Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Heerden AR, Harms AR, E M Grosskopf AR, Nienaber AR, Plewman AR
Judgment Date28 November 1996
Citation1997 (2) SA 337 (A)
Docket Number284/95
Hearing Date15 November 1996
CounselA P De Bourbon for the plaintiffs B W Burman as amicus curiae E W W Morris as amicus curiae
CourtAppellate Division

Van Heerden AR:

Gedurende 1967 het die partye 'n skriftelike prospekteerkontrak ('die eerste kontrak') aangegaan. Daarvolgens het die respondent as eienaar van die D mineraalregte ten opsigte van drie onderverdelings van die plaas Uitvalgrond in die distrik van Brits aan die appellant die reg verleen om 'in, of onder' die eiendomme te prospekteer vir minerale en metale. Hierdie reg sou voortduur vir 'n tydperk van drie jaar en dertig dae. Ingevolge klousule 9 het die appellant ook die reg verkry om voor verstryking van daardie tydperk die respondent se mineraalregte aan te koop teen E R150 per morg. Die totale oppervlakte van die drie gedeeltes was 31,7324 morg en die koopprys was gevolglik nagenoeg R4 760. Klousule 9(e) het egter soos volg bepaal:

'Indien die prospekteerder (die appellant) 'n hoër bedrag dan R150 per morg aan enige ander eienaar op die plaas betaal sal so 'n verhoogde bedrag onmiddellik op hierdie kontrak van toepassing wees en sal die eienaar (die respondent) daarop geregtig wees.' F

Die 'plaas' genoem in die klousule was die plaas Uitvalgrond wat blykbaar in 'n aansienlike aantal gedeeltes onderverdeel was. Ondanks onelegante bewoording is die strekking van die klousule andersins redelik duidelik. Dit kan naamlik soos volg G saamgevat word. Indien die appellant 'n hoër bedrag as R150 per morg sou betaal aan 'n ander eienaar van 'n onderverdeling van Uitvalgrond as koopprys van sy mineraalregte, sou daardie hoër prys as 't ware die koopprys gestipuleer in die prospekteerkontrak vervang.

Gedurende Februarie 1968 het die partye 'n verdere prospekteerkontrak ('die tweede H kontrak') aangegaan. Op twee uitsonderings na was die bepalings daarvan vir huidige doeleindes gelykluidend aan dié van die vorige kontrak. Die eerste was dat die tweede kontrak betrekking gehad het op die respondent se mineraalregte ten opsigte van twee onderverdelings van die plaas Roodekopjes in die distrik van Brits. Die totale grootte van hierdie twee gedeeltes was 33,8691 morg en die koopprys van R150 per I morg het dus iets meer as R5 000 bedra. Die tweede uitsondering blyk uit klousule 9(e) wat soos volg lui:

'Indien die prospekteerder 'n hoër bedrag as . . . R150 per morg . . . (aan) . . . enige ander eienaar in die Brits distrik betaal sal sodanige verhoogde bedrag ook op hierdie ooreenkoms van toepassing wees onmiddellik.'

(My kursivering.) J

Van Heerden AR

Op onderskeidelik 1 Oktober 1970 en 19 Maart 1971 het die appellant die twee A opsies uitgeoefen. Dit het meegebring dat die partye op 12 November 1971 'n notariële sessiedokument ('die akte') verly het. Daarvolgens het die respondent sy mineraalregte ten opsigte van die stukke grond vermeld in die twee kontrakte aan die appellant oorgedra. Ingevolge klousule 5 was die vergoeding wat aan die respondent betaalbaar was die som van R9 840,23 (bereken teen R150 per morg), en moes B betaling geskied teen registrasie van die akte in die akteskantoor. Hierdie bepalings is egter deur klousule 6(a) gekwalifiseer. Dit lui:

'Die voorafgaande bepalings van die vergoeding wat die sessionaris aan die sedeerder moet betaal desnieteenstaande, is en word ooreengekom dat: C

(a)

indien die sessionaris 'n hoër vergoeding as R150 . . . per morg vir mineraalregte aan enige ander eienaar daarvan ten opsigte van enige ander eiendom in die Brits distrik betaal, sodanige hoër bedrag onmiddellik ook op hierdie kontrak van toepassing word en dat die sedeerder dan gevolglik onmiddellik daarop geregtig is.'

Die akte is later geregistreer en die som van R9 840,23 aan die respondent betaal. D

Gedurende 1987 het die appellant betalings gemaak aan drie eienaars van mineraalregte met betrekking tot grond geleë in die distrik van Brits. Dit het geskied vanweë die aankoop van sodanige regte deur die appellant. Op 18 Junie 1987 is R1 695 per hektaar aan twee eienaars betaal, en op 25 Augustus 1987 R2 250 per E hektaar aan 'n derde eienaar. Omdat die appellant nie bereid was om weens hierdie gebeure enige verdere bedrag aan die respondent te betaal nie, het laasgenoemde toe 'n aksie teen die appellant in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling ingestel. Daarin is betaling van die som van R116 587,71, alternatiewelik R85 402,21, gevorder. Hierdie bedrae is bereken deur die totale oppervlakte van die stukke grond vermeld in die F twee prospekteerkontrakte (herlei na hektare) te vermenigvuldig met R2 250, alternatiewelik R1 695, en daarvan af te trek die som van R9 840,23 wat soos voornoemd aan die respondent betaal is.

Die vorderings was eerstens gebaseer op 'n aangevoerde vertolking van klousule 9(e) van die twee kontrakte en klousule 6(a) van die akte, en in die alternatief op die G gemeenskaplike bedoeling van die partye wat weens 'n gesamentlike oorsig nie getrou in daardie klousules weergegee is nie. Die strekking van beide aksiegronde was dat indien die appellant ooit meer as R150 per morg vir die aankoop van mineraalregte aan 'n betrokke eienaar sou betaal, die verhoogde prys op die aankoop van die respondent se mineraalregte van toepassing sou wees. Dit sou meebring dat telkens H wanneer die appellant 'n hoër koopprys, en dan 'n nog hoër een, sou betaal, die koopprys gestipuleer in die twee kontrakte en die akte aangepas sou moes word. (Gerieflikheidshalwe verwys ek voortaan na die formule vervat in die drie klousules as die berekeningsmeganisme.) I

Beide aksiegronde is deur die appellant betwis maar by die verhoor het slegs die respondent getuig. Sy getuienis het in hoofsaak betrekking gehad op die onderhandelinge tussen hom en ene Bentel, 'n verteenwoordiger van die appellant, wat die sluiting van die twee kontrakte, en veral die eerste een, voorafgegaan het. Die Verhoorhof (Van Blerk J

Van Heerden AR

Wn R) het bevind dat die aangevoerde grondslag vir rektifikasie van die tersaaklike A klousules nie bewys is nie, maar het die respondent se vertolking van klousule 6(a) van die akte aanvaar. Derhalwe is die appellant gelas om die som van R116 587,71, moratore rente en koste aan die respondent te betaal. Later is egter aan die appellant verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer. B

Blykens die uitspraak het die appellant betoog dat die berekeningsmeganisme van toepassing was slegs op betalings gemaak deur die appellant aan ander eienaars voor uitoefening van die opsies. Ter antwoord was die Verhoorhof se retoriese vraag waarom klousule 6(a) dan hoegenaamd in die akte beliggaam is. Die enigste sinvolle C uitleg van daardie klousule, aldus die Verhoorhof, is dat dit betrekking het op moontlike gebeure volgende op die verlyding van die akte; dit wil sê op 'n betaling deur die appellant aan 'n ander eienaar na daardie datum.

Hoewel Van Blerk Wn R nie in soveel woorde so gesê het nie, is dit duidelik dat hy van mening was dat die berekeningsmeganisme ook van toepassing sal wees op alle D toekomstige betalings deur die appellant wat R2 250 per hektaar oorskry. Die respondent sou gevolglik oor baie jare in die toekoms van tyd tot tyd op verdere, en weereens verdere, vergoeding aanspraak kon maak. Maar, is bevind, 'n ooreenkoms is nie onafdwingbaar bloot omdat dit 'n onbepaalde tydsduur het nie. Dit is genoegsaam indien daar 'n formule is waarvolgens die omvang van 'n prestasie E ingevolge so 'n ooreenkoms in die toekoms bepaal kan word, en klousule 6(a) van die akte bevat nou juis so 'n formule.

Dit is op hierdie stadium aangewese om iets te sê oor die verskil in bewoording, wat gebiedsomskrywing betref, tussen klousule 9(e) van die eerste kontrak, aan die een kant, en klousule 9(e) van die tweede kontrak en 6(a) van die akte, aan die ander F kant. Soos reeds geblyk het, is 'die plaas', dit wil sê die plaas Uitvalgrond, in klousule 9(e) van die eerste kontrak in die ooreenstemmende klousule van die tweede kontrak met 'die Brits distrik' vervang. Een of ander vervanging was nodig omdat die respondent se gedeeltes van Roodekopjes klaarblyklik nie deel van Uitvalgrond was nie. Aangesien die akte bestem was om formele gevolg aan die uitoefening van albei G opsies te gee, is toe blykbaar besluit om in klousule 6(a) die uitgebreide gebiedsomskrywing van klousule 9(e) van die tweede kontrak te volg.

Op appèl het die appellant se advokaat toegegee dat...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Arun Property Development (Edms) Bpk v Stad Kaapstad
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Roos v Engineering Fabricators (Edms) Bpk 1974 (3) SA 545 (A): na verwys/referred to Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A): na verwys/referred to I Trope and Others v South African Reserve Bank 1993 (3) SA 264 (A): dictum te/at 269H - I toegepas/applied. Rules Considere......
  • Kristabel Developments (Pty) Ltd v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Limited
    • South Africa
    • Gauteng Local Division, Johannesburg
    • 20 October 2015
    ...Bpk v Majovi (Edms) Bpk 1993 (1) SA 768 (A); Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T); and Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A). [13] 2012 (2) SA 537 [14] Unlike in Frans Maas (UK) Limited v Habib Bank AG Zurich [2001] Lloyds Reports Bank 14 at para [57] to [56] wh......
  • Arun Property Development (Edms) Bpk v Stad Kaapstad
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 23 April 2003
    ...SA 194 (N) te 196; Roos v Engineering Fabricators (Edms) Bpk 1974 (3) SA 545 (A) te 549E - F; Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A) te 353E - F. Dieselfde beginsel geld waar die party op 'n bepaling wil steun wat van regsweë by die kontrak inbegrepe is B ('a term implie......
  • Markram v Scholtz en 'n Ander
    • South Africa
    • Northern Cape Division
    • 12 September 2000
    ...respondente ook die onus om te bewys dat daar 'n geldige ooreenkoms tot stand gekom het. VgI Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breeds 1997 (2) SA 337 (A) op Derdens is dit gemene saak dat die eerste en tweede respondente binne gemeenskap van goedere getroud is en dat art 15(2)(b) en 15(4) van......
4 cases
  • Arun Property Development (Edms) Bpk v Stad Kaapstad
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Roos v Engineering Fabricators (Edms) Bpk 1974 (3) SA 545 (A): na verwys/referred to Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A): na verwys/referred to I Trope and Others v South African Reserve Bank 1993 (3) SA 264 (A): dictum te/at 269H - I toegepas/applied. Rules Considere......
  • Kristabel Developments (Pty) Ltd v Credit Guarantee Insurance Corporation of Africa Limited
    • South Africa
    • Gauteng Local Division, Johannesburg
    • 20 October 2015
    ...Bpk v Majovi (Edms) Bpk 1993 (1) SA 768 (A); Boland Bank Bpk v Steele 1994 (1) SA 259 (T); and Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A). [13] 2012 (2) SA 537 [14] Unlike in Frans Maas (UK) Limited v Habib Bank AG Zurich [2001] Lloyds Reports Bank 14 at para [57] to [56] wh......
  • Arun Property Development (Edms) Bpk v Stad Kaapstad
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 23 April 2003
    ...SA 194 (N) te 196; Roos v Engineering Fabricators (Edms) Bpk 1974 (3) SA 545 (A) te 549E - F; Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breedt 1997 (2) SA 337 (A) te 353E - F. Dieselfde beginsel geld waar die party op 'n bepaling wil steun wat van regsweë by die kontrak inbegrepe is B ('a term implie......
  • Markram v Scholtz en 'n Ander
    • South Africa
    • Northern Cape Division
    • 12 September 2000
    ...respondente ook die onus om te bewys dat daar 'n geldige ooreenkoms tot stand gekom het. VgI Rustenburg Platinum Mines Ltd v Breeds 1997 (2) SA 337 (A) op Derdens is dit gemene saak dat die eerste en tweede respondente binne gemeenskap van goedere getroud is en dat art 15(2)(b) en 15(4) van......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT