Rolspelers

AuthorL.M. Jacobs
DOI10.10520/EJC133216
Pages158-177
Date01 January 2012
Published date01 January 2012
158
7 ROLSPELERS
7.1 Doelstelling en werkswyse
7.1.1 Doelstellings
Die doel van hierdie hoofstuk is tweeledig. Eerstens om vas te
stel in welke mate die regte, bevoegdhede en verpligtinge van
rolspelers en belanghebbendes van die maatskappy gewysig
word deur die bepalings van die 2008 Maatskappywet.1 Tweedens
om vas te stel hoe hierdie partye se belange geraak word deur
sekere bepalings vervat in die Wet.2
7.1.2 Werkswyse
Die werkswyse van hierdie hoofstuk behels ’n ondersoek na die
wysigings in die bepalings rakende die betrokkenheid sowel as
die regte en verpligtinge van die onderskeie rolspelers betrokke
by die maatskappy. Die hof, direksie, lede, werknemers en
skuldeisers as rolspelers sal ondersoek word deur hul posisies
ingevolge die geregtelike bestuursproses met die nuwe onder-
nemings
reddingsverrigtinge te vergelyk. Daar sal ook ondersoek
na die internasionale riglyne gedoen word deur te verwys na die
bepalings vervat in die UNCITRAL-gids aangaande die relevante
rolspelers. Aangesien daar alreeds na sekere van die aspekte in
vorige hoofstukke verwys is, sal die bespreking slegs op die kern
aspekte fokus.3 Alhoewel die reddingspraktisyn ’n belangrike
rolspeler uitmaak, sal dit nie in hierdie hoofstuk weer aandag
geniet nie omdat die posisie van die reddingspraktisyn reeds
breedvoerig in Hoofstuk 6 bespreek is.
7.2 Inleiding
Wanneer ’n maatskappy in finansiële nood verkeer en onder
reddings
verrigtinge geplaas word, is daar verskeie partye
betrokke wie daardeur geraak word. Die vernaamste rolspelers
in die verband is die hof, die reddingspraktisyn,4 die direksie, die
werknemers en die skuldeisers.5
1 Maatskappywet 71 van 2008.
2 71 van 2008.
3 Weens die beperkte omvang van die studie sal daar slegs op sekere
belangrike aspekte in die verband gefokus word.
4 Aangesien die reddingspraktisyn volledig in Hoofstuk 6 bespreek
word, sal daar geen bespreking aangaande hierdie rolspeler in hierdie
hoofstuk vervat word nie.
5 Loubser 2007:445. “In the case of a business, the number of interested
parties is often substantially larger: not only must the effect of the
insolvency on the business’s creditors be considered, but also the
detrimental effect it will probably have on employees, investors,
159
7.3 Die hof
7.3.1 Maatskappywet 61 van 1973
In die geregtelike bestuursprosedure van die 1973 Wet,6 het die
hof ’n baie belangrike rol vervul. Die hof was verantwoordelik
vir die aanhoor van die aansoek vir ’n voorlopige geregtelike
bestuursbevel en kon die aansoek toestaan, met vermelding van
’n keerdag, of die aansoek van die hand wys, of ’n ander bevel
gee wat hy regverdig ag.7 Die hof was dus ook verantwoordelik
vir die toestaan van die finale geregtelike bestuursbevel.8
Verskeie outeurs stel dit tereg dat die hof se betrokkenheid in die
geregtelike bestuursproses ’n groot bydrae gelewer het tot die
mislukking van die proses as ’n reddingsmodel.9 Die hoë kostes
en vertragings verbonde aan die hofproses het mee gebring dat
geregtelike bestuur as reddingsmeganisme selde as ’n gunstige
oplossing beskou is:
Creditors and the Court will not be persuaded to embrace
a scheme where it will only result in the available assets
being spent on the administration of the business-rescue
scheme.10
Die feit dat daar twee aansoeke gebring moes word, het bygedra
tot die hoë koste van die proses.11
By die verlening van ’n voorlopige geregtelike bestuursbevel
het die verlening van ’n algemene moratorium ten aansien van
regsgedinge teen die maatskappy ook by die diskresie van die
hof berus.12
suppliers and especially where the business is substantial, the negative
socio-economic effects on the wider community in which it operates.
6 Maatskappywet 61 van 1973.
7 Cilliers ea 2001:482.
8 61 van 1973: art 432.
9 Burdette 2004:249; Kloppers 2001:425; Loubser 2004:151.
10 Kloppers 2001:370. Rajak en Henning 1999:268; Burdette 2004:249.
The costs incurred in running the process are so high that it does not
make the process attractive for the creditors, as all available funds are
spent on the process itself.
11 Kloppers 2001:370. Rajak en Henning 1999:268. “Expenses are high
where highly trained professional personnel are necessarily involved,
and this is a supreme irony when we recall that the procedure is invoked
only where there is too little rather than too much or enough money.
12 Loubser 2004:153.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT