'n Regsvergelykende ondersoek. Hoofstuk 3

DOI10.10520/EJC74021
AuthorEstelle Hurter
Pages32-219
Date01 January 2004
Published date01 January 2004
HOOFSTUK 3
’N REGSVERGELYKENDE ONDERSOEK
3.1 Inleiding
Een van die vernaamste oogmerke van ’n regsvergelykende onder-
soek is om te bepaal of sekere bepaalde vreemde stelsels oplos-
sings, of minstens riglyne, bied wat nuttig kan wees om die eie
reëling uit te bou of om gebreke daarin aan te vul.1Hierdie is dan
ook die vernaamste oogmerk van so ’n studie in die onderhawige
hoofstuk.
’n Ander aspek wat ook deur die regsvergelyking na vore gebring
word, is die toenemende invloed wat die Europese Unie het op die
stelsels van lidlande van die Unie.2Hierdie invloed word duidelik
weerspieël in wysigings in die statuutreg van lidlande om bepaalde
voorskrifte wat in geratifiseerde Direktiewe vervat is, te akkom-
modeer met die doel, om onder andere, maatskappyereg te harmo-
nieer.3Hierbenewens is ’n voorstel vir ’n Europese maatskappy4
aan lidlande voorgelê en hoewel hierdie voorstel ’n stormagtige ge-
skiedenis het,5is dit waarskynlik dat dit mettertyd wel aanvaar sal
word. Weens die invloed wat die Europese Unie op kontinentale
sowel as Anglo-Amerikaanse stelsels het6(tesame met die groter
wordende entiteit bekend as die sogenaamde Enkele Europese Mark
1 Van Zyl Beginsels 17-18 wys daarop dat daar verskeie oogmerke met
regsvergelyking is. Dat groter insig in en begrip van die eie regstelsel
deur regsvergelyking verkry word, is ’n vanselfsprekende byvoordeel
daarvan.
2Hierna EU. Die invloed word primêr via Direktiewe uitgeoefen — sien
bv Belmont European company law (1989) 3.
3A 54(2) en (3) van die Verdrag van Rome: sien hfst 4 4.1 hierna. Die
harmoniëringsprogram het dit nie ten doel dat ’n Direktief op ’n een-
vormige basis in elke lidland geïmplimenteer word as ’n eenvormige
wet nie, maar vra eerder ’n aanpassing van bestaande wetgewing om
regshervorming te bewerkstellig, aangesien die vorm en wyse van im-
plementering aan die betrokke lidlande oorgelaat word.
4 Dit staan bekend as die Societas Europaea of SE — sien COM (89)
268 final — SYN 219 (25 Augustus 1989). Die Kommissie van die EU
het reeds ’n konsep vir ’n Regulasie en ’n Direktief gepubliseer; saam
staan hierdie dokumente bekend as The European Company Statute
(ECS): OJ 1989 C 263/41 (16 Oktober 1989). Die gedagte van ’n SE is
al vroeër geopper, maar daar het niks van gekom nie:sien Buxbaum en
Hopt Integration through law (1988) Vol 4 253.
5 Sien bv Gower 67; “The European company”(1990) Co Law 33 (redak-
sionele kommentaar); Boyle en Birds 16.
6 Sien bv a 16 van die Vyfde Direktief ten aansien van die maatskap-
pyereg: hfst 4 4.4 hierna.
32
en meegaande gesagsfeer), is dit nodig om ook aan die Europese
Unie aandag te skenk. Die toenemende handelsverkeer tussen Suid-
Afrika en haar handelsvennote in die Europese Unie en die moont-
like invloed op die plaaslike stelsel van vereistes wat vir voortgesette
handel gestel kan word, maak dit verder wenslik om aandag aan die
Europese Unie te skenk.
Van Zyl7wys daarop dat die Westerse maatskappyeregstelsels nor-
maalweg in drie “regsfamilies” ingedeel word, te wete die Anglo-
Amerikaanse, Germaanse en Romaanse regsfamilies. Ten einde ’n
behoorlik verteenwoordigende regsvergelykende studie te doen is
dit nodig geag om minstens een stelsel in elke familie te ondersoek.8
Normaalweg is die keuse van regstelsels wat hiervoor geraadpleeg
moet word problematies en is die onderwerp van navorsing die be-
palende faktor.
Onder die Anglo-Amerikaanse familie word die stelsels van die Ver-
enigde State van Amerika, Brittanje en die Britse Gemenebes (soos
Australië, Nieu-Seeland en Kanada) tuisgebring. Die vernaamste ver-
teenwoordigende maatskappyregstelsels van die Germaanse familie
van Wes-Europa is die Duitse, Oostenrykse en Switserse stelsels.
Onder die benaming "Romaanse familie" word onder andere die
stelsels van Frankryk, Nederland, Italië, België, Spanje en Portugal
verstaan. Die Franse reëling het in ’n mindere of meerdere mate ’n
invloed op die ander stelsels van hierdie familie uitgeoefen.10 Ander
lande wat nie noodwendig deel uitmaak van die geografiese gebied
van Wes-Europa nie word gewoonlik onder die Germaanse of Ro-
maanse regsfamilie tuisgebring.
Weens die tradisionele noue verbintenis van die Suid-Afrikaanse
maatskappyereg met dié van Brittanje,11 word die Britse reg as se-
7Beginsels 47ev.
8Hierdie besluit is geneem met inagneming van die waarskuwing wat
gerig is in Regsnavorsing Metode en publikasie (red Venter) (1990) 223.
Sien hfst 1 vn27 en meegaande teks in hierdie verband vir die moti-
vering van die besluit.
9 Van Zyl Beginsels 38 - 39.
10 Sien Levy Private corporations and their control (1950) Vol 1 221ev;
Naudé 202ev; Oosthuizen Die Turquand-reël in die Suid-Afrikaanse maat-
skappyereg (1976) (ongepubliseerde LL D-proefskrif, UNISA) 342ev.
11 Weens die Britse kolonisering van Suid-Afrika het verskeie beginsels
van die Britse common law, bv die Turquand-reël, die ultra vires-leer-
stuk en die reël in Foss v Harbottle, in Suid-Afrika inslag gevind: Van
Jaarsveld en Oosthuizen 306. Die Suid-Afrikaanse maatskappyereg is
voor 1973 op die lees van die Britse maatskappyereg geskoei, maar sedert
1973 het die Suid-Afrikaanse maatskappyereg selfstandig begin ontwik-
kel. Vir ’n bespreking van die resepsie van die Britse maatskappyereg-
beginsels en die geskiedkundige ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse
maatskappyereg, sien bv Hahlo’s company law through the cases (red
33
kerlik een van die belangrikstes beskou vir doeleindes van hierdie
ondersoek. Hoewel die stelsels van die Gemenebes ’n sterk oor-
eenkoms met die Britse stelsel toon, het sommige van die stelsels
innoverende ontwikkelings ondergaan wat die beskermingsmaat-
reëls vir minderhede betref. Derhalwe sal ook gekyk word na die
hantering van die aangeleentheid in die Nieu-Seelandse en Kana-
dese maatskappyereg. Die Australiese maatskappyereg word on-
dersoek ten einde te bepaal hoedanig dit met die Nieu-Seelandse
en Kanadese stelsels kontrasteer, en welke lesse wat daaruit geleer
kan word.
Waar die Britse stelsel aanvanklik ’n vormende invloed op die stelsels
van die Verenigde State van Amerika uitgeoefen het, het hierdie
stelsels egter gou oorspronklike ontwikkeling ondergaan. Daar be-
staan egter geen federale riglyne nie en dus sou die keuse van enkele
state (soos onder andere die “maatskappyemekka”, Delaware12)
vir doeleindes van die ondersoek dus noodwendig arbitrêr gewees
het en sonder eenvormige resultate. Gevolglik word afsonderlike
state van die Verenigde State nie ondersoek nie en word hierdie
stelsel as 'n geheel onder die loep geneem om eerder ontwikkelings-
tendense en, waar moontlik, eenvormige benaderings uit te wys.
Die Duitse stelsel (as verteenwoordigende stelsel van die Germaanse
regsfamilie) word ondersoek, aangesien hierdie stelsel nie alleen
as die model vir verskeie stelsels in die Germaanse regs-familie
gedien het nie, maar ook ’n besonder sterk invloed in maatskappy-
regtelike verband in die Europese Unie uitoefen.13 Hoewel die stelsel
van die Nederlande sterk ooreenkomste toon met ander Wes-
Europese stelsels ten aansien van die aard van die strukture,14
Pretorius ea) (1991) 5de uitg 1ev; Bosman en Hosten Inleiding tot die
Suid-Afrikaanse reg en regsleer (1979) 563ev; The law of South Africa
(red Joubert) (1995) 1ste heruitg Vol 4 Deel I 6ev.
12 Sien bv Winter “State law, shareholder protection, and the theory of
the corporation” (1977) Journal of Legal Studies 251 254ev.
13 Sien bv Schmitthoff “The success of the harmonisation of European
company law” (1975-76) European Law Review (hierna Schmitthoff
“Success”) 100. Daar word aanvaar dat die Duitse maatskappyereg
se bydrae op die terrein van die Europese maatskappyereg drieledig
is, nl (1) die toelating van die private maatskappy as ’n spesiale vorm
van besigheidsorganisasie, (2) die tweevlak direksiestelsel en (3) die
beginsel van werkersdeelname. Hoewel die Europese lande (met die
uitsondering van Nederland en Denemarke) voor die groot regsher-
vorming in die EU die private maatskappy as ondernemingsvorm erken
het, verstaan hulle egter nie noodwendig dieselfde tipe organisasie daar-
onder nie: Schmitthoff “Success” 101-102.
14 Die rede hiervoor is waarskynlik toe te skryf aan die algemene gedag-
testrominge in Europa ten aansien van die ontwikkeling van die maat-
skappyereg teen die agtergrond van die EU en Direktiewe in hierdie
verband.
34

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT