Erasmus v Viljoen en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeJacobs R
Judgment Date25 April 1968
Citation1968 (3) SA 496 (GW)
Hearing Date20 March 1968
CourtGriqualand-West Local Division

C Jacobs, R.:

Hierdie was 'n saak waarin eiser skadevergoeding van die twee verweerders gevorder het vir onwettige arrestasie en onregmatige aanhouding na die arrestasie. By ooreenkoms tussen die partye het ek eers net getuienis aangehoor aangaande die wettigheid van die arrestasie D en aanhouding en op 2 Februarie 1967 het ek uitspraak gelewer en ten gunste van eiser bevind. Daarna is die saak op 16 Oktober 1967 op die rol geplaas vir verdere verhoor teneinde die omvang van die skade te bepaal en op 23 November 1967 het ek die finale uitspraak gelewer (so het ek gehoop) en die volgende bevele gemaak:

'1.

Uitspraak ten gunste van eiser met koste word gegee:

(a)

teen eerste verweerder in 'n bedrag van R50.

(b)

E teen eerste en tweede verweerders gesamentlik en afsonderlik in 'n bedrag van R150.

2.

Gelde vir twee advokate word toegelaat en dit word beveel dat die tarief van maksimum-gelde neergelê in Hofreël 69 nie sal geld nie.

3.

Eiser word 'n noodsaaklike getuie verklaar t.o.v. beide dele van die verhoor.'

F Intussen het verweerders egter op 24 Mei 1967, dit was etlike maande voor die tweede deel van die verhoor, 'n inbetaling by die Hof gemaak waarvan ek natuurlik onbewus was. Die kennisgewing van inbetaling was soos volg bewoord:

'Geliewe kennis te neem dat die eerste en tweede verweerders hiermee 'n bedrag van sewehonderd en vyftig rand (R750) by die Griffier van bogemelde Agbare Hof inbetaal het gelyktydig met inlewering van hierdie G kennisgewing, welke inbetaling deur die verweerders gemaak word volgens Reël 34 (2) sonder benadeling en by wyse van aanbod tot skikking van al die eiser se eise in bogemelde saak en geliewe verder kennis te neem dat volgens Reël 34 (6) (b) die eerste en tweede verweerders betaling van die eiser se koste op 'n Hooggeregshof skaal tussen party en party aanbied soos wat die Takseer Meester van bogemelde Agbare Hof mag toelaat.'

Onmiddellik na my uitspraak van 23 November is die feit van die H inbetaling onder my aandag gebring en het verweerders aangevoer dat ek

Jacobs R

my kostebevel moet heroorweeg in sover dit ook koste aan eiser toeken vir die tweede deel van die verhoor. Eiser se standpunt was egter dat die inbetaling nie gepaard gegaan het met 'n aanbod van gelde vir twee A advokate of dat die tarief vir maksimum-gelde neergelê in Reël 69 nie sal geld nie en dat, in die lig van die bevel wat die Hof uiteindelik gemaak het, die aanbod onvoldoende was en meer aan eiser toegeken is as wat by die inbetaling aangebied is. Dit is op hierdie geskilpunt waarop argument op 20 Maart laaslede voor my gelewer is en waaroor ek nou moet beslis.

B Die uitgangspunt van die argument van mnr. van Rooyen, namens eiser, was dat Reël 69 (1) van die Eenvormige Hofreëls uitdruklik bepaal dat gelde van net een advokaat op taksasie toegelaat word tensy die Hof anders gelas en dat ingevolge Reël 69 (3) die neergelegde tarief van maksimum-gelde in die onderhawige saak sou gegeld het indien die Hof nie C anders gelas het nie. Indien eiser dus verweerders se aanbod aanvaar het, so lui die argument verder, sou hy slegs geregtig gewees het op sodanige koste as wat die takseermeester sou toelaat en sonder spesiale magtiging van die Hof sou die takseermeester verplig gewees het om die neergelegde tarief van maksimum-gelde toe te pas en om die gelde van net een advokaat toe te laat.

D Mnr. Zietsman aan die ander kant het namens verweerders aangevoer dat die aanbod bevat in die kennisgewing van inbetaling deelbaar is. Volgens hom bevat dit 'n aanbod ter skikking van die eis en 'n aparte aanbod om eiser se koste te betaal. Indien eiser tevrede was met die bedrag wat aangebied is as skadevergoeding kon hy dit aanvaar het en kon hy, E ingevolge Reël 34 (8), na kennisgewing aan die verweerders, vonnis vir...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Naylor and Another v Jansen
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to the following:Cassell & Co Ltd v Broome and Another [1972] 1 All ER 801 (HL) at824b–dErasmus v Viljoen en ’n Ander 1968 (3) SA 496 (GW) at 499BEsselen v Argus Printing and Publishing Co Ltd and Others 1992 (3) SA764 (T) at 771F–IGolding v Torch Printing and Publishing Co (Pty) L......
  • Erasmus v Santam Insurance Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...plaintiff may have been justified (or not) to involve and to call. F Plaintiff relied on the decision in Erasmus v Viljoen en 'n Ander 1968 (3) SA 496 (GW). Its interpretation that a single document contained two separate offers requires no comment. The decision confirms that acceptance wou......
  • Moyer v Shield Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 18 March 1980
    ...en dan die Hof te vra vir 'n toepaslike bevel vir sy koste onder Reël 34 (8) is neergelê in die saak van Erasmus v Viljoen en 'n Ander 1968 (3) SA 496 (GW). Die Hof het daar beslis dat waar 'n kennisgewing van inbetaling spesifiek meld dat bo en behalwe die bedrag wat inbetaal word ter skik......
  • Erasmus v Santam Insurance Ltd and Another
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 22 January 1991

  • Request a trial to view additional results
6 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT