Membership / Lidmaatskap : caput 3

DOI10.10520/EJC74117
Date01 January 2010
Published date01 January 2010
Pages82-100
82
CAPUT 3
MEMBERSHIP / LIDMAATSKAP
3.1 Inter vivos-trusts as lede1
3.1.1 Inleiding
Elders is in breë trekke gewys op die agtergrond van a 29(2) van
die Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 (die “wet”) in die alge-
meen en gewag gemaak van verskillende menings oor die trust as
lid van ’n beslote korporasie. Uit voorleggings, aanbevelings, toe-
ligtings en debatte wat die invoering van die wet voorafgegaan het,
is afgelei dat die woord “testamentêre” in artikel 29(2) ingevoeg is
met die duidelike oogmerk om dit vir die trustee van ’n inter vivos-
trust onmontlik te maak om lid van ’n beslote korporasie te word. Die
gevolgtrekking was dat duidelikheid tans oor die regsposisie van die
inter vivos-trust ontbreek omdat die betrokke voorafgaande memo -
randa en debatte oor die hoof gesien word.2
In besprekings word dikwels melding gemaak van ’n trust as lid van
’n beslote korporasie3. Duidelikheidshalwe mag dit nodig wees om te
beklemtoon dat dit hier in werklikheid gaan oor die trustee as lid van
’n beslote korporasie en nie oor die verkryging van lidmaatskap deur
’n trust as sodanig nie. Trouens, anders as wat sommige skrywers
1 Sien ook “Inter vivos-trusts en die lidmaatskap van beslote korpora-
sies: verdere perspektiewe, ’n geslaagde aansoek en ’n amptelike ca-
veat” en “Die trust as lid van die beslote korporasie” 1987 DR 409.
2 Ibid.
3 Pakter “Membership of a close corporation” 1985 Rekeningkunde SA
400; Olivier Boedelbeplanning (Johannesburg: Juridata 1986) 131;
Oosthuizen Beslote korporasies (byvoegsel tot Van Jaarsveld (red)
Suid-Afrikaanse handelsreg 2de uitg (Johannesburg: Lex Patria 1984)
vol III) (Johannesburg: Lex Patria 1986) 19 vn 7a: “’n Testamentêre
trust mag wel sodanige ledebelang hou”; Hyman Close cor poration
association agreements (Pretoria: Association of Law Societies of the
Republic of South Africa 1985) 84.
83
bepleit,4 is ’n trust op die keper beskou nie ’n regspersoon nie.5 So
beklemtoon Rabie HR on langs in Kohlberg v Burnett NO:6
[A] trust, not being a legal persona, cannot as a trust acquire or
hold property ... The trustees ... are in law entitled to act and to
hold, in their capacity as trustees, ... for purposes of the trust.
Die trustee kan daarenteen in beginsel egter wel ’n regspersoon
wees.7 Die trustee hoef nie noodwendig altyd ’n naruurlike persoon
te wees nie.8 Of hiermee altyd voldoende rekening gehou word, is
nie van alle twyfel ombloot nie.9
Hoe dit ookal sy, ’n paar fasette van die breë tafelreël in die vorige
af‌lewering geskets wat vir verdere perspektief ietwat nader toegelig
kan word, is verbandhoudende persepsies oor die ongewenste gevolge
van besigheidstrusts, uiteenlopende standpunte oor en interpretasies
ter ondersteuning van die regstreekse en onregstreekse verkryging
van lidmaatskap van ’n beslote korporasie deur die trustee van ’n inter
vivos-trust, asook die feite voorhande in en af‌leidings gemaak uit, die
geslaagde aansoek in Jacobson and others v Registrar of Companies.10
Ten slotte word die aandag pertinent gevestig op ’n belangrike caveat
wat wyer publisiteit behoort te geniet. Dit is naamlik ’n amptelike pers-
verklaring oor die invoering van terugwerkende wetgewing gedurende
1988 om die verkryging van lidmaatskap van beslote korporasies deur
die trustees van inter vivos-trust effektief teen te werk.
4 Van Zyl “Die regsubjek van ’n trustvermoë” Gedenkbundel H L Swane-
poel (Durban: Butterworths 1976) 1; Olivier “Aspekte van die trust en
trustee met besondere verwysing na die Amerikaanse reg” proefskrif
UP (1982) 355-357.
5 Commissioner for Inland Revenue v McNeillie’s Estate 1961 3 SA 833
(A) op 840G-H: “It is trite law that the assets and liabilities of a trust vest
in the trustee.” Geyser NO v Fubri 1980 1 SA 598 (N) op 600; Magnum
Financial Holdings v Summerly 1984 1 SA 160 (W); Crest Enterprises
v Bar nett and Schlossberg 1986 4 SA 19 (K) op 20H-I; Ribbens “The
Hague convention on the law applicable to trusts and on their recognition:
setting and signif‌icance” 1985 Moderne Besigbeidsreg 98 vn 54: “In truth
a trust is as much a legal person as a mere sum of money standing to the
credit of a ledger account in some bank is. To imagine otherwise is … to
rave with the mob about the unattired Royal’s magnif‌icent attire.”
7 Vgl a 16 van die Boedelwet 66 van 1965; Ex parte Executrix Estate
Latham 1942 TPD 182; T Honoré The South African law of trusts 3de
uitg (Kaapstad: Juta 1985) 152 156-157 159.
8 Ibid.
9 Hoewel dit juis deur artikel 29 (2) (b) van die wet verdiskonteer word.
10 (T) 5-11-1986 (saak 24379/86 ongerapporteer).

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT