Is die rede vir die beslissing in Knox NO v Mofokeng and Others 2013 4 SA 46 (GSJ) regtens korrek? : aantekeninge

Date01 January 2014
Published date01 January 2014
DOI10.10520/EJC155518
Pages101-109
AuthorL. Neil Van Schalkwyk
101
Aantekeninge/Notes
Is die rede vir die beslissing in
Knox NO v
Mofokeng and Others
korrek?
1 Inleiding
Knox NO v Mofokeng and Others (2013 4 SA 46 (GSJ)) is verlede jaar in die
Julie 2013 hofverslag opgeteken. Die beslissing wys op verskillende
aspekte wat vir die Sakereg belangrik is. Daar gaan in hierdie
aantekening op een aspek, naamlik die rede vir die beslissing,
gekonsentreer word. Daar word begin deur na die feite van die saak te
verwys.
2Feite
Applikant is die eksekuteur van sy oorlede moeder se boedel. Hy doen
aansoek om ’n bevel vir drie bedes. Bede een vra dat die aanvanklike
geregtelike verkoping van die onroerende eiendom van die oorledene se
bestorwe boedel en verdere verkooptransaksies nietig is (50G-H). Bede
twee versoek dat die oordrag van die eiendom aan tweede respondent
en daarna aan eerste respondent gekanselleer word (50H-I). Laastens,
versoek applikant dat die vermelde eiendom geherregistreer word in die
naam van die bestorwe boedel van die oorledene (50I). Die Registrateur
het geen beswaar teen die toestaan van die bevel deur applikant
aangevra nie (50I).
By afsterwe van oorledene was die eiendom, wat by wyse van
geregtelike verkoping aan tweede respondent verkoop is met verband
ten gunste van FirstRand Bank Ltd beswaar. Die betaling van die
verbandpaaiemente het met die bereddering van die boedel agterstallig
geraak en applikant het FirstRand meegedeel dat die verband by
afhandeling van die boedel volbetaal sal word. Desnieteenstaande,
beteken FirstRand ’n dagvaarding op oorledene se domicilium citandi et
executandi ingevolge die verbandooreenkoms. Applikant het nooit
kennis van hierdie dagvaarding gekry nie en sodoende verkry FirstRand
vonnis by verstek teen die applikant in sy hoedanigheid as eksekuteur
van die boedel van oorledene. FirstRand voltooi die proses deur ’n
lasbrief vir eksekusie op die beswaarde eiendom ook op die vermelde
domicilium te beteken. Weereens dra applikant geen kennis van die
beslaglegging nie. Die eiendom word geregtelik aan tweede respondent
verkoop, wie dit daarna aan eerste respondent oordra. Eers nadat
hierdie tweede oordrag plaasgevind het, verneem applikant van die
oordragte. Dit noop applikant tot ’n nietigverklaringsaansoek van die
bevel by verstek, wat toegestaan word (parr 7-8).

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT