Minister van Vervoer v Bekker

JurisdictionSouth Africa
JudgeMT Steyn R
Judgment Date30 January 1975
Citation1975 (3) SA 128 (O)
CourtOrange Free State Provincial Division

M.T. Steyn, R. :

In die Riemland het twee vragmotors teen mekaar gebots om ongeveer 1. 30 nm. op 5 April 1971. Een van die betrokke vragmotors was eiser se sewe-ton Bedford wat deur ene J. J. E. Griesel bestuur was. Dit was op pad na Koppies en het B 18 van eiser se swart werknemers en 'n bokseil aan boord, wat 'n redelike ligte vrag vir daardie tipe vragmotor was. Die ander vragmotor was verweerderes se International, bestuur deur ene Morris Maduna. Dit was op padterug na Bethlehem nadat dit 'n vrag beton klip by Danielsrus afgelaai het. Saam met Morris Maduna op die International was nog vier swart werknemers van verweerderes.

Die botsing tussen hierdie vragmotors het op 'n reguit stuk van C die Bethlehem - Reitz hoofteerpad plaasgevind ongeveer 14 myl van Bethlehem af. Op die toneel van die botsing het die pad 'n baie geleidelike helling afdraende in 'n noordelike rigting en is dit opgebou sodat die ryvlak ongeveer 12 - 18 duim hoër is as die omliggende veld. Die teer-gedeelte van die pad is D 20 voet breed en aan weerskante daarvan is gruis padskouers wat elk ongeveer vyf voet breed is met goeie rybare oppervlaktes.

Albei betrokke voertuie is tydens die botsing beskadig en spruitende daaruit is wedersydse eise om betaling van skadevergoeding deur die partye teen mekaaringestel. Eiser beweer dat die botsing en daaropvolgende beskadiging van sy E voertuig uitsluitlik aan die nalatigheid van Morris Maduna toe te skryf is en verweerderes beweer op haar beurt in haar teeneis dat die nalatigheid van Griesel die uitsluitlike oorsaak van die botsing en beskadiging van haar voertuig was. Albei partye pleit in die alternatief dat daar 'n gepaste vermindering van die teenparty se vordering moet wees ingevolge die bepalings van Wet 34 van 1956, soos gewysig, indien dit bevind sou word dat die botsing en skadeberokkening deur die F gesamentlike nalatigheid van beide bestuurders veroorsaak is. Dit is voorts beweer dat Griesel en Morris Maduna onderskeidelik in diens van eiser en verweerderes was toe hulle aldus bestuur het en dat hulle gehandel het binne die bestek en ter uitvoering van hul pligte as sulks. Alhoewel beide partye op verskeie bewerings van nalatigheid steun is die wedersydse G vorderings in hoofsaak onderskeidelik daarop gegrond dat Maduna op nalatige wyse oorgegaan het na sy verkeerde kant van die pad en dat Griesel op nalatige wyse by verkeer wat in dieselfde rigting as hy beweeg het verby gesteek het. Tydens 'n voor-verhoor samespreking wat ingevolge Hofreël 37 plaasgevind het is dit wedersyds erken dat eiser se skade R1 900 en verweerderes s'n R591,48 beloop asook dat Griesel en Maduna die H Bedford en International respektiewelik bestuur het en dat hulle dit gedoen het in hul hoedanighede as werknermers van eiser enverweerderes onderskeidelik en dat hulle aldus gehandel het binne die bestek en ter uitvoering van hul dienspligte as sulks.

Die geskilpunte tydens die verhoor was derhalwe beperk tot die onderskeie bewerings van nalatigheid en daarmee gepaardgaande aanspreeklikheid.

Beide partye is dit eens dat die botsing plaasgevind het kort na

MT Steyn R

die rigting van Reitz voort te beweeg. Die pad lê in 'n algemene Noord-Suid rigting by en aan weerskante van die ongelukstoneel en die Bedford het voor die botsing in 'n noordelike rigting gery terwyl die A International suid gery het.

Oor presies waar op die pad die botsing plaasgevind het was daar aanvanklik geen eenstemmigheid nie.

[Die geleerde Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan].

Dit is na my mening derhalwe ten minste op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat B die punt van botsing inderwaarheid geleë is op die plek wat as punt "XI" op die plan bew. (A) en as punt (E) op fotos (F) en (G) aangetoon is. Die voertuie het derhalwe gebots op 'n punt wat vyf voet aan die Bedford se korrekte kant van die middellyn van die pad was. Die International was dus aan sy verkeerde kant van die pad toe dit met die Bedford gebots het. Ek is eweneens tevrede dat Morris Maduna inderdaad aan sers. Swart punt (C) uitgewys het as synde die botsingspunt en dat C dit 'n algeheel foutiewe uitwysing was.

Dit is duidelik dat die uiteindelike botsing veroorsaak is deur die wisselwerking tussen drie bewegende voorwerpe en hul bestuurders, te wete die trekker deur Fourie bestuur, die Bedford wat die trekker van agter af genader het en D verbygesteek het en die International wat die trekker en Bedford van vooraf genader het. Wat die presiese bestanddele van hierdie wisselwerking was is egter onseker. So is byvoorbeeld die afstand tussen die Bedford en die International op die oomblik toe Griesel besluit het om die trekker verby te steek, en toe Morris Maduna besluit het om oor te beweeg na sy regterkant van die pad, moeilik op die getuienis E bepaalbaar. Dit geld ook vir die distansies tussen - en die onderlinge posisies van die drie voertuie toe Griesel die Bedford se remme vol aangeslaan het kort voor die botsing. Die onderhawige is derhalwe 'n geval waar die volgende opmerking in Cooper and Bamford, South African Motor Law, bl. 296 - 297, by uitstek toepasbaar is, te wete:

"Calculations based upon estimated times, distances and speeds are F frequently presented to the Court as a basis upon which it is then asked to draw certain inferences and to find certain facts as proved. In dealing with such calculations the Courts have always borne in mind the notorious difficulty witnesses have of making accurate estimates often made in the anguish of the crisis. And as OGILVIE THOMPSON, A. J. (as he then was), said in Van der Westhuizen and Another v S. A. Liberal Insurance Co. Ltd., 1949 (3) SA 160 (C) at p. 168:. . . the strictly mathematical approach, though undoubtedly very useful as a check, can but G rarely be applied as an absolute test in collision cases, since any mathematical calculation so vitally depends on exact positions and speeds; whereas in truth these latter are merely estimates almost invariably made under circumstances wholly unfavourable to accuracy."

In breë trekke egter openbaar die getuienis die volgende gebeure:

[Die Edelagbare Regter het met die getuienis afgehandel en soos volg H voortgegaan].

Dit staan vas dat voordat 'n voertuigbestuurder 'n ander voertuig wat in dieselfde rigting as hy voortbeweeg van agter af verbygaan, hy moet toesien dat dit veilig is om dit te doen, en moet hy veral seker wees dat daar geen aankomende verkeer is wat deur sy verbysteek beweging in gevaar gestel of gehinder kan word nie. Sien Cooper and Bamford, South African Motor Law, bl. 519 - 520, 524 - 525; Macintosh and Scoble, Negligence in Delict, 5de uitg., bl. 447 - 448. Sien ook Kruger v Van der Merwe, 1966 (2) S. A. 266 (A. A.).

Dit is 'n welbekende feit dat sekere motoriste makliker as ander deur 'n

MT Steyn R

onverwagte en potensieël gevaarlike handeling van 'n ander motoris skrik op die lyf gejaag kan word en dan op nalatige en onbesonne wyse daarop kan reageer. Hierdie feit moet steeds deur alle motoriste in gedagte gehou word en hulle behoort hulle optrede dienooreenkomstig te reguleer. Waar 'n persoon 'n swaar, lompe voertuig soos 'n vragmotor van sewe ton A of swaarder, bestuur, moet hy des te versigtiger wees want sulke voertuie is nie so beweeglik soos die gewone motorkar nie en daarom is dit moeiliker om daarmee vinnige en effektiewe gevaar-voorkomende of ontwykende bewegings te maak. Vgl. Santam Insurance Co. Ltd. v English B and Another, 1973 (1) P. H. J10 (A. A.).

Wat die bestuur van sulke swaar voertuie betref is ek eerbiediglik van mening dat die volgende woorde van TROLLIP, R. (soos hy destyds nog was), in S. v Stavast, 1964 (3) SA 617 (T) te bl. 623G - H, besonderlik toepasbaar is, tewete:

". . . I think that having regard to the dreadful and almost daily toll that motor vehicular traffic exacts of human life and limb on our roads, C the Court should be astute not to diminish but rather to raise the standard of care and precautions that should be taken by drivers in the interests of public safety. "

Om met 'n groot, swaar en lompe voertuig soos 'n sewe-ton Bedford vragmotor 'n ander voertuig van agter af verby te steek op 'n tydstip D wanneer 'n nog groter, swaarder en lomper voertuig soos die betrokke...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(C) C Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A) Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) Motor Vehicle Assurance Fund v Kenny 1984 (4) SA 432 (E) D Mpongwana v Minister o......
  • Distillers Corporation Ltd v Modise
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd and Another v Johannesburg Stock Exchange 1974 (4) SA 781 (W): dictum op/at 790 toegepas/applied Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O): dictum op/at 132G - 133C toegepas/applied Vanderbijlpark Health Committee v Wilson 1950 (1) SA 447 (A): dictum op/at 458 toegepas/applie......
  • Tshitake v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Gauteng Division, Pretoria
    • 11 December 2015
    ...evidence that he was close to home, apparently Thohoyandou, was never challenged. [30] In the case of Minister van Vervoer v Bekker 1975 3 SA 128 (O) it was stated that a driver executing the manoeuvre of overtaking may only do so when it is safe to do so. [31] In the matter of Mampeonae An......
  • Jones v Sentraboer Ko-op Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...not be extended to excuse conduct which is, even in a critical situation, not reasonable.'" (vgl ook Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) te G Na oorweging, kom ek derhalwe in hierdie saak tot die bevinding dat beide Jones en die bestuurder van die versekerde voertuig hulle ond......
  • Request a trial to view additional results
5 cases
  • Minister of Safety and Security and Another v Rudman and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(C) C Minister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A) Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) Motor Vehicle Assurance Fund v Kenny 1984 (4) SA 432 (E) D Mpongwana v Minister o......
  • Distillers Corporation Ltd v Modise
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd and Another v Johannesburg Stock Exchange 1974 (4) SA 781 (W): dictum op/at 790 toegepas/applied Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O): dictum op/at 132G - 133C toegepas/applied Vanderbijlpark Health Committee v Wilson 1950 (1) SA 447 (A): dictum op/at 458 toegepas/applie......
  • Tshitake v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Gauteng Division, Pretoria
    • 11 December 2015
    ...evidence that he was close to home, apparently Thohoyandou, was never challenged. [30] In the case of Minister van Vervoer v Bekker 1975 3 SA 128 (O) it was stated that a driver executing the manoeuvre of overtaking may only do so when it is safe to do so. [31] In the matter of Mampeonae An......
  • Jones v Sentraboer Ko-op Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...not be extended to excuse conduct which is, even in a critical situation, not reasonable.'" (vgl ook Minister van Vervoer v Bekker 1975 (3) SA 128 (O) te G Na oorweging, kom ek derhalwe in hierdie saak tot die bevinding dat beide Jones en die bestuurder van die versekerde voertuig hulle ond......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT