Romeins-Hollandse reg : Hoofstuk 5

Published date01 January 2007
Date01 January 2007
DOI10.10520/EJC74071
Pages95-145
AuthorJ.J. Henning
HOOFSTUK 5
ROMEINS-HOLLANDSE REG
5.1 Inleiding
Die tydperk van die Republiek van die Verenigde Nederlande was nie
slegs in alle opsigte die bloeitydperk van die Romeins-Hollandse
reg en van die Nederlandse regswetenskap in die algemeen nie,510
maar dit was ook die periode van die hoogbloei van die Nederlandse
handel.511 So beskryf Defoe512 Nederland tydens die sewentiende eeu,
die sogenaamde goue eeu van die Nederlandse handel, treffend as:
[T]he Carryers of the World, the middle Persons in Trade,
the Factors and Brokers of Europe ...they buy to sell again,
take in to send out; and the Greatest Part of their vast Com-
merce consists in being supply’d from all parts of the World,
that they may supply all the World again.
95
510 Van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse reg (1979) 345
(hierna “Van Zyl Romeins-Hollandse reg”); Hahlo en Kahn The South
African legal system and its background (1968) 524; Wessels History
of the Roman Dutch law (1908) 294; Visagie Regspleging en reg aan
die Kaap van 1652 tot 1806 (1969) 14; Laspeyres Geschichte der volks-
wirtschaftlichen Anschauungen der Niederländer und ihrer Literatur zur
Zeit der Republik (1862) 24; Van Heijnsbergen Geschiedenis der Rechts-
wetenschap in Nederland (1925) 35l; Coing Handbuch der Quellen und
Literatur der neueren europäischen Privatrechtsgeschichte. Zweiter Band.
Neuere Zeit (1500-1800) (1977) 501; Kohler “Niederländisches Handels-
recht in der Blutezeit des Freistaates” 1907 Zeitschrift für das gesamte
Handelsrecht 293; Robinson, Fergus en Gordon An introduction to Eur o-
pean legal history (1985) 357; Kahn “Hugo Grotius 10 April 1583-29
August 1645. A sketch of his life and his writings on Roman-Dutch
law” 1983 South African Law Journal 192.
511 Van der Linden Rechtsgeleerd practicaal en koopmans handboek (1806)
4 1 5; Lee Aspects of European history 1494-1789(1978) 155-157 (hier na
“Lee European history”);Temple Observations upon the united provinces
of the Netherlands (1972) 108; Barbour Capitalism in Amsterdam in
the 17th Century(1963) 74; Diferee De geschiedenis van den Neder-
landschen handel tot den val der Republiek (1908) 330; Mayr Lehrbuch
der Handelsgeschichte (1921) 123; Rehme “Geschichte des Handels-
rechts” in Handbuch des gesamten Handelsrechts (1913) 187; Gaastra
De geschiedenis van de VOC (1982) 136; Kohler 1907 Zeitschrift für
das gesamte Handelsrecht 252: “Im 17. Jahrhundert steht zunächst
Holland an der Spitze des Welthandels”; Fischer “Het oudvaderlandse
handelsrecht en Hugo de Groot” 1952 Rechtsgeleerd Magazijn Themis
602; Van Oven “One hundred and fifty years of Dutch commercial law”
1983 Netherlands International Law Review 187.
512 Heaton Economic history of Europe (1948) 279.
Dit was egter ook die tydperk van ekonomies ontwrigtende oorloë
met Engeland513 en Frankryk.514 Die Republiek was genoodsaak om
selfs in vredestyd ’n relatiewe groot staande mag teen ’n koste van
meer as ses miljoen gulden per jaar in stand te hou.515 Na 1713 het
Nederland, ekonomies verswak en met skuld oorlaai as gevolg van
hierdie oorloë, sienderoë toegelaat dat sy leër en vloot gaandeweg
degenereer.516 Die Franse inval van 1795 het dan ook die doodsklok
vir die polities verdeelde, ekonomies uitgemergelde en militêr ver-
swakte Republiek aangekondig.517
’n Ryk teelaarde518 het derhalwe bestaan vir die ontwikkeling van
regsfigure met die verlening van die een of ander respyt of onder-
stand as inhoud, afgestem op die billike beregtiging van die uiteen-
lopende belange van skuldeiser en skuldenaar en die behoud van die
onderliggende kredietstruktuur veral in ekonomies buitengewoon
ontwrigtende omstandighede.519
5.2 Individuele moratoria en voorregte van skuldenaars
5.2.1 Inleiding
Volgens die Oud-Hollandse reg het die Graven van Holland die reg
gehad om vir hul onderdane wette voor te skryf en voorregte toe te
ken.520 Die graaf of comes kon ex plenitudine potestatis die vorstelike
genadereg uitoefen ten gunste van die persoon of persone van sy
keuse.Tot spyt van sy onderdane en veral van leweransiers en ander
96
513 1652-54, 1665-57, 1672-74, 1780-84.
514 1672-78, 1688-97, 1703-13.
515 Temple 129: “The standing-Forces in the year 70, upon so general a
Peace, and after all the Reformations, Were Twenty six thousand two
hundred men, in Ten Regiments of Horse, consisting of Fifty Troops;
and Nineteen of Foot, consisting of Three hundred and Eighty Compa-
nies. The constant charge of these forces stood them in Six Millions
one hundred and nineteen thousand Gilders a year.
516 Heaton 285.
517 Lee European history161.
518 So skryf Johannes Voet (1647-1713) vanuit ’n gemeenskap wat weet wat
oorlog en die ekonomies ontwrigtende uitwerking daarvan is. Hy was
byvoorbeeld ongeveer ’n jaar oud toe die tagtigjarige oorlog tussen
Nederland en Spanje beëindig is. Voet was so 5 jaar oud toe die Eerste
Handelsoorlog tussen Engeland en Nederland uitgebreek het. Hy was
in sy tienerjare toe Nederland en Engeland in die T
weede Handelsoor-
log gewikkel was en in sy twintigerjare toe die Derde Handelsoorlog
tussen Nederland en Frankryk en Engeland uitgebreek het.
519 Sien ook Van Oven 1983 Netherlands International Law Review 188 sv
surséance van betaling (moratorium)”.
520 Delprat 14; Van Zyl Romeins-Hollandse reg 297.
sakelui is sy vorstelike diskresie nogal nie ongereeld nie uitgeoefen
ten gunste van sy persoonlike gunstelinge met wie dit vanweë die een
of ander rede, te dikwels gewoon spandabelheid, finansieel minder
voorspoedig gegaan het. Die eindresultaat was dat op die onbe-
heerste willekeurigheid paal en perk gestel is deur artikel 31 tot 35
van die Ordonnantie vanden Keyser, gemaeckt inden jare vijftien-
hondert vier ende veertich, Noopende Remissien van Dootslagen,
Brieven van legittimatien, Brieven van Placaet, Brieven van Respijt,
Brieven van Cessie, Brieven van Benefitie van Inventaris.521 Hoewel
later in meer besonderhede daaraan aandag geskenk word, kan
reeds hier daarop gewys word dat onder meer bepaal is dat respyt
slegs verleen mag word indien afdoende bewys van die finansiële
verliese gelewer word en dit bowendien vasstaan dat die verliese
ontstaan het sonder dat die applikant daaraan skuld gehad het.522
In die lig van die voorafgaande behoort dit dan ook nie uitermate
verbasing te wek dat die verlening van sogenaamde individuele of
spesiale moratoria in soms uiteenlopende verskyningsvorms ook
nie aan die Romeins-Hollandse reg onbekend was nie. Dit blyk uit
regsfigure soos rescripta inductionis, rescripta moratoria, seureté
du corps en surchéance van betaalinge.523 Dit is die vier voorregte,
benewens cessio bonorum, wat volgens Van der Keessel524 ten be-
hoewe van skuldenaars in die howe van Holland erkenning gevind het.
97
521 Groot-Placaet Boeck 1 322.
522 Sien par 5.3.2.
523 Sien o a Lipman Essai historique sur les surséances (1827) 46 (hierna
“Lipman Essai historique”); Lipman Wetboek van Koophandel (1839)
371 (hierna “Lipman Wetboek”); Voorduin Geschiedenis en beginselen
der Nederlandsche wetboeken (1841) 883; Delprat De Nederlandsche
en Belgische wetgevingen betrekkelijk de surseance van betaling onder-
ling vergeleken (1854) 14; Zwaardemaker Over surceance van betaling
(1878) 25-38; Schaap “Surceance van betaling”1882 Nieuwe Bijdragen
voor Rechtsgeleerdheid en Wetgeving 249; Van der Feltz Geschie-
denis van het faillissement en de surséance van betaling (1897) 336;
Molengraaff De Faillissementswet (1898) 515;Grossheide “Is wettelijke
regeling van het akkoord buiten failissement gewenscht, en zoo ja, op
welke wijze?” 1931 Handelingen der Nederlandsche Juristen-vereniging
I 2-3; Van Dam De surcéance van betaling en het akkoord buiten fail-
lissement (1935) 10; Emmerich en De Beer De saneering (1937) 85;
Lichtenauer Geschiedenis van de wetenschap van het handelsrecht
in Nederland tot 1809 (1956) 197; Vollmar Het Nederlandse handels-
en faillissementsrecht (1961) 869; Polak Faillissement en surséance van
betaling (1972) 417; Vreeswijk De surséance van betaling en het akkoord
(1973) 10; Maas, Van Schaik en Blokland De in haar continuiteit bedreigde
onderneming (1983) 83; Van Zeben Faillissementswet (1986) II 1 -1.
524 Van der Keessel Praelectiones iuris hodierni ad Hugonis Grotii Intro-
ductionem ad iurisprudentiam Hollandicam (1961-1967) 3 51 8.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT