Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO

JurisdictionSouth Africa
Citation1991 (4) SA 273 (T)

Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO
1991 (4) SA 273 (T)

1991 (4) SA p273

Citation

1991 (4) SA 273 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

De Villiers R

Heard

February 6, 1991

Judgment

March 12, 1991

Flynote : Sleutelwoorde B

Maatskappy — Likwidasie — Likwidateurs — Deliktuele aanspreeklikheid van — Likwidateur van beherende maatskappy se deliktuele aanspreeklikheid met betrekking tot volfiliaalmaatskappy wat nie in C likwidasie was nie — Direkteure van maatskappye dieselfde en al die besluite effektiewelik deur beherende maatskappy gedoen — Regsverhouding tussen die twee maatskappye egter nie daardeur verander nie en geen regsplig op likwidateur om op te tree in belang van filiaalmaatskappy nie.

Nalatigheid — Wat uitmaak — Likwidateur van maatskappy se D aanspreeklikheid om bates van maatskappy te verseker — Redelike likwidateur sou voorsien dat skade aan maatskappy berokken kon word indien bates van maatskappy nie verseker is nie.

Headnote : Kopnota

In 'n aksie om skadevergoeding was die verweerders die likwidateurs van E twee maatskappye in likwidasie. Die eisers het beweer dat die verweerders teenoor hulle aanspreeklik was vir die skade veroorsaak deur 'n brand wat 'n plantasie macadamianeutbome op 'n plaas wat aan tweede eiser behoort het verwoes het aangesien hulle nalatiglik versuim het om die bates van die tweede eiser te verseker. Ten tyde van die brand was slegs die eerste eiser in likwidasie; die tweede eiser is eers vyf maande daarna in likwidasie geplaas. Die tweede eiser was 'n volfiliaal van die eerste eiser en die eisers het hul eis ten opsigte van die F tweede eiser gebaseer op die verwantskap tussen die twee maatskappye. Dit het geblyk dat die eerste eiser die enigste aktiewe maatskappy was in die groep van maatskappye; die direkteure van al die maatskappye was dieselfde persone en al die besluite is effektiewelik deur eerste eiser geneem. Na die likwidasie van die eerste eiser het die tweede eiser egter voortbestaan met sy eie raad van direkteure.

Beslis, dat 'n redelike likwidateur skade aan 'n maatskappy sou voorsien G indien hy nie die bates van daardie maatskappy sou verseker nie.

1991 (4) SA p274

A Beslis, verder, dat alhoewel daar in die algemeen 'n verpligting op die likwidateurs rus om die bates van 'n maatskappy te verseker, daar in die onderhawige saak geen sodanige regsplig op die likwidateurs teenoor tweede eiser was nie aangesien hulle nie op daardie stadium as die likwidateurs van tweede eiser aangestel is nie: die noue verwantskap tussen die twee maatskappye het nie die regsverhouding tussen eerste eiser en sy filiaalmaatskappye verander nie. Eise afgewys. B

Flynote : Sleutelwoorde

Company — Winding-up — Liquidators — Delictual liability of — Liability of liquidator of holding company to wholly-owned subsidiary which was not in liquidation — Directors of both companies the same and all decisions effectively taken by holding company — Legal relationship between the two companies not thereby affected and no legal duty on liquidator to act in interests of subsidiary company.

C Negligence — What constitutes — Liability of liquidator of company to insure assets of company — Reasonable liquidator would foresee that harm could be caused to company by not insuring assets of the company.

Headnote : Kopnota

In an action for damages the defendants were the liquidators of two companies in liquidation. The plaintiffs contended that the defendants D were liable to them for the damage caused by fire to a plantation of macadamia nut trees on a farm belonging to second plaintiff as the defendants had negligently failed to insure the assets of the second plaintiff. At the time of the fire only the first plaintiff was in liquidation, the second plaintiff only having been placed in liquidation some five months after the fire. The second plaintiff was one of a number of wholly-owned subsidiaries of the first plaintiff and the plaintiffs based their claim on the relationship between the companies. It appeared that the first plaintiff was the only active company in the E group of companies; the directors of all the companies were the same and all decisions were effectively taken by the first plaintiff. After the liquidation of the first plaintiff the second plaintiff continued in existence with its own board of directors.

Held, that a reasonable liquidator would foresee the possibility of harm to the company if the assets of the company were not insured.

Held, further, that although there was in general a duty on the liquidator to insure the assets of a company, in the instant case no F such duty arose in respect of the assets of the second plaintiff as the liquidators were not at that time appointed as liquidators of that company: the close relationship between the two companies did not affect the legal relationship between the first plaintiff as holding company and its subsidiaries. Action dismissed.

Case Information

Aksie om skadevergoeding. Die feite blyk uit die uitspraak. G

A C le Roux SC (bygestaan deur J J le Roux) namens die eisers.

J F Myburgh SC (bygestaan deur C M Eloff) namens eerste en derde verweerders.

J W Louw namens die tweede verweerder.

H Cur adv vult.

Postea (Maart 12).

Judgment

De Villiers R:

Hierdie is 'n aksie om skadevergoeding. Die eerste eiser was te alle relevante tye 'n publieke maatskappy, Macadamia Finance Bpk, maar is op 1 Maart 1991 omskep in 'n beslote korporasie. Die tweede I eiser is Macadamia (Edms) Bpk (in likwidasie). Die drie verweerders is op 18 Oktober 1984 as eerste eiser se voorlopige likwidateurs aangestel en op 3 Junie 1985 as sy likwidateurs. Die tweede eiser is op 11 Februarie 1986 onder voorlopige likwidasie geplaas, welke bevel later bekragtig is. Die verweerders is toe ook aangestel as die tweede eiser J se voorlopige likwidateurs en later as sy likwidateurs.

1991 (4) SA p275

De Villiers R

A Gedurende Desember 1987 is 'n aanbod ingevolge art 311 van die Maatskappywet 61 van 1973 aan eerste eiser se skuldeisers gerig, welke aanbod deur die Hof bekragtig is. As gevolg van die bekragtiging van die aanbod is eerste en tweede eisers uit likwidasie onthef. Die tweede eiser is daarna op 4 Junie 1990 kragtens 'n besluit van lede gelikwideer.

B Te alle relevante tye was tweede eiser 'n volfiliaal van eerste eiser en was tweede eiser die geregistreerde eienaar van die plaas Lang Piet, distrik Barberton, wat sowat 812 hektaar groot was. Die tweede eiser het die plaas verhuur aan Macadamia Trust (Edms) Bpk wat weer op sy beurt ingevolge 'n reeks onder-huurkontrakte kleiner huurpersele aan eerste eiser onderverhuur het vir die doel van 'n macadamianeutboerdery.

C Die oorspronklike huurperseel is vir die doel in 'n groot aantal kleiner huurpersele verdeel. Eerste eiser het sy regte in sodanige huurkontrakte verkoop en oorgedra aan verskillende individue, die sogenaamde miniboere. Ingevolge gemelde koopkontrakte het eerste eiser onderneem om macadamiabome op die betrokke huurpersele te plant en om D besproeiingstoerusting aan te bring om die bome te besproei (klousules 3 en 8). Die miniboere het alle boerderyrisiko's met betrekking tot die groei van die bome en die produksie van neute aanvaar (klousule 11).

Die tweede eiser het, gelyktydig met die aangaan van gemelde koopkontrak, onderhoudsooreenkomste met die miniboere aangegaan E ingevolge waarvan tweede eiser onderneem het om onder andere die macadamiabome te onderhou (klousule 1(b)) en gemelde bome te verseker teen storm of brand (klousule 1(c)). Die miniboere het as teenprestasie onderneem om bydraes te betaal om tweede eiser in staat te stel om gemelde onderhoud te kan doen.

Ene Dielwart, wat ten tyde van eerste eiser se likwidasie die F besturende direkteur van die eerste eiser was, het getuig dat daar uitvoering gegee is aan die skema soos dit hierbo geskets is, maar dat dit onsuksesvol was hoofsaaklik vanweë die wyse waarop dit gestruktureer was. Die ongeveer 6 000 miniboere kon nie inspraak in die bestuur van die eisers of die boerdery kry nie. Die enigste metode wat hulle kon aanwend om hulle stem te laat hoor was om hulle betalings ingevolge die G onderhoudsooreenkomste te staak. Nadat daar onsuksesvol gepoog is om die miniboere in aandeelhouers te omskep, het die getuie besluit dat likwidasie van eerste eiser die enigste uitweg was. Die eerste eiser is gevolglik op 5 Oktober 1984 onder voorlopige likwidasie geplaas, welke bevel op 5 Maart 1985 (sic) bekragtig is. Dit is belangrik om daarop te H let dat tweede eiser eers op 11 Februarie 1986 onder voorlopige likwidasie geplaas is. Geen rede is vermeld waarom tweede eiser nie gelyktydig met eerste eiser onder likwidasie geplaas is nie.

Kort voor likwidasie van die...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Macadamia Finance Bpk en 'n Ander v De Wet en Andere NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die saak blyk uit die gerapporteerde uitspraak van die Hof a quo: sien Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Ek is nie van voorneme om weereens die feite in besonderhede uiteen te sit nie. Met die oog op wat hieronder volg, H volstaan ek met die v......
  • McCann v Goodall Group Operations (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 597A-C; Nkumbi v Minister of Law and Order 1991 (3) SA 29 (E) at 35C-E; Macadamia Finance B Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T) at 278C-E; Kadir v Minister of Law and Order 1992 (3) SA 737 (C) at 740F-J; Clarke v Hurst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D) at 650G-653B......
  • Kerbels Flooring and Carpeting (Pty) Ltd v Shrosbree and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Barclays Zimbabwe Nominees (Pvt) Ltd v Black 1990 (4) SA 720 (A) at 726A-C; Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Whether a liquidator holds the position of the board of directors, or whether he is a trustee for creditors, or both, none of these autho......
  • Kerbels Flooring and Carpeting (Pty) Ltd v Shrosbree and Another
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 25 August 1993

  • Request a trial to view additional results
5 cases

5 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT