Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa

JurisdictionSouth Africa
JudgeRabie HR, Jansen AR, Trengove AR, Botha AR en Van Heerden AR
Judgment Date01 December 1986
Hearing Date02 September 1986
CourtAppellate Division

Rabie HR:

Die appellante appelleer teen die bevel wat die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op 26 Augustus 1985 in die saak Katofa v Administrator-General for South West Africa and Another 1986 (1) SA 800 (SWA) gegee het. Die bevel het hulle gelas om Josef Katofa, die broer van die respondent in hierdie J appèl, uit aanhouding in die gevangenis op

Rabie HR

A Windhoek te bevry en om die respondent se koste te betaal. Besonderhede van die aanhouding en van die geskil tussen die partye oor die geldigheid al dan nie van die aanhouding word hieronder vermeld. Met die uitreik van die gemelde bevel het die Hof 'n bevel nisi bekragtig wat hy op 20 Junie 1985 op B aansoek van die huidige respondent verleen het. Die uitspraak wat die Hof op 20 Junie 1985 gegee het, is ook gerapporteer: kyk Katofa v Administrator-General for South West Africa and Another 1985 (4) SA 211 (SWA). Daar is ook 'n teenappèl deur die respondent. Hy appelleer teen die bevel van die Hof a quo wat sy aansoek om sekere aanvullende beëdigde verklarings aan die Hof voor te lê met koste afgewys het. Soos uit die gemelde Hofverslae blyk, is die hoofuitspraak van die C Hof in albei gevalle deur Levy R geskryf en het Berker RP albei kere, in 'n aparte uitspraak deur hom geskryf, met die uitspraak van Levy R saamgestem.

Die saak waaruit hierdie appèl voortvloei, het op 4 Junie 1985 begin toe die respondent in hierdie appèl aan die D Administrateur-Generaal van Suidwes-Afrika, as eerste respondent, en die bevelvoerende offisier van die Windhoekse gevangenis, as tweede respondent, kennis gegee het dat hy die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op 10 Junie 1985 in 'n dringende aansoek sou vra om die volgende bevele (soos gewysig op die dag toe die aansoek aangehoor is) uit te reik, nl dat:

'1.

E This honourable Court dispenses with the form and service provided for in the Rules of Court in terms of Rule 6(12)(b).

2.

That the respondents produce the person of Josef Katofa to this honourable Court on a date and time to be fixed by the honourable Court.

3.

Directing the respondents to grant access by attorney F David Frank Smuts to Josef Katofa forthwith.

3bis.

Directing the respondents to apply and enforce the peremptory requirements of ss 5(1) and 6(1) of Proc AG 26 of 1978 (as amended).

4.

That a rule nisi do hereby issue, calling upon the G respondents to show cause before this honourable Court, on a date to be determined by it, why:

(a)

Josef Katofa should not forthwith be released from custody;

(b)

the respondents should not furnish information to this honourable Court as to whether:

(i)

the said Josef Katofa is under arrest;

(ii)

H on what charges he was arrested;

(iii)

why he is being detained;

(c)

Joseph Katofa should not be granted access to attorney David Frank Smuts forthwith.

5.

That prayer 3(c) operate as an interim positive interdict pending the aforesaid return day.

6.

I Directing that the costs of this application be borne by the respondents.'

Die respondent het twee beëdigde verklarings by sy kennisgewing van mosie aangeheg. Die een is deur homself gemaak, en die ander deur sy prokureur, die bogemelde Smuts. Die inhoud van J die respondent se verklaring kan soos volg saamgevat word. Hy (die respondent) is teen die

Rabie HR

einde van Mei 1984 uit aanhouding vrygelaat en hy het toe A verneem dat sy broer (Josef Katofa) vroeër daardie maand in Ovambo aangehou is. Toe hy teen Februarie 1985 niks verder van sy broer verneem het nie, het hy Smuts gevra om ondersoek in te stel. Smuts het toe vasgestel dat sy broer ingevolge die bepalings van Prok AG 26 van 1978 in die gevangenis op Windhoek B aangehou word, en op 3 Junie 1985 het hy en Smuts na die gevangenis toe gegaan. Hy het daar met sy broer gepraat, maar hy is nie toegelaat om aantekeninge van die gesprek te maak nie. Smuts is nie toegelaat om met sy broer te praat nie. Sy broer het aan hom (die respondent) vertel dat hy op 7 Mei 1984 in Ovambo aangehou is; dat hy daar (op Oshakati) in aanhouding gebly het tot Desember 1984; dat hy tydens sy aanhouding aldaar C verskeie male deur lede van die Veiligheids-polisie aangerand is, en dat hy in Desember 1984 na die gevangenis op Windhoek oorgeplaas is. Hy het verder gesê dat hy sedert Desember 1984 nooit deur enigeen ondervra is nie; dat hy gedurende die hele duur van sy aanhouding nooit deur 'n landdros besoek is nie, en dat hy slegs een keer in 'n maand D deur 'n geneesheer besoek is. In die slot-paragraaf van sy verklaring sê die respondent die volgende:

'7. My brother further told me that he was distressed at being detained against his will, which I verily believe to be true, and expressed the desire to be released forthwith. I refer to the affidavit of David Frank Smuts and have been advised by the said Smuts that my brother's detention is unlawful and I verily believe that he is being unlawfully detained and accordingly E pray that it may please this honourable Court to grant the relief set out in the notice of motion.'

Smuts sê in sy beëdigde verklaring dat die Administrateur-generaal hom skriftelik meegedeel het dat die aangehoudene kragtens Prok AG 26 van 1978 in die Windhoekse gevangenis aangehou word en dat hy daar deur sy broer (die respondent) besoek kon word, maar dat hy (Smuts) nie toegelaat F sou word om die aangehoudene te spreek nie. Hy (Smuts) het nogtans op 3 Junie 1985 saam met die respondent na die gevangenis toe gegaan. Hy wou daar met die aangehoudene praat, maar 'n gevangenisbeampte, ene kaptein Nel, het hom verlof geweier om dit te doen. Nel het aan hom gesê dat hy op instruksies van die Administrateur-generaal handel. Smuts sê G verder in sy verklaring dat arts 5 en 6 van Prok AG 26 van 1978 bepaal dat 'n aangehoudene minstens een maal elke drie dae deur 'n geneesheer besoek moet word, en minstens een keer elke 14 dae deur 'n landdros, en dat dit (volgens wat die aangehoudene aan die respondent gesê het) in die geval van die aangehoudene nie gebeur het nie. Gevolglik, betoog Smuts, is H die aangehoudene se aanhouding ultra vires die bepalings van die gemelde proklamasie en dus ongeldig. Smuts sê verder dat die aangehoudene sy vryheid ontneem is, dat hy teen sy sin aangehou word en dat hy nooit van enige oortreding aangekla is nie. Ten slotte voer Smuts aan dat Prok AG 26 van 1978 nie die Administrateur-generaal magtig om 'n aangehoudene te belet om sy regsadviseur te raadpleeg nie en dat die Administrateur-generaal se weiering om hom, wat die I aangehoudene se regsadviseur is, toe te laat om die aangehoudene te spreek, onwettig is.

In sy beantwoordende beëdigde verklaring sê die Administrateur-generaal dat hy op 30 Mei 1984, nadat die aangehoudene reeds tevore ingevolge art 4(2) van Prok AG 9 van 1977 in Ovambo aanghou is, 'n bevel vir die aanhouding van die J aangehoudene kragtens art 5bis van dié

Rabie HR

A proklamasie uitgereik het. Op 14 November 1984 het hy ingevolge art 2 van Prok AG 26 van 1978 'n lasbrief vir die inhegtenisneming en aanhouding van aangehoudene uitgereik en gelas dat hy na die gevangenis op Windhoek oorgeplaas word. Die Administrateur-generaal sê in hierdie verband.

B 'Ek was toe, en is nog daarvan oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art 2 van die proklamasie.'

En ook:

'Ek is steeds oortuig dat die aangehoudene 'n persoon is soos bedoel in art 2 van die gemelde proklamasie en het besluit om nie sy vrylating te gelas nie.'

C Artikel 2(1) van die gemelde proklamasie lui soos volg:

'2(1) Indien die Administrateur-generaal oortuig is -

(a)

dat die vreedsame en ordelike staatkundige ontwikkeling van Suidwes-Afrika verhinder, belemmer of bedreig word deur geweld teen of intimidasie van, of die bedreiging of bevordering van geweld teen of intimidasie van, 'n bepaalde persoon of persone wat lede van 'n bepaalde klas, groep of organisasie is, of persone in die algemeen; en

(b)

D dat iemand sodanige geweld of intimidasie gepleeg of probeer pleeg het of die pleging daarvan op enige wyse bevorder of probeer bevorder het, kan hy 'n lasbrief vir die inhegtenisneming en aanhouding van daardie persoon uitreik.'

Hy sê verder ook:

'Tot op datum het die aangehoudene nog nie my skriftelik E versoek om aan hom redes vir sy aanhouding te verstrek nie. Indien so 'n versoek tot my gerig word sal redes ter voldoening van art 4(2) verstrek word.'

Artikel 4(2) van die proklamasie lui soos volg:

'Indien 'n aangehoudene die Administrateur-generaal skriftelik versoek om aan hom die redes vir sy aanhouding en die gegewens wat die Administrateur-generaal beweeg het om die lasbrief vir F sy inhegtenisneming en aanhouding uit te reik, mee te deel, dan moet die Administrateur-generaal aan die aangehoudene die redes vir sy aanhouding en soveel van daardie gegewens as wat, na sy oordeel, sonder benadeling van die openbare beleid bekend gemaak kan word, skriftelik meedeel.'

Met betrekking tot die vraag van toegang tot 'n aangehoudene deur 'n regsverteenwoordiger, sê die Administrateur-generaal dat art 3(2) van die proklamasie (AG 26 van 1978) aan hom die G bevoegdheid gee om voorwaardes vir die aanhouding van 'n aangehoudene te bepaal; dat hy kragtens hierdie bevoegdheid onder meer bepaal het dat (behoudens die bepalings van art 5(1) en 6(1) en enige voorwaardes bepaal in art 3(2)(b) van die proklamasie) die aangehoudene

'deur niemand behalwe 'n persoon in diens van die Staat wat sy H amptelike werksaanhede verrig, of 'n persoon aan wie die Administrateur-generaal toestemming daartoe verleen het, besoek (mag) word nie',

en dat hierdie bepaling ook op regsverteenwoordigers van toepassing is. (Artikels 5(1) en 6(1) het betrekking op besoeke deur geneeshere en landdroste, en art 3(2)(b) het betrekking op die ondervraging van 'n aangehoudene deur 'n...

To continue reading

Request your trial
41 practice notes
  • Attorney-General, Eastern Cape v Blom and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...involving the interdictum de homine libero exhibendo. See Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A) and earlier authorities there collected. (In Mokoena v E Commissioner of Prisons and Another 1985 (1) SA 368 (W) at 375H the Court - wit......
  • Staatspresident en Andere v United Democratic Front en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another v Minister of Law and Order and Others 1986 (4) SA 1150 (A); Katofa v Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en Andere 1987 (1) SA 695 (A); Ex parte Hathorn: In re OC, Durban Prison Command, and Another 1960 (2) SA 767 (D); Stanton v Minister of Justice and J Others 1960 (3) SA......
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Jakins v Burton 1971 (3) SA 735 (C): referred to Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A): considered G Kauluma and Others v Minister of Defence and Others 1984 (4) SA 59 (SWA): dictum at 64 Koenig v Johnson & Co Ltd 1935 AD 262: di......
  • Nkwentsha v Minister of Law and Order and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A) at 310D and Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en B 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A) at To revert to the question of the Court's power to order the production of a detainee in order to testify, our own Uniform Rules of Cour......
  • Request a trial to view additional results
41 cases
  • Coetzee v National Commissioner of Police and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Jakins v Burton 1971 (3) SA 735 (C): referred to Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A): Kauluma and Others v Minister of Defence and Others 1984 (4) SA 59 (SWA): dictum at 64 applied D Koenig v Johnson & Co Ltd 1935 AD 262: dictu......
  • Nkwentsha v Minister of Law and Order and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Authority and Another 1975 (2) SA 294 (A) at 310D and Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en B 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A) at To revert to the question of the Court's power to order the production of a detainee in order to testify, our own Uniform Rules of Cour......
  • Attorney-General, Eastern Cape v Blom and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...involving the interdictum de homine libero exhibendo. See Kabinet van die Tussentydse Regering vir Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A) and earlier authorities there collected. (In Mokoena v E Commissioner of Prisons and Another 1985 (1) SA 368 (W) at 375H the Court - wit......
  • Minister of Law and Order and Another v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others v Hurley and Another 1986 (3) SA 568 (A); Kabinet van die Tussentydse Regering van Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695 (A); Union Government v Union Steel Corporation (SA) Ltd 1928 AD 220; Ngqumba F en Andere v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A); Omar a......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT