Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeNienaber AR, Harms AR, Marais AR, Schutz AR, Plewman AR
Judgment Date20 March 1998
Docket Number407/96
Hearing Date27 February 1998
CounselLJ Van Der Merwe namens die appellant JG Bergenthuin namens die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Nienaber AR:

Is 'n werkgewer middellik aanspreeklik waar hy sy werknemer vir 'n bepaalde taak of tydperk aan 'n tweede party afstaan en die werknemer daarna deur sy nalatigheid aan 'n derde party skade berokken? B Soms ja, soms nee. In die onderhawige geval beslis die Verhoorhof (McCreath R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling) van ja. Met sy verlof dien daardie vraag tans voor hierdie Hof.

Die appellant, 'n beslote korporasie, beskryf homself onder meer as 'n arbeidsmakelaar. Volgens sy besturende direkteur, Scholtz, doen die appellant (na wie ek voortaan bloot as 'Midway' verwys) ligte ingenieurswerk, C verhuur hy masjinerie uit en voorsien hy ambagsmanne, voertuie en voertuigbestuurders aan instansies wat sodanige masjinerie of dienste benodig.

Die respondent, Transnet Bpk ('Transnet'), 'n maatskappy wat ingevolge art 2 van die Wet op die D Regsopvolging van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste 9 van 1989 opgerig is, dryf onder meer handel deur middel van een van sy divisies, Spoornet ('Spoornet'). Spoornet is in die getuienis beskryf as die grootste vervoerkontrakteur in die land. As openbare vervoerder is dit deel van sy funksies om goedere in opdrag van klante te vervoer en af te lewer. Gedurende 1991 is Spoornet met 'n reeks stakings van sy arbeidsmag geteister. E Die gevolg was dat hy met veral sy aflewerings agter geraak het. Om die agterstand te bowe te kom, het Spoornet addisionele vragmotors en vragmotorbestuurders benodig. By wyse van afsonderlike openbare tenders het Transnet 'n vloot vragmotors van 'n Potchefstroomse onderneming, Teagan Engineering ('Teagan'), gehuur en F origens met Midway ooreengekom om 40 vragmotorbestuurders teen betaling van 'n bepaalde tarief aan hom beskikbaar te stel. Op die tersaaklike bepalings van die kontrak wat by aanvaarding van Midway se tender tussen Midway en Transnet tot stand gekom het, kom ek later terug. Een van die vragmotorbestuurders wat deur Midway aan Spoornet beskikbaar gestel is, was ene Simon, na wie ek as sodanig verwys omdat sy van nêrens in G die stukke vermeld word nie. Op 21 November 1991 ry Simon 'n staal afdakkonstruksie van 'n gebou in die middestad van Pretoria raak. Die skade is op R29 850 beraam. Die gebou het aan die regspersoon van die Bureau Forum Gebou ('Bureau Forum') behoort. Laasgenoemde het Transnet vir betaling van die skade H aangespreek. Transnet het die bedrag in 1992 vereffen. In 1994 sedeer Bureau Forum aan Transnet 'al sy reg, titel en belang in en tot die vorderingsreg' wat hy teen Midway mag hê voortspruitend uit die beskadiging van sy gebou. As sessionaris vorder Transnet nou die bedrag van R29 850 van Midway op grond daarvan dat ''n I werknemer in diens van verweerder, handelende binne sy diensbestek en in die uitvoering van sy verpligtinge as werknemer van verweerder', op nalatige wyse die staal afdakkonstruksie beskadig het. Dat Simon nalatig was, is in die loop van die verhoor deur Midway toegegee. So ook, reg of verkeerd, die regsgeldigheid van die sessie. Die enigste debat is of Simon op die tydstip toe die gebou beskadig is, 'binne sy diensbestek en J

Nienaber AR

in die uitvoering van sy verpligtinge' vis-à-vis Midway gehandel het. Die bepaling van die omvang van skade is A ingevolge Hofreël 33(4) voorlopig agterweë gehou.

Herhaaldelik is al geleer dat geen uniforme en universele formule nog gevind is, hier te lande of elders, wat die verskynsel van middellike aanspreeklikheid behoorlik kan verklaar, omskryf en alle probleemgevalle bevredigend B kan oplos nie (vgl Scott Middellike Aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse Reg (passim); Atiyah Vicarious Liability in the Law of Torts hoofstuk 2). Wat Lord Pearce in Imperial Chemical Industries Ltd v Shatwell [1965] AC 656 op 685 ten opsigte van die Engelse reg gesê het, geld ook vir ons, naamlik, dat die leerstuk van C middellike aanspreeklikheid 'has not grown from any very clear, logical or legal principle, but from social convenience and rough justice'. Of, soos Corbett AR dit in Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A) op 567H gestel het, '. . . in the ultimate analysis such vicarious responsibility was based upon considerations of social policy'. (Vgl Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd v MacDonald 1931 AD 412 D op 430; Hirsch Appliance Specialists v Shield Security Natal (Pty) Ltd 1992 (3) SA 643 (D) op 647G--649B.) Dat 'n leerstuk wat met rukke en stote ontwikkel het en op 'rough justice' en 'social policy' gegrond is, nie 'n presiese aanspreeklikheidskriterium oplewer nie, is kwalik verbasend. Die sogenaamde 'kontrole-toets' wat E meermale aangewend is om tussen 'n werknemer (werkgewer aanspreeklik) en 'n onafhanklike aannemer (prinsipaal nie aanspreeklik nie) te onderskei, is al as verouderd, simplisties en selfs as 'n fiksie gediskrediteer (vgl Dias en Markesinis Tort Law 2de uitg op 378; Street The Law of Torts 9de uitg op 486). Al hoe meer word in die Engelse reg, wat in dié verband vir ons as model gedien het (vgl Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733 op F 736), van 'n heterogene toets gebruik gemaak om te probeer bepaal of een persoon verantwoordelik gehou moet word vir die delik van 'n ander wat oënskynlik in sy diens is (vgl Atiyah a w op 48; Clerk & Lindsell On Torts 17de uitg para 5.09). Aldus verklaar Dias en Markesinis a w op 384:

'What emerges from all this is that courts will take into account a variety of tests to determine the nature of the G relationship between the tortfeasor and his employer. How much weight will attach to each test depends on each case. If on balance the multiple factors point towards one type of relationship, then the courts will accept it even if the parties themselves have given a different label to their relationship.'

Dieselfde algemene benadering blyk ook by ons. In Smit v Workmen's Compensation Commissioner 1979 (1) H SA 51 (A) op 62E--63B is dit so gestel:

'The presence of such a right of supervision and control is indeed one of the most important indicia that a particular contract is in all probability a contract of service. The greater the degree of supervision and control to be exercised by the I employer over the employee the stronger the probability will be that it is a contract of service. On the other hand, the greater the degree of independence from such supervision and control the stronger the probability will be that it is a contract of work. Compare De Beer v Thomson & Son 1918 TPD 70 at 76; AVBOB's case (1976 (4) SA 446 (A)) at 456C. Notwithstanding its importance the fact remains that the presence of such a right of supervision and control is not the sole indicium but merely one of the indicia, albeit an important one, and that J

Nienaber AR

there may also be other important indicia to be considered depending upon the provisions of the contract in question as A a whole.

In many cases it is comparatively easy to determine whether a contract is a contract of service and in others whether it is a contract of work but where these two extremes converge together it is more difficult to draw a border line between them. It is in the marginal cases where the so-called dominant impression test merits consideration. See AVBOB's case supra per Rabie JA at 457A: B

"Dit was ook gemene saak dat waar 'n verhouding elemente van sowel 'n diensverhouding as van 'n ander soort verhouding het, 'n mens moet probeer vasstel welke soort verhouding die sterkste uit al die feite spreek, of, soos dit in die uitspraak van die Hof a quo gestel word, wat die 'dominante indruk' is wat die kontrak op 'n mens maak. Ek meen dat hierdie siening van die saak noodwendig juis moet wees, want as 'n verhouding nie oorwegend dié C van heer en dienaar is nie, sou 'n mens dit beswaarlik met reg so kon noem."

Counsel for the appellant submitted that this Court should not over-emphasize the supervision and control test in resolving the question whether the appellant was an employee under a common law contract of service at the time of the D accident. I have already indicated that the presence of a right of supervision and control is merely one of the most important indicia that a particular contract is in all probability a contract of service. Its presence is not the sole determinative factor since regard must also be had to other important indicia in the light of the provisions of the particular contract as a whole.'

Kom dit...

To continue reading

Request your trial
21 practice notes
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied the conventional control test for vicarious liability. In Midway Two Engineen·ng & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (SCA) D this Court indicated a preference for a broader, multi-faceted test that took into account all relevant factors, including questions of poli......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A): na verwys/referred to Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (HHA): na verwys/referred to Minister of Law and Order v Ngobo 1992 (4) SA 822 (A): na verwys/referred to G Minister of Safety and Security......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 19 Marzo 2004
    ...Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others 2001 (2) SA 242 (HHA) at 258E; Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (HHA) betoog dat inaggenome al die C omstandighede daar 'n genoegsame verband bestaan het tussen die werksaamhede van Samuels en sy seksue......
  • Sexual Harassment and Vicarious Liability: A Warning to Political Parties
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...control, but can als o include circ umstances where the capa city or right to cont rol exists. See Neet hling et al Delik tereg 402.83 1998 3 SA 17 (SCA).84 30 years pr ior to Nienaber JA’s judgment i n Midway Two Eng ineering & C onstruction Services, At iyah in his 1967 work , Vicarious L......
  • Request a trial to view additional results
18 cases
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied the conventional control test for vicarious liability. In Midway Two Engineen·ng & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (SCA) D this Court indicated a preference for a broader, multi-faceted test that took into account all relevant factors, including questions of poli......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A): na verwys/referred to Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (HHA): na verwys/referred to Minister of Law and Order v Ngobo 1992 (4) SA 822 (A): na verwys/referred to G Minister of Safety and Security......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 19 Marzo 2004
    ...Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others 2001 (2) SA 242 (HHA) at 258E; Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (HHA) betoog dat inaggenome al die C omstandighede daar 'n genoegsame verband bestaan het tussen die werksaamhede van Samuels en sy seksue......
  • Absa Bank Ltd v Bond Equipment (Pretoria) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551 (A): dictum at 567H applied Midway Two Engineering & Construction Services I v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (SCA): dictum at 22B - C applied Minister of Law and Order v Ngobo 1992 (4) SA 822 (A): dictum at 827B applied Minister of Police v Rabie 1986 (......
  • Request a trial to view additional results
1 firm's commentaries
2 books & journal articles
  • Sexual Harassment and Vicarious Liability: A Warning to Political Parties
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...control, but can als o include circ umstances where the capa city or right to cont rol exists. See Neet hling et al Delik tereg 402.83 1998 3 SA 17 (SCA).84 30 years pr ior to Nienaber JA’s judgment i n Midway Two Eng ineering & C onstruction Services, At iyah in his 1967 work , Vicarious L......
  • Some reflections on vicarious liability and dishonest employees
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...to our law of delict' (1966) 83 SALJ 150 at 169 sqq. 3 Cf Nienaber JA in Midway Two Engineering & Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA 17 (SCA) 22B-C. 4 Cf J C van der Walt and J R Midgley Delict: Principles and Cases vol 1 2ed (1997) 22; J Neethling, J M Potgieter and P J Visse......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT