Minister van Vervoer v Bekker

JurisdictionSouth Africa

Minister van Vervoer v Bekker
1975 (3) SA 128 (O)

1975 (3) SA p128

Citation

1975 (3) SA 128 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

MT Steyn R

Heard

October 21, 1974; October 30, 1974; November 11, 1975

Judgment

January 30, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Nalatigheid — Aksie om skadevergoeding — Botsing tussen swaar verbystekende en aankomende vragmotors — B Aankomende bestuurder het na sy verkeerde kant van die pad oorbeweeg — Bestuurders ewe nalatig — Koste — Eis en teeneis — Eiser se skade erger en balans in sy guns — Geen bevel tot koste toegestaan nie.

Headnote : Kopnota

Om met 'n swaar en lompe voertuig soos 'n sewe-ton vragmotor 'n ander voertuig van agter af verby te steek op 'n tydstip C wanneer 'n nog groter, swaarder en lomper voertuig slegs 80 - 100 tree van vooraf uit die teenoorgestelde rigting in aantog is, is 'n potensieël gevaarlike handeling. In sodanige omstandighede behoort die verbystekende bestuurder te voorsien dat die bestuurder van die aankomende voertuig as gevolg van sy ontsteltenis 'n onbesonne en gevaarlike handeling met sy voertuig kon verrig wat 'n botsing tussen die twee voertuie kon veroorsaak.

'n Motoris behoort slegs die inherent gevaarlike stap te doen D om na sy verkeerde kant van die pad oor te beweeg in die aangesig van 'n voertuig wat op 'n kort afstand aan dié se verkeerde kant van vooraf aankom as 'n laaste uitkomspoging onder omstandighede van dringende nood wat nie deur sy eie toedoen ontstaan het nie.

In 'n aksie waarin die eiser skadevergoeding weens die skade aan sy voertuig, en die verweerder in 'n teeneis skadevergoeding weens die skade aan sy voertuig, wat ontstaan het uit 'n E botsing tussen aankomende voertuie, geëis het, het die Hof beslis dat die twee bestuurders ewe nalatig was, maar, aangesien die skade aan eiser se voertuig groter was, daar 'n finale balans in eiser se guns was.

Beslis, dat geen bevel tot koste verleen sou word nie. F

Flynote : Sleutelwoorde

Negligence — Action for damages — Collision between heavy overtaking and approaching lorries — Approaching driver having moved over to his wrong side of the road — Drivers equally negligent — Costs — Claim and counterclaim — Plaintiff's damage greater and balance in his favour — No order for costs granted. G

Headnote : Kopnota

To overtake another vehicle whilst driving a heavy and clumsy vehicle such as a seven ton lorry at a time when a still larger, heavier and more clumsy vehicle, 80 - 100 yards away, is approaching from the opposite direction, is a potentially dangerous operation. In such circumstances the overtaking driver should foresee that this could upset the driver of the approaching vehicle and cause him to perform a stupid and dangerous operation with his vehicle, which could cause a collision between the two vehicles.

H A motorist should only perform the inherently dangerous step of moving over on to his wrong side of the road in the face of a vehicle approaching from a short distance away on its wrong side of the road as a last resort under circumstances of urgent necessity not arising from his own conduct.

In an action in which the plaintiff claimed damages in respect of the damage to his vehicle, and the defendant in a counterclaim damages in respect of the damage to his vehicle, which had arisen out of a collision between approaching vehicles, the Court held that the two drivers were equally negligent, but, as the damage to the plaintiff's vehicle was greater there was a final balance in the plaintiff's favour.

Held, that no order for costs should be granted.

Case Information

Aksie om skadevergoeding. Feite wat nie van belang is nie is weggelaat.

J. W. Edeling, namens die eiser.

1975 (3) SA p129

J. P. Malherbe, namens die verweerderes.

Cur adv vult.

Postea (Januarie 30). A

Judgment

M.T. Steyn, R. :

In die Riemland het twee vragmotors teen mekaar gebots om ongeveer 1. 30 nm. op 5 April 1971. Een van die betrokke vragmotors was eiser se sewe-ton Bedford wat deur ene J. J. E. Griesel bestuur was. Dit was op pad na Koppies en het B 18 van eiser se swart werknemers en 'n bokseil aan boord, wat 'n redelike ligte vrag vir daardie tipe vragmotor was. Die ander vragmotor was verweerderes se International, bestuur deur ene Morris Maduna. Dit was op padterug na Bethlehem nadat dit 'n vrag beton klip by Danielsrus afgelaai het. Saam met Morris Maduna op die International was nog vier swart werknemers van verweerderes.

Die botsing tussen hierdie vragmotors het op 'n reguit stuk van C die Bethlehem - Reitz hoofteerpad plaasgevind ongeveer 14 myl van Bethlehem af. Op die toneel van die botsing het die pad 'n baie geleidelike helling afdraende in 'n noordelike rigting en is dit opgebou sodat die ryvlak ongeveer 12 - 18 duim hoër is as die omliggende veld. Die teer-gedeelte van die pad is D 20 voet breed en aan weerskante daarvan is gruis padskouers wat elk ongeveer vyf voet breed is met goeie rybare oppervlaktes.

Albei betrokke voertuie is tydens die botsing beskadig en spruitende daaruit is wedersydse eise om betaling van skadevergoeding deur die partye teen mekaaringestel. Eiser beweer dat die botsing en daaropvolgende beskadiging van sy E voertuig uitsluitlik aan die nalatigheid van Morris Maduna toe te skryf is en verweerderes beweer op haar beurt in haar teeneis dat die nalatigheid van Griesel die uitsluitlike oorsaak van die botsing en beskadiging van haar voertuig was. Albei partye pleit in die alternatief dat daar 'n gepaste vermindering van die teenparty se vordering moet wees ingevolge die bepalings van Wet 34 van 1956, soos gewysig, indien dit bevind sou word dat die botsing en skadeberokkening deur die F gesamentlike nalatigheid van beide bestuurders veroorsaak is. Dit is voorts beweer dat Griesel en Morris Maduna onderskeidelik in diens van eiser en verweerderes was toe hulle aldus bestuur het en dat hulle gehandel het binne die bestek en ter uitvoering van hul pligte as sulks. Alhoewel beide partye op verskeie bewerings van nalatigheid steun is die wedersydse G vorderings in hoofsaak onderskeidelik daarop gegrond dat Maduna op nalatige wyse oorgegaan het na sy verkeerde kant van die pad en dat Griesel op nalatige wyse by verkeer wat in dieselfde rigting as hy beweeg het verby gesteek het. Tydens 'n voor-verhoor samespreking wat ingevolge Hofreël 37 plaasgevind het is dit wedersyds erken dat eiser se skade R1 900 en verweerderes s'n R591,48 beloop asook dat Griesel en Maduna die H Bedford en International respektiewelik bestuur het en dat hulle dit gedoen het in hul hoedanighede as werknermers van eiser enverweerderes onderskeidelik en dat hulle aldus gehandel het binne die bestek en ter uitvoering van hul dienspligte as sulks.

Die geskilpunte tydens die verhoor was derhalwe beperk tot die onderskeie bewerings van nalatigheid en daarmee gepaardgaande aanspreeklikheid.

Beide partye is dit eens dat die botsing plaasgevind het kort na

1975 (3) SA p130

MT Steyn R

die rigting van Reitz voort te beweeg. Die pad lê in 'n algemene Noord-Suid rigting by en aan weerskante van die ongelukstoneel en die Bedford het voor die botsing in 'n noordelike rigting gery terwyl die A International suid gery het.

Oor presies waar op die pad die botsing plaasgevind het was daar aanvanklik geen eenstemmigheid nie.

[Die geleerde Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan].

Dit is na my mening derhalwe ten minste op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat B die punt van botsing inderwaarheid geleë is op die plek wat as punt "XI" op die plan bew. (A) en as punt (E) op fotos (F) en (G) aangetoon is. Die voertuie het derhalwe gebots op 'n punt wat vyf voet aan die Bedford se korrekte kant van die middellyn van die pad was. Die International was dus aan sy verkeerde kant van die pad toe dit met die Bedford gebots het. Ek is eweneens tevrede dat Morris Maduna inderdaad aan sers. Swart punt (C) uitgewys het as synde die botsingspunt en dat C dit 'n algeheel foutiewe uitwysing was.

Dit is duidelik dat die uiteindelike botsing veroorsaak is deur die wisselwerking tussen drie bewegende voorwerpe en hul bestuurders, te wete die trekker deur Fourie bestuur, die Bedford wat die trekker van agter af genader het en D verbygesteek het en die International wat die trekker en Bedford van vooraf genader het. Wat die presiese bestanddele van hierdie wisselwerking was is egter onseker. So is byvoorbeeld die afstand tussen die Bedford en die International op die oomblik toe Griesel besluit het om die trekker verby te steek, en toe Morris Maduna besluit het om oor te beweeg na sy regterkant van die pad, moeilik op die getuienis E bepaalbaar. Dit geld ook vir die distansies tussen - en die onderlinge posisies van die drie voertuie toe Griesel die Bedford se remme vol aangeslaan het kort voor die botsing. Die onderhawige is derhalwe 'n geval waar die volgende opmerking in Cooper and Bamford, South African Motor Law, bl. 296 - 297, by uitstek toepasbaar is, te wete:

"Calculations based upon estimated times, distances and speeds are F frequently presented to the Court as a basis upon which it is then asked to draw certain inferences and to find certain facts as proved. In dealing with such calculations the Courts have always borne in mind the notorious difficulty witnesses have of making accurate estimates often made in the anguish of the crisis. And as OGILVIE THOMPSON, A. J. (as he then was), said in Van der Westhuizen and Another v S. A. Liberal Insurance Co. Ltd., 1949 (3) SA...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(C) C Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A) Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) Motor Vehicle Assurance Fund v Kenny 1984 (4) SA 432 (E) D Mpongwana v Minister o......
  • Distillers Corporation Ltd v Modise
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd and Another v Johannesburg Stock Exchange 1974 (4) SA 781 (W): dictum op/at 790 toegepas/applied Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O): dictum op/at 132G - 133C toegepas/applied Vanderbijlpark Health Committee v Wilson 1950 (1) SA 447 (A): dictum op/at 458 toegepas/applie......
  • Tshitake v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Gauteng Division, Pretoria
    • 11 Diciembre 2015
    ...evidence that he was close to home, apparently Thohoyandou, was never challenged. [30] In the case of Minister van Vervoer v Bekker 1975 3 SA 128 (O) it was stated that a driver executing the manoeuvre of overtaking may only do so when it is safe to do so. [31] In the matter of Mampeonae An......
  • Jones v Sentraboer Ko-op Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...not be extended to excuse conduct which is, even in a critical situation, not reasonable.'" (vgl ook Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) te G Na oorweging, kom ek derhalwe in hierdie saak tot die bevinding dat beide Jones en die bestuurder van die versekerde voertuig hulle ond......
  • Request a trial to view additional results
5 cases

5 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT