Pakendorf en Andere v De Flamingh

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Miller AR, Joubert AR en Cillié AR
Judgment Date31 March 1982
Citation1982 (3) SA 146 (A)
Hearing Date15 February 1982
CourtAppellate Division

Rumpff HR:

Die eerste en tweede appellante is onderskeidelik die redakteur en die eienaar van 'n koerant Oggendblad wat in Pretoria F verskyn. Die derde en vierde appellante is onderskeidelik die redakteur en die eienaar van 'n koerant Hoofstad wat ook in Pretoria verskyn. Die appellante is in die Transvaalse Hooggeregshof deur 'n Johannesburgse advokaat, die respondent, weens laster gedagvaar. Gerieflikheidshalwe is beide aksies saam verhoor. Uitspraak is gegee ten gunste van respondent. G Die eerste twee appellante is gelas om 'n bedrag van R2 500 met koste te betaal, gesamentlik en afsonderlik, en die derde en vierde appellante is gelas om dieselfde bedrag met koste, ook gesamentlik en afsonderlik te betaal. Appellante appelleer nou teen die uitspraak terwyl respondent 'n teen-appèl ingestel het vir sover dit die bedrag van skadevergoeding H betref. Die uitspraak van die Verhoorhof verskyn in ons Hofverslae in 1979 (3) SA 676 (T). Die feite van hierdie saak word in die uitspraak redelik volledig weergegee en dit is onnodig om al die feite in hierdie uitspraak te herhaal. Die Verhoorhof het bevind dat in elke koerant, hierbo genoem, 'n uiters vernederende artikel betreffende die respondent as advokaat gepubliseer is. Die appellante het hulle in die Verhoorhof hoofsaaklik beroep op die feit dat die vermoede van animus injuriandi weerlê is. Die Verhoorregter het, in die eerste plek, 'n obiter beslissing van hierdie Hof gevolg wat verskyn in Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley

Rumpff HR

1977 (3) SA 394 (A). In daardie beslissing is verwys na sekere gewysdes van ons Howe aan die einde van die vorige eeu en begin van hierdie eeu, A ook een in 1934, waarin die aanspreeklikheid van 'n redakteur of 'n drukker of 'n eienaar van 'n koerant weens laster behandel is. Na aanleiding van hierdie gewysdes is die volgende gesê te 404 en 405:

'Die beslissings in ons reg, waarna hierbo verwys is, is klaarblyklik in ooreenstemming met die Engelse gemene reg waarvolgens aanspreeklikheid weens laster gegrond is op die publikasie daarvan, en nie op 'n bepaalde B opset nie, en waarvolgens die eienaar, drukker, uitgewer en redakteur van 'n koerant aanspreeklik gehou word weens laster, al het dié persone nie van die laster geweet nie. Die aanvaarding in ons reg van hierdie beginsel skep 'n toestand waarby skuldlose aanspreeklikheid ten opsigte van sodanige persone erken word, en kritiek dat hierdie beginsel van skuldlose aanspreeklikheid in stryd sou wees met ons tans aanvaarde begrip van animus injuriandi in die lasterreg, sou wel C geregverdig wees. Na my mening sou daar egter goeie redes bestaan waarom hierdie klas van persone skuldloos aanspreeklik behoort te wees, by wyse van uitsondering. Die uitsondering sou wesenlik gegrond kon wees op beskerming van die gewone burger teen 'n klas van persone wat by 'n medium betrokke is, wat van so 'n aard is dat, in geval van laster gepleeg in die medium, dit moeilik is om die opset by 'n bepaalde persoon tuis te bring. Dat in die Romeinse reg en ons eie reg skuldlose D aanspreeklikheid in sekere gevalle van deliktuele skade erken word, blyk oa uit die actio de effusis vel deiectis wat toegeken word aan 'n verbyganger wat beseer word deur goed wat uit 'n gebou gegooi of gestort word. Die okkupeerder van die gebou word aanspreeklik gehou vir die besondere daad wat 'n bewoner doen en, na my mening, is dit 'n heilsame beskerming van onskuldige verbygangers wat dit uiters moeilik mag vind om te bewys watter bepaalde bewoner die daad begaan het.'

E Die Verhoorregter in die onderhawige saak het beslis dat, hoewel die aangehaalde uitspraak betreffende skuldlose aanspreeklikheid obiter is en die vraag nie finaal beantwoord is nie, die beginsel van skuldlose aanspreeklikheid toegepas moet word. Daarby het hy oa verwys na 'n artikel deur J M Burchell, 'The Fault Element in the Law of Defamation' in 1978 SALJ 170.

F In die tweede plek het die Verhoorregter beslis dat in elk geval, wat die besondere feite betref,

'die animus injuriandi by die laster teenwoordig was en die onregmatigheid van die laster nie uitgesluit is nie'.

G Die getuienis het aangetoon dat 'n verslaggeefster van elkeen van die koerante 'n berig opgestel het wel wetende dat wat geskryf is lasterlik is, maar dat hulle geglo het dat die berigte wat hulle opgestel het korrekte weergawes was van 'n geskrewe uitspraak van 'n Regter van die Transvaalse Hooggeregshof. Hoewel die Verhoorregter dit nie uitdruklik noem nie, moet van die getuienis afgelei word dat die verslaggeefsters H minstens...

To continue reading

Request your trial
61 practice notes
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); the holding that there is strict C liability for defamation published 'by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and SAUK v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); the principle that involuntary intoxication may provide a defence to criminal liability in S v Chr......
  • Carmichele v Minister of Safety and Security and Another (Centre for Applied Legal Studies Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 305 applied Paddock Motors (Pty) Ltd v Igesund 1976 (3) SA 16 (A): dictum at 23B - 24G applied Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A): referred to Putter v Provincial Insurance Co Ltd and Another 1963 (4) SA 771 (W): dictum at 772F - G applied E R v Brown [1997] 3 All ER 7......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...667 (A); the holding that there is strict liability for defamation published by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); E the principle that involuntary intoxication may provide a defence ......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1985) 102 South I African Law Journal 579; Zillie v Johnson and Another 1984 (2) SA 186 (W); Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A); Benson v Robinson and Co (Pty) Ltd 1967 (1) SA 420 (A); J C van der Walt in Gedenkbundel H L Swanepoel at 67; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A); S......
  • Request a trial to view additional results
57 cases
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1985) 102 South I African Law Journal 579; Zillie v Johnson and Another 1984 (2) SA 186 (W); Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A); Benson v Robinson and Co (Pty) Ltd 1967 (1) SA 420 (A); J C van der Walt in Gedenkbundel H L Swanepoel at 67; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A); S......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); the holding that there is strict C liability for defamation published 'by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and SAUK v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); the principle that involuntary intoxication may provide a defence to criminal liability in S v Chr......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...667 (A); the holding that there is strict liability for defamation published by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); E the principle that involuntary intoxication may provide a defence ......
  • Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Financial Mail (Pty) Ltd and Others v Sage Holdings and Another 1993 (2) SA 451 (A) at 462E-H; Pakendorff en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) at 157-8; Bilitsky and Solomon 'Doctors and Patients: Responsibilities in a Confidential Relationship' Aids and G the Law chap 14 at 201-2, 2......
  • Request a trial to view additional results
4 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...In the past strict liability was imposed on the press in defamation cases by the Appellate Division (Pakendorf v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A)). 17 Cf Jansen van Vuuren v Kruger 1993 (4) SA 842 (A) at 849: 'The actio injuriarum protects a person's dignitas and dignitas embraces privacy'. ......
  • Liability for the Mass Publication of Private Information in South African Law: NM v Smith (Freedom of Expression Institute as Amicus Curiae)
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 5 Septiembre 2019
    ...the press in early South Afr ican law are not convincing: see SAUK v O’Malley 1977 3 SA 394 (A) 403-405 and Pake ndorf v De Fla mingh 1982 3 SA 146 (A) 156-157.49 1998 4 SA 1196 (SCA) 1211.50 National Me dia v Bogoshi 1998 4 SA 1196 (SCA) 1212.51 See eg the descript ion of the defenc e: “th......
  • Contractual obligation and the journey from natural law to constitutional law
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 15 Agosto 2019
    ...Bpk 1979 (3) SA 824 (A) 828H–829B; Marais v Richardand Another 1981 (1) SA 1157 (A)1166H–1167A; Pakendorf and Others v De Flamingh 1982 (3) SA146 (A) 157E–158G; Schultz vButt 1986 (3) SA 667 (A) 681D–683I; Amod and Another v Multilateral Motor Vehicle AccidentsFund 1999 (4) SA1319 (SCA).94C......
  • South Africa : Chapter 9
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2002-34, January 2002
    • 1 Enero 2002
    ...which is liable even in the absence ofintention to defame, because of the powerful position it occupies. See Pak-endorf v De Flamingh 1982 3 SA 146 (A).8 In the case of Post Newspapers (Pty) Ltd v World Printing and Publishing Co.Ltd 1970 1 SA 454(W), the court found that a denigrating stat......
61 provisions
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1985) 102 South I African Law Journal 579; Zillie v Johnson and Another 1984 (2) SA 186 (W); Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A); Benson v Robinson and Co (Pty) Ltd 1967 (1) SA 420 (A); J C van der Walt in Gedenkbundel H L Swanepoel at 67; S v Bergh 1976 (4) SA 857 (A); S......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); the holding that there is strict C liability for defamation published 'by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and SAUK v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); the principle that involuntary intoxication may provide a defence to criminal liability in S v Chr......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...667 (A); the holding that there is strict liability for defamation published by the mass media, in Pakendorf en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) and Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A); E the principle that involuntary intoxication may provide a defence ......
  • Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Financial Mail (Pty) Ltd and Others v Sage Holdings and Another 1993 (2) SA 451 (A) at 462E-H; Pakendorff en Andere v De Flamingh 1982 (3) SA 146 (A) at 157-8; Bilitsky and Solomon 'Doctors and Patients: Responsibilities in a Confidential Relationship' Aids and G the Law chap 14 at 201-2, 2......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT