Marais v Richard en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Kotzé AR, Joubert AR en Botha Wn AR
Judgment Date02 December 1980
Citation1981 (1) SA 1157 (A)
Hearing Date21 March 1980
CourtAppellate Division

Jansen, AR.:

Na aanleiding van 'n hoofartikel in 'n koerant, die Vaderland, van 25 Oktober 1976, het die appellant en ene G H Beetge elk 'n aksie om E genoegdoening op grond van beweerde laster teen die eerste respondent, die redakteur, en die tweede respondent, die uitgewer, in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel. Die twee aksies is ingevolge ooreenkoms gekonsolideer en is as sodanig verhoor, en is ten gunste van die F respondente, met koste, uitgewys (per ELOFF R: kyk 1979 (1) SA 83 (T) te 96). Die Hof het bevind dat, alhoewel die hoofartikel in sommige opsigte lasterlik was, die geopperde verweer van "billike kommentaar oor sake van openbare belang" moes slaag. Slegs die appellant kom nou in hoër beroep

"teen daardie gedeelte van die uitspraak waarin die Hof a quo bevind het dat respondent se kommentaar op die lasterlike bewerings billik was en teen die gehele bevel... insluitende die bevel rakende koste"

G (gewysigde kennisgewing van appèl). Die respondente voer aan dat die geskil gevolglik nou op appèl beperk is tot die vraag of die kommentaar "billik" was en dat die appellant dus nie nou ook ander aspekte van die uitspraak a quo kan aanveg nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak sal egter ten gunste van die appellant aanvaar word dat hy nie aldus aan bande gelê word nie.

H Die gewraakte artikel (met sinne deur my genommer om verwysing daarna te vergemaklik) lui soos volg:

"Die Wit Maggevaar.

[1] Die HNP geïnspireerde beweging SASKON is die Blanke ekwivalent van Swart Mag-organisasies soos SASO. [2(a)] SASKON is die verkorting van die Suider-Afrika Solidariteitskonferensie, [2(b)] SASO dié van die South African Students' Organisation.

[3(a)] Albei het dit gemeen: Hulle is ekstremisties en [3(b)] wil aan weerskante van die kleurlyn stemming en aksie teen die owerheid aanwakker. [4] Vir SASO is selfs militante en uitgesproke Swart leiers soos Kaptein Buthelezi te mak en te veel van 'n Regeringslakei.

Jansen AR

[5] Vir die leiers van SASKON, soos mnre Gert Beetge en Jaap Marais, is premier John Vorster te liberaal. [6(a)] Hulle skroom nie om skandalige karakterskending teen mnr Vorster te verkondig [6(b)] dat hy die uitverkoper van die Witman, van Wit Rhodesië is nie.

A [7] Die HNP het sy stryd by die stembus verloor. [8] Nou soek hy na ander maniere om sy ekstremisme te propageer.

[9] Die onlangse 'besoek' aan Libertas en die geregtelike gevolge het heldebehandeling in hulle spreekbuis ontvang. [10] Nou het hulle weer op die invoer van 'n busvrag van rhodesiese regses besluit - wel wetende dat hulle nie toegelaat sal word om die Eerste Minister te spreek nie en dat hulle deur die polisie voorgekeer sal word.

B [11] Nou roep 'n verontwaardigde Gert Beetge uit dat die ekskursie herhaal sal word. [12(a)] Die oogmerk slaan só helder soos daglig deur: [12(b)] Hulle soek skoor en hulle soek konfrontasie. [12(c)] Hulle wil die ultraregse elemente mobiliseer en tot aksie organiseer. [12(d)] Rhodesië is die emosionele katalisator.

Watter aksie? [13(a)] Die HNP-SASKON-eskapades dusver moet baie na aan C die wind seil. [13(b)] In die huidige gevoelige rasseklimaat is daar nie plek vir ekstremisme nie.

[14(a)] Dusver het linkse steurnisse al die aandag gekry. [14(b)] Alle amptelike optrede kragtens die sekuriteitswetgewing het aan daardie kant geskied. [15] Die tyd is seker naby dat die aktiwiteite van die superregses, die Wit Mag-dwepers, ook aan die beurt kom."

Die Verhoorhof het bevind dat bewerings 3 (a) en (b), 6 (a), 12 (b) en D 15, in die samehang en teen die agtergrond, lasterlik van die appellant is (uitspraak a quo te 87B - 88C); en dat bewerings 2 (a) en (b), 4, 5, 6 (b), 7, 9, 10, 11, 12 (a), (b) en (c) en 14 (a) feitebewerings is, terwyl 1, 3 (a) en (b), 6, 8, 12 (d), 13 (a) en (b) en 15 op kommentaar neerkom (uitspraak a quo te 90A - 95G). Die Hof was verder van oordeel (te 95H en 96H) dat die feitebewerings

E "in wesenlike opsigte bewys of gemeensaak is, met die enkele moontlike uitsondering van die bewerings aangaande eiser Beetge"

(dws bewering 11) en dat

"nie enige deel van die kommentaar sulks is dat dit beskou moet word as 'n F mening wat 'n billike persoon nie kan huldig nie".

Oor bewering 11 sê die Hof verder dat selfs as dit

"as onbewese beskou moet word, dink ek nie dat dit vèel bydra tot die betekenis van die artikel en die strekking en aard van die kommentaar wat daaroor gelewer is nie"

(te 95B). Gevolglik is die verweer van "billike kommentaar" gehandhaaf.

G Die appellant veg die beslissing aan op verskeie gronde, wat soos volg opgesom kan word:

A.

Die Hof moes bevind het dat nie bewys is dat òf die respondente òf die lesers van die koerant bewus was van die feite waaroor kommentaar gelewer is nie.

B.

H Die Hof moes bevind het dat bewering 1 in die hoofartikel 'n lasterlike onware feitebewering is, nl dat SASKON "gelykwaardig" is aan SASO; alternatiewelik, as dit op kommentaar neerkom, dat die kommentaar "onbillik" is.

C.

Die Hof moes bevind het dat lasterlike bewering 3 (a) 'n onware feitestelling is; alternatiewelik, as dit op kommentaar neerkom, dat die kommentaar "onbillik" is.

D.

Die Hof moes bevind het dat die lasterlike kommentaar 3 (b) daarop neerkom dat dit aan die appellant toegeskryf word dat hy

Jansen AR

onwettigheid voorstaan, en dat sodanige kommentaar "onbillik" is.

E.

A Die Hof moes bevind het dat die lasterlike kommentaar vervat in bewering 6 (a) op feitestelling 6 (b) berus en dat die waarheid van lg nie bewys is nie - dat die Hof se bevinding in hierdie verband op ontoelaatbare getuienis berus.

F.

Die Hof moes bevind het dat 12 (b) kommentaar is op die appellant "se beweerde oogmerke met sy optrede waarna in die berig verwys B word", dat "nie behoorlik bewyse van die sogenaamde oogmerke gelewer (is) nie", dat die beweerde oogmerke ook nie van die optrede waarna in die berig verwys word afgelei kan word nie, en dat die kommentaar derhalwe "onbillik" is.

G.

Die Hof moes bevind het dat die kommentaar vervat in bewering 15 "onbillik" is aangesien

C "die bewese feite... nie bewys dat die optrede van die HNP of SASKON waarvan...

To continue reading

Request your trial
104 practice notes
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Venter 1985 (1) SA 654 (A); Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A) at 403B; Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A) H ; Borgin v De Villiers en Andere 1980 (3) SA 556 (A); May v Udwin 1981 (1) SA 1 (A); Argus Printing and Publishing Co Ltd v Inkatha Fre......
  • Heroldt v Wills
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Restorative Justice Centre as Amici Curiae) 2011 (3) SA 274 (CC) (2011 (6) BCLR 577): applied B Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): dictum at 1170 Minister of Police v Mbilini 1983 (3) SA 705 (A): referred to Mistry v Interim Medical and Dental Council of South Africa and......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dictum at 875 appliedMacgregor v Sayles 1909 TS 553: appliedMakings v Makings 1958 (1) SA 338 (A): appliedMarais v Richard en ’n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): dictum at 1168 appliedMarine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A):referred toMinister of Police v Skosana 1977......
  • Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Venter 1985 (1) SA 654 (A) H at 696D-697H; La Grange v Schoeman and Others 1980 (1) SA 885 (E) at 892-4; Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A) at 1168C-E; Nieuwoudt v Joubert 1988 (3) SA 84 (SE) at 90-1; Pretorius v Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) ......
  • Request a trial to view additional results
99 cases
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dictum at 875 appliedMacgregor v Sayles 1909 TS 553: appliedMakings v Makings 1958 (1) SA 338 (A): appliedMarais v Richard en ’n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): dictum at 1168 appliedMarine & Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff 1972 (1) SA 26 (A):referred toMinister of Police v Skosana 1977......
  • Carmichele v Minister of Safety and Security and Another (Centre for Applied Legal Studies Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v A (a child) [2000] AC 147 (HL): referred to Lawless v R (1979) 26 ALR 161: dictum at 176 - 7 approved Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A): referred Mazibuko v Santam Insurance Co Ltd and Another 1982 (3) SA 125 (A): dictum at 134E - 135A applied C Member of the Executive Cou......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v the Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Venter 1985 (1) SA 654 (A); Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A) at 403B; Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A) H ; Borgin v De Villiers en Andere 1980 (3) SA 556 (A); May v Udwin 1981 (1) SA 1 (A); Argus Printing and Publishing Co Ltd v Inkatha Fre......
  • Jansen van Vuuren and Another NNO v Kruger
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Venter 1985 (1) SA 654 (A) H at 696D-697H; La Grange v Schoeman and Others 1980 (1) SA 885 (E) at 892-4; Marais v Richard en 'n Ander 1981 (1) SA 1157 (A) at 1168C-E; Nieuwoudt v Joubert 1988 (3) SA 84 (SE) at 90-1; Pretorius v Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad 1980 (2) ......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Delict
    • South Africa
    • Yearbook of South African Law No. , March 2022
    • March 28, 2022
    ...Ltd and Another 1990 (3) SA 547 (A); andKemp and Another v Republican Press (Pty) Ltd 1994 (4) SA 261 (E).469 SeeMarais v Richard 1981 (1) SA 1157 (A); andJohnson v Beckett and Another 1992 (1) SA 762 (A).470 Privilege can either be an absolute privilege or a qualified privilege. SeeMay......
  • Principles and policy in unlawful competition: An Aquilian mask?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...'Aspects of the role of policy in the evolution of our common law (1987) 104 SALJ 52; Van Aswegen (n 46) 171. 113 Marais v Richard 1981 (1) SA 1157 (A) at 1168; Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) 824 (A) at 833-4; Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) 590 (A) at 597;......
  • Contractual obligation and the journey from natural law to constitutional law
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • August 15, 2019
    ...(A) 596G–597H. See also Administrateur, Natal v Trust Bank vanAfrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A) 828H–829B; Marais v Richardand Another 1981 (1) SA 1157 (A)1166H–1167A; Pakendorf and Others v De Flamingh 1982 (3) SA146 (A) 157E–158G; Schultz vButt 1986 (3) SA 667 (A) 681D–683I; Amod and Another......
  • Like Pontius Pilate of old, the Constitutional Court washed its hands of my human dignity : a critical review of The Citizen 1978 (Pty) Ltd v McBride 2011 4 SA 191 (CC) : recent case law
    • South Africa
    • De Jure No. 44-2, January 2011
    • January 1, 2011
    ...facts (see Buthelezi 2010De Jure 179 189). He must be understood to be doing such by anordinary and reasonable reader (Marais v Richard 1981 1 SA 1157 (A);The Citizen v McBride 2010 4 SA 148 (SCA) parr 40, 67; Buthelezi 2010De Jure 179 184). However, at times there can be a very thin linebe......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT