Moyer v Shield Insurance Co Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Kock R
Judgment Date18 March 1980
Citation1980 (3) SA 468 (C)
Hearing Date18 March 1980
CourtCape Provincial Division

De Kock R:

Hierdie is 'n aksie vir skadevergoeding vir skade wat eiser gely het as gevolg van liggaamlike beserings opgedoen toe 'n motorvoertuig met hom gebots het. Die verweerdermaatskappy het ingevolge Reël 34 (2) van E die Eenvormige Hofreëls sonder benadeling 'n bedrag geregtelik inbetaal by wyse van 'n aanbod tot skikking van die eis en ook aangebied om eiser se koste te betaal op die toepaslike landdroshofskaal indien die aanbod tot skikking aanvaar word. Die tersaaklike deel van die kennisgewing waarkragtens die inbetaling gedoen is lui soos volg:

"Notice of offer of settlement in terms of Rule 34 (2) and 34 (6). Without prejudice or admission of liability and by way of an offer in full and final settlement of the plaintiff's claim, the defendant hereby tenders:

1.

Payment direct to the plaintiff of the sum of R1 400.

2.

The defendant also tenders, in the event of this offer of settlement G being accepted by the plaintiff, to pay the plaintiff's taxed costs and disbursements as between party and party on the appropriate magistrate's court scale to the date of service of this notice."

Die eiser het die aanbod van R1 400 ten opsigte van sy eis aanvaar

De Kock R

maar hy doen nou aansoek by hierdie Hof kragtens Reël 34 (8) vir vonnis vir koste teen die verweerder op die Hooggeregshofskaal.

Dat die eiser in 'n geval soos hierdie geregtig is om so op te tree, dws, om die bedrag te aanvaar wat geregtelik inbetaal is by wyse van 'n aanbod A ter skikking van sy eis en dan die Hof te vra vir 'n toepaslike bevel vir sy koste onder Reël 34 (8) is neergelê in die saak van Erasmus v Viljoen en 'n Ander 1968 (3) SA 496 (GW). Die Hof het daar beslis dat waar 'n kennisgewing van inbetaling spesifiek meld dat bo en behalwe die bedrag wat inbetaal word ter skikking van die eis, die eiser se koste ook geheel B of gedeeltelik aangebied word, mens eintlik met twee aanbiedinge te doen het, naamlik een ter skikking van die eis en een ter vereffening, geheel of gedeeltelik, van die koste. Die saak is nie heeltemal vry van twyfel nie, maar dit kom my voor dat Reël 34 nie vereis of voorskryf dat so 'n aanbod as ondeelbaar beskou moet word nie, dws, 'n aanbod wat in sy geheel C deur 'n eiser aanvaar of verwerp moet word nie. Na my mening staan dit hom vry om die aanbod tot skikking van die eis, dws, die bedrag wat geëis word, te aanvaar en dan die Hof te vra om die verweerder se aanspreeklikheid vir koste te beslis.

Ek stem saam...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Erasmus v Santam Insurance Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...not warrant approval. To the corresponding degree I find myself H unable to agree with the decision in Moyer v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 468 (C) with reference to the ordinary position and need not comment upon what in fact was before the Court, viz an offer which was not 'in werk......
1 cases
  • Erasmus v Santam Insurance Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...not warrant approval. To the corresponding degree I find myself H unable to agree with the decision in Moyer v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 468 (C) with reference to the ordinary position and need not comment upon what in fact was before the Court, viz an offer which was not 'in werk......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT