Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan

JurisdictionSouth Africa

Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan
1993 (4) SA 150 (A)

1993 (4) SA p150

Citation

1993 (4) SA 150 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Joubert Wn HR, E M Grosskopf AR, Milne AR, Nienaber AR, Harms

Heard

March 2, 1993

Judgment

May 28, 1993

Flynote : Sleutelwoorde B

Inkomste — Inkomstebelasting — Inkomste — Wat uitmaak — Jaargelde — Sertifikaat uitgereik deur MVA-fonds kragtens art 21(1C)(b) van Wet op C Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 wat bepaal dat vergoeding ten opsigte van toekomstige verlies aan inkomste in maandelikse paaiemente uitbetaal moet word — Of betalings jaargelde uitmaak en dus deel vorm van begunstigde se 'bruto inkomste' soos gedefinieer in art 1 van Inkomstebelastingwet 58 van 1962 — Sertifikaat maak geen melding van globale bedrag as skadevergoeding of van kapitaalsom wat by begunstigde se D afsterwe aan hom teruggegee moet word nie — Fonds se deliktuele verpligting om skadevergoeding te betaal vervang met kontraktuele verpligting om maandelikse paaiemente te betaal tot begunstigde se dood sonder dat likiede of bepaalbare skuld daargestel is wat deur betaling van E paaiemente verminder kan word — Paaiemente daarom jaargelde en deel van begunstigde se bruto inkomste.

Inkomste — Inkomstebelasting — Inkomste — Salarisaftrekking deur werkgewer kragtens art 89bis(1) van Inkomstebelastingwet 58 van 1962 — Maandelikse betalings deur MVA-fonds soos bepaal in sertifikaat kragtens F art 21(1C)(b) van Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 — Sertifikaat bepaal dat Fonds paaiemente direk in begunstigde se bankrekening moet inbetaal — Bewering deur begunstigde dat dit beteken betaling sonder enige voorafgaande aftrekkings — Artikel 89bis(1) gelees G met para 2(1) van die Vierde Bylae van Inkomstebelastingwet bepaal dat 'werkgewer' werknemersbelasting moet aftrek van 'besoldiging' aan 'werknemer' betaal — Fonds 'n 'werkgewer' en begunstigde 'n 'werknemer' vir doeleindes van para 1 van Vierde Bylae — Kontraktuele verpligting om paaiemente te betaal het deliktuele verpligting om skadevergoeding te H betaal vervang sonder dat likiede of bepaalbare skuld daargestel is wat deur betaling van paaiemente verminder kan word — Paaiemente daarom jaargelde en dus 'besoldiging' soos gedefinieer in para 1 van Vierde Bylae gelees met definisie van 'bruto inkomste' in art 1 van Inkomstebelastingwet — Fonds in terme van para 2(1) van Inkomstebelastingwet verplig om werknemersbelasting van paaiemente af te trek. I

Headnote : Kopnota

Ene H is ernstig in motorongeluk beseer en het in 'n Provinsiale Afdeling 'n aksie teen die tweede appellant, die Motorvoertuigassuransiefonds ('die Fonds') ingestel vir die betaling van R350 000 algemene skadevergoeding, onder andere vir verlies aan toekomstige inkomste. Die aksie is geskik en die Fonds het kragtens art 21(1C)(b) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van 1972 'n sertifikaat uitgereik in terme J waarvan die eis vir verlies aan toekomstige inkomste in maande

1993 (4) SA p151

A likse paaiemente in H se bankrekening inbetaal moes word. Die Fonds het egter nie die volle bedrae soos bereken ingevolge die sertifikaat aan H inbetaal nie, maar eers werknemersbelasting daarvan afgetrek. Die regverdiging vir hierdie optrede was dat die betalings bedrae was wat by wyse van 'n jaargeld uitbetaal is en dat dit gevolglik deel van H se bruto inkomste uitgemaak het. H se standpunt was daarenteen dat die betalings van 'n kapitale aard was, nie jaargelde was nie, en dat die Fonds in ieder B geval onderneem het om die volle bedrae in die sertifikaat genoem direk in sy bankrekening in te betaal. Die Provinsiale Afdeling het H gelyk gegee en beveel dat die paaiemente sonder enige aftrekkings uitbetaal moes word. Op appèl het die Hof daarop gewys dat daar twee geskilpunte tussen die partye was: (1) of die betalings as jaargelde vir die doeleindes van para 1 se omskrywing van 'besoldiging' in die Vierde Bylae tot die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 beskou kon word; en (2) of die feit dat die sertifikaat bepaal het dat die paaiemente direk in H se bankrekening inbetaal moes word beteken het dat werknemersbelasting nie van die C betalings afgetrek kon word nie.

Beslis, ten opsigte van (1), dat in terme van die Vierde Bylae tot die Inkomstebelastingwet 'besoldiging' onder andere insluit 'enige bedrag in para (a) . . . van die omskrywing van "bruto inkomste" in art 1 van hierdie Wet bedoel', terwyl 'bruto inkomste' in art 1 omskryf word onder andere as 'sodanige bedrae (hetsy van 'n kapitale aard al dan nie)' insluitende ''n bedrag by wyse van 'n jaargeld ontvang of toegeval': die D effek hiervan is dat die begrip 'besoldiging' soos omskryf in para 1 van die Vierde Bylae by wyse van inlywing deur verwysing jaargeld insluit, en dat jaargeld in die bruto inkomste ingesluit word ongeag of dit van 'n kapitale aard is al dan nie.

Beslis, verder, dat alhoewel die begrip 'jaargeld' nie deur die Inkomstebelastingwet omskryf word nie, dit uit die regspraak blyk dat 'n jaargeld twee hoofeienskappe (wat egter geensins alomvattend is nie) het: (1) herhaalde jaarlikse (oftewel periodieke) betalings, en (2) die reg van E die begunstigde om meer as een betaling van jaargeld te ontvang.

Beslis, verder, dat dit opvallend was dat die sertifikaat nêrens melding gemaak het van 'n totaalsom of globale bedrag as skadevergoeding vir H se eis om toekomstige verlies aan inkomste nie, en dat dit verder 'n voorvereiste was dat H voor elke betaling bewys moes voorlê dat hy nog lewe, sodat die verpligting om die paaiemente te betaal met H se dood sou verval.

Beslis, verder, dat dit hieruit blyk dat die Fonds se deliktuele F verpligting om H se toekomstige verlies aan inkomste te vergoed vervang is met 'n kontraktuele onderneming om die maandelikse paaiemente te betaal terwyl H nog lewend was, sonder dat daar 'n likiede of bepaalbare skuld daargestel is wat deur die betaling van die paaiemente verminder sou word.

Beslis, verder, dat in die lig hiervan, saamgelees met die hoofeienskappe van 'n jaargeld, die maandelikse paaiemente as jaargelde vir die doeleindes van para 1 se omskrywing van 'besoldiging' in die Vierde Bylae G tot die Inkomstebelastingwet beskou kon word; en dat die Hof a quo gevolglik fouteer het deur hulle as kapitale betalings van algemene skadevergoeding te konstrueer.

Die dictum in Commissioner for Inland Revenue v Milstein 1942 TPD 57 op 64 toegepas.

Beslis, verder, ten opsigte van (2), dat in die lig van: (a) die feit dat art 89bis(1) gelees met para 2(1) van die Vierde Bylae van die H Inkomstebelastingwet bepaal dat 'n 'werkgewer' werknemersbelasting moet aftrek van 'besoldiging' wat hy aan 'n 'werknemer' betaal; (b) die omskrywing van 'werkgewer' en 'werknemer' in para 1 van die Vierde Bylae; en (c) die feit dat die begrip 'besoldiging', soos reeds genoem, jaargeld insluit, daar 'n statutêre verpligting op die Fonds gerus het om werknemersbelasting van die jaargelde af te trek alvorens hulle aan H uitbetaal is, welke verpligting nie deur die kontraktuele bepaling in die sertifikaat dat die paaiemente direk in H se bankrekening inbetaal moes word gewysig kon word nie. Appèl gehandhaaf.

I Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Hogan v Multilaterale Motorvoertuigongelukfonds en 'n Ander omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

Revenue — Income tax — Income — What constitutes — Annuities — Certificate issued by MVA Fund in terms of s 21(1C)(b) of Compulsory Motor J Vehicle Insurance Act 56

1993 (4) SA p152

A of 1972 providing that compensation in respect of claim for loss of future earnings would be paid in monthly instalments — Whether such payments constituting annuities and accordingly forming part of beneficiary's 'gross income' as defined in s 1 of Income Tax Act 58 of 1962 — Certificate not mentioning lump sum as and for damages nor making provision for beneficiary to receive capital sum upon death — Certificate thus replacing Fund's delictual obligation to pay damages with contractual obligation to pay monthly instalments until death of beneficiary without B having created liquid or determinable debt capable of being reduced by such instalments — Instalments accordingly annuities and part of beneficiary's gross income.

Revenue — Income tax — Payment of — Deduction from salary by employer under s 89bis(1) of Income Tax Act 58 of 1962 — Monthly payments by MVA Fund in terms of certificate under s 21(1C)(b) of Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 — Certificate providing that Fund would make C payments directly into beneficiary's bank account — Beneficiary alleging that this meant that no prior deductions could be made — Section 89bis(1) read with para 2(1) of Schedule 4 to Income Tax Act providing that 'employer' has to deduct employees' tax from 'remuneration' paid to 'employee' — Fund an 'employer' and beneficiary an 'employee' as envisaged in para 1 of Fourth Schedule — Certificate having replaced Fund's delictual obligation to pay damages with contractual obligation to D pay monthly instalments without having created liquid or determinable debt capable of being reduced by such instalments — Instalments accordingly annuities and accordingly 'remuneration' as defined in para 1 of Fourth Schedule read with definition of 'gross income' in s 1 of Income Tax Act — Fund obliged in terms of para 2(1) of Fourth Schedule to deduct employees' tax.

Headnote : Kopnota

E After having been seriously injured in a collision, one H instituted an action in a Provincial Division against the Motor Vehicle Assurance Fund ('the Fund') for the payment of R350 000 for general damages, including loss of future income. The action was settled and the Fund proceeded to issue a certificate under s 21(1C)(b) of the Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972 in terms of which the claim...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 7 Febrero 1997
    ...Friedman RP en Farlam R het saamgestem. Appellant se Prokureurs: Van der Spuy & Vennote. Respondent se Prokureur: Staatsprokureur. [1] 1993 (4) SA 150 (A). [2] Sien 157H-160C van die [3] 1947 (3) SA 119 (A). [4] Byvoorbeeld Crookes NO and Another v Watson and Others 1956 (1) SA 277 (A) op 2......
  • Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Inland Revenue 1947 (3) SA 119 (A) Income Tax Case 1603 (1996) 58 SATC 212 Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) B Minister of Finance and Another v Law Society, Transvaal 1991 (4) SA 544 (A) Van der Merwe v Sekretaris van Binnelandse Inkomste 1977 (1)......
  • Bouttell v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1998 (1) SA 300 (CC) (1997 (11) BCLR 1489; [1997] ZACC 12): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan H 1993 (4) SA 150 (A): referred to. England Parry v Cleaver [1969] 1 All ER 555 (HL): referred to. I Case Information HB Marais for the appellant. C van Jaarsveld......
  • The Tax Characterisation of 'Earn-Outs'
    • South Africa
    • Business Tax and Company Law Quarterly No. 6-3, September 2015
    • 1 Septiembre 2015
    ...3 32 SATC 92, 1920 CPD 541. This case was cited with approval in Kommissaris van Binnelandse Inkomste en ’n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) at 14 VOLUME 6 • ISSUE 3 • SEPTEMBER 2015Business Tax & Company Law Quarterly© SIBER INKgoodwill in the business. Deary would be entitled to withdraw......
  • Request a trial to view additional results
4 cases

  • Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Van Blommestein
    • South Africa
    • Invalid date
    ...45 SATC 49 ITC 1545 (1992) 54 SATC 464 op 474 ITC 1603 (1996) 58 SATC 212 Kommissaris vir Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) op 157H—160C I Lambson v Commissioner for Inland Revenue 1946 CPD 69 Minister of Finance and Another v Law Society, Transvaal 1991 (4) SA 54......
2 books & journal articles
  • The Tax Characterisation of 'Earn-Outs'
    • South Africa
    • Business Tax and Company Law Quarterly No. 6-3, September 2015
    • 1 Septiembre 2015
    ...3 32 SATC 92, 1920 CPD 541. This case was cited with approval in Kommissaris van Binnelandse Inkomste en ’n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) at 14 VOLUME 6 • ISSUE 3 • SEPTEMBER 2015Business Tax & Company Law Quarterly© SIBER INKgoodwill in the business. Deary would be entitled to withdraw......
  • Analyses: The Nature of Life Insurance Contracts: A Matter of Death or Life
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...(SR) 407); seeNATUREOF LIFE INSURANCE CONTRACTS’ 319© Juta and Company (Pty) Ltd Kommissaris van Binnelandse Inkomste & ’n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150(A) at 159 for when such instalments are in fact annuities proper). An annuityneed not be purchased but may be the object of a gift or inhe......
6 provisions
  • Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 7 Febrero 1997
    ...Friedman RP en Farlam R het saamgestem. Appellant se Prokureurs: Van der Spuy & Vennote. Respondent se Prokureur: Staatsprokureur. [1] 1993 (4) SA 150 (A). [2] Sien 157H-160C van die [3] 1947 (3) SA 119 (A). [4] Byvoorbeeld Crookes NO and Another v Watson and Others 1956 (1) SA 277 (A) op 2......
  • Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Inland Revenue 1947 (3) SA 119 (A) Income Tax Case 1603 (1996) 58 SATC 212 Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) B Minister of Finance and Another v Law Society, Transvaal 1991 (4) SA 544 (A) Van der Merwe v Sekretaris van Binnelandse Inkomste 1977 (1)......
  • Bouttell v Road Accident Fund
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1998 (1) SA 300 (CC) (1997 (11) BCLR 1489; [1997] ZACC 12): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Hogan H 1993 (4) SA 150 (A): referred to. England Parry v Cleaver [1969] 1 All ER 555 (HL): referred to. I Case Information HB Marais for the appellant. C van Jaarsveld......
  • The Tax Characterisation of 'Earn-Outs'
    • South Africa
    • Business Tax and Company Law Quarterly No. 6-3, September 2015
    • 1 Septiembre 2015
    ...3 32 SATC 92, 1920 CPD 541. This case was cited with approval in Kommissaris van Binnelandse Inkomste en ’n Ander v Hogan 1993 (4) SA 150 (A) at 14 VOLUME 6 • ISSUE 3 • SEPTEMBER 2015Business Tax & Company Law Quarterly© SIBER INKgoodwill in the business. Deary would be entitled to withdraw......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT