Malherbe v Van Rensburg en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Winsen R en Corbett R
Judgment Date15 June 1970
Hearing Date25 May 1970
CourtCape Provincial Division

F van Winsen, R.:

Appellant, eienaar van die plaas Seekoegat in die distrik Riversdal, en respondente, van die plaas Pretsdrif in dieselfde distrik, is bure. 'n Pad loop vanaf Pretsdrif oor Seekoegat na 'n publieke pad No. 50, wat Riversdal en Kleinkruisriver verbind. Dit is langs hierdie eersgenoemde pad wat respondente toegang tot pad No. 50 G verkry. Waar hierdie pad die lyndraad tussen die twee plase deurgaan is daar 'n hek. Appellant het in Junie-maand van verlede jaar hierdie hek met slot en ketting gesluit. Respondente, wat appellant se reg om die hek te sluit betwis, het 'n geding in die landdroshof, Riversdal teen appellant aanhangig gemaak waarin hulle 'n bevel vra dat appellant verplig word om die hek te ontsluit.

H Respondente se eis berus op twee gronde; eerstens dat hulle 'n saaklike servituut ten gunste van Pretsdrif oor Seekoegat deur verjaring

van Winsen R

verwerf het, en tweedens dat in elk geval die bedoelde pad vir hulle 'n via necessitatis uitmaak. Appellant het altwee hierdie stellings betwis. Hy het beweer dat daar geen bewys is nie dat 'n servituut pad oor Seekoegat bestaan, en hy ontken voorts dat geen ander geskikte uitweë vir respondente om by 'n publieke pad te kom bestaan nie.

A Na aanhoor van getuienis het die landdros bevind dat respondente wel bewys het dat hulle en hulle voorgangers-in-titel die gemelde pad nec vi, nec clam, nec precario vir oor die dertig jaar gebruik het, en dat appellant nie geregtig is nie om die bedoelde hek te sluit. Gevolglik het die landdros beveel dat appellant verbied is om B respondente te belet, of om op enige wyse hoegenaamd te verhinder, om die gemelde pad te gebruik. Met die oog op sodanige bevinding het die landdros dit onnodig geag om op die eis in verband met 'n via necessitatis in te gaan. Appellant is tans in hoër beroep teen die landdros se bevel.

Die omstandighede van die geskil is kortliks soos volg. Op 'n kaart C gemerk 'A', wat by die hof a quo ingehandig is, word 'n pad A-B (No. 114) afgebeeld, wat publieke paaie Nos. 50 en 51 verbind, en wat oor die plase Goedehoop, Holdrif, Pretsdrif en Seekoegat loop. Hierdie pad is in 1966 as 'n openbare pad geproklameer, maar is in 1969 weer gedeproklameer, en dit is na laasgenoemde gebeurtenis dat appellant die D genoemde hek gesluit het. Die strekking van die getuienis namens appellant aangevoer is dat sedert onheuglike tye die hele pad A-B deur die publiek in die algemeen gebruik is en dat hierdie pad self voor proklamering die status van 'n ondergeskikte openbare pad verwerf het. Aan die ander kant is die getuienis namens respondente dat slegs dié deel van die pad A-B, wat vanaf A deur C na 'n ou opstal op Pretsdrif loop, openlik deur respondente en hulle voorgangers-in-titel vir 'n E tydperk van langer as 30 jaar voor 1966 gebruik is, en dat hulle nooit die eienaars van Seekoegat hiervoor toestemming gevra het nie, en dat hulle nie deur laasgenoemdes ooit verhinder is in hulle gebruik van bedoelde pad nie.

F Uit hierdie teenstrydige getuienis wil dit dus voorkom dat 'n mate van openlike en ongestoorde gebruik van die tersaaklike deel van die pad A-B, naamlik, die deel van A na die ou opstal op Pretsdrif, vir meer as 30 jaar nie 'n geskilspunt tussen die partye uitmaak nie. Wat wel in geding is, is die aard en omvang van bedoelde gebruik. Getuienis namens respondente dui daarop dat die gebruik van die tersaaklike deel van die G pad beperk was tot respondente en hulle voorgangers-in-titel in hulle hoedanigheid as eienaars van Pretsdrif, terwyl appellant se getuienis heet om te bewys dat die publiek, sedert onheuglike tye, dié deel van die pad, sowel as die pad A-B, in sy geheel gebruik het. Die landdros het bevind dat die getuienis namens appellant aangevoer tekortskiet aan H bewys dat die pad A-B deur die publiek...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
  • Sandton Town Council v Erf 89 Sandown Extension 2 (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...legislation: Oosthuizen v SAR & H 1928 WLD 52 at 62; Krause v SAS & H 1948 (4) SA 554 (O) at 562; Malherbe v Van F Rensburg 1970 (4) SA 78 (C) at 82; Belinco v Bellville Municipality 1970 (4) SA 589 (A) at 597C. The fact that the Legislature has, in the context of an exercise of permissive ......
  • Beukes v Crous en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(4) SA p220 Van den Heever R (3) SA 568 (T) te bl. 570; Nel v Louw and Another, 1955 (1) SA 107 (K); Malherbe v Van Rensburg en 'n Ander, 1970 (4) SA 78 (K) te bl. So ook begunstig die oorwig van waarskynlikhede nie verkryging van 'n serwituut deur verjaring nie, waar die eiendomme maar in ......
  • Beukes v Crous en 'n Ander
    • South Africa
    • Northern Cape Division
    • 25 June 1975
    ...1947 Van den Heever R (3) SA 568 (T) te bl. 570; Nel v Louw and Another, 1955 (1) SA 107 (K); Malherbe v Van Rensburg en 'n Ander, 1970 (4) SA 78 (K) te bl. So ook begunstig die oorwig van waarskynlikhede nie verkryging van 'n serwituut deur verjaring nie, waar die eiendomme maar in 1948 ge......
  • Langebaan Ratepayers' and Residents' Association v Dormell Properties 391 (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 383 appliedLudolph and Others v Wegner and Others (1888) 6 SC 193: dictumat 198–199 appliedMalherbe v Van Rensburg en ’n Ander 1970 (4) SA 78 (C): dictum at 82C–EappliedPeacock v Hodges (1876) Buch 65: dictum at 70 appliedPlascon-Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984 (3) ......
  • Request a trial to view additional results
8 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT