Onrus en geweld : 2010 : journal

AuthorWillemien Du Plessis,Nic Olivier,Juanita Pienaar
Pages279-291
DOI10.10520/EJC153206
Published date01 January 2011
Date01 January 2011
Onrus en geweld: 2010
1 Algemeen
Reeds voordat die amptelike jaarlikse statistiek bekend gemaak is, was daar groot
onduidelikheid oor hoe dit hanteer behoort te word (Steenkamp ‘Misdaadstatistieke laat
komitee kopkrap’ Die Burger (2010-05-19) 6). Verlede jaar was daar groot ontevredenheid
toe die komitee statistieke agter geslote deure bekend gemaak het en dit eers drie uur later
aan die media deurgegee het. Dié jaar se misdaadstatistieke is eers in September 2010
bekend gemaak.
Minister Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het
bekend gemaak dat die staat op ’n bisarre manier by misdaad baat (Essop ‘Departement
baat by stropery’ Die Burger (2010-06-02) 3). Verskillende maatskappye tender om van
gestroopte perlemoen ontslae te raak, maar die opbrengs daarvan val die Departement
toe. Die opbrengs van permitte en die verkoop van gestroopte perlemoen word in die
Mariene Lewende Hulpbronnefonds gestort. Inderdaad word die opbrengs van misdaad
dus ’n deel van die Departement se jaarlikse begroting. Die stroping van natuurlike
hulpbronne, in die besonder perlemoen, is veral in die Wes-Kaap ’n groot kopseer (vgl ook
Breytenbach ‘Duikers naby Robbeneiland in hegtenis geneem’ Die Burger (2010-11-13)
4; De Wee ‘Nege vas wat perlemoen wou stroop’ Die Burger (2010-11-10) 1).
Nadat statistieke drie jaar gelede deur die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaad-
bekamping aangedui het dat 1,8 miljoen Suid-Afrikaanse leerders tussen graad 3 en graad
12 een of ander vorm van geweld ervaar het, is die Veilige Skoleprojek van stapel gestuur.
Hoewel daar jaarliks miljoene rande aan die projek bestee word, lyk dit nie of dit veel
vrugte afwerp nie. In die Wes-Kaap alleen was daar in die loop van 2009 194 voorvalle van
seksuele geweld, 141 van messtekery en 276 aanrandings. Geweld in woongebiede spoel
dikwels oor na die skole toe. Leerders se huislike omstandighede het ’n direkte invloed op
hul gedrag in die skool. Skole poog om ’n gebrek aan waardes aan te vul met die vak
lewensoriëntering, maar omdat dit nie ’n eksamenvak is nie, word dit nie ernstig deur
leerders opgeneem nie. Die moontlikheid om noodtoestande by disfunksionele skole af te
kondig, word ondersoek (Redakteur ‘Kultuur van skoolgeweld’ Die Burger (2010-03-03)
12). Nuwe data in die Wes-Kaap wys dat seksuele wangedrag in skole die afgelope jaar
ietwat afgeneem het (Potgieter ‘Seks-skandes by skole “al minder”’ Die Burger (2010-11-
12) 4.) In 2008 is agt gevalle aangemeld en in 2009 vyf. Die vyf leerders wat hul hieraan
skuldig gemaak is, is almal geskors. Intussen is die tug van onderwysers ’n tydsame en
duur proses. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het pas hul 2009-10-jaarverslag
bekendgestel. Daarvolgens was daar tussen April 2009 en Maart 2010 274 tugverhore vir
onderwysers. Altesaam 17 onderwysers is afgedank en 120 het finale waarskuwings
gekry. Tugverhore hou onder meer verband met aanranding, seksuele teistering en gevalle
waar onderwysers hulle op ’n onbehoorlike, skandalige of onaanvaarbare wyse gedra.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT