Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk

JudgeGordon R and Ackermann R
Judgment Date27 August 1981
Citation1982 (2) SA 127 (T)
Hearing Date27 August 1981
CourtTransvaal Provincial Division

Ackermann R:

D Respondent het in die landdroshof vir Potgietersrust skadevergoeding ten bedrae van R1 500 van appellant gevorder as gevolg van die feit dat 'n kameelperdbul, die eiendom van respondent, doodgeskok is toe dit in aanraking gekom het met 'n lewendige elektriese kraglyn wat oor respondent se plaas, Rietfontein, loop. Die partye het, ooreenkomstig die bepalings van Reël 29 (5) van die Landdroshowereëls, E en by wyse van 'n skriftelike verklaring, die aksie in die vorm van 'n gestelde saak voor die hof a quo geplaas en, sonder om verdere getuienis te lei, is die saak op die basis van gestelde saak beredeneer en uitgewys. Die feite beliggaam in gemelde skriftelike verklaring is by die verhoor mondeling aangevul op die wyses uiteengesit in die landdros se uitspraak.

F Dit was gemene saak dat respondent se skade as gevolg van die dood van die kameelperdbul R2 000 was. Ten einde sy skade binne die jurisdiksie van die landdros te bring, het respondent, ingevolge art 38 van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944, afstand gedoen van 'n bedrag van R500 van sy eis.

G Die volgende is die tersaaklike feite waarop ooreengekom is of wat op die pleitstukke gemeensaak is.

Appellant is 'n plaaslike owerheid gekonstitueer kragtens die bepalings van die Ordonnansie op Plaaslike Bestuur 17 van 1939.

Ackermann R

Respondent is sedert 1967 die geregistreerde eienaar van sekere gedeeltes van die plaas Rietfontein nr 345, geleë in die distrik Potgietersrus, wat in totaal meer as 1 251 hektaar groot is. Hierdie A eiendom word as wildreservaat gebruik waarop sekere diere, onder andere, kameelperde, gehou word. Die kragdraad wat die kameelperd doodgeskok het, is deur appellant aangelê voor 1970 en appellant versprei elektrisiteit, wat van Evkom afkomstig is, en deur Evkom opgewek is, deur hierdie kragdraad.

B Dit is verder op die pleitstukke gemeensaak dat die betrokke kragdraad aan appellant behoort en dat appellant elektrisiteit met gemelde kraglyn oorstuur. Ten tye van die oprigting van die kragdraad het kameelperde nie op die betrokke plaas voorgekom nie. Na oprigting van die kragdraad, en wel gedurende 1970, het respondent kameelperde op C die betrokke plaas ingevoer. Hoewel daar geen uitdruklike ooreenkoms of erkenning tot dien effekte is nie, volg dit na my mening by noodwendige implikasie, uit veral paras 1 en 7 van die gestelde saak, dat dit een van hierdie kameelperde is wat deur gemelde kraglyn doodgeskok is.

Weliswaar kan daar nie by beoordeling van so 'n gestelde saak buite die D gestelde feite gegaan word nie (sien bv Upington Trust Maatskappy (Edms) Bpk v Thirion 1965 (3) SA 648 (GW) te 651A en op appèl in 1966 (1) SA 401 (A) te 404B - E). Dit beteken egter nie dat by 'n gestelde saak, soos met enige ander skriftelike ooreenkoms, stilswyende bepalings wat noodwendigerwys uit die uitdruklike ooreengekome feite vloei nie ingelees kan en moet word nie.

E Daar was in elk geval nie enige geskil tussen die advokate wat hierdie saak op appèl beredeneer het ten aansien van hierdie feit nie.

Dit is verder gemeensaak op die pleitstukke dat die betrokke kameelperdbul op 2 Februarie 1979 doodgeskok is toe dit in aanraking gekom het met die lewendige elektriese kraglyn, welke kraglyn oor die F gemelde eiendom van die respondent geloop het, en deel uitmaak van die kraglyn waarna hierbo verwys is. Die respondent het nie voorsien dat die kragdraad 'n gevaar vir kameelperde inhou nie, en het geen stappe geneem ter bestryding van sodanige gevaar nie. Hy het ook nie vir appellant in kennis gestel van die teenwoordigheid van kameelperde op die plaas of G appellant versoek om stappe ter voorkoming van die gevaar te doen nie. Appellant was onbewus van die feit dat kameelperde op die plaas was sedert die oprigting van die kraglyn en tot op die datum waarop die kameelperd doodgeskok is. Die respondent was te alle tersaaklike tye die eienaar van die kameelperd wat doodgeskok is en het as gevolg van sy dood skade in die bedrag van R2 000 gely.

H Die statutêrverpligtehoogte vir die betrokke kraglyn is 5,1 meter. Die kraglyn word met pale gestut en was 4,8 meter hoog van die grond op die plek waar die kameelperd doodgeskok is. Die afstand gemeet vanaf die punt van die hoef van die kameelperd se voorpoot tot by die punt van die bek van die kameelperd, in 'n lêende posisie nadat die kameelperd doodgeskok is, is 5,10 meter. Hierdie gestelde saak is by die verhoor in die hof a quo mondeling aangevul soos Landdroshowereël 29 (5) inderdaad veroorloof in die volgende opsigte: appellant het

Ackermann R

van tyd tot tyd die betrokke kraglyn inspekteer en onderhou. Na die dood van die kameelperd het appellant die draad gelig. Respondent was te alle A relevante tye bewus van die kragdraad op die betrokke eiendom.

Twee regsvrae is aan die hof a quo voorgelê vir beslissing: eerstens, die vraag of appellant 'n ondernemer was, soos bedoel in art 50 gelees met art 1 van die Elektrisiteitswet 40 van 1958. Tweedens, die vraag of appellant aanspreeklik is vir respondent se skade. Die hof a quo het B bevind dat appellant nie 'n ondernemer is nie en dat art 50 van die Wet dus nie op hom van toepassing was nie. Daar is egter bevind dat appellant nalatig was, welke nalatigheid die dood van die kameelperdbul veroorsaak het. Daar is verder bevind dat respondent bydraend nalatig C was, en is 'n verdeling van 65 persent in respondent se guns, ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956, gemaak. Ingevolge die voorbehoud tot art 38 (2) van Wet 32 van 1944 moes dié gedeelte van respondent se eis, waarvan hy afstand gedoen het, dws R500, eers afgetrek word van die nie-toegewese gedeelte van respondent se skade, dws R700. Die balans van R200, moes dan van die eis van R1 500 afgetrek word, latende 'n balans van R1 300.

D Langs hierdie weg het die landdros toe gevolglik uitspraak in respondent se guns gegee vir betaling van die bedrag van R1 300 en appellant gelas om 65 persent van respondent se koste te betaal. Die appellant kom nou in hoër beroep teen hierdie bevel.

E Mnr Vorster, wat namens die appellant verskyn het, het aanvanklik in sy betoogpunte aangevoer dat, omdat respondent nie 'n kruisappèl aangeteken het nie, die landdros se bevinding dat appellant nie 'n ondernemer was vir doeleindes van die Elektrisiteitswet nie, nie versteur kon word nie. Hy het egter nie met hierdie standpunt volhard nie, na my mening heel F tereg. Die teendeel blyk duidelik uit 'n beslissing soos Sentrale Kunsmiskorporasie Bpk v NKP Kunsmisverspreiders (Edms) Bpk 1970 (3) SA 367 (A) te 395F - H.

In die huidige appèl is die respondent tevrede met die bevel van die hof a quo, naamlik vir...

To continue reading

Request your trial
11 practice notes
  • Ngubane v South African Transport Services
    • South Africa
    • Invalid date
    ...doors from being opened, which would simply replace one risk with another. Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T) at 137G. See also Law of South Africa vol 8 at 79. (8) The utility that the respondent provides is one of a speedy, high frequency, time-reliab......
  • Delfs v Kuehne & Nagel (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Publications Control Board v Central News Agency Ltd 1977 (1) SA 717 (A); Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T); Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v C Transvaal Provincial Administration 1974 (3) SA 506 (A); Ventris Banker's Documentary Credits 2nd ed; ......
  • Dlakela v Transkei Electricity Supply Commission
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): considered Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A): dictum at 430E–F applied Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T): applied J 1997 (4) SA p525 PMB Armature Winders v Pietermaritzburg City Council 1981 (2) SA 129 (N): applied. A Pietermaritzburg City Coun......
  • Dlakela v Transkei Electricity Supply Commission
    • South Africa
    • Transkei Supreme Court
    • 10 March 1997
    ...- see PMB Armature Winders v Pietermaritzburg City Council 1981 (2) SA 129 (N); Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T); F Pietermaritzburg City Council v PMB Armature Winders 1983 (3) SA 19 (A); and Black v Kokstad Town Council 1986 (4) SA 500 Mr Rowan's se......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Ngubane v South African Transport Services
    • South Africa
    • Invalid date
    ...doors from being opened, which would simply replace one risk with another. Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T) at 137G. See also Law of South Africa vol 8 at 79. (8) The utility that the respondent provides is one of a speedy, high frequency, time-reliab......
  • Delfs v Kuehne & Nagel (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A); Publications Control Board v Central News Agency Ltd 1977 (1) SA 717 (A); Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T); Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v C Transvaal Provincial Administration 1974 (3) SA 506 (A); Ventris Banker's Documentary Credits 2nd ed; ......
  • Dlakela v Transkei Electricity Supply Commission
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): considered Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A): dictum at 430E–F applied Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T): applied J 1997 (4) SA p525 PMB Armature Winders v Pietermaritzburg City Council 1981 (2) SA 129 (N): applied. A Pietermaritzburg City Coun......
  • Dlakela v Transkei Electricity Supply Commission
    • South Africa
    • Transkei Supreme Court
    • 10 March 1997
    ...- see PMB Armature Winders v Pietermaritzburg City Council 1981 (2) SA 129 (N); Naboomspruit Munisipaliteit v Malati Park (Edms) Bpk 1982 (2) SA 127 (T); F Pietermaritzburg City Council v PMB Armature Winders 1983 (3) SA 19 (A); and Black v Kokstad Town Council 1986 (4) SA 500 Mr Rowan's se......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT