Opsomming / Summary

Date01 January 2012
DOI10.10520/EJC133213
Published date01 January 2012
Pages193-194
193
OPSOMMING
In die huidige ekonomiese klimaat waar al hoe meer maat-
skappye onder finansiële druk verkeer, is ’n effektiewe besig-
heids
reddingstelsel van onskatbare waarde. ’n Stelsel wat
die maatskappy die geleentheid bied om weer ’n suksesvolle
onderneming te word en op ’n solvente grondslag handel te dryf,
is nodig.
Suid-Afrika se besigheidsreddingsmodel word in die Maat-
skappy wet 71 van 2008 vervat en staan bekend as ondernemings-
reddingsverrigtinge. Hierdie verrigtinge vervang die vorige
reddings
model, geregtelike bestuur, soos vervat in die 1973
Maatskappywet. Geregtelike bestuur as besigheidsreddings-
model was grootliks onsuksesvol as gevolg van verskeie
faktore, soos die feit dat geregtelike bestuur afhanklik was van
’n groot mate van hofbetrokkenheid, dat dit deur die howe in
’n buitengewone remedie omskep is en dat likwidateurs as
geregtelike bestuurders aangestel is.
Die nuwe ondernemingsreddingstelsel toon verskeie ver-
beterings op sy voorganger en dui op die ontstaan van ’n ware
reddingskultuur in die Suid-Afrikaanse reg. Die verbeterings is
onder andere: die hof tree ingevolge die nuwe stelsel meer in
’n toesighoudende hoedanigheid op, die stelsel is makliker
beskikbaar en meer toeganklik vir maatskappye in finansiële
nood en die ondernemingsreddingspraktisyn moet ingevolge
die nuwe Wet ondervinding in besigheidreddings praktyk hê.
Daar bestaan egter ’n paar problematiese aspekte, maar indien
dit aangespreek word, behoort die nuwe stelsel ’n waardevolle
remedie vir alle belanghebbende partye van die maatskappy daar
te stel.
Die ware effektiwiteit en sukses van die nuwe ondernemings-
reddingsverrigtinge sal egter eers beoordeel kan word namate dit
in die praktyk beproef is en die moontlike praktiese tekortkominge
daarvan uitgewys en reggestel kan word.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT