Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste

JurisdictionSouth Africa
JudgeBrand R, Friedman RP, Farlam R
Judgment Date07 February 1997
Citation1997 (3) SA 908 (C)
Docket NumberA256/96
Hearing Date27 January 1997
CounselT S Emslie namens die appellant W De Haan namens die respondent
CourtCape Provincial Division

Brand R:

[1] Hierdie is 'n appèl teen 'n beslissing van die Kaapse Inkomstebelasting Spesiale Hof. F

[2] Appellant is 'n boer van beroep. Gedurende die betrokke jare van aanslag - synde die aanslagjare wat geëindig het op die laaste dag van Februarie 1985 tot en met 1989 - het appellant rente betaal ingevolge verbande wat oor sy plaas geregistreer is. Appellant voer aan dat hierdie rente van sy belasbare inkomste uitgesluit moet word. G Dit word deur die respondent betwis. Die Hof a quo het respondent gelyk gegee. Gevolglik die onderhawige appèl.

Die feitelike agtergrond H

[3] Die feite wat as agtergrond vir die beregting van die geskilpunte tussen die partye moet dien, blyk in kort uit dit wat volg.

[4] Die verbande waarop appellant die rente betaal het, is geregistreer ooreenkomstig die testament ('die testament') van appellant se vader wat oorlede is op 2 September 1984. I

[5] Ten tyde van sy oorlye was appellant se vader ('die testateur') die eienaar van, onder meer, twee plase in die distrik van Bredasdorp wat bekend staan as Blaauwklip en Melkkamer. Die twee plase is verhuur aan 'n maatskappy, Blaauwklip Landgoed (Edms) Bpk. Die aandele in die maatskappy is gehou deur die testateur, appellant en appellant se moeder. J

Brand R

[6] Appellant het twee susters. Die testament maak voorsiening vir legate aan appellant A se moeder, sy twee susters en hulle kinders. Ingevolge klousule 10 word sekere spesifieke bates asook die restant van die boedel aan appellant bemaak. Die spesifieke bates wat aan appellant bemaak is sluit die twee plase Blaauwklip en Melkkamer in, sowel as die testateur se aandele in Blaauwklip Landgoed (Edms) Bpk wat in 1985, B na die dood van die testateur, omskep is in 'n beslote korporasie.

[7] Volgens die finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel van die testateur, is die volgende bates aan appellant oorgedra met die waardes daarnaas uiteengesit: C


Blaauwklip

R1 114 750

Melkkamer

R685 350

Aandele in Blaauwklip Landgoed

R3 916

Ander bates (insluitende 'n derde onverdeelde aandeel in 'n strandhuis)

R42 177

D

R1 846 193


[8] Kort nadat die plaas Melkkamer aan hom oorgedra is, het appellant hierdie plaas verkoop. Die plaas Blaauwklip het hy egter behou en gedurende die betrokke jare van aanslag het hy voortgegaan om dit aan Blaauwklip Landgoed BK te verhuur teen 'n E huurprys van R45 000 per jaar. Appellant het ook die boerderybedrywighede van die beslote korporasie op Blaauwklip bedryf en daarvoor vergoeding ontvang.

[9] Die rente wat, volgens appellant, van sy belasbare inkomste uitgesluit moet word, het hy betaal in terme van verbande wat hy oor die plaas Blaauwklip geregistreer het. F Hierdie verbande word in klousules 10.5(a), 10.5(b) en 10.5(c) van die testament in die vooruitsig gestel.

[10] Die tersaaklike gedeelte van klousule 10.5 van die testament lui soos volg:

'10.5

Die bemakings aan my seun soos hierbo beskryf sal onderhewig wees aan die volgende voorwaardes en bepalings: G

(a)

dat hy 'n eerste verband, wat pari passu rangeer met enige verband hierinlater in para (c) genoem, onderhewig egter aan die bepalings van para (b) hieronder, oor die plaas vaste eiendomme wat kragtens para 10.1 hierbo aan hom vererf, registreer vir 'n bedrag van R100 000 ten gunste van my administrateur, aan wie hy rente daarop moet betaal van datum van my afsterwe teen 9% per jaar vir die H eerste jaar na my afsterwe en daarna sal die rentekoers jaarliks met 'n 1/2 % verhoog totdat die koers van 14% bereik word wat die maksimum koers sal bly tot datum van afsterwe van my gesegde eggenote, welke rente halfjaarliks agteruit op 31 Maart en 30 September van elke en iedere jaar tot datum van afsterwe aan my gesegde eggenote betaal moet word. Sodra my Administrateur die rente I ontvang moet hy dit, na aftrek van sy administrasiekoste, onmiddellik aan my gesegde eggenote oorbetaal totdat sy te sterwe kom. Hierdie verband mag nie opgeroep word solank die rente gereeld op vervaldatum betaal word nie. Indien die verband opgeroep word moet my administrateur voormelde bedrag belê en administreer op dieselfde wyse soos hierintevore in para 8.2 en 8.3 van klousule 8.0 bepaal (dit is, in trust). Hierdie trust sal op datum van afsterwe van my gesegde eggenote ten einde loop en moet genoemde J

Brand R

verbandakte dan gekanselleer word of indien die verband opgeroep was en die A kapitaal belê is moet die trustgoed aan my seun oorgemaak word as sy uitsluitlike eiendom;

(b)

dat indien die kontantfondse en opbrengs van restantbates wat gedurende die bereddering van my boedel te gelde gemaak is egter onvoldoende is om alle beredderingskoste, boedelbelasting en eise teen my boedel ten volle te vereffen B dan sal my seun aanspreeklik wees vir betaling van 'n bemaakprys aan my boedel in 'n bedrag gelykstaande aan sodanige tekort en gemagtig wees om 'n lening daarvoor aan te gaan en as sekuriteit daarvoor bogemelde plaas vaste eiendomme onder eerste verband te beswaar, in welke geval die verbande waarna in paras (a) en (c) verwys word dan ondergeskik sal wees aan, en rangeer na, sodanige verband; C

(c)

dat indien die kontantfondse se opbrengs van restantbates wat gedurende die bereddering van my boedel te gelde gemaak word egter onvoldoende is, nadat alle beredderingskoste, boedelbelasting en eise teen my boedel daaruit vereffen is, om die prelegate hierintevore in klousules 6.0 tot 9.0 gemeld ten volle te vereffen dan sal my seun aanspreeklik wees vir betaling van 'n bemaakprys aan my boedel in 'n bedrag gelykstaande aan sodanige tekort en gemagtig wees om die bedrag D waarvoor hy aldus aanspreeklik voor sal wees te versekureer deur middel van eerste verband oor die plaas vaste eiendomme hierbo in para 10.1 beskryf ten gunste van die betrokke trusts en legatarisse wat pari passu sal rangeer met die verband hierbo in para (a) genoem, onderhewig aan die bepalings hierintevore in para (b) vervat, welke verbande rente sal dra teen 10% per jaar gereken vanaf E datum van my afsterwe, betaalbaar aan die betrokke trusts en legatarisse halfjaarliks agteruit op 30 Junie en 31 Desember van elke en iedere jaar. Die kapitaal verskuldig kragtens die verbande wat ten opsigte van die legate in klousules 6.0, 8.0 en 9.0 genoem gepasseer is moet oor 'n tydperk van 10 jaar en dié in klousule 7.0 genoem oor 'n tydperk van twee jaar in gelyke jaarlikse paaiemente gedelg word, die eerste waarvan betaalbaar is op 31 Desember van die F jaar wat volg op die kalenderjaar waarin ek te sterwe gekom het en daarna op 31 Desember van elke en iedere jaar totdat die verband ten volle gedelg is. Ek bepaal hiermee dat die legate in klousules 6.0 tot 9.0 genoem in dieselfde volgorde as waarin dit bemaak is uit beskikbare boedelfondse betaal moet word en dat alleenlik die tekort op die legate soos voormeld versekureer moet word.' G

[11] Ingevolge die bepalings van klousule 10.5(a) van die testament, het appellant 'n verband van R100 000 geregistreer. Geen geld is ingevolge die verband geleen nie. Dit het uitsluitlik as sekuriteit gedien vir die betaling van die bedrae aan appellant se moeder wat in klousule 10.5(a) as 'rente' beskryf word. Hoewel die rente op hierdie verband nie direk aan appellant se moeder betaal is nie, maar aan die administrateurs H van die testateur se boedel tot voordeel van appellant se moeder, sal vervolgens geriefshalwe na hierdie rente verwys word as synde rente wat aan appellant se moeder betaal is.

[12] Die tekort in die testateur se boedel wat in klousule 10.5(b) voorsien is, het R130 I 000 beloop. Appellant het hierdie bedrag geleen en die lening, soos in klousule 10.5(b) van die testament beoog, deur 'n verband oor Blaauwklip verseker.

[13] Uit hoofde van klousules 8 en 9 van die testament, is R175 000 bemaak aan elkeen van die twee trusts wat die testateur tot voordeel van die kinders van appellant se twee susters geskep het. Ingevolge die J

Brand R

bepalings van klousule 10.5(c) van die testament het appellant twee verdere verbande A ten bedrae van R175 000 elk geregistreer ten gunste van die genoemde twee trusts. Vervolgens sal geriefshalwe na die rente wat op hierdie twee verbande betaal is verwys word as synde rente wat aan appellant se susters betaal is.

[14] Aanvanklik was appellant se benadering dat sowel die rente aan sy moeder as die B rente wat aan sy susters betaal is, ingevolge art 11(a) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 ('die Wet'), as aftrekkings kwalifiseer. Voor sowel die Spesiale Hof as voor hierdie Hof, is egter namens appellant aangevoer dat die bedrae wat aan appellant se moeder betaal is ingevolge die R100 000 verband wat uit hoofde van C klousule 10.5(a) geregistreer is, op 'n heel ander grondslag benader moet word as die rente wat ingevolge die ander verbande betaal is. Die bedrae wat ingevolge klousule 10.5(a) betaal is - so is betoog - is deur appellant ontvang in 'n fidusiêre hoedanigheid en moet derhalwe van sy bruto inkomste - soos in die Wet omskryf - uitgesluit word, D terwyl die rente wat ingevolge die ander verbande...

To continue reading

Request your trial
3 practice notes
  • Eastern Free State Cape Co-Operative Ltd v The Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...their context. The application must accordingly succeed. The remaining question is that of costs. The notice of motion did not J Kroon J 1997 (3) SA p908 include a prayer for costs. Mr Ford, however, sought, and was granted, leave to A approach the three respondents with an intimation that ......
  • Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Van Blommestein
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to succeed. (At 385J—386B.) G The decision in the Cape Provincial Division in Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1997 (3) SA 908 confirmed in part and reversed in Cases Considered Aantekeninge/Annotations H Gerapporteerde sake/Reported cases Commissioner for Inland Reve......
  • Ticktin Timbers CC v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co v A Commissioner for Inland Revenue 1936 CPD 241: dictum at 245 applied Van Blommestein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1997 (3) SA 908 (C) (1997 (1) JTLR 13): Statutes Considered Statutes The Income Tax Act 58 of 1962, ss 11(a), 23(g): see Juta's Statutes of South Africa 1998 vol......
3 cases
  • Eastern Free State Cape Co-Operative Ltd v The Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...their context. The application must accordingly succeed. The remaining question is that of costs. The notice of motion did not J Kroon J 1997 (3) SA p908 include a prayer for costs. Mr Ford, however, sought, and was granted, leave to A approach the three respondents with an intimation that ......
  • Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Van Blommestein
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to succeed. (At 385J—386B.) G The decision in the Cape Provincial Division in Van Blommenstein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1997 (3) SA 908 confirmed in part and reversed in Cases Considered Aantekeninge/Annotations H Gerapporteerde sake/Reported cases Commissioner for Inland Reve......
  • Ticktin Timbers CC v Commissioner for Inland Revenue
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co v A Commissioner for Inland Revenue 1936 CPD 241: dictum at 245 applied Van Blommestein v Kommissaris van Binnelandse Inkomste 1997 (3) SA 908 (C) (1997 (1) JTLR 13): Statutes Considered Statutes The Income Tax Act 58 of 1962, ss 11(a), 23(g): see Juta's Statutes of South Africa 1998 vol......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT