Beukes v Crous en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Beukes v Crous en 'n Ander
1975 (4) SA 215 (NC)

1975 (4) SA p215


Citation

1975 (4) SA 215 (NC)

Court

Noord-Kaapse Afdeling

Judge

Jacobs RP, Van Den Heever R en MT Steyn R

Heard

April 23, 1975

Judgment

June 25, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Interdik — Spoliasiebevel — Wat aansoekdoener moet bewys — Blote aanspraak op 'n reg nie voldoende nie — Geskil op die feite — Finale bevel sal nie op mosie toegestaan word nie — Serwituut — Serwituut ex lege — Ontstaan nie by onderverdeling nie — Weg — Via necessitatis simpliciter — Hoe dit kan ontstaan.

Headnote : Kopnota

By spoliasie, waar daar 'n geskil is aangaande die vraag of die aansoekdoener werklik besit was, is 'n prima facie saak nie voldoende in mosie of inderdaad enige verrigtinge nie. Waar dit by onliggaamlike sake kom, is blote aanspraak op 'n reg nie voldoende om 'n spoliasiebevel te verkry nie, en, indien die aansoekdoener 'n finale bevel verlang, moet hy op 'n oorwig van waarskynlikhede sy "liquide reg" bewys, 'n taak wat gewoonlik by wyse van aksie aangepak word aangesien 'n finale bevel nie op mosie toegestaan sal word nie indien daar 'n geskil op die feite is.

By onderverdeling ontstaan geen serwituut ex lege nie.

Semble: Die Hof kan nie deur toekenning 'n noodweg ter bede omskep in 'n serwituut van via necessitatis simpliciter sonder vergoeding nie.

Flynote : Sleutelwoorde

Interdict — Spoliation order — What applicant must show — Mere claim of right not sufficient — Dispute on the facts — Final order will not be granted on motion — Servitude — Servitude ex lege — Does not arise on sub-division — Way — Via necessitatis simpliciter — How it can arise.

Headnote : Kopnota

In spoliation proceedings, where there is a dispute on the question as to whether applicant was actually in possession, a prima facie case does not suffice in motion proceedings or indeed in any proceedings. Where incorporeals are concerned, a mere claim of right is not sufficient to obtain a spoliation order, and, if the applicant wants a final order, he must prove on a balance of probabilities his "liquid right", a task which is normally tackled by way of action since a final order will not be granted on motion if there is a dispute of fact.

On sub-division no servitude arises ex lege.

Semble: The Court cannot by means of an award convert a precarious right of way of necessity into a servitude of via necessitatis simpliciter without compensation.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing van VAN RHYN, R. Die feite blyk uit die uitspraak.

N. W. Zietsman, S.C., namens die appellant.

M. D. J. Steenkamp, namens die eerste respondent.

Geen verskyning namens tweede respondent nie.

Cur adv vult. E

Postea (Junie 25).

Judgment

Van den Heever, R.:

Hierdie saak gaan oor 'n hek en die reg F aldan nie van appellant om dit toe te sluit.

Ek verwys geriefshalwe na appellant as Beukes; na sy seun by sy voornaam, Bruce; na eerste respondent in die huidige verrigtinge as Crous; en na die maatskappy Armado Industries (Pty.) Ltd. as Armado.

Crous het in die Hof van eerste beroep vir Beukes en Bruce gesiteer in 'n

1975 (4) SA p216

Van den Heever R

aansoek om 'n bevel waardeur hulle gelas word om sekere hek wat toegang verleen tot Crous se grond (waarna ek verwys as gedeelte 5) oor grond ("Lauraville") geregistreer op Bruce se naam maar waarop Beukes woon en vir eie voordeel boer, oop te A sluit; en verbied word om enigsins verder die normale verkeer na gedeelte 5 te verhinder of te versper.

'n bevel nisi is ex parte verleen waardeur beide respondente opgeroep is om redes aan te voer (a) waarom Beukes nie beveel moet word om die hek oop te sluit nie, en belet word om "enigsins verder die normale verkeer na... gedeelte 5 te verhinder of te versper"; en (b) waarom Beukes nie gelas sal word om die koste van die aansoek te betaal nie. Dit is ook B gelas dat deel (a) van hierdie bevel as 'n tussentydse interdik geld.

Hierdie bevel nisi is bestry. Dit is desondanks bekragtig, maar in effens gewysigde vorm daar die woord "enigsins" vervang is met "onregmatiglik".

Die ratio decidendi was volg: Bruce het nie die aansoek bestry C nie. Beukes het wel opponerende beëdigde verklarings ingedien; maar dit word nêrens beweer dat met die toesluit van die tersake hek hy namens die plaaseienaar of in sy opdrag opgetree het nie. Sy regte op Lauraville word nêrens uiteengesit nie. Sy bewering dat hy die hele aangeleentheid met Bruce bespreek het D en dat Bruce ten gunste daarvan is dat die aansoek bestry word, is ontoelaatbaar.

"Waar (Bruce) nie die aansoek bestry nie of enige verklaring voorgelê het nie en waar daar geen magtiging beweer word deur (Bruce) nie, is dit na my mening onnodig en oorbodig om die regsverhouding tussen (Bruce) en (Crous) wat die betrokke pad betref enigsins verder te bespreek."

Beukes kom in hoër beroep teen die bekragtiging van die bevel; wat in wese inagnemend die ratio decidendi en vanweë die E wysiging teen hom alleen gemik is en hom alleen bind. Bruce word op appèl gevoeg as 'n formele tweede respondent.

Ten einde Bruce se aandeel aan Beukes se voorafgaande optrede sowel as aan die verrigtinge in die Hof a quo te ondersoek, word dit nodig om die agtergrond tot die geding sowel as sekere F bewerings op die stukke van nader te beskou.

Gedurende 1938 het Johannes Petrus Victor besit geneem van die hele plaas Van Zoelen's Laagte geleë in die Barkly-Wes distrik. In 1947 het hy dit onderverdeel in verskeie gedeeltes. In 1948 is Lauraville aan sy seun, Jan Hendrik, en gedeelte 5 aan sy G seun, Thomas, oorgedra. In 1958 het Jan Hendrik se seun (ook Johannes Petrus, klaarblyklik na sy grootvader) gedeelte 5 van sy oom Thomas gekoop.

In 1971 is Lauraville getransporteer op naam van Bruce: In 'n beëdigde verklaring by die aansoek aangeheg, sê Jan Hendrik Victor:

"5. Toe ek die plaas Lauraville op 21 April 1971 aan (Bruce) verkoop het, was daar melding van die pad deur die respondente H gemaak en my seun Johannes Petrus Victor wat op daardie stadium eienaar van gedeelte 5 was, het my versoek om sy gebruiksreg van die pad te verseker en gevolglik het ek 'n klousule in die koopkontrak laat invoeg dat solank my gemelde seun die eienaar van gedeelte 5 is, was (Bruce) nie geregtig om die gemelde pad te sluit nie."

Hierop antwoord Beukes in sy opponerende beëdigde verklaring:

"Ek erken die bewerings gemaak in para. 5 van die beëdigde verklaring van Jan Hendrik Victor en wil daarop wys dat die gebruiksreg wat ek namens my seun, (Bruce) toegestaan het, slegs ten gunste van die seun Johannes Petrus Victor toegestaan is, solank hy die eienaar van gedeelte 5 was."

Hierdie bewering word nie in repliek aangeval nie.

1975 (4) SA p217

Van den Heever R

Die jaar nadat Victor senior Lauraville aan Bruce verkoop het, het Victor junior ook gedeelte 5 verkoop, aan Crous.

Dit is gemenesaak op die stukke dat Beukes vir eie voordeel op Lauraville boer en dat Bruce geen boerdery hoegenaamd op sy plaas beoefen nie.

Crous woon nie op gedeelte 5 nie, maar op ander grond in die A Vrystaat. Hy het 'n swart werknemer of werknemers op gedeelte 5, en kom self nie baie dikwels daar nie. Daar was geen moeilikheid tussen hom en Beukes nie, totdat Armado in die persoon van sekere Greyling op die toneel opgedaag het. Presies wat die regsverhouding tussen Crous en Armado is, is onseker, maar Armado is voornemens om met Crous se toestemming sekere B grondverskuiwingswerke op gedeelte 5 te doen met die oog op toekomstige prospekteerwerk en delwery daar; en Beukes het beswaar daarteen gemaak dat Armado se mense en masjinerie oor Lauraville gaan. Daar is toe onderhandelings tussen Greyling en Beukes aangeknoop met doel dat Armado grond huur van Bruce, verteenwoordig deur Beukes, waardeur Armado toegang tot C gedeelte 5 sou verkry teen betaling van huur en oprigting van sekere werke insluitende afkamping van dié pad. Greyling het, volgens Beukes en sy prokureur, Mnr. Wilmans, die versekering gegee dat hy magtiging het om so 'n ooreenkoms namens Armado aan te gaan. Wilmans het dié opgestel, en daarin die verhuurder aangegee as Bruce,

"the owner of the undermentioned farm, he being duly D represented herein by his father and duly authorised agent".

Beukes: Greyling het met al die bepalings daarvan ingestem, maar Armado het geweier om dit te aanvaar.

Beukes het daarna die hek gesluit tussen Lauraville en gedeelte 5, met aanbod van die sleutel aan Crous; en sy standpunt is duidelik dat hy steeds beswaar het daarteen dat Armado oor sy E grond gaan, maar geen beswaar het dat Crous of sy werknemers dit doen nie.

In sy aansoek fundeer Crous die bevel wat hy aanvra op verskeie gronde. Hy beweer dat die pad oor Lauraville deur die tersake hek, 'n...

To continue reading

Request your trial
14 practice notes
14 cases
14 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT