Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Blerk AR, Williamson AR, Wessels AR, Milne Wn - AR en Bekker Wn - AR
Judgment Date03 November 1967
Citation1968 (1) SA 412 (A)
Hearing Date12 September 1967
CourtAppellate Division

Van Blerk, A.R.:

In die Transvaalse Afdeling het respondent van appellant as versekeraar van 'n motorvoertuig ingevolge Wet 29 van

Van Blerk AR

1942 skadevergoeding ge-eis vir liggaamlike beserings wat hy opgedoen het toe hy van die enjinkap van die voertuig afgeval het terwyl dit deur ene Ozen bestuur is.

A Respondent is, wat hy noem, 'n privaatspeurder van beroep. Ozen se vrou het hom opdrag gegee. Dit is om pogings aan te wend om Ozen met 'n ander vrou te betrap. In die uitvoering van hierdie opdrag het hy, terwyl Ozen in die veld naby 'n pad agter die stuurwiel van 'n stadig bewegende voertuig was, homself op die enjinkap van die voertuig gewerp met die doel om die voertuig tot stilstand te dwing sodat hy kans kan kry om met B Ozen te praat. Met respondent so op die enjinkap, vasklou en vastrap so goed hy kon, het Ozen die voertuig met swaai-bewegings teen verhoogde spoed vir 'n distansie van ongeveer vier myl bly voortbestuur toe hy die voertuig skielik regs swaai en respondent met die beweging afval.

C In die besonderhede van eis word beweer dat Ozen die voertuig opsetlik op so 'n wyse bestuur het dat respondent van die enjinkap moet afval of, in die alternatief, dat hy afgeval het as gevolg van Ozen se nalatige bestuur van die voertuig. 'n Verdere bewering is dat onmiddellik vóór respondent se val hy op die voertuig se enjinkap was onder omstandighede D wat nie neerkom op 'vervoer' kragtens die bepalings van art. 11 (1) (b) (iii) van Wet 29 van 1942 nie. Die Verhoorhof het respondent gelyk gegee wat hierdie laaste bewering betref, en kom tot die slotsom dat respondent en Ozen in gelyke mate skuld het aan die beserings wat respondent opgedoen het. Bygevolg is slegs helfte van die bedrag van R2,185 ooreengekome skadevergoeding aan respondent toegeken. Sien van E der Vyver v Netherlands Insurance Co. of SA Ltd., 1967 (2) SA 476 (T). Teen hierdie uitspraak kom appellant nou in hoër beroep en teken respondent ook teenappèl aan op grond van afwesigheid van skuld aan sy kant.

Die appellant betoog dat respondent wel vervoer is ingevolge art. 11 (1) (b) (iii) van die Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942.

In die algemeen gestel, verplig genoemde artikel 'n F versekeringsmaatskappy wat 'n motorvoertuig verassureer het om enigeen, wie ook al, te vergoed vir verlies of skade wat hy as gevolg van eie liggaamlike beserings of die dood of liggaamlike besering van iemand anders gely het deur die bestuur van die motorvoertuig deur wie ook al, as die besering of dood te wyte is aan die nalatigheid of onregmatige G daad van die bestuuraer, die eienaar of sy werknemer in die uitvoering van sy pligte. Hierop word ondermeer die volgende uitsondering by wyse van voorbehoudsbepaling gemaak:

'Met dien verstande dat -

(iii)

die geregistreerde maatskappy nie verplig is nie om soos voormeld iemand skadeloos te stel wat enige verlies of skade gely het as gevolg H van liggaamlike besering of die dood van iemand wat op die tydstip van die gebeurtenis wat daardie besering of dood veroorsaak het, sonder vergoeding en nie in die loop van die besigheid van die bestuurder of eienaar van die betrokke motorvoertuig en nie in die loop van sy diens as dienaar van die bestuurder of eienaar in of op daardie motorvoertuig vervoer geword het of besig was om in of op daardie voertuig te klim om aldus vervoer te word of besig was om van daardie voertuig af te klim nadat hy aldus vervoer geword is.'

Indien gesê kan word dat respondent wel op die voertuig 'vervoer geword het' soos beoog deur die voorbehoudsbepaling dan sal die appellant-maatskappy nie aanspreeklik wees nie.

Van Blerk AR

In Aetna Insurance Co v The Minister of Justice, 1960 (3) SA 273 (AA), is uitleg gegee aan die begrip 'vervoer geword het'. Op bl. 288 sê Appèlregter RAMSBOTTOM:

'The test is the purpose of the conveying in relation to the person conveyed, and in my opinion that must be the transportation of the A person conveyed . . . while the purpose of either the person conveying or the person conveyed may determine the purpose of the conveyance, if neither has the necessary purpose the person carried is not conveyed for the purpose of the proviso.'

Die resultaat van die toepassing van hierdie uitleg van die voorbehoudsbepaling op die feite van daardie saak wat op eksepsie beslis is, is dat dit nie 'n geval van 'vervoer' was nie. Kortliks is die B relevante feite van daardie geval volgens die uiteensetting van eis soos volg: 'n Polisiebeampte wou in die loop van sy pligte 'n stilstaande motorkar waarvan ene Mabuza hom agter die stuurwiel bevind het, vir sterk drank ondersoek. Mabuza het die voertuig in beweging gestel, die beampte het op die treeplank of trap van die voertuig geklim om dit tot stilstand te bring, en daarop het Mabuza opsetlik of C nalatiglik die voertuig op so 'n wyse bestuur dat die beampte van die trap af op die straat geslinger is en beserings opgedoen het waaraan hy beswyk het. Omdat Mabuza nie die bedoeling gehad het om die beampte te vervoer nie, en die beampte nie die bedoeling gehad het om vervoer te word nie in die sin hierbo genoem, is die versekeraar nie deur die D voorbehoudsbepaling onthef van aanspreeklikheid teenoor die oorledene se afhanklikes nie. Anders as in die Aetna saak is dit nodig om in die onderhawige geval vanweë die inkleding van die pleitstukke getuienis aan te voer om die doel van respondent en dié van Ozen te bewys.

Die respondent getuig hoe hy ter uitvoering van sy opdrag van mev. Ozen E met sy vrou en ene van der Merwe, saam met hom in sy motorkar om 5 nm. die dag van die gebeure vir Ozen, wat 'n dame by hom in 'n Austin Mini stasiewaentjie gehad het, agtervolg het soos hy gery het vanuit Pretoria met die Warmbadpad tot naby die Bonaccorddam waar hy van die grootpad afgedraai het in 'n gruispad wat die spoorlyn kruis. (Die spoorlyn gaan F min of meer parallel met die grootpad). Dis net vir 'n klein entjie wat Ozen met die gruispad gery het toe hy uitdraai en vir ongeveer 15 tree in die veld inry waar hy tussen bome digby die grootpad stilhou. Respondent het vir ongeveer 75 tree verder verby die uitdraaipad aangery en stilgehou. Nadat Ozen en die vrou deur 'n verkyker bespied is, het respondent en van der Merwe nader gekruip en toe hul reken dit is tyd G het hul in die rigting van Ozen se voertuig gehardloop. Terselfdertyd toe hul begin hardloop spring Ozen in sy voertuig en begin ry. Respondent was gou genoeg om Ozen voor te keer voor hy vanuit die veld in die gruispad kon indraai. Hy het voor Ozen in die pad gespring, en hom gevra om te stop. Hy het sy identifikasiekaart dat hy 'n privaat H speurder is omhoog gehou, vir Ozen gesê hy is 'n privaatspeurder en wil hom spreek. Ozen het geen ag daarop geslaan nie en aangehou ry. Respondent probeer die deur aan Ozen se kant oopmaak, maar dis gesluit. Die spoed van Ozen se voertuig was op die stadium nog so stadig - die voertuig was nog in die veld - dat respondent dit reggekry het om homself op die enjinkap van die voertuig te werp, en van der Merwe, nadat hy 'n foto geneem het, nog die vrou sonder veel seremonie uit die voertuig kon trek. Die voertuig is besonder klein en laag op die grond. Die enjinkap is maar 2 vt. 6 dm. van die grond af, en

Van Blerk AR

dis ook die lengte van die enjinkap. Respondent het 'n lêende posisie dwarsoor die enjinkap ingeneem met sy lyf half teen die voorruit. Sy doel daarmee was om Ozen te dwing om die voertuig te stop sodat hy met A hom kan gesels. Verder beskryf respondent die rit in die skemerte op die enjinkap soos volg:

'Nou, sal u vir die Hof vertel wat toe later gebeur het, toe u voor die ruit gelê het? - U Edele, hy het toe gery in die rigting van die Pretoria-Warmbadpad. My klere was baie glad op die enjinkap, en ek het begin rondskuif. Toe het ek later op 'n sittende posisie voor die kar voor hom gekom, en aan die geutjies van die kar vasgehou, en aan die...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another [1981] 2 All ER 408 (CA); Strougar v Charlier 1974 (1) SA 225 (W); Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A); Re Thomas Gerrard & Sons Ltd [1968] 1 Ch 455; Wilson v Birt (Pty) Ltd 1963 (2) SA 508 (D) H ; Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v K......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Invalid date
    ...verwyt van sogenaamde medewerkende opset die eiser getref het, is problematies (vgl Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) op 422). Wat F egter wel duidelik is, is dat 'n opsetlike verweerder hom nie op bydraende nalatigheid van die eiser kon beroep nie. Sien......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 29 Julio 1996

  • Mali v Shield Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...opinion that purpose must be the transportation of the person conveyed". See, too, Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) at 419A. The Aetna Insurance case concerned the former 1942 Act, but the Legislature made no material alteration to the relevant words in......
  • Request a trial to view additional results
15 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT