Minister van Polisie v Ewels

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Trollip AR, Muller AR en Van Zijl Wn AR
Judgment Date23 May 1975
Hearing Date17 March 1975
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

In die pleitstukke van 'n verhoorsaak in die C Oos-Kaapse Afdeling het die eiser (die respondent in hierdie Hof) skadevergoeding van 'n sekere Barnard en van die verweerder (die appellant in hierdie Hof) geëis. Hy het beweer dat hy op 20 Desember 1971 deur Barnard, wat 'n polisieman was, op twee geleenthede aangerand is en daardeur skade gely het. Die eerste geleentheid was by 'n kafee in Umtata en daarna by D die polisiestasie aldaar. Ten opsigte van die eerste geleentheid het hy 'n bedrag geëis van Barnard alleen terwyl hy ten opsigte van die tweede geleentheid 'n bedrag geëis het van Barnard en van verweerder gesamentlik en afsonderlik. Sy eis teen verweerder is gebaseer op sekere feitlike bewerings in die besonderhede van sy eis. Hy het beweer dat Barnard hom in die portaal van die polisiestasie voor die oop deur van die E klagtekantoor asook op die trappe voor die polisiestasie aangerand het. Hy het verder beweer dat ten tyde van die aanranding sekere lede van die polisiemag diens gedoen het in die polisiekantoor en dit beheer het. Hulle was 'n sersant Wood, twee blanke konstabels, Nel en Hattingh, en verskeie swart konstabels. Hy het verder beweer dat tydens die F aanranding hierdie polisiemanne in diens was van die verweerder en opgetree het in die loop van hul werk en - dit is die kern van sy saak - dat hulle nalatiglik versuim het om Barnard te verhinder om hom aan te rand of hom teen aanranding deur Barnard te beskerm. In nadere besonderhede wat hy verskaf het, het eiser beweer dat tydens die aanranding sersant Wood deur die portaal in die klagtekantoor geloop het G en dat Hattingh uit die kantoor gestap het. Al die polisiemanne was bewus van die aanranding. Op 'n vraag van verweerder op welke gronde eiser die aanspreeklikheid van die verweerder baseer, het eiser geantwoord dat dit die plig van die polisiemanne was om eiser te beskerm luidens die bepalings van art. 5 van die Polisiewet, 7 van 1958, en op grond van sekere voorafgaande gedrag van hierdie polisiemanne. Hierdie H voorafgaande gedrag sou bestaan het uit die feit dat hulle Barnard in die polisiestasie toegelaat het of dat hulle toegelaat het dat hy daar bly terwyl hy klaarblyklik daar was met 'n onwettige doel. Die verweerder het eksepsie aangeteken teen eiser se vordering, soos aangevul deur die nadere besonderhede, op grond daarvan dat die Polisiewet, 7 van 1958, nie 'n regsplig op die polisiemanne gelê het om eiser te beskerm nie of 'n siviele aanspreeklikheid geskep het nie en dat die gedrag van die polisiemanne nie van so 'n aard was dat 'n regsplig om eiser te beskerm ontstaan het nie.

Die Hof a quo het die eksepsie van die hand gewys met koste en verlof tot

Rumpff HR

appèl verleen. In sy uitspraak het die Hof a quo hom wesenlik uitsluitlik beroep op die beslissing in Philpott v Whittal, Elston and Crosoy & Co., 1907 E.D.C. 193. Philpott, 'n landdros, het skadevergoeding geëis weens laster in 'n artikel in 'n koerant. Die artikel het o.a. 'n verslag bevat van 'n vergadering van die Bolo Farmers Association waarvan Whittal A die voorsitter was. Die verslag het verwys na 'n besluit wat op die vergadering geneem is en waarin 'n aantyging gemaak is dat die landdros ten opsigte van oortredings van die Location Act van 1899 bevooroordeeld was. Die Hof het bevind dat Whittal as voorsitter gehelp het met die opstel van die besluit met die bedoeling en geloof dat dit gepubliseer sal word. Die Hof het B verder gegaan en gesê dat as voorsitter hy kon...

To continue reading

Request your trial
338 practice notes
301 cases
37 books & journal articles
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Division abandoned the risk- 73 See especially Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); further Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 ......
  • The Law of Bureaucratic Negligence in South Africa: A Comparative Commonwealth Perspective
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 15 August 2019
    ...SA 389 (SCA) paras 20–23; Minister of Safety & Security vVanDuivenboden 2002 (6) SA 431 (SCA) para 19.159Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) at 597A–B.160Corbett ‘Aspects of the role of policy in the evolution of our common law’ (1987) 104SALJ 52.161Knop v Johannesburg City Cou......
  • Private Contract or Automatic Court Discretion? Current Trends in Legal Regulation of Permanent Life Partnerships
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...nciples for delictual liabi lity in South Africa n law based on the boni mores yardstick as s et out in Minister v an Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) T he list of criteria is set out clea rly in Amod v Multilateral M otor Vehicle Accidents Fund (Commi ssion for Gender Equality I ntervenin......
  • Aspects of Wrongfulness: A Series of Lectures
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...quot ed 7 321H-I8 1980 3 SA 653 (D)9 Silva’s Fishing Corpor ation (Pty) Ltd v Mawe za 1957 2 SA 256 (A)10 Minister van Pol isie v Ewels 1975 3 SA 590 (A)ASPECTS OF WRONGFULNESS 453 © Juta and Company (Pty) passages from our law rep orts he explained the relevant consider ations as follows:“......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT