Practyke van Criminele Zaken, Chap. 70, noem voorbeelde van doodslag deur verwonding waaruit af te lei is dat slegs op die oorsaaklike verband tussen die verwonding en die dood gelet word en nie op die skuld van die verwonder ten aansien van die dood nie. Hy sê, bv., dat indien iemand 'n sieke beseer, sonder dat die wond dodelik is, en die sieke nogtans sterf, dan word die beseerder as 'n doodslaer gestraf, nie anders nie asof hy 'n gesonde mens beseer het. Hy gebruik ook die spreekwyse van die versari-leer. In Chap. 77 beweer hy nl. dat

Steyn HR

wanneer gesê word dat 'avontuurlijke doodslagen' verskoon word, dan is dit so te verstaan:

'Indien den doodslager een geoorloofde zake heeft gedaan, ende alsoo by avontuur yemand heeft gedood, want andersins soude hy strafbaar zijn.'

In Chap. 78 handel hy dan verder met 'avontuurlijke doodslagen', en sê A dat van doodslag verskoon word, almal wat 'n geoorloofde ding doen en 'by avontuur' iemand daardeur dood, met die voorbehoud dat hy na goeddunke van die Regter gestraf kan word indien bevind word dat hy enigsins skuldig is. Daarop behandel hy dan die verskillende skuldvorms. Hoewel hy nie uitdruklik verklaar, dat by 'n ongeoorloofde aanranding, B skuld ten aansien van die dood geen vereiste vir strafbare doodslag is nie, blyk dit, meen ek, duidelik genoeg uit sy opmerkings dat dit wel sy standpunt is. (Vgl. Barels, Crimineele Advysen, No. 42 bl. 222; Hollandse Consultatien 2, Cons. 328). Soos blyk uit Swanepoel, Die Leer van Versari in re Illicita in die Strafreg, bl. 41 e.v., is daar ook ander van ons gemeenregtelike skrywers by wie daar steun vir hierdie C standpunt by doodslag te vind is, of by wie ten minste die naklanke bespeur word van 'n versari-leer wat toe reeds besig was om sy gesag te verloor.

Dit wil egter voorkom asof veral van ons latere skrywers hierdie leer, ook by doodslag, of miskien moet ek sê meer bepaald by doodslag, versaak D het. Volgens de Groot, Inleiding, 3.33.2, omvat die misdaad teen die lewe 'alles waer door den eene mensch des anders mensches dood onbehoorlick veroorsaeckt'. Van die woord 'onbehoorlick' gee hy geen nadere omskrywing nie. Van der Linden, in sy Latynse vertaling van die Inleiding, gee dit weer as 'injuste', d.w.s. onregmatig. De Groot, De Jure Belli ac Pacis, 2.17.13, gebruik dieselfde Latynse woord met E betrekking tot 'n doodslag deur iemand wat nie die reg het om die daad te verrig waaruit die dood volg nie. Dat dit nie hier bedoel is om op 'n skuldlose strafregtelike gevolgsaanspreeklikheid te slaan nie, blyk uit wat de Groot verder aan sê. In 3.33.5 sê hy nl. dat by die straf groot onderskeid te maak is of 'n doodslag 'moordelick' geskied het, dan of F dit nie deur 'arren moede' nie maar deur versuim gebeur het. Van der Linden, in sy genoemde vertaling, gee 'arren moede' weer as 'maligno animo', d.w.s. met boos opset, en 'versuim' as 'culpa'. Die geval van skuldlose doodslag noem de Groot nie. Blykbaar kom dit nie vir straf in aanmerking nie. Hy verduidelik verder dat, sover dit vergoeding van G afhanklikes aangaan, daar nie op hierdie onderskeid gelet word nie. Daarvoor is voldoende dat die dood deur iemand se skuld (van der Linden: 'culpa') plaasgevind het, waaronder inbegrepe is versuim of onwetendheid van 'n geneesheer of vroedvrou en die versuim of onverstand van 'n koetsier of skipper. In para. 6 sê hy dat iemand wat 'n wilde of ander bees aanhou wat gewoond is om kwaad te doen 'ende 't selve niet wel en H versekerde', aan doodslag skuldig is, wat vergoeding betref; en in para. 8 noem hy as onskuldig persone wat met wapens oefen waar dit gewoonlik gebeur, of bome snoei wat nie langs die pad is nie, of indien wel langs die pad, verbygangers deur geroep waarsku. Ek kan by de Groot geen aanduiding vind nie dat hy by 'n aanranding, of by 'n ander onwettige daad met doodsgevolge, die veroorsaking van die gevolg as sulks, sonder skuldverband, as strafbare doodslag beskou het.

Steyn HR

Matthaeus, De Criminibus, Prok. 1.2 - 4, stel die skuldvereiste by misdade in die algemeen, op dolus en culpa. Hy noem geen uitsondering wat doodslag betref nie. Waar hy in 48.5.3. met die straf van doodslag handel, trek hy 'n verskil slegs tussen dolus en culpa. Culpa word A ligter gestraf. Culpa lata word nie met dolus gelykgestel nie, en wat culpa levis betref, is die geleerdes, sê hy, geneë om dit nie as misdaad te brandmerk nie. Inderdaad moet 'n voorval wat vry is aan skuld (casus culpa vacuus) aan die noodlot en toeval toegereken word, en nie aan 'n B vergryp nie. Soos Plato sê, geen wetgewer kan aan die toeval iets voorskryf nie. Van wat 'n toeval sou wees, gee hy geen beskrywing wat, soos dié van Damhouder, aan die versari-leer ontleen sou kan wees nie. (Vgl. sy advies in Utrechtse Consultatien 2, Cons. 120).

Van Leeuwen, Roomsch-Hollandsch-Recht, 4.34.1, gee dieselfde omskrywing van doodslag as de Groot, en hou hom dan verder besig met die C bestraffing daarvan. Nadat hy in para. 7 gesê het dat die gewone straf nie toegepas word nie by 'n doodslag wat nie moedswillig of met opset geskied het nie, maar alleen deur nalatigheid, gaan hy in para. 10 voort:

'Indien met het geen dat buiten alle versuim en schuld op behoorlijke wys en geoorloofde maniere geschied, iemand quam te verongelukken, is het selve niet strafbaar.'

D Hierdie bewering, wat enigsins ooreenstem met de Groot, 3.33.7, neem hy, net soos ook de Groot, nie verder nie. Hy sê nie dat gestraf word of hoe gestraf word, waar iemand sonder dat 'n ander skuld het ten aansien van die dood, verongeluk deur iets wat op 'n onbehoorlike wyse en E ongeoorloofde manier geskied. Wat aanspreeklikheid vir vergoeding betref, neem hy in para. 14 dieselfde standpunt as de Groot in. In sy Censura Forensis, 1.5.2.3, gee hy, by die toepassing van wat hy dolus in genere noem, wel uiting aan 'n versari-begrip, maar hy doen dit nie so dat dit op 'n duidelike aanvaarding van skuldlose gevolgsverant-woordelikheid neerkom nie. Hy sê nl. dat dolus in genere aanwesig is waar iemand opsetlik 'n daad verrig waaruit die dood F waarskynlik kan volg. Waar iemand 'n ander met 'n swaard aanval, al is dit slegs met die bedoeling om te wond, dan pleeg hy homicidium voluntarium. Hy handel dolose omdat hy wond en daarmee die dood veroorsaak, want hy behoort te weet (scire enim debuit) dat, veral met 'n swaard, wonde nie volgens maat toegedien kan word nie en dat die dood G meesal regstreeks uit hulle volg. Nadat hy dit gesê het, voeg hy skynbaar ter verdere motivering by: omdat hy wat 'n ongeoorloofde ding doen, verantwoordelik is...

To continue reading

Request your trial
84 practice notes
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The King (1936) 67 CCC 28 (SCC): referred to S v Banda and Others 1990 (3) SA 466 (B): dictum at 500 - 1 applied S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): dictum at 305B - F S v Bhulwana; S v Gwadiso 1995 (2) SACR 748 (CC) (1996 (1) SA 388; 1995 (12) BCLR 1579): compared E S v Boesak 2001 (1) SA......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Sien R v Geere 1952 (2) SA 319 (A). Na die afskaffing van die leerstuk van versari in re illicita in die saak van S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) is daar in die strafreg nie meer ruimte vir 'n redenasie dat 'n beskuldigde aan strafbare manslag skuldig bevind kan word sonder dat hy 'n geme......
  • S v Coetzee and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Sons Ltd [1951] 2 KB 135 ([1951] 1 All ER 606) S v Andrews 1982 (2) SA 269 (NC) S v Arenstein 1967 (3) SA 366 (A) S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) E S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579) S v Blaauw 1989 (1) SA 202 (A) S v Claasen 1979 (4)......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The King (1936) 67 CCC 28 (SCC): referred to S v Banda and Others 1990 (3) SA 466 (B): dictum at 500 - 1 applied B S v Bernadus 1965 (3) SA 287 (A): dictum at 305B - F S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579): compared S v Boesak 2001 (1) SA ......
  • Request a trial to view additional results
77 cases
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The King (1936) 67 CCC 28 (SCC): referred to S v Banda and Others 1990 (3) SA 466 (B): dictum at 500 - 1 applied S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): dictum at 305B - F S v Bhulwana; S v Gwadiso 1995 (2) SACR 748 (CC) (1996 (1) SA 388; 1995 (12) BCLR 1579): compared E S v Boesak 2001 (1) SA......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Sien R v Geere 1952 (2) SA 319 (A). Na die afskaffing van die leerstuk van versari in re illicita in die saak van S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) is daar in die strafreg nie meer ruimte vir 'n redenasie dat 'n beskuldigde aan strafbare manslag skuldig bevind kan word sonder dat hy 'n geme......
  • S v Coetzee and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Sons Ltd [1951] 2 KB 135 ([1951] 1 All ER 606) S v Andrews 1982 (2) SA 269 (NC) S v Arenstein 1967 (3) SA 366 (A) S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) E S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579) S v Blaauw 1989 (1) SA 202 (A) S v Claasen 1979 (4)......
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The King (1936) 67 CCC 28 (SCC): referred to S v Banda and Others 1990 (3) SA 466 (B): dictum at 500 - 1 applied B S v Bernadus 1965 (3) SA 287 (A): dictum at 305B - F S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579): compared S v Boesak 2001 (1) SA ......
  • Request a trial to view additional results
7 books & journal articles
  • Author index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...453S v Beja 2003 1 SACR 168 (SE) ............................................................. 131S v Bernardus 1965 3 SA 287 (A) ......................................................... 250S v Beukes [2003] JDR 0788 (T) ........................................................... 253S v Bl......
  • Strict liability in South African criminal law
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...authorities relevant to the doctrine of versari in re illicita in S v van der Mescht 1962(1) 521 (A) 530-535; see also S v Bernardus 1965(3) SA 287 (A) at 290-294. 82 See for example Steyn, CJ's critique of R v Matsepe and R v Wallendorf in S v van der Mescht 1962(1) 521 (A) at 529-530, 534......
  • Medical negligence as a causative factor in South African criminal law: Novus actus interveniens or mere misadventure?
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...‘wanton’, ‘willful’ or ‘culpable’ have also been used by the courts — see McCall Smith op cit (n43) 139.65 See S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A). See Burchell (2005) op cit (n2) 544-5: ‘Courts must be vigilant in ensuring that the versari doctrine does not again surface, even in a disguised......
  • Criminal liability and policy considerations in the context of high speed pursuits
    • South Africa
    • De Jure No. 45-3, January 2012
    • 1 January 2012
    ...of a novus actus interveniens. 44 See Snyman 153-154 for the meaning of the versari in re illicita doctrine. InS v Bernardus 1965 3 SA 287 (A) the court rejected this 448 2012 De Jurecausation is applied, it could be argued that in the normal course ofevents, it could be expected that shoul......
  • Request a trial to view additional results
85 provisions
  • S v Thebus and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The King (1936) 67 CCC 28 (SCC): referred to S v Banda and Others 1990 (3) SA 466 (B): dictum at 500 - 1 applied S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): dictum at 305B - F S v Bhulwana; S v Gwadiso 1995 (2) SACR 748 (CC) (1996 (1) SA 388; 1995 (12) BCLR 1579): compared E S v Boesak 2001 (1) SA......
  • S v Manamela and Another (Director-General of Justice Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to G S v Bequinot 1997 (2) SA 887 (CC) (1997 (1) SACR 369; 1996 (12) BCLR 1588): dictum in para [12] applied S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): referred to S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579): referred to S v Bochris Investments (......
  • Thoroughbred Breeders' Association v Price Waterhouse
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to Rawles v Barnard 1936 CPD 74: compared E Rowe v Turner Hopkins & Partners [1980] 2 NZLR 550: referred to S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A): referred S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A): referred to Sayers v Harlow Urban District Council [1958] 2 All ER 342 (CA): considered......
  • Magmoed v Janse van Rensburg and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Sien R v Geere 1952 (2) SA 319 (A). Na die afskaffing van die leerstuk van versari in re illicita in die saak van S v Bernardus 1965 (3) SA 287 (A) is daar in die strafreg nie meer ruimte vir 'n redenasie dat 'n beskuldigde aan strafbare G manslag skuldig bevind kan word sonder dat hy 'n ge......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT