Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO

JurisdictionSouth Africa
JudgeDe Villiers R
Judgment Date12 March 1991
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date06 February 1991
Citation1991 (4) SA 273 (T)

De Villiers R:

Hierdie is 'n aksie om skadevergoeding. Die eerste eiser was te alle relevante tye 'n publieke maatskappy, Macadamia Finance Bpk, maar is op 1 Maart 1991 omskep in 'n beslote korporasie. Die tweede I eiser is Macadamia (Edms) Bpk (in likwidasie). Die drie verweerders is op 18 Oktober 1984 as eerste eiser se voorlopige likwidateurs aangestel en op 3 Junie 1985 as sy likwidateurs. Die tweede eiser is op 11 Februarie 1986 onder voorlopige likwidasie geplaas, welke bevel later bekragtig is. Die verweerders is toe ook aangestel as die tweede eiser J se voorlopige likwidateurs en later as sy likwidateurs.

De Villiers R

A Gedurende Desember 1987 is 'n aanbod ingevolge art 311 van die Maatskappywet 61 van 1973 aan eerste eiser se skuldeisers gerig, welke aanbod deur die Hof bekragtig is. As gevolg van die bekragtiging van die aanbod is eerste en tweede eisers uit likwidasie onthef. Die tweede eiser is daarna op 4 Junie 1990 kragtens 'n besluit van lede gelikwideer.

B Te alle relevante tye was tweede eiser 'n volfiliaal van eerste eiser en was tweede eiser die geregistreerde eienaar van die plaas Lang Piet, distrik Barberton, wat sowat 812 hektaar groot was. Die tweede eiser het die plaas verhuur aan Macadamia Trust (Edms) Bpk wat weer op sy beurt ingevolge 'n reeks onder-huurkontrakte kleiner huurpersele aan eerste eiser onderverhuur het vir die doel van 'n macadamianeutboerdery.

C Die oorspronklike huurperseel is vir die doel in 'n groot aantal kleiner huurpersele verdeel. Eerste eiser het sy regte in sodanige huurkontrakte verkoop en oorgedra aan verskillende individue, die sogenaamde miniboere. Ingevolge gemelde koopkontrakte het eerste eiser onderneem om macadamiabome op die betrokke huurpersele te plant en om D besproeiingstoerusting aan te bring om die bome te besproei (klousules 3 en 8). Die miniboere het alle boerderyrisiko's met betrekking tot die groei van die bome en die produksie van neute aanvaar (klousule 11).

Die tweede eiser het, gelyktydig met die aangaan van gemelde koopkontrak, onderhoudsooreenkomste met die miniboere aangegaan E ingevolge waarvan tweede eiser onderneem het om onder andere die macadamiabome te onderhou (klousule 1(b)) en gemelde bome te verseker teen storm of brand (klousule 1(c)). Die miniboere het as teenprestasie onderneem om bydraes te betaal om tweede eiser in staat te stel om gemelde onderhoud te kan doen.

Ene Dielwart, wat ten tyde van eerste eiser se likwidasie die F besturende direkteur van die eerste eiser was, het getuig dat daar uitvoering gegee is aan die skema soos dit hierbo geskets is, maar dat dit onsuksesvol was hoofsaaklik vanweë die wyse waarop dit gestruktureer was. Die ongeveer 6 000 miniboere kon nie inspraak in die bestuur van die eisers of die boerdery kry nie. Die enigste metode wat hulle kon aanwend om hulle stem te laat hoor was om hulle betalings ingevolge die G onderhoudsooreenkomste te staak. Nadat daar onsuksesvol gepoog is om die miniboere in aandeelhouers te omskep, het die getuie besluit dat likwidasie van eerste eiser die enigste uitweg was. Die eerste eiser is gevolglik op 5 Oktober 1984 onder voorlopige likwidasie geplaas, welke bevel op 5 Maart 1985 (sic) bekragtig is. Dit is belangrik om daarop te H let dat tweede eiser eers op 11 Februarie 1986 onder voorlopige likwidasie geplaas is. Geen rede is vermeld waarom tweede eiser nie gelyktydig met eerste eiser onder likwidasie geplaas is nie.

Kort voor likwidasie van die eerste eiser was die situasie op die I plaas kritiek. Instandhouding kon nie meer behoorlik plaasvind nie. Die eerste eiser kon nie meer geld by die bank leen nie. Arbeiders op die plaas is nie betaal nie. Die gras onder die macadamiabome kon nie gesny word nie. Dielwart was baie bekommerd oor die plaas en die veiligheid van die bates daarop. Dit was daardie jaar een van die kwaaiste droogtejare en baie warm. Net een klein vlam kon veroorsaak dat die plaas afbrand. Die arbeiders was ook redelik opstandig en hulle kon ook J die plaas afbrand.

De Villiers R

A Hy het dit as die grootste risiko beskou, met ander woorde groter as die risiko van 'n toevallige brand. Hy het gevoel dat likwidasie 'n moontlike manier was om die plaas behoorlik te kan beveilig.

Dielwart het vir eerste verweerder en sy kollega Galloway, albei van die firma Kaapvaal Trust, gaan sien. Hulle het van die skema geweet. Hulle het die moontlike opsies bespreek. Hy het spesifiek met eerste B eiser en Galloway gemelde probleme oor die beveiliging van die bates bespreek en die gevare wat dit bedreig. In sy beëdigde verklaring met die oog op die likwidasie van eerste eiser het die getuie dit soos volg beskryf:

'23.1

(a)ll the assets of the respondent are at this point in time at risk due to the fact that the insurance premiums of the respondent's insurance policies have not been paid for the last C three months;

23.2

the risk which is presently run by the respondent as a result of the non-payment of the insurance premiums is enormous, in that the orchards of macadamia nut trees situated on the farming properties are very dirty at this point in time in that the grass and weeds underneath the trees are very long and in some places very dry, creating an enormous fire hazard; should a fire D occur in the orchards at this point in time, the orchards will in all probability be destroyed in total, the respondent in that event losing virtually all its assets;

23.3

in the event of a fire occurring at this point in time, the respondent will not be covered by insurance and the loss of the orchards or any portion thereof will be a total loss to the respondent'.

E Dielwart sê hy het hierdie siening oorgedra aan eerste verweerder en Galloway. Hy sê dat hy so sterk gevoel het oor die brandgevaar dat as hy gevoel het dat gemelde likwidateurs niks wou doen daaromtrent nie, hy net daar die onderhandelings met hulle sou afgebreek het en na 'n ander likwidateur sou gegaan het wat iets omtrent die saak kon doen.

F Moontlik het die eerste eiser se likwidateurs die gevaar wat Dielwart aan eerste verweerder en Galloway geskets het, besef, aangesien daar op 7 Desember 1984 versekering teen brand hernu is wat eerste eiser al vir etlike jare by Maritime & General Insurance Co Ltd ('Maritime & General') gehad het. Die versekeringstydperk was vanaf 12 Oktober 1984 G tot 11 April 1985. Dit blyk uit die skedule wat by hierdie geleentheid uitgereik is dat 'growing macadamia nut trees' vir 'n bedrag van R2 702 250 verseker is terwyl 'surface piping only' vir R200 000 verseker is.

Hierdie versekering het egter op 11 April 1985 verval. Die redes waarom dit nie hernu is nie, is nie verduidelik nie. Die eerste en derde verweerders het hulle saak gesluit sonder om enige getuienis te lei. Die tweede verweerder berus hom by die uitspraak van die Hof. H

Op 6 Oktober 1985 het 'n brand sowat 61 853 macadamiabome op die plaas Lang Piet afgebrand. Dit het ook die bogrondse besproeiingstoerusting verwoes.

In die eisers se besonderhede van eis word beweer dat as gevolg van die verwoesting van die macadamiabome tweede eiser...

To continue reading

Request your trial
5 practice notes
  • Macadamia Finance Bpk en 'n Ander v De Wet en Andere NNO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die saak blyk uit die gerapporteerde uitspraak van die Hof a quo: sien Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Ek is nie van voorneme om weereens die feite in besonderhede uiteen te sit nie. Met die oog op wat hieronder volg, H volstaan ek met die v......
  • McCann v Goodall Group Operations (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 597A-C; Nkumbi v Minister of Law and Order 1991 (3) SA 29 (E) at 35C-E; Macadamia Finance B Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T) at 278C-E; Kadir v Minister of Law and Order 1992 (3) SA 737 (C) at 740F-J; Clarke v Hurst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D) at 650G-653B......
  • Kerbels Flooring and Carpeting (Pty) Ltd v Shrosbree and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Barclays Zimbabwe Nominees (Pvt) Ltd v Black 1990 (4) SA 720 (A) at 726A-C; Macadamia Finance Ltd en 'n Ander v De Wet en Andere NNO 1991 (4) SA 273 (T). Whether a liquidator holds the position of the board of directors, or whether he is a trustee for creditors, or both, none of these autho......
  • Kerbels Flooring and Carpeting (Pty) Ltd v Shrosbree and Another
    • South Africa
    • South Eastern Cape Local Division
    • 25 August 1993

  • Request a trial to view additional results
5 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT