Aetna Insurance Co v Minister of Justice

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn CJ, De Beer JA, Beyers JA, Van Blerk JA and Ramsbottom JA
Judgment Date05 May 1960
Citation1960 (3) SA 273 (A)
Hearing Date08 March 1960
CourtAppellate Division

Steyn, C.J.:

Die vraag wat in hierdie appèl ontstaan, gaan oor die H uitleg van art. 11 (iii) van die Motorvoertuigassuransiewet, 1942. In die algemeen gestel, verplig genoemde artikel 'n versekeringsmaatskappy wat 'n motorvoertuig verassureer het om enigeen, wie ook al, te vergoed vir verlies of skade wat hy as gevolg van eie liggaamlike besering of die dood of liggaamlike besering van iemand anders gely het deur die bestuur van die motorvoertuig deur wie ook al, as die besering of dood te wyte is aan die nalatigheid of onregmatige daad van die bestuurder, die eienaar of sy werknemer in die uitvoering van sy pligte. Hierop

Steyn CJ

word onder meer die volgende uitsondering by wyse van voorbehoudsbepaling gemaak:

'Met dien verstande dat -

(iii)

die geregistreerde maatskappy nie verplig is nie om soos voormeld iemand skadeloos te stel wat enige verlies of skade A gely het as gevolg van liggaamlike besering of die dood van iemand wat op die tydstip van die gebeurtenis wat daardie besering of dood veroorsaak het, sonder vergoeding en nie in die loop van die besigheid van die bestuurder of eienaar van die betrokke motorvoertuig en nie in die loop van sy diens as dienaar van die bestuurder of eienaar in of op daardie motorvoertuig vervoer geword het of besig was om in of op daardie voertuig te klim om aldus vervoer te word of besig was om van daardie voertuig af te klim nadat hy aldus vervoer geword is'.

B Ten aansien van skadevergoeding ten opsigte van persone wat wel teen vergoeding, of in die loop van besigheid of diens, soos in hierdie paragraaf beskryf, vervoer is, stel para. (iv) van die voorbehoudsbepaling 'n maksimum waarbo die maatskappy nie aanspreeklik gehou word nie.

Volgens die uiteensetting van eis in die onderhawige geval wou die C oorledene, 'n polisiebeampte, in die loop van sy pligte 'n stilstaande motorkar waarin ene Mabuza hom agter die stuurwiel bevind het, vir sterk drank ondersoek. Mabuza het die voertuig in beweging gestel, die oorledene het op die trap van die voertuig geklim om dit tot stilstand te bring, en daarop het Mabuza opsetlik of nalatiglik die voertuig op so D 'n wyse bestuur dat die oorledene van die trap af op die straat geslinger is en beserings opgedoen het waaraan hy beswyk het. Die eiser beweer dat hy aanspreeklik is om die oorledene se vrou en seun te vergoed vir sy dood, en dat hulle hul aksies teen die verweerder, die betrokke versekeringsmaatskappy, aan hom sedeer het. Hierteen het die maatskappy, die huidige appellant, die eksepsie opgewerp dat die E uiteensetting geen eisoorsaak openbaar nie, omdat die oorledene volgens die beweerde feite op die tydstip van die tersaaklike gebeurtenis in of op die voertuig vervoer geword is op 'n wyse wat die geval binne die bestek van die uitsondering in gemelde para. (iii) bring. Die Hof van eerste instansie het bevind dat hy nie aldus vervoer is nie, en het die eksepsie van die hand gewys.

F Wat besluit moet word is of die uitdrukking 'in of op daardie motorvoertuig vervoer geword het' ('was being conveyed . . . in or upon that motor vehicle'), in die samehang waarin dit in die Wet voorkom, die gestelde geval insluit. Die gebruik van die woord 'op' sou verklaar kan word daardeur dat sommige van die voertuie waarop die Wet betrekking het G van so 'n aard is dat 'n persoon slegs op, of soms ook op sulke voertuie en nie in, of noodwendig in sulke voertuie nie vervoer sou word. Wat die aanleidende oorsaak mog gewees het, skyn die paragraaf geen verskil te trek wat die toepaslikheid van die woord 'op' tot sulke voertuie beperk nie. Grammatikaal slaan die uitdrukking 'in of op' op H elke soort motorvoertuig, en skyn ook die geval te dek van 'n voertuig waarop iemand plaas kan neem sonder om enige afgeslote ruimte binne te gaan, al is die voertuig of die deel daarvan waar plaas geneem word nie vir die vervoer van persone bedoel nie. Indien dit, soos dit my voorkom, die betekenis van die uitdrukking is, dan word dit moeilik om die geval te onderskei van iemand wat, omdat 'n motorkar vol is of om 'n ander rede, 'n rit op die treeplank daarvan meemaak. In die feit dus, dat die oorledene hom op die treeplank van die motorkar

Steyn CJ

bevind het, kan ek geen genoegsame grond vind om hom buite die kategorie van uitsonderings te stel nie.

Die vraag is dan slegs of 'hy vervoer geword het' ('was being conveyed'). Die gewone tersaaklike betekenis van 'vervoer', is om van A plek tot plek te neem, onverskillig of dit oor 'n langer of korter afstand geskied, en wat die beweegrede ookal mog wees. Volgens hierdie betekenis was die oorledene na my beskouing klaarblyklik vervoer. Maar nou is in bedenking gegee, op grond van ongerymdhede wat dit sou meebring, asook op grond van algemene samehang, dat die wetgewer nie B soiets kon bedoel het nie, en dat die uitdrukking bygevolg 'n ander meer beperkte betekenis toegesê moet word.

Wat ongerymdhede betref, sou ek wil opmerk dat by wetgewing van hierdie aard, wat by welke uitleg ook, in mindere of meerdere mate ongerymdhede kan oplewer, dit gevaarlik kan wees om veel gewig aan anomalieë te heg. Tog sou ek meen dat daar 'n verskil te trek is tussen anomalieë wat C ontstaan uit vergesogte of seldsame gevalle aan die een kant, en die wat ontstaan uit meer gewone en voorsienbare gevalle aan die ander kant. Dat die wetgewer ten aansien van voor - die - hand - liggende gevalle ongerymdhede sou wil skep, is minder waarskynlik dan die aanvaarding deur die wetgewer van die meer uitsonderlike, wat buite die onmiddelike gesigsveld lê.

D 'n Meer beperkte betekenis is aan subjektiewe kant gesoek. Wat dit betref is betoog dat die gevalle wat deur die voorbehoudsbepaling uit die algemene uitgesonderde kategorie geneem word, d.w.s. vervoer teen vergoeding, in die loop van besigheid of in die loop van diens, beheers word deur die doel waarmee of die rede waarom vervoer word, en dat die E doel van of die rede vir die vervoer gevolglik ook by die algemene kategorie ter sake is. Na my mening is dit 'n non sequitur. Indien verwys sou word na diere, met uitsondering van trek-osse en karperde, sou dit nog nie volg dat 'diere' slegs op trekdiere of potensiële trekdiere slaan nie. Wat die verwysing in para. (iv) van die F voorbehoudsbepaling betref na vervoer teen vergoeding, in die loop van besigheid of in die loop van diens, en die verband wat dit met para. (iii) sou hou, geld ooreenstemmende oorwegings. Vir sover die aard van die vervoer in para. (iv) beskryf, deur 'n doel of ander subjektiewe bestanddeel onderskei word, vind daardie kenmerk sy oorsprong nie soseer in die begrip 'vervoer' as sulks nie, as in die bygevoegde begrippe G 'teen vergoeding', 'in die loop van besigheid' en 'in die loop van diens'. In para. (iii) staan die begrip 'vervoer' sonder daardie bygevoegde begrippe. Dit is vervoer sonder vergoeding, en nie in die loop van besigheid of diens nie. Dit stel voorop die afwesigheid van die bepaalde doelgerigte handeling wat by para. (iv) uit hoofde van die H betaling van vergoeding of die verrigting van besigheid of diens veronderstel kan word. Dit is expressis verbis nie dieselfde soort vervoer nie, en ek kan bygevolg nie aanneem nie dat 'n subjektiewe element wat uit para. (iv) mog blyk, op grond van sy aanwesigheid in daardie paragraaf, na para. (iii) oorgeplaas moet word nie.

Vir genoemde betoog is ook steun gesoek in die verwysing na iemand wat 'besig was om in of op daardie voertuig te klim om aldus vervoer te word', d.w.s. om vervoer te word sonder vergoeding en nie in die

Steyn CJ

loop van besigheid of diens nie. Wat hier beskryf word is egter slegs die doel waarmee in - of opgeklim word. Daardie doel as sulks werp geen lig op die vraag of 'n doel of rede, of op die vraag welke doel of rede, aanwesig moet wees ten aansien van die daaropvolgende gebeure, A voordat dit as vervoer aangemerk kan word nie. Dit dien ter beskrywing van 'n addisionele kategorie van persone, wat bygevoeg word juis omdat dit nie dieselfde kenmerke het as die ander wat reeds beskryf is nie. Ek kan geen logiese rede vind om 'n kenmerk van die bygevoegde kategorie as algemene vereiste op die ander oor te dra nie, en uit die ander kategorie iedereen uit te sluit wat nie daardie kenmerk het nie.

B Dat daar by vervoer in die reël 'n doel of rede aanwesig sal wees, moet toegegee word. Waar vervoer bewustelik geskied, soos met weinige uitsonderings gebeur, sal dit wel nie 'n redelose of doellose onderneming wees nie. Maar ek kan in bewustheid aan die kant van een of C meer persone geen conditio sine qua non vir die begrip 'vervoer' vind nie. As ek, terwyl ek 'n vriend op 'n trein gaan groet, my wandelstok in die trein vergeet en die trein daarmee sou vertrek, kan gesê word, sonder om die woorde die geringste geweld aan te doen, dat die stok in of op die trein 'vervoer geword is', al was daar niemand op die trein wat daarvan geweet het nie, en al sou die stok my eers byval lank nadat D die trein sy bestemming bereik het. Op dieselfde wyse kan hier gesê word dat 'n persoon in of op 'n motorvoertuig vervoer geword is, al was hy bewusteloos en al het die bestuurder niks van sy aanwesigheid in of op die voertuig geweet nie. Bewustheid, en daarom ook 'n doelstelling, is dus nie een van die essentialia van die begrip nie. Om vervoer te E word, veronderstel ook nie noodwendig 'n doelgerigte handeling van 'n vervoerder nie. 'n Vervoermiddel is voldoende. Waar, soos in hierdie Wet en ook in die betrokke artikel, die vervoermiddel as sulks en die assuransie daarvan, so sterk op die voorgrond gestel word, sou dit nie onredelik wees nie om 'n onnodige bestanddeel wat in die gedagteinhoud van persone gesoek moet word, by die bepaling van die begrip buite F rekening te laat, tensy die samehang vereis dat dit daarin opgeneem word.

Dit is waar dat ons hier te doen het met 'n uitsondering op 'n wyd gestelde aanspreeklikheid. As dit al was, dan sou 'n strenge...

To continue reading

Request your trial
155 practice notes
  • S v Smith
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Usage 2de uitg; Muller t/a/ SA Trucking v Trencor Services (Pty) Ltd 1985 (3) SA 213 (A); Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A); R v Pretoria Timber Co (Pty) Ltd and Another 1950 (3) SA 163 (A) C ; S v Engeldoe's Taxi Services (Pty) Ltd and Another 1966 (1) SA 329 (A)......
  • Road Accident Fund and Another v Mdeyide
    • South Africa
    • Invalid date
    ...J concurring, dissenting.) Cases Considered Annotations: I Reported cases Southern Africa Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): referred to Barkhuizen v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691): considered and compared J 2011 (2) SA p28 Barnett and Others v Mi......
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Order [1997] 1 B All SA 729 (E) reversed. E Cases Considered Annotations Reported cases Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): dictum at 278B—D applied F Arprint Ltd v Gerber Goldschmidt Group South Africa (Pty) Ltd 1983 (1) SA 254 (A): dictum at 261B—D Chasfre In......
  • Mabaso v National Commissioner of Police and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also ignore reality. For all these reasons the appeal would fail (see [50]). Cases cited Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): referred Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (4) SA 490 (CC) (2004 (7) BCLR 687; [20......
  • Request a trial to view additional results
155 cases
  • S v Smith
    • South Africa
    • Invalid date
    ... ... /a/ SA Trucking v Trencor Services (Pty) Ltd  1985 (3) SA 213 (A); Aetna Insurance Co v Minister of Justice  1960 (3) SA 273 (A); R v Pretoria ... ...
  • Road Accident Fund and Another v Mdeyide
    • South Africa
    • Invalid date
    ...J concurring, dissenting.) Cases Considered Annotations: I Reported cases Southern Africa Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): referred to Barkhuizen v Napier 2007 (5) SA 323 (CC) (2007 (7) BCLR 691): considered and compared J 2011 (2) SA p28 Barnett and Others v Mi......
  • Manyasha v Minister of Law and Order
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Order [1997] 1 B All SA 729 (E) reversed. E Cases Considered Annotations Reported cases Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): dictum at 278B—D applied F Arprint Ltd v Gerber Goldschmidt Group South Africa (Pty) Ltd 1983 (1) SA 254 (A): dictum at 261B—D Chasfre In......
  • Mabaso v National Commissioner of Police and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also ignore reality. For all these reasons the appeal would fail (see [50]). Cases cited Aetna Insurance Co v Minister of Justice 1960 (3) SA 273 (A): referred Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environmental Affairs and Tourism and Others 2004 (4) SA 490 (CC) (2004 (7) BCLR 687; [20......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT