Marine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff

JurisdictionSouth Africa
JudgeOgilvie Thompson HR, Rumpff AR, Jansen AR, Corbett Wn AR en Kotzé Wn AR
Judgment Date14 September 1971
Citation1972 (1) SA 26 (A)
Hearing Date06 May 1971
CourtAppellate Division

Ogilvie Thompson, H.R.:

Ek stem saam met my Kollega JANSEN se uitspraak. Die appèl word met koste van die hand gewys.

Judgment

Rumpff, AR.:

G Die feite van hierdie saak word volledig uiteengesit in die uitspraak van my Kollega CORBETT. Ek stem saam, om die redes deur hom genoem, dat in hierdie Hof die appellant hom nie nou kan beroep op die teenstrydigheid tussen die pleitstukke en die gelewerde getuienis nie.

H Wat die meriete van die appèl betref, verskil ek egter van my Kollega se konklusie en is ek van mening dat die appèl nie behoort te slaag nie. Die Verhoorhof het onbetwiste getuienis voor hom gehad dat die bestuurder van die Chevroletmotor met sy ligte aan in 'n helder nag van suid na noord gery het op 'n reguit teerpad. Volgens ingehandigde foto's is die veld langs die pad 'n stuk tipiese kaal Vrystaatse vlakte. Daar is onbetwiste getuienis dat 'n bruin perd min of meer in die middel van die pad in dieselfde rigting vóór die Chevroletmotor gegaloppeer het. Die perd het daarna links voor die Chevrolet ingeswenk

Rumpff AR

en 'n botsing het plaasgevind as gevolg waarvan, volgens afleiding van die onweerspreekte getuienis, die voorkant van die kap en die linker hooflig van die Chevroletmotor inmekaar gedruk is, asook die voorkant van die dak. Prima facie het die motor die perd wat in dieselfde rigting A beweeg het met 'n aansienlike spoed getref waardeur die perd vanaf die voorkant van die kap op die dak van die Chevrolet te lande gekom het. Die onbetwiste getuienis toon ook prima facie aan dat die perd vanaf die Chevrolet geslinger is op die Vauxhallmotor met so 'n geweld dat die regterkant van die dak en die regter deure van die Vauxhall B inmekaar gedruk is en dat die blink metaal rand van die regter venster deur die linker voorpoot van die perd gesteek het. Daar is onbetwiste getuienis dat die Chevrolet na die botsing met die perd nog op sy korrekte kant van die pad gestaan het en min of meer in 'n noordelike rigting gewys het. Daar is getuienis dat toe eiser, wat nie sy aandag op die pad gehad het nie, vorentoe kyk, hy die perd duidelik voor hom gesien het, galopperende in die middel van die pad. Hoewel dit C nie bekend is hoe lank nadat eiser die perd gesien het, die botsing plaasgevind het nie, het die eiser lank genoeg die perd in die middel van die pad gesien hardloop om aan die bestuurder van die Vauxhall te sê 'kom uit na die linkerkant van die pad' en het die bestuurder tyd gehad D om dit vóór die botsing te doen. Daar is onbetwiste getuienis dat kort voor die botsing 'n motor wat in dieselfde rigting as die Chevrolet gery het verby die Vauxhall gekom het en na die botsing omgedraai het. Die afleidings wat van al hierdie feite geregverdig is, is m.i. die volgende: die perd het nie onverwags en dwars vanaf die kant van die pad uit bosse of uit die duister voor die Chevroletmotor ingehardloop nie. E Voordat die Chevrolet op die toneel gekom het, was die perd reeds êrens op of naby die pad op so 'n wyse verwilderd dat die bestuurder van die motor wat wel veilig verby die perd en daarna verby die Vauxhall gery het, die moontlikheid voorsien het dat 'n bestuurder wat nie behoorlik uitkyk nie of te vinnig ry, met die perd in die moeilikheid kon kom en F derhalwe agteruit gekyk het om te sien wat sou gebeur en gesien het dat daar iets plaasgevind het en daarna omgedraai en na die toneel van die ongeluk teruggegaan het. Indien die bestuurder van die Chevrolet behoorlik uitgekyk het, moes hy die perd veel eerder as die eiser gesien het, en moes hy, indien hy met redelike ligte en spoed gery het, m.i. G die verwilderde perd gesien het op so 'n afstand dat hy stappe kon gedoen het om 'n gevaarlike situasie die hoof te bied. In gedagte moet gehou word dat die Chevrolet die perd van agter ingery het en dat die bestuurder meer geredelik tyd gehad het om op te tree as wanneer die motor en die perd mekaar in teenoorgestelde rigting genader het. Die eiser het nie gesien nie dat die bestuurder van die Chevrolet voordat H die perd self na links geswenk het, 'n poging aangewend het om deur 'n swenking na links van die galopperende perd weg te draai, want toe die perd na links swenk vanaf die middel van die pad het eiser 'n botsing verwag en sy gesig weggedraai. Dit is wel waar dat die linker voorkant van die Chevrolet beskadig is maar dit stem ooreen met 'n botsing met die agterkant van die perd wat op daardie moment reeds links voor die Chevrolet mag gewees het. Indien die bestuurder sou probeer het om na links te swaai, voordat

Rumpff AR

eiser sy gesig weggedraai het of daarna, sou die motor in elk geval heel waarskynlik van die teerblad afgegaan het en op die veld tot stilstand gekom het en sou die perd nie op die Vauxhall geval het nie, wat heeltemal na sy linkerkant gegaan het, maar in die middel van die pad.

A Daar is aangevoer dat die eiser geen getuienis gelei het omtrent die sigbaarheid van 'n bruin galopperende perd op daardie pad in die nag nie. So 'n toets is natuurlik nie maklik om uit te voer nie maar mens sou miskien met 'n stilstaande perd 'n proefneming kon gedoen het wat natuurlik nie van dieselfde waarde sou wees as 'n toets met 'n bewegende B of galopperende perd nie. Interessant is dit om te sien dat in Botes v van Deventer, 1966 (3) SA 182 (AA) te bl. 187, 'n saak wat voortgespruit het uit 'n botsing teen perde, dit by 'n proefneming geblyk het dat 'n donker geklede persoon in die nag op 'n reguit oop grondpad wat klaarblyklik nie 'n ligte kleur gehad het nie in die lig C van 'n vragmotor op 'n afstand van 148 tree gesien kon word. Afgesien hiervan is ek oortuig dat met die motors van vandag dit moontlik behoort te wees vir 'n bestuurder wat in die nag op 'n skynbaar bedrywige pad teen 'n redelike snelheid en met redelike ligte ry om 'n perd te sien wat in dieselfde rigting langs of op die pad vóór hom galoppeer op D sodanige afstand dat hy stappe kan doen om deur stadig te ry of ander wyse die perd veilig verby te gaan. In die Botes- saak hierbo genoem was daar getuienis dat geen remmerke gesien is nie. In die onderhawige saak is aangevoer dat die eiser nie getuienis gelei het dat daar geen remmerke was nie, m.a.w. dat daar remmerke kon gewees het. Aan geen getuie is daar egter gestel dat daar wel remmerke was nie.

E Die getuie Bezuidenhout wat onmiddellik na die botsing op die toneel verskyn het, en wat gevra is o.a. oor skuifmerke wat deur die perd veroorsaak is, is deur geen een van die advokate gevra of hy remmerke van die Chevrolet gesien het nie. Hy is gekruisvra na aanleiding van wat hy sou gesê het by die ondersoek voor die landdros, maar daar is geen F verwysing na die aan - of afwesigheid van enige remmerke nie. Die algemene versuim om hoegenaamd na enige remmerke te verwys regverdig m.i. die afleiding dat niemand, insluitende die Polisie, enige remmerke gesien het nie. Maar selfs al sou hierdie afleiding nie geregverdig wees nie, het die afwesigheid van getuienis omtrent remmerke m.i. nie die gevolg dat die eiser nie 'n prima facie saak van nalatigheid opgestel G het nie. Die feit dat die perd nie onverwags uit die donker dwars voor die Chevrolet gehardloop het nie, en die aanwesigheid van die perd naby of op die pad 'n betreklik geruime tyd vóór die botsing plaasgevind het, toon m.i. prima facie dat die bestuurder van die Chevrolet op dieselfde wyse nalatig was as die bestuurder van die Vauxhall wat prima facie H bereid was om die perd teen 'n hoë spoed verby te ry. Volgens die bewese feite kan die botsing verklaar word op grond van waarskynlike nalatigheid van die Vauxhall en die bestuurder van die Chevrolet. Selfs al sou die getuienis as geheel twee redelike alternatiewe moontlikhede aanbied omtrent die oorsaak van die botsing, en die een moontlikheid sou wees dat die bestuurder van die Chevrolet die perd om een of ander aanvaarbare rede so laat gesien het dat hy nie die botsing kon vermy nie, sou sy versuim om getuienis af te lê 'n afleiding regverdig dat sy nalatigheid die oorsaak van die botsing

Rumpff AR

was. Hierdie beginsel is deur hierdie Hof aanvaar o.a. in Galante v Dickinson, 1950 (2) SA 460 (AA), waarin SCHREINER, A.R., o.a. te bl. 465 gesê het:

'It is not advisable to seek to lay down any general rule as to the effect that may properly be given to the failure of a party to give A evidence on matters that are unquestionably within his knowledge. But it seems fair at all events to say that in an accident case where the defendant was himself the driver of the vehicle the driving of which the plaintiff alleges was negligent and caused the accident, the Court is entitled, in the absence of evidence from the defendant, to select out of two alternative explanations of the cause of the accident which are more or less equally open on the evidence, that one which favours the plaintiff as opposed to the defendant.'

B In Malgas v Guardian Assurance Co. Ltd., (A.A. 24.11.1960), wat slegs ten dele in P.H. 1961 (1) O4, gerapporteer is, het die bestuurder van 'n motor in ander omstandighede as die van die onderhawige geval, 'n fiets waarop die eiser gery het van agter raak gery. Drie ooggetuies, een waarvan 'n insittende van die motor, het gesê dat die eiser vóór die C bestuurder van die motor, 'n sekere Kleyn, ingeswaai het. By appèl is hierdie getuies, om dit kort te stel, nie oortuigend bevind nie. Die bestuurder Kleyn het by die verhoor nie getuienis afgelê nie. Hieromtrent het hierdie Hof hom soos volg uitgedruk op bl. 15 van die oorspronklike uitspraak:

'The fact that Kleyn gave no evidence was canvassed in argument. It may be that counsel for the respondent judged, and it seems rightly, D that he had led sufficient evidence to convince BEYERS, J.P., that the plaintiff should not succeed. But this possibility cannot preclude this Court from attaching some importance to the fact that Kleyn did not tell the trial Court what he himself saw and did at the time of the...

To continue reading

Request your trial
98 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SC (with him G E Turner) for the respondent referred to the following authorities: Marine and Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A); Titus v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 119 (A); Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A); Minister of Police v Skosana 1977 (1......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): appliedMarais v Richard en ’n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): dictum at 1168 appliedMarine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A):referred toMinister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A): dictum at 34E–H appliedMinister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): dictu......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or the other. (See also Tregea and Another v Godart and Another 1939 AD 16 at 28; Marine and Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A) at 37-9.) Applying these concepts to an E application for leave to execute a judgment pending an appeal, the onus proper (or overall onus) ......
  • Makate v Vodacom Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...on appeal E Mann v Sydney Hunt Motors (Pty) Ltd 1958 (2) SA 102 (GW): referred to Marine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A): referred to MEC for Economic Affairs, Environment and Tourism, Eastern Cape v Kruizenga and Another 2010 (4) SA 122 (SCA) ([2010] ZASCA 58):......
  • Request a trial to view additional results
98 cases
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SC (with him G E Turner) for the respondent referred to the following authorities: Marine and Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A); Titus v Shield Insurance Co Ltd 1980 (3) SA 119 (A); Macu v Du Toit en 'n Ander 1983 (4) SA 629 (A); Minister of Police v Skosana 1977 (1......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(A): appliedMarais v Richard en ’n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): dictum at 1168 appliedMarine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A):referred toMinister of Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A): dictum at 34E–H appliedMinister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): dictu......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...or the other. (See also Tregea and Another v Godart and Another 1939 AD 16 at 28; Marine and Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A) at 37-9.) Applying these concepts to an E application for leave to execute a judgment pending an appeal, the onus proper (or overall onus) ......
  • Makate v Vodacom Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...on appeal E Mann v Sydney Hunt Motors (Pty) Ltd 1958 (2) SA 102 (GW): referred to Marine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A): referred to MEC for Economic Affairs, Environment and Tourism, Eastern Cape v Kruizenga and Another 2010 (4) SA 122 (SCA) ([2010] ZASCA 58):......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT