'n Miskende vennootskapsregtelike kenbron uit die ius commune

Date01 February 2006
Published date01 February 2006
DOI10.10520/EJC74066
Pages1-15
AuthorJ.J. Henning
PART 1
PERSPECTIVES
JJ Henning*
A. ’n Miskende vennootskapsregtelike kenbron uit die
ius commune**
1. Inleiding
In Van Staden v Venter1verwys waarnemende Appèlregter Harms,
soos hy toe was, pertinent na “Hector Felicius Tractatus de Societate2
as gemeenregtelike gesag vir die standpunt dat die actio pro socio
est perpetua en dat verjaring nie begin loop alvorens ’n vennoot-
skap onbind nie. Ter stawing van die gevolgtrekking dat hierdie bron
die ius commune weergee word daarop gewys dat die derde uitgawe
van die werk in 1666 in Gorkum, Suid-Nederland gepubliseer is en
dat “die skrywer na Romeins-Hollandse skrywers soos Groenewegen
verwys en dat Voet op hom staatmaak”.
’n Rekenaarmatige soektog deur die Suid-Afrikaanse hofverslae soos
vervat in die “Jutastat Laserskyf Biblioteek”3 toon dat hierdie verwy-
sing as geskiedkundig aan te stip is. Dit is naamlik die heel eerste
verwysing na hierdie werk in so ’n gerapporteerde uitspraak van enige
afdeling van die hooggeregshof, dit wil sê sedert 1947.
Die uitgawe van die werk waarop waarnemende Appèlregter Harms
steun, bevat byvoegings deur Boxelius onder meer oor die tydgenoot-
like posisie in Nederland. Daarom word soms na hierdie spesifieke
uitgawe verwys as “Felicius-Boxelius Tractatus de Societate” (hierna
“Felicius-Boxelius”).4
1
* Toe hoof van die Department Handelsreg en die Sentrum vir Onder-
nemingsreg, Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Tans dekaan van die
Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van die Vrystaat.
** Die gedeelte is grotendeels gebaseer op JJ Henning “Felicius-Boxelius
T
ractatus de Societate.’n Miskende vennootskapsregtelike kenbron uit
die ius commune1992 (55) T
ydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse
reg 447-456.
1 1992 1 SA 552 (A) 560H-561C.
232.74 en 32.75.
3Jutastat CD-ROM Library.
4 Vgl Zanchius Tractatus de Societate (1786) vi;Dekkers Bibliotheca Bel-
gica Juridica (1951) 24 sv “Boxel”;Roberts A South African Legal Biblio-
graphy(1942) 120;Lichtenauer Geschiedenis van de wetenschap van het
handelsrecht in Nederland tot 1809 (1956) 124.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT