S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander

JudgeFlemming R en Stafford Wn R
Judgment Date17 August 1984
Hearing Date29 March 1984
CourtTransvaal Provincial Division

Flemming R:

Blykens die klagstaat het die Staat aangevoer dat drie persone op elk van twee klagtes van oortreding van art 31 (1) (b) van die Wet op Padvervoer 74 van 1977, skuldig bevind B moes word. Die eerste beskuldigde was telkens die maatskappy wat handeldryf as Alex Carriers (Pty) Ltd, verteenwoordig deur 'n direkteur, wat telkens omdat hy 'n direkteur is, as tweede beskuldigde gefigureer het. By beide klagtes was die onderskeie bestuurders van die voertuie die derde beskuldigde, maar die klagtes teen hierdie beskuldigdes is by die aanvang van die verhoor teruggetrek. Op beide klagtes C is beskuldigde 1 en beskuldigde 2 te Warmbad skuldig bevind. Appèl is slegs teen die skuldigbevindings aangeteken.

Vir beoordeling van die appèl kan die twee klagtes saam gehanteer word. Volgens beide aanklagte is kartonne toiletpapier vervoer (onderskeidelik 534 en 673 kartonne). Dit D is formeel erken dat daardie vrag binne die grense van die Warmbad landdrosdistrik vervoer is op die voertuie en op die datums soos deur die Staat beweer. Dit is ook erken dat die twee voertuie deur magtigings OP 178603 en OP 173514 gedek was met eerste beskuldigde as houer daarvan. Die enigste mondelinge getuienis was afkomstig van die direkteur van eerste appellant, E mnr McKay, wat ook die tweede beskuldigde was.

Ten aansien van die eerste oortreding is beweer dat die misdryf begaan is deurdat die beskuldigde:

"being the holder of motor carrier permit OP 178603 issued on NB by the local road transportation board at NB in respect of motor vehicle NP 57564 did wrongfully carry on F motor carrier transportation otherwise than in accordance with the provisions of the said permit, in that he conveyed or permitted the conveyance of persons/goods, to wit 534 kartonne toiletpapier by means of motor vehicle NP 57564 whilst the holder of a permit, undertakes road transportation otherwise than in accordance with the G provisions of such permit, or contravenes or fails to comply with any condition or requirement thereof or any provision of s 24".

Behalwe dat by die tweede klag die datum en plek van uitreiking van die permit genoem is, vertoon die tweede aanklag dieselfde gebrek aan sorg en duidelikheid en dieselfde grammatiese slordigheid. Essensieel ooreenstemmende bewerings was teen die beskuldigdes gemaak.

H Appellant se eerste argument is dat die aanklagte fataal gebrekkig is. Dit is aangevoer dat misdrywe nie openbaar is nie omdat nie beweer is op welke van die alternatiewe wyses waarop verbode padvervoer kan plaas vind, die misdrywe begaan is nie. Ondanks die submissies namens die Staat, sou die gebrekkigheid I van die klagstaat toegegee moet word veral in die lig van die keuse wat hierdie Hof uitgeoefen het in R v Mnguni 1958 (4) SA 320 (T) en die algemene goedkeuring wat alreeds verleen is aan R v Leibbrandt 1953 (1) SA 594 (K). Die rede vir die gebrekkigheid sou egter bepaal of tersydestelling van die skuldigbevindings moet volg.

'n Klagstaat moet ten aansien van elke gedeelte van die handeling waardeur misdaadpleging plaasgevind het - selfs as J getuienis vanaf die Staat onnodig sou wees - bewerings omtrent die hoe en wanneer

Flemming R

daarvan bevat. Sowel versuim om te beweer as 'n onduidelike A wyse van bewering van so 'n komponent kan benadeling veroorsaak. Benadeling sou primêr 'n feitelike vraag wees en dit is skynbaar op daardie grondslag dat R v Matsapula 1952 (4) SA 39 (T) beslis is. (Skynbaar is daarin aanvaar dat die ekwivalent van die huidige art 31 (1) (a) in sigself 'n misdryf skep en nie slegs tesame met woordomskrywings nie. Moontlik B omdat die Staat nie vooraf ingelig is omtrent die Hof se bedenkinge nie, is 'n vroeëre beslissing van hierdie Afdeling ongenoemd.) By die oorweging daarvan of 'n klagstaat gebrekkig is, afgesien van vrae na byvoorbeeld benadeling of die mate waartoe wetsvoorskrifte soos art 84 (1) en 84 (2) (a) van die Strafproseswet 51 van 1977 die Staat se taak belas of verlig, was dit meermale nodig om te beslis wat die elemente is van die C misdryf wat in hierdie saak ter sprake is of wat in ooreenstemmende vorige wetgewing geskep is. Dit is by die navraag na die elemente van die misdryf dat die oorwig van gesag in die rigting gegaan het dat die ekwivalente van die huidige art 31 (1) (a) van die Wet op Padvervoer 1977 nie in D sigself'n misdryf skep nie, maar dat die woordomskrywing van "padvervoer" deel vorm van die misdryfskeppende statutêre bepaling en dat die toepaslike gedeelte of gedeeltes daarvan gevolglik in die klagstaat beweer moet word. Uit daardie regspraak blyk geen reël wat in sigself inhou dat 'n klagstaat fataal gebrekkig is telkens as alternatiewe wyses van pleging E daarvan nie beweer is nie of telkens as so 'n versuim voorkom wanneer dit regtens nodig is om te beweer welke alternatief 'n beskuldigde sou begaan het nie. Vergelyk ook R v Moyage and Others 1958 (3) SA 400 (A). Die implikasie van die betrokke lyn van regspraak is ook nie dat daar noodwendige of onvermydelike F benadeling ontstaan in sulke omstandighede nie.

Omdat die betrokke beslissings onlosmaakbaar draai om die bepaling van wat dit noodsaaklik is om te beweer, kom art 88 van die Strafproseswet 1977 ter sprake. Die voorganger van hierdie bepaling, art 179bis van die Strafproseswet 56 van 1955, is ingevoeg deur art 15 van Wet 16 van 1959, redelik kort na die Moyage- beslissing en die ontstaan van vaster vorm in die G genoemde lyn van beslissings. Behoudens 'n tans irrelevante voorbehoud, maak art 88 'n stelling wat uit getuienis blyk die ekwivalent van 'n bewering wat in die klagstaat self verskyn. Vermoedelik is die onderliggende redenering dat 'n beskuldigde dan wel geleentheid gehad het om die bepaalde feit te betwis.

Voordat oorweeg word of die gebrek in die klagstaat geheel is, H is dit wenslik om twee aspekte te noem. Die huidige klag verwys na art 31 (1) (b) van Wet 74 van 1977. Die regspraak wat voorheen genoem is het gegaan om art 31 (1) (a) of die voorgangers daarvan. Wat ookal die voorkeur mag gewees het as dit 'n totaal nuwe aangeleentheid was, lyk dit spitsvondig om I 'n onderskeidingsgrond te vind waardeur by art 33 (1) (b), anders as by art 31 (1)(a), die omskrywing van "padvervoer" in art 1 (1) en die voorskrifte van art 1 (2) buite die misdaadsomskrywing val. Tweedens moet genoem word dat dit nie aangevoer was dat die appèl moet slaag vanweë enige ander aspek van gebrekkigheid of benadeling as wat reeds genoem is nie. (Terloops kan genoem word dat tog oorweeg is en gekonkludeer is J dat getuienis darem die afleiding regverdig dat die

Flemming R

A vervoer op 'n "openbare pad" plaasgevind het, en dat daar geen benadeling daaruit ontstaan het dat die normale "Springs-Pietermaritzburg"-pad seker nie deur Warmbad loop nie.)

Ten aansien van die vraag of daar getuienis is wat die vervoer van die kartonne binne een van die vier moontlikhede bring wat B genoem word in art 1 (1) se omskrywing van "padvervoer", moet veral gelet word op wat uit die getuienis van mnr McKay blyk. Eerste beskuldigde is klaarblyklik nie 'n privaat individu met 'n amper onbeperkte reeks bedrywighede nie, maar 'n geïnkorporeerde maatskappy wat die vervoerbedryf betree het. Die maatskappy het meerdere werknemers en direkteure. McKay as bemarkingsbestuurder het as hooftaak gehad "to sell transport C to the various customers". Hoewel die maatskappy met oliemaatskappye begin sake doen het, het ander kliënte die maatskappy genader met versoeke om goedere te vervoer na verskeie punte. In die geval van so 'n versoek word daar dan pertinente oorweging geskenk aan die vraag of die permitte wat D die maatskappy hou, die betrokke vervoer sal magtig. In hierdie geval is die maatskappy genader deur 'n "customer" wat baie angstig was vir die maatskappy om die "work" te doen en weens onsekerheid omtrent die permitsituasie is belowe dat die kliënt weer gekontak sou word. In die omstandighede waar die maatskappy toe reeds in die "commercial market" was (in die E konteks van vervoer) is ingestem om die toiletpapier te vervoer vanaf Carlton Paper se persele in òf Wadeville òf Springs na òf Pietersburg òf Nelspruit, onder andere met die oog op probleme met bergplek in die laasgenoemde areas. Die versoek was nie vir die twee enkele besendings waarna die klagstaat verwys nie, maar wel 'n navraag "whether we were able F to take his goods". Alle aanduidings is in een rigting, naamlik dat eerste beskuldigde in die loop van die bedryf van 'n vervoeronderneming, klaarblyklik met die oog op...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • S v Smith
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... 74 van 1977 art 31 (1) (a) , (b) ; S v Delport Overland Services (Pty) Ltd and Another  1975 (2) SA 286 (T); S v Alex Carriers (Pty) Ltd and ... Wette 5de uitg op 153 - 4; S v Agsaam Beleggings (Edms) Bpk en 'n Ander  1985 (4) SA 423 (O); S v Ndlovu  1986 (1) SA 579 (T); S  J  v ... ...
  • S v Longdistance (Natal) (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of sugar was lawful, see S v Reids Transport (Pty) Ltd and Another 1982 (4) SA 197 (E); S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T). As to whether J © Juta and Company (Pty) Ltd 280 S v LONGDISTANCE (NATAL) (PTY) LTD AND OTHERS NICHOLAS AJA 1990 (2) SA 277 AD A the appellants......
  • Scagell and Others v Attorney-General, Western Cape, and Others *
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another 1946 AD 946 R v Abel 1948 (1) SA 654 (A) R v Haffejee and Another 1945 AD 345 E S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T) S v Arenstein 1964 (1) SA 361 (A) S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579) S v De Blom 1977 (......
  • S v Phika
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T): referred to  E  ... ...
  • Request a trial to view additional results
15 cases
  • S v Smith
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... 74 van 1977 art 31 (1) (a) , (b) ; S v Delport Overland Services (Pty) Ltd and Another  1975 (2) SA 286 (T); S v Alex Carriers (Pty) Ltd and ... Wette 5de uitg op 153 - 4; S v Agsaam Beleggings (Edms) Bpk en 'n Ander  1985 (4) SA 423 (O); S v Ndlovu  1986 (1) SA 579 (T); S  J  v ... ...
  • S v Longdistance (Natal) (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of sugar was lawful, see S v Reids Transport (Pty) Ltd and Another 1982 (4) SA 197 (E); S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T). As to whether J © Juta and Company (Pty) Ltd 280 S v LONGDISTANCE (NATAL) (PTY) LTD AND OTHERS NICHOLAS AJA 1990 (2) SA 277 AD A the appellants......
  • Scagell and Others v Attorney-General, Western Cape, and Others *
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another 1946 AD 946 R v Abel 1948 (1) SA 654 (A) R v Haffejee and Another 1945 AD 345 E S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T) S v Arenstein 1964 (1) SA 361 (A) S v Bhulwana; S v Gwadiso 1996 (1) SA 388 (CC) (1995 (2) SACR 748; 1995 (12) BCLR 1579) S v De Blom 1977 (......
  • S v Phika
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... S v Alex Carriers (Pty) Ltd en 'n Ander 1985 (3) SA 79 (T): referred to  E  ... ...
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT