Konsep Maatskappywetsontwerp 2007 : sekere opmerkings in verband met verteenwoordiging : hoofstuk 9

Pages220-247
Date01 January 2008
AuthorPierre Jacques Rabie
Published date01 January 2008
DOI10.10520/EJC74100
220
HOOFSTUK 9
KONSEP MAATSKAPPYWETSONTWERP 2007:
SEKERE OPMERKINGS IN VERBAND MET
VERTEENWOORDIGING
9.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die bepalings rakende verteen-
woordiging in die Konsep Maatskappywetsontwerp1 van 2007 in oën-
skou te neem, en om korliks kommentaar daarop te lewer. Dit moet
in gedagte gehou word dat die Wetsontwerp eers in Februarie 2007
vir openbare kommentaar gepubliseer is en dat sekere dele van die
Wetsontwerp nog nie gef‌inaliseer is nie.
Die werkswyse is om eerstens ’n kort inleiding van die aanloop tot die
publikasie van die Wetsontwerp van 2007 te gee. Daarna word die
algemene veranderinge wat deur dié Wetsontwerp teweeg gebring
word ontleed. Derdens word die interpretasie van die Wetsontwerp
bespreek en ook die posisie rondom voorinlywingskontrakte soos
deur dit gereël. ’n Bespreking van die openbaarmakingsbeginsel, die reg-
status van maatskappye sowel as die geldigheid van maatskappy-
handelinge word hierna onderneem. Die invloed wat die Wetsontwerp
op die leerstuk van toegerekende kennis, die Turquand-reël sowel as
die estoppelleerstuk het word in die laaste instansie bespreek.
9.2 Inleiding
Die laaste omvattende hersiening van die Suid-Afrikaanse Maatskap-
pyereg het in 1973 plaasgevind. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse
korporatiewe landskap ingr ypend verander en ontwikkel. Die Suid-
Afrikaanse ekonomie het byvoorbeeld verskeie veranderinge na die
1994 verkiesing ondergaan. Hierdie veranderinge behels onder meer
strukurele aanpassings, die belangrikheid van elektroniese kommu-
nikasie, veranderende markte, korporatiewe mislukkings en skandale,
swart ekonomiese bemagtiging sowel as die handhawing van ’n ge sonde
ekonomiese groeikoers. Die enkele grootste verandering en ook uit-
daging waarmee die Suid-Afrikaanse ekonomie egter gekonfronteer
word, is om van ’n ekonomies geïsoleerde ekonomie te verander
na ’n ekonomie wat ten volle geïntegreerd is in die wêreldekonomie.
Hierdie transformasieproses word egter bemoeilik deur die feit dat die
Suid-Afrikaanse korporatiewe wetgewing verouderd, uiters forma lis-
ties, krediteur-georiënteerd en oor-gekriminaliseerd is, terwyl inter-
1 Daar word na die Konsep Maatskappywetsontwerp van 2007 as “die Wets-
ontwerp” in hierdie hoofstuk verwys.
221
nasionale jurisdiksies breedvoerige hersiening en verandering in die
laaste dertig jaar ondergaan het.2
Vir die Suid-Afrikaanse ekonomie om sy volle potensiaal te bereik word
daar sekere regulatoriese maatreëls in die vorm van wetgewing vereis.
Dit is van kardinale belang dat hierdie maatreëls in pas is met soorge-
lyke maatreëls wat geld by Suid-Afrika se grootste handelsvennote.
Dit het dus noodsaaklik geword dat Suid-Afrika se ondernemingsreg
hersien moes word. Hierdie hersieningsproses3 is van stapel gestuur
deur die Departement van Handel en Nywerheid met die resultaat van
hierdie proses wat die promulgasie van die Wetsontwerp van 2007 is.
Die volgende aanhaling word in die verduidelikende memorandum4
tot die Wetsontwerp aangetref, en vat die oogmerk van die Departe-
ment van Handel en Nywerheid met die hersiening van die Korpora-
tiefreg in Suid-Afrika gepas saam:
It is not the aim of the dti simply to write a new Act by unrea-
sonably jettisoning the body of jurisprudence built up over more
than a century. The objective of the review is to ensure that the
new legislation is appropriate to the legal, economic and so-
cial context of South Africa as a constitutional democracy and
open economy. Where current law meets these objectives, it
should remain as part of company law.
9.3 Algemene veranderings
Die 2007 Wetsontwerp stel ’n radikale afwyking van die 1973 Maat-
skappywet daar, deurdat in wese ’n totaal nuwe Maatskappywet
geskep word. Enkele interessante veranderinge gaan kortliks in die
paragrawe wat volg bespreek word.
2 Bekendstelling van die Maatskappywetsontwerp 2007:3.
3 Die proses is in 2004 van stapel gestuur met die publikasie van ’n Ned-
lac besprekingsdokument. Die besprekingsdokument is opgevolg deur
werkswinkels in al 9 provinsies en onderhandelings met staatsde par-
temente (Junie tot September 2004). In Junie 2005 is ’n interne beleids-
dokument geformuleer. Die instruksies om die wetgewing op te stel is
van Maart tot Junie 2005 gef‌inaliseer. Die Wetsontwerp is stuksgewys
opgestel terwyl daar terselftertyd gesprekke met plaaslike en interna-
sionale deskundiges plaasgevind het. Die Wetsontwerp is in Julie 2006
aan fokusgroepe vir kommentaar voorgelê en in Oktober 2006 gef‌inali-
seer en aan die kabinet voorgelê. In Februarie 2007 is die Wetsontwerp
vir openbare kommentaar gepubliseer. Sien Bekend stel ling van die
Maatskappywetsontwerp 2007:8.
4 Bladsy 6.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT